• All e-books and audiobooks on The New Life Mission website are free
  • Explore multilingual sermons in global languages
  • Two new revised editions in English have been released
  • Check out our website translated into 27 languages
Search

Sermons

Onderwerp 1. Sonde

[1-1] Ons moet Eers Ons Sonde Erken Voordat Ons Verlos Kan word (Markus 7:7-8) (Markus 7:20-23)

2021.03.22 399
Ons moet Eers Ons Sonde Erken Voordat Ons Verlos Kan word
(Markus 7:7-8)
“Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is. Want terwyl julle die gebod van God nalaat, hou julle aan die oorlewering van mense vas: die wassery van kanne en bekers, en ander dergelike dinge van dieselfde aard doen julle baie’”
 
(Markus 7:20-23)
“En Hy sê Wat uit die mens uitgaan, dit maak die mens onrein. Want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord, diewery, hebsug, boosheid, bedrog, losbandigheid, afguns, lastering, hoogmoed, dwaasheid. Al hierdie booshede kom van binne uit en maak die mens onrein’”
 
Eerstens wil ek sonde definieer. Daar is sonde wat God definieer en daar is sonde wat die mens definieer. Die woord sonde is afkomstig van ‘n Griekse woord ‘hamartia’, wat beteken ‘om die teiken te mis.’ Met ander woorde dit is om dinge verkeerd te doen. Dit is ‘n sonde om die gebooie en verbooie van God te ongehoorsaam. Laat ons nou die mensdom se mening van sonde bekyk.
 
Wat is sonde?
Ongehoorsaamheid teen God se bevele
 
Ons erken sonde as gevolg van ons gedagtes. Van die mens se maatstaf wissel dit van die verskillende sosiale agtergronde, geestelike verstanding, omstandighede en gewete. Dus sien ons ‘n groot verskeidenheid tussen die verskillende individuele persone. Dieselfde daad is vir die een sonde, maar vir die ander is dit nie sonde nie, afhangend van elke persoon se eie standaarde. Dit is die rede hoekom God vir ons die 613 verskillende gebooie en verbooie van die Wet gegee het om dit te gebruik as die absolute standaard van sonde.
Die diagram hieronder illustreer die sonde van die mensdom.
 
God se Wet
Mens se gedagtes,
Moraliteit en sosiale norm
Nasionale wet, siviele wet
 
Ons moet nooit die standaarde van sonde op ons eie gedagtes en sosiale norme baseer nie. Die sonde van ons gedagtes is nie ín ooreenstemming met dié wat God definieer as sonde nie. Derhalwe moet ons nie vir ons gedagtes luister nie, maar moet eerder die standaard van sonde op God se gebooie baseer. Elkeen van ons het sy eie idee wat sonde is. Sommige beskou hul tekortkominge as sonde, terwyl ander dit as ‘n verwringde houding beskou. Byvoorbeeld in Korea, is die norm vir grafte van ouers wat afgesterwe het met groen gras bedek word, en dat dit mooi nagekyk word totdat hulle self sterwe. Daar word in een van Papoea-Nieu-Guinee se primitiewe stamme eer bewys aan die ouers wat oorlede is, om dit ʼn feesmaal te maak saam met familie, deur die liggaam te eet. (Ek is nie seker of hulle die liggame kook of braai voordat hulle dit eet nie.) Maar elk geval, hulle doen dit om te verseker dat die dooie liggaam nie deur wurms opgevreet word nie. Hierdie gewoonte illustreer die mensdom se begrip van sonde, dit verskil grootliks. ‘n Deugsame daad in een samelewing sal uiters barbaars beskou word in ʼn ander samelewing. Maar die Bybel vertel vir ons dat dit ʼn sonde is om God se woord en sy gebooie ongehoorsaam te wees. “‘Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is. Want terwyl julle die gebod van God nalaat, hou julle aan die oorlewering van mense vas: die wassery van kanne en bekers, en ander dergelike dinge van dieselfde aard doen julle baie.’” (Markus 7:8-9).
 Ons fisiese voorkoms as mens is van geen belang vir God nie, omdat Hy diep in ons hart en siel kyk.
 
