• All e-books and audiobooks on The New Life Mission website are free
  • Explore multilingual sermons in global languages
  • Two new revised editions in English have been released
  • Check out our website translated into 27 languages
Search

Sermons

Onderwerp 2. Die Wet

[2-1] As Ons dinge doen volgens die Wet, Sal Dit Ons Red? (Lukas 10:25-30)

2021.03.22 239
As Ons dinge doen volgens die Wet, Sal Dit Ons Red?(Lukas 10:25-30)
“En daar het ʼn sekere wetgeleerde opgestaan wat Hom versoek het deur te sê: Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe? En Hy antwoord en sê: Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; en jou naaste soos jouself. Toe sê Hy vir hom: Jy het reg geantwoord; doen dit, en jy sal lewe. Maar hy wou homself regverdig, en sê vir Jesus: En wie is my naaste? En Jesus antwoord en sê: ʼn Sekere man het afgegaan van Jerusalem na Jerigo en onder rowers verval, en nadat hulle hom uitgetrek en geslaan het, gaan hulle weg en laat hom half dood lê.’”
 
Wat is die mens se grootse probleem?
Hulle leef met baie verkeerde illusies.
 
Lukas 10:28, “Doen dit, en jy sal lewe.”
Mense leef met baie verkeerde illusies. Dit blyk asof hulle baie swak op hierdie gebied is. Dit blyk ook asof hulle intelligent is, maar word maklik bedrieg en bly onbewus van hul bose natuur. Ons is gebore sonder om te weet wie ons werklik is, en lewe net soos dit ons pas. Die feit is dat mense nie hul self ken nie, maar die Bybel vertel duidelik aan ons dat ons sondaars is. Mense praat oor die algemeen van hul sonde, en dit blyk asof hulle onbekwaam is om iets daaraan te doen. Nogtans beskou hulle hulself as goed en hulle spog met hul ‘goeie werke.’ Hulle probeer om andere ‘n rat voor die oë te draai en bedrieg hulself deur te sê, “Nee wat, ons is nie so sleg nie. Daar moet tog ʼn klien bietjie goeds binne ons wees.”
Gevolglik oortuig hulle húlself deur na ander te kyk en te sê: “Ek wens hy het dit nie gedoen nie. Dit sou veel eerder beter gewees het as hy dit gelos het. Dit sou beter gewees het as hy nie so gepraat het nie. Ek dink dit sal beter wees as hy die evangelie op so of so manier sou preek. Hy is voor my gered en ek dink dat hy behoort op te tree soos iemand wat gered is. Ek is onlangs gered, maar as ek meer van die Bybel leer, dan sal ek beter vaar as hy.” Hulle slyp gou die lemme in hul harte wanneer iemand hul uitdaag of sou seermaak en reageer kwaai, “Wag net! Jy sal gou uitvind dat ek anders is as jy. Jy kan maar dink dat jy my voor is maar wag maar. Daar staan in die Bybel geskryf, diegene wat laaste is sal eerste wees. Ek weet dat dit van toepassing is op my. Wag net en ek sal jou wys!”
Mense bedrieg hulself. Selfs al sou hulle, hulself in dieselfde posisie bevind het as die ander persoon, sou hulle dieselfde gereageer het en hom nog stééds geoordeel het. Selfs al sou hy voor die preekstoel staan, sou hy begin hakkel, omdat sy gewete hom sal pla oor sy gedrag.
Wanneer daar gevra word of mense die vermoë het om goed te doen, sal die meeste van hulle nee sê. Maar ondanks dit, glo hul steeds in hul harte dat hulle wel goed is en probeer hard om deugsaam te wees tot die dood toe. Hulle dink dat hulle die ‘goeie’ in hul harte het en dat hulle die vermoë het om goed te doen. Hulle glo ook dat hulle bekwaam genoeg is om goed te doen, ongeag daarvan hoe lank hul gelowig is, veral onder diegene wat groot vordering gemaak het in hul diens aan God. Hulle het die gedagte dat: “Ek kan dit of dat verrig vir die Here.”
Maar as ons die Here uit ons lewe neem, sou dit moontlik wees om goed te doen? Is daar enige goed in die mens? Kan ons waarlik voortgaan met die doen van goeie werke?
Die mens het geen vermoë om iets goeds te verrig nie. Wanneer hulle iets op hul eie probeer verrig pleeg hulle sonde. Sommige stoot Jesus opsy nadat hulle in Hom geglo het, en probeer om op hul eie goed te doen. Daar is net ongeregtigheid binne in almal van ons en ons beoefen slegs onheil. Op ons eie (selfs diegene wat waarlik gered is), hou aan om te sondig. Dit is die realiteit van die vlees.
 