 
Ons eie Maatstaaf is ʼn Sonde voor God
 
Wat is die mees ernstige sonde?
Dit is om die Woord van God te verontagsaam
 
Dus, ʼn sonde is om te misluk om volgens die wil van God te lewe. Dit is dieselfde as om nie in Sy Woord te glo het nie. God het ook gesê om soos die Fariseërs te lewe is ʼn sonde, wié God se gebooie verwerp het en meer van hulle eie tradisionele oorlewering opgelê en te bewaar. Jesus het die Fariseërs as skynheilig beskou.
Met dié vra God, “In watter God glo u? Eer u my werklik, en verhef u My naam? Jy spog met My naam, maar toon u werklik eer aan My?” Mense kyk net na die fisiese voorkoms en verontagsaam Sy Woord. Die mees ernstige sonde is om Sy Woord te verontagsaam. Is u bewus van dit?
Die wettelose dade wat ontstaan het deur ons swakhede word bloot onregverdige dade beskou. Die foute en onreg wat die mens aanhoudend pleeg weens die mensdom se onvolmaaktheid, word nie as fundamenteel beskou nie, maar net bloot ‘mensdom se foute.’ Maar diegene wie Sy Woord verontagsaam, alhoewel hulle foute het, is sondaars. Hulle is dus groot sondaars voor God. Dit is hoekom Jesus die Fariseërs bestraf het.
 In die Pentateug van Genesis tot Deuteronomium, is daar baie gebooie en verbooie wat vir ons leiding gee wat reg is, en wat verkeerd is, en hoe om te lewe. Dit is die Woord van God en Sy gebooie. Om al God se gebooie 100% natekom, sal bra moeilik wees, maar ons moet nietemin dit erken dat dit Sy gebooie is. Hy het dit vanaf die begin vir die mens gegee en ons moet Sy gebooie aanvaar as dié Woord van God.
“In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.” Hy het ook gesê, “Laat daar lig wees! En daar was lig.” Hy het alles geskape. Daarna het Hy die Wet gevestig.
“En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon en Hy Self is die Woord” (Johannes 1:1v14). Hoe wys God Homself vir ons? Hy wys Homself deur Sy gebooie en verbooie omdat dit God se Woord en die Heilige Gees is. Daarom, wat noem ons die Bybel? Ons noem dit die Woord van God.
Dit word hier gesê, “Want terwyl julle die gebod van God nalaat, hou julle aan die oorlewering van mense vas.” Daar is 613 verskillende gebooie en verbooie in Sy Wet. Doen dit, maar moet nie daardie doen nie, eer jou ouers...ens. Bv. in Levítikus verklaar daar hoe ʼn man en vrou teenoormekaar  opgetree moet word, en ook wat om te doen wanneer ʼn huishoudelike dier in ʼn sloot val.... Daar is dus 613 van hierdie verbooie in Sy Wet.
Aangesien dit nie die woorde van die mens is nie, moet ons oor en oor daaroor dink. Alhoewel dit bra moeilik is om al Sy gebooie natekom, moet ons nietemin dit erken en God gehoorsaam wees. Is daar een enkele vers in God se Woord wat nie reg is nie? Die Fariseërs het Sy gebooie nagelaat en aan die oorlewering van die mens vasgehou. Die woorde van die ouderlinge en hooggeagte kerk leiers was vir hulle van meer belang as dié van God. Wanneer Jesus op die aarde was, was dit presies wat Hy gesien het, en wat Hom die mees gepynig het was die bloot ignorering van God se Woord.
Daar is 613 gebooie en verbooie in God se Wet om ons van ons sonde te laat besef en te wys dat Hy die Waarheid is, ons Heilige God. Aangesien die mensdom voor Hom staan as sondaars, moet ons in Hom glo met geloof, want deur Sy groot liefde vir ons was Hy aan ons gestuur. Mense wat Sy Woord opsy stoot en nie in Sy Woord glo nie is sondaars. Diegene wat ongehoorsaam is en nie Sy Woord behou nie is sondaars, maar wat ʼn baie ernstige sonde beskou word is mense wie Sy Woord opsy stoot. Wie ook al hierdie ernstige sonde pleeg, sal in die Hel beland. Om nie in Sy Woord te glo nie is die mees ernstigste sonde voor God.
 