Wat doen ons, die goeie of onheil?
Onheil!
 
In ons Gesangeboek is hierdie woorde, ‘Prys die Naam van Jesus,’ die lied gaan so: “♪Sonder Jesus struikel ons. Ons is waardeloos soos ʼn skip wat die see kruis sonder ʼn seil♪.” Sonder Jesus kan ons net aanhou sonde doen, omdat ons sondaars is. Ons het slegs die vermoë om regverdige dade te verrig nadat ons waarlik gered is.
Die Apostel Paulus verklaar, “Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek” (Romeine 7:19). Slegs as ʼn persoon in Jesus is, dan maak dit nie saak nie, maar as hy niks met Hom te doen het nie, probeer hy tevergeefs om goeie dade voor God te verrig. Hoe harder hy egter probeer, hoe meer beoefen hierdie persoon boosheid.
Selfs Koning Dawid het dieselfde ingebore natuur gehad. Een warm aand toe daar vrede en voorspoed in die land was het hy uit sy bed opgestaan en op die dak van die paleis gaan wandel. Hy sien van die dak af ʼn verleidelike toneel, die gevolg was dat hy in sonde verval het. Hoe was hy toe hy van die Here vergeet het? Hy was waarlik sondig. Hy het owerspel met Batseba gepleeg en haar man Uría doodgemaak. Hy was blind en het nie die ongeregtighede in sy hart gesien nie. Hy het net verskonings gegee vir sy verkeerde dade.
Op ʼn dag stuur die Here die profeet Natan na Dawid toe, “Toe hy by hom inkom, sê hy vir hom: Daar was twee manne in ʼn sekere stad, die een was ryk en die ander arm. Die ryke het ʼn groot menigte kleinvee en beeste gehad, maar die arme het glad niks gehad nie, behalwe een klein ooi lammetjie wat hy gekoop en in die lewe gehou het, en wat by hom en saam met sy kinders groot geword het; dit het van sy stukkie brood geëet en uit sy beker gedrink en in sy skoot geslaap, en dit was vir hom soos ʼn dogter. En toe daar besoek kom by die ryk man, het hy ontsien om van sy kleinvee of beeste te neem om vir die reisiger wat by hom gekom het, iets te berei; daarom het hy die ooilam
van die arm man geneem en dit berei vir die man wat by hom gekom het” (2 Samuel 12:1-4).
Dawid het baie kwaad geword en gesê: “die man wat dit gedoen het, moet sterwe!” Woedend het hy gesê: “Hy het so baie van sy eie; hy kon een van sy eie kleinvee gevat het. Maar in plaas van sy eie vat hy die arm man se enigste lam en berei dit voor vir sy gaste. Hy moet sterwe!” Toe sê Natan vir Dawid, “U is die man!” As ons Jesus nie volg nie en nie in Hom is nie, kan selfs die wedergeborenes ook in slaggate val en hierdie bose dinge doen.
Dieselfde geld vir alle mense, selfs die gelowiges. Ons struikel en beoefen bose dinge sonder Jesus. Ons is egter, weereens dankbaar omdat Jesus ons gered het, ongeag die kwaad in ons. “♪Ek sal rus onder die skadu van die Kruis♪” Ons harte rus onder die skadu van die geregtigheid  in Christus, maar sou ons onder dié skadu uitbeweeg en ons na onsself omsien, sal ons dus nooit rus vind nie.
 