 

Die Rede Hoekom God Die Wet Vir Ons Gegee Het

 
Hoekom het God die Wet vir ons gegee?
Om ons tot die besef te bring van ons sonde, en die straf vir dit
 
Wat was die rede hoekom God die Wet vir ons gegee het? Dit was om ons tot die besefing te bring dat ons sonde het en ons terug na Hom kan keer. God het 613 verbooie en verbooie van die Wet vir ons gegee sodat ons kan besef dat ons sonde het, en dat ons deur Christus Jesus verlos kan word. Dit is presies hoekom God dié Wet vir ons gegee het.
Romeine 3:20 verklaar, “want die Wet is die kennis van sonde.” Met die woorde sien ons nou die rede hoekom God die Wet vir ons gegee het, en dat Hy nie dit op ons afdwing om volgens dit te lewe nie.  Maar wat se voordeel kan ons trek uit die kennis van die Wet? Dit is omdat ons swakkelinge is om die Wet tot sy volheid te gehoorsaam en dat ons as groot sondaars voor Hom staan. Wat besef ons uit die 613 verskillende verbooie van God se Wet? Ons besef die wesenlike tekortkominge en die onvermoë om volgens God se Wet te lewe. Ons erken dat die mensdom geskape is deur God, maar mense is magtelose skepsels en ernstige sondaars voor Hom. Volgens God se Wet moet ons almal in die Hel beland.
 Wanneer ons, ons sonde erken en besef dat dit onmoontlik is om volgens God se Wet te lewe, wat moet ons dan doen? Moet ons probeer om volkome skepsels te word? Beslis nee. Ons moet erken dat ons sondaars is, daarna moet ons in Jesus glo, en verlos word van alle sonde deur Sy redding van die water en die Heilige Gees, met danksegging.
Die rede hoekom God Sy Wet vir ons gegee het, is omdat ons, ons sonde kan erken en te besef wat die straf van hierdie sonde is. Hiervandaan moet ons nou besef dat dit hoogs onmoontlik is om van die hel gered te wees sonder Jesus. As ons in Hom glo as ons Verlosser, sal ons gered word. Hy het die Wet vir ons gegee om ons na Jesus die Verlosser te lei. God het die Wet geskep om ons te laat besef wat se groot sondaars die mens is, en om ons te red van hierdie sonde.  God het die Wet gegee en Sy eniggebore Seun vir ons gestuur om die ganse mensdom te red, deur al ons sonde op Hom te geneem het deur Sy doop. Elkeen wat in Hom so glo sal gered word en die ewige lewe hê.
Ons is hopelose sondaars wie geen ander keuse het as om in Jesus te glo om van sonde verlos te word nie, Sy kinders te word en aan Hom alle eer en dank te gee. Ons moet dus dit begryp en verstaan, en deur Sy Woord dit beoordeel, omdat alles deur Hom ontstaan het. Ons moet ook die waarheid van verlossing begryp deur Sy Woord. Dit is die korrekte en ware geloof.
 
 
Wat is binne die Hart van ʼn Mens?
 
Wat moet ons doen voor God?
Ons moet ons sonde voor God bely en vra dat Hy ons red.
 
Geloof begin met God se Woord, en ons moet in Hom glo deur Sy Woord. Ons begaan ʼn groot fout as ons nie hierdie pad volg nie. Dit sal ʼn verkeerde geloof wees as ons ʼn verskillende weg kies.
Wanneer die Fariseërs en die skrifgeleerdes sien dat Jesus se dissipels met onrein en ongewaste hande brood eet, sou hulle nie die dissipels bestraf het nie, as hulle God se Woord geken het. Die Woord verklaar duidelik, daar is niks wat van buite af in die mens ingaan wat hom onrein kan maak nie, want dit gaan deur die maag en dan uit die maag, omdat dit nie ingaan in sy hart nie.
Dit word verklaar in Markus 7:20-23, “En Hy sê: Wat uit die mens uitgaan, dit maak die mens onrein. Want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord, diewery, hebsug, boosheid, bedrog, losbandigheid, afguns, lastering, hoogmoed, dwaasheid. Al hierdie booshede kom van binne uit en maak die mens onrein.’” Jesus het hier verklaar dat die mens sondaars is omdat hulle gebore word met sonde.
Verstaan u werklik wat hierdie woorde beteken? Ons is van geboorte sondaars omrede ons ʼn afstammeling van Adam is. Maar die waarheid word verduister omdat ons nie al Sy woorde wil aanvaar en glo nie. Dus die vraag; wat is in mense se Harte?
Dié vers verklaar, “Want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord, diewery, hebsug, boosheid, bedrog, losbandigheid, afguns, lastering, hoogmoed, dwaasheid.” Alle soorte booshede kom uit die hart van die mens en maak hom onrein.
Dit word in Psalms verklaar, “Uit die mond van kinders en suigelinge het U sterkte gegrondves, om u teëstanders ontwil, om die vyand en wraakgierige stil te maak. As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het-?” (Psalms 8:3-4)
Hoekom besoek God ons? Hy besoek ons omdat Hy baie lief is vir ons, en dat Hy ons geskape het en dat Hy jammer is vir ons wie sondaars is. Hy het al ons sondes weg geneem en met dié ons Sy kinders gemaak. “O Here, onse Here, hoe heerlik is U Naam op die ganse aarde!” Koning Dawid in die Ou Testament het hierdie Psalm hardop gesing wanneer hy besef het dat God die verlosser van sondaars gaan wees.
In die Nuwe Testament, het Apostel Paulus hierdie selfsame Psalm herhaal. Dit is so wonderlik dat ons, Sy skepping, die kinders van dié Skepper kan word. Dit is net deur Sy medelye vir ons. Dit is die groot liefde van God.
Ons moet besef dat Om volkome volgens die Wet van God te lewe is ʼn astrante uitdaging op Hom. Dit is ʼn arrogante houding wat kom van onkundigheid. Dit is nie reg om buite Sy liefde te lewe nie, terwyl daar geworstel word met wanhopige gebede, wat geoffer word, en om volgens die Wet probeer te lewe. Dit is God se wil dat ons tot ons sinne kom, en besef dat ons werklik sondaars is onder die Wet, en glo in die verlossing van die water en die bloed van Jesus.
Sy Woorde in Markus 7:20-23 verklaar, “En Hy sê: Wat uit die mens uitgaan, dit maak die mens onrein. Want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord, diewery, hebsug, boosheid, bedrog, losbandigheid, afguns, lastering, hoogmoed, dwaasheid. Al hierdie booshede kom van binne uit en maak die mens onrein.”
Jesus het verklaar: wat uit die mens uitgaan maw, die sonde van binne, dit maak die mens onrein. Selfs ongewaste kos wat God vir ons gee, kan nie vir ons onrein maak nie. Alle skepsels is skoon, maar wat uit die mens uitgaan, die sonde van binne, dit maak die mens onrein. Ons is almal afstammelinge van Adam, en gebore met twaalf verskillende soorte sonde. Is dit reg of nie?
Indien dit so is, is dit dan moontlik om te lewe sonder om sonde te pleeg? Ons sal dus voortgaan en sonde pleeg omdat ons met sonde gebore is. Is dit dan moontlik om sonde te vermy omdat ons die Wet ken? En kan ons volgens die gebooie lewe? Beslis Nee!
Hoe meer ons probeer om volgens die Wet te lewe, hoe moeiliker word dit. Ons moet dus hierdie dinge besef en ons ou lewe opgee. Dan met ‘n nederige gees die doop en bloed van Jesus aanvaar, wat ons red.
Al 613 verbooie en verbooie van God se Wet is goed en regverdig. Die mens is ‘n sondaar van die tyd wat die moeder swanger geraak het. Wanneer daar besef word dat God se Wet regverdig is, en dat ons gebore sondaars is, wie nooit regverdig kan word op ons eie nie, ons kan dan tot die besef kom dat die barmhartige medelye van God wel benodig word, en die verlossing wat beskikbaar is deur Jesus, in die evangelie van die water, die bloed en die Gees. Wanneer daar besef word van ons beperkings—dat ons nooit regverdig kan word deur ons eie sterktes nie, en dat ons wel in die hel sal beland vir al ons sonde—ons het dan geen ander keuse as om op die verlossing van Jesus te vertrou.
Ons kan verseker verlos word. Ons moet dus besef om reg of geskik te word met ons eie sterkte voor God, is onmoontlik. Daarom moet ons erken voor God dat ons sondaars is, wie wel na die hel gestuur word as sondaars, en dat ons hierdie gebed bid vir Sy erbarming, “Asseblief God, red my van my sondes, en neem die medelye op my.” God sal verseker ons in Sy Woord ontmoet. Slegs deur hierdie weg sal ons verlos word.
Kom ons kyk na die gebed van Dawid. “Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde” (Psalms 51:4).
Dawid het geweet dat hy ʼn Massa van sonde het en dat dit euwel genoeg was om in die hel gegooi te word, maar hy het voor God openhartig belei, “Here, as U my ʼn sondaar noem, dan is ek ʼn sondaar. As U my regverdig noem, dan is ek regverdig, as U my red, dan sal ek gered wees; en as U my Hel toe stuur, dan sal ek in die Hel beland.”
Dit is die korrekte geloof en die opregte weg om gered te word. Dit is hoe ons behoort te wees met die verwagting om in die verlossing van Jesus te glo.
 