 

God het vir Ons die Geregtigheid van Geloof voor die Wet gegee

 
Watter een is eerste, geloof of die Wet?
Geloof
 
Die Apostel Paulus verklaar dat God van die begin af die geregtigheid van geloof aan ons gegee het. Hy het dit vir Adam en Eva, Kain en Abel, Set en Henog, Noag, Abraham, Isak en laaste vir Jakob en sy twaalf seuns gegee. Selfs sonder die Wet, was hulle voor God regverdig deur die geregtigheid wat gekom het van hul geloof in God. Hulle was geseënd en is rus gegee deur hulle onwrikbare geloof in Sy woord.
Tyd het verbygegaan en Jakob se nageslag het in Egipte vir 400 jaar deur Josef se verbintenis met Farao as slawe vertoef.  Daarna het God hulle uitgelei deur Moses na die land van Kanaän. Gedurende die 400 jaar van slawerny, het hulle die geregtigheid deur geloof heeltemal vergeet.
God hulle deur die Skelfsee, met ʼn wonderwerk gelei. Kort daarna het hulle in die woestyn Sinai aangekom. Daar het hulle die wildernis van sonde bereik, God het die Wet by die berg Sinai vir hulle gegee. Hy het die Wet wat die Tien Gebooie en die 613 verskillende verordeninge vir hulle gegee en God het verklaar, “Ek is die HERE jou God, die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob. Laat Moses die berg Sinai Na My toe opklim, en Ek sal vir hom die Wet aangee.” Sodoende het Israel die Wet ontvang.
God het die Wet vir hulle gegee; want deur die wet is die “kennis van sonde”. (Romeine 3:20). Dit was bedoel om hulle mee te deel waarvan God hou en waarvan Hy nie hou nie en om Sy regverdigheid en heiligheid te openbaar.
Al die mense van Israel het oor die Skelfsee gegaan wat vir 400 jaar onder die slawerny in Egipte was. Hulle het nooit die God van Abraham; Isak en Jakob leer ken nie. Hulle het Hom nie geken nie.
Terwyl hulle vir 400 jaar as slawe in Egipte gebly het, het hulle die geregtigheid van God heeltemal vergeet. Gedurende hierdie tyd, het hulle geen leier gehad nie. Jakob and Josef wat hulle leiers was, was lankal reeds dood. Dit blyk asof Josef gefaal het om sy geloof aan sy seuns Manasse en Efraim oor te dra. Daarom was dit belangrik dat hulle, hul God weer moes vind omdat hul Sy geregtigheid heeltemal vergeet het. Ons moet in gedagte hou dat God hulle die geregtigheid van geloof eers moes gee, voordat Hy die Wet aan hulle gegee het. Die rede waarom God die Wet vir hulle gegee het, was sodat hulle weer na Hom kon terug keer.
Om Israel te red en om hulle weer Sy volk te maak, het God die besnydenis ingestel. Die doel hiervan was om Homself weer aan hulle bekendgestel, en ook dat Hy wel bestaan. Tweedens deur die instelling van die Wet kon hulle besef dat hulle sondaars voor God is. God se begeerte was dat hulle Sy volk sou word deur die verginis van hul sonde met die offering van offerande. Die instelling het Hy aan hulle gegee om op hierdie wyse hulle Sy volk te maak.
Die mense van Israel se verlossing was deur die offerandes van die Wet deur te glo dat die Messias nog sou kom. Nietemin, sien ons dié offerandes het met loop van tyd afgeneem. Laat ons kyk wanneer dit gebeur het.
In Lukas 10:25 lees ons van ʼn sekere wetsgeleerde wat Jesus uitgedaag het. Die wetsgeleerde was ʼn Fariseër. Fariseërs was uiters konserwatief, wat deur goeie werke probeer het om volgens God se Woord te lewe. Hulle het eerstens probeer om die wette te beskerm, en tweedens om volgens God se Wet te lewe. Tussen hulle was ook die Selote, onverdraagsame en fanatiese mense wat van geweld gebruik gemaak het om hulle doel te bereik, d.w.s. om die onafhanklikheid van Israel te bewerkstellig en die oorheersing van die Romeine te verbreek.
 