 

Ons Moet Presies Weet Wat Ons Sondes Werklik Is

 
Aangesien die mensdom ʼn afstammeling van Adam is, word daar begeertes in ons Harte ervaar; almal van ons ondervind hierdie begeertes. Nietemin, wat vertel God vir ons.  Hy vertel ons om nie owerspel te pleeg nie, maar nogtans is daar egbreuk in ons harte. Ons ervaar moord in ons Harte, maar wat vertel God vir ons? Hy vertel vir ons om nie te moor nie. Ons is almal skuldig om ons ouers uit te tart in ons harte, maar Hy vertel ons om ons ouers te respekteer en te eer. Ons moet besef dat Sy Woord reg en goed is, maar almal van ons het sonde in ons Harte.
Is dit reg of verkeerd? Dit is beslis korrek. As ons dit weet, wat moet ons nou doen voor God? Eerstens moet ons erken dat ons ʼn Massa van sonde het, en hopelose sondaars is. Dit is nie reg om te dink; gister was ek regverdig omdat ek geen sonde gepleeg het nie, maar vandag is ek ʼn sondaar omdat ek sondes gepleeg het. Ons is almal sondaars gebore. Wat ook al ons doen, ons is nog stééds sondaars. Dit is hoekom ons verlos moet word deur geloof en in die doop van Jesus.
Ons is nie sondaars deur ons dade nie, Bv. egbreuk, moord, diefstal, ens. Maar ons is sondaars omdat ons dit oorgeerf het. Ons was gebore met twaalf verskillende soorte sondes, en omdat dit so gesien word deur God, kan ons nooit ons regverdigheid bekom deur ons eie pogings nie. Ons kan net voorgee dat ons goed is.
Ons is met ‘n sonde gevulde verstand gebore, hoe is dit dan moontlik om regverdig te word, as ons geen sonde pleeg nie? Ons kan nooit met eie pogings regverdigheid bekom voor God nie. As ons wel aanspraak maak op ons regverdigheid, is dit bloot skynheiligheid. Jesus het ook na die Fariseërs en die skrifgeleerdes verwys, ‘die skynheilige Fariseërs en skrifgeleerdes.’ Die mensdom is sondaars gebore, en pleeg deurgaans sonde voor God.
Enige persoon wat beweer dat hulle nooit iemand geslaan of diefstal gepleeg het nie, selfs ‘n speld gesteel, is ʼn leuenaar, omdat die mens sondaars gebore is. Dié persoon wat dit beweer is ʼn leuenaar, ʼn sondaar en skynheilig. Dit is hoe God dit beskou.
Elkeen van ons is ʼn sondaar vanaf geboorte. Selfs as u geen enkele sonde gepleeg het nie is u pad nog Hel toe. Selfs as u die hele Wet, die gebooie en verbooie nagekom het, is u nogtans ʼn sondaar bestem vir die Hel.
Wat moet ons dan doen met so ‘n besliste bestemming?
Ons moet God vra vir Sy barmhartigheid en op Hom staatmaak om van ons sonde gered te word. As Hy ons nie red nie, is ons bestemming die Hel, dit is ons bestemming.
 Dit is slegs diegene wat gehoorsaam is aan God se Woord, wie wel erken dat hulle Groot sondaars is. Hulle weet ook om regverdig te word is deur geloof. Hulle dra ook kennis dat om Sy Woord te ignoreer, of op sy te stoot, of dit nie te herken nie, is die ernstigste sonde. Diegene wie Sy Woord aanvaar, word beskou as die regverdiges, selfs al was hulle voorheen sondaars. Hulle was dus wedergebore deur Sy Woord en Sy genade en is nou die mees geseënde.
 
 
Diegene wat deur hul eie pogings probeer om regverdig te word is nog stééds Sondaars

Wie is nog sondaars nadat daar in Jesus geglo was?
Diegene wat probeer regverdig te word deur eie pogings
 
Kom ons lees Galasiërs 3: vers 10 en 11 saam. “Want almal wat uit die werke van die wet is, is onder die vloek; want daar is geskrywe: ‘Vervloek is elkeen wat nie bly is alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie.’ En dat niemand deur die wet by God geregverdig word nie, is duidelik; want die regverdige sal uit die geloof lewe.’”
Dit word hier verklaar, “Vervloek is elkeen wat nie bly is alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie.” Diegene wat dink dat hulle in Jesus glo, en probeer regverdig word deur eie pogings, is vervloek.
Hoekom het God ons die Wet gegee? Dit was bedoel om kennis te dra van sonde (Romeine 3:20)
- Hy het die Wet vir ons gegee sodat ons kennis kon dra van ons sonde.
- Hy wou ons ook laat besef dat ons volkome sondaars is en bestem is vir die Hel.
- Glo in die doop van Jesus, die Seun van God en word nou wedergebore deur die water en die Gees.
As u hierdie weg volg sal u van alle sonde gered word, regverdig word, die ewige lewe verleen word en hemel toegaan.
Laat daar nou geloof in u hart wees.
 
 
Die Mees Arrogante Sonde in die Wêreld
 
Wat is die mees arrogante sonde in die wêreld?
Om volgens die Wet te probeer lewe
 
Ons is geseënd omdat ons glo in Sy seëninge. God red diegene wie geloof in Sy Woord het.
Maar hedendaags onder gelowiges is daar baie Christene wie probeer om volgens Sy Wet te lewe. Dit is loflik dat hulle probeer om volgens die Wet te lewe, maar hoe is dit moontlik?
Ons moet nou besef hoe dwaas dit is om so te lewe, hoe harder ons probeer hoe moeiliker word dit. Hy het gesê, “Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God” (Romeine 10:17) Ons moet dus ons arrogante houding laat staan om waarlik gered word.
 