Vir wie wou Jesus ontmoet?
Sondaars sonder ʼn herder
 
Daar is baie van hierdie fanatiese gelowe vandag. Hulle lei sosiale bewegings met strydkrete soos bv: “red die onderdruktes van die wêreld!” Hulle glo dat Jesus gekom het om slegs hierdie armsalige en onderdrukte mense te red. Dus nadat hulle teologie op kweekskool bestudeer het neem hulle deel aan politieke bedrywighede en probeer om die sogenaamde “ontneemdes” te bevry op elke gebied van die samelewing.
Hierdie is die mense wat aandring: “Laat ons almal deur die heilige en genadige wet lewe.” Maar hulle dra geen kennis van wat die Wet werklik beteken nie. Hulle probeer net om na die letter van die Wet te lewe, terwyl daar geen erkenning aan die goddelike openbaring van die Wet gegee word nie.
Daarom kan ons met oortuiging sê dat daar vir ongeveer 400 jaar voor Christus geen profete of werklike dienaars van God in Israel was nie. In hierdie ellendige omstandighede het hulle letterlik skape sonder ʼn herder geword. Hulle was dus sonder beide dié Wet en ʼn ware leier.  In hierdie tyd het God Homself nie deur die skynheilige godsdienstige leiers geopenbaar nie.  Die land het ʼn kolonie van die Romeinseryk geword.  Dus, het Jesus vir die volk van Israel, wat Hom in die wildernis gevolg het, meegedeel dat Hy hulle nie honger sou wegstuur nie. Hy was barmhartig teenoor die “skape wat sonder ʼn herder was” omdat daar baie was wat gely het.
Die wetsgeleerdes, godsdienstiges en soortgelykes was hoofsaaklik in bevoorregte posisies in die samelewing asook die Fariseërs wat ortodokse afstammelinge van Judaïsme was. Hulle was uiters hoogmoedige mense.
ʼn Sekere wetgeleerde het opgestaan en vir Jesus gevra, “Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?” (Lukas 10: 25) Hy het gedink dat daar niemand beter as hy was onder die mense van Israel is nie. Dus het hierdie (een wat nie verlos was nie), Hom uitgedaag met hierdie woorde, “wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?”
Hierdie wetsgeleerde is maar ʼn weerspieëling van wie ons werklik is. Hy het Jesus gevra, “wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?” Jesus het hom geantwoord, “Wat is in die Wet geskrewe? Hoe lees jy?”
En hy antwoord en sê, “Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; en jou naaste soos jouself.”
Toe sê Hy vir hom: Jy het reg geantwoord; doen dit, en jy sal lewe.
Hy het Jesus uitgedaag terwyl hy nie gesien het dat hy self boos en vol sonde was nie. Iemand wat nie goed kon doen nie. Dus het Jesus hom gevra, “Wat is in die Wet geskrywe? Hoe lees jy?”
 
Hoe lees u die Wet?
Ons is almal sondaars en kan nie by die Wet hou nie.
 