 

Ons Moet Ons Eie Standaarde opgee om Gered Te Word

 
Wat moet ons doen om gered te word?
Ons moet ons standaarde op gee
 
Hoe kan ʼn persoon gered word? Dit is net moontlik wanneer daar besef word dat hy ʼn sondaar is.
Daar is baie wat nog nie verlos is nie omdat hulle weier om hulle verkeerde oortuigings en pogings op te gee.
God verklaar dat diegene wat aanhou aan die Wet kleef, is vervloek. Diegene wie glo dat hulle geleidelik regverdig sal word om volgens na die Wet te lewe nadat hulle in Jesus glo, is ook vervloek. Hulle glo wel in God en is oortuig dat hulle nogtans volgens die Wet moet lewe om gered te word.
Liewe vriende is dit dan moontlik om regverdig te word met werke? Om regverdig te word is om in die woord van Jesus te glo, dan eers word ons regverdig. Slegs met geloof in die doop van Jesus, Sy bloed en Sy Godheid, kan ons verlos word. Dit is hoekom God die wet van geloof vir ons voorberei het sodat ons regverdig kan word.
Die verlossing van die water en die Gees lê nie in die werke van die mens nie, maar wel in die woord van God met geloof. God het ons bevry deur geloof en net so was dit beplan om ons verlossing te volmaak.
Hoekom word sekere mense wie wel in Jesus glo nie verlos verklaar? Omdat hulle weier om in die woord van verlossing van die water en die Gees te glo en dit te aanvaar.
Maar ons, wie so onvolmaak is soos wat hulle was, glo in Jesus se woord, is verlos met ons geloof in die woord van God.
Byvoorbeeld as twee mense op ʼn slypsteen sou werk, die een wie agtergebly sal aanhou werk, terwyl die ander een weggeraap word. Die een wie agtergebly het, verteenwoordig diegene wie nog nie verlos is nie. Hoekom was een weggeraap en die ander agtergelaat? Die rede is duidelik, want die een het noukeurig geluister, en in die woord van God geglo, maar die ander een het hard gewerk om volgens die Wet te lewe, en in die einde in die hel beland.
Hierdie persoon wie agtergebly het probeer om met eie krag optekruip na God toe, maar God het hom afgeskud asof dit ʼn kewer was wat probeer om Sy been optekruip.
As sulke mense hierdie metode probeer om by God uit te kom en aanhou strewe om volgens die Wet te lewe, sal hulle verseker in die hel gegooi word. Dit is hoekom ons verlos moet word deur geloof in die water en die Gees.
“Want almal wat uit die werke van die wet is, is onder die vloek; want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie”
“Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe” (Galasiërs 3:10, Romeine 1:17).
Om nie in die woord van God te glo nie, is ‘n sonde voor Hom. Met dié is dit ook sonde om Sy woord op sy te skuif, en op ons eie standaarde en pogings oor die weg te kom.
Die mens kan nie volgens Sy Wet lewe nie, omdat almal van ons in sonde gebore is, en deurgaans sonde pleeg tot die dood toe.
Ons pleeg ʼn bietjie sonde hier, en ‘n bietjie daar en orals waar ons wandel. Daar moet in ag geneem word dat die mens van vlees gebore is, en dat hy geen ander keuse het as om sonde te pleeg nie. Die mens is soos ʼn Groot emmer mis. Almal van ons is so. As daar probeer word om dit rond te dra, dan mors en bespat ons sonde orals waar ons gaan. Kan u dit so voorstel? Sal u nog aanhou voorgee dat u heilig is? As u duidelik bewus is wie u eintlik is, sal u afstand doen van hierdie vrugtelose werke, en heilig word met die geloof in die water en die bloed van Jesus.
Diegene wie nog nie wedergebore is nie moet sonder uitstel van hierdie verhardheid en hardnekkigheid afstand doen en erken met ‘n oop hart dat hulle wel ernstige sondaars voor God is. Daar moet dan teruggekom word na Sy woord en ontdek hoe God hulle gered het deur die water en die Gees.