“Hoe lees jy?” Met hierdie woorde vra Jesus, hoe is dit moontlik om die Wet te kan verstaan en ken insluitend u en ek.
Net soos baie mense deesdae, het hierdie wetsgeleerde ook gedink dat God hom die wet gegee om dit vir homself te hou. Dus, het hy geantwoord, “Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; en jou naaste soos jouself.”
Die Wet is sonder gebrek. Hy het vir ons die volmaakte wet gegee. Hy het ons meegedeel om die Here lief te hê met ons hele hart en siel, met al ons krag en verstand; en ons naaste soos onsself. Dit is reg om die Here lief te hê met ons hele hart en al ons kragte, maar dit is ʼn heilige gebod wat onmoontlik is om te onderhou.
“Hoe lees jy?” beteken dit die Wet is reg en korrek? Maar hoe verstaan u dit? Die wetsgeleerde het gedink dat God hom die gebod gegee het om dit te gehoorsaam en te onderhou. Maar die Wet van God is vir ons gegee sodat daar die herkenning van ons tekortkominge kan wees, deur die ontbloting van ons ongeregtighede. “Jy het gesondig. Jy het doodgeslaan terwyl Ek jou meegedeel het dat daar nie doodgeslaan mag word nie. Waarom het jy my verontagsaam?”
Die Wet ontbloot die sonde in die mense se harte. Laat ons veronderstel op pad hiernatoe, het ek lekker ryp spanspekke in ‘n bewerkte land gesien. God het my gewaarsku, “Moet nie daardie spanspekke pluk en eet nie. Dit sal my beskaamd maak as jy dit doen.” “Ja Vader.” “Die land behoort aan meneer so en so, daarom moet jy nie van dit nie pluk nie.” “Ja Vader.”
Die oomblik toe ons hoor dat ons nie daarvan mag pluk nie, ervaar ons die neiging om dit te pluk. As ons ʼn springveer afdruk, dan spring dit weer onmiddellik op. Die sonde van ‘n mens is presies so.
God het ons meegedeel om nie ongeregtige dade te pleeg nie. God kan dit sê omdat Hy heilig, volmaak en bekwaam is om dit te doen. Aan die anderkant, kan ons nie ‘nooit’ sonde pleeg nie of louter skoon en goed wees nie. Daar is nooit goed in ons harte nie. Daar word in die Wet die woord ‘nimmer of nooit’ genoem. Waarom dan so? Omdat die mens wellus in hul harte het. Die wellus word in ons harte gepleeg, omdat ons nie anders kan nie. Ons pleeg egbreuk omdat daar egbreuk in ons harte is.
Derhalwe moet ons die Bybel sorgvuldig lees. Toe ek die Woord vir die eerste keer probeer lees het, het ek dit letter vir letter ontleed. Ek het gelees waar Jesus aan die Kruis vir my sonde gesterf het en ek kon nie anders as om trane te stort nie. Dat ek ʼn baie bose en sondige persoon is, en Hy het aan die Kruis vir my gesterwe het.... My hart was baie seer, daarom het ek in Hom begin te glo. Ek het gedink, ‘As ek nou ʼn vertroueling gaan wees, dan gaan ek streng volgens die Woord in Hom glo.’
Toe ek Exodus 20 gelees het, waar dit geskrewe, “Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.” het ek ernstig begin bid met belydenis in ooreenstemming met hierdie gebod. Ek het my gedagtes noukeurig ondersoek om uit te vind of ek ooit ander afgode gehad het, of Sy Naam ydellik gebruik het, en of ek ooit neergebuig voor enige afgod om hulle te dien. Ek het toe besef dat ek wel baie keer voor ander gode neergebuig het tydens rituele om respek te toon aan my voorouers. Ek het wel hierdie sonde gedoen om ander afgode te dien. Ek het berouvol begin bid, “Here, ek het ander afgode gedien. Ek moet daaroor veroordeel word. Vergewe my sondes asseblief. Ek sal dit nooit weer doen nie.” Daarna het ek gedink, hierdie een sonde is nou tot weggeneem.
Die volgende sonde wat ek probeer onthou het, was of ek ooit Sy naam ydellik gebruik het. Ek het toe onthou dat ek nog gerook het, toe ek in God begin te glo het. My vriende het vir my gesê, “Bring jy nie skaamte oor God met hierdie rookery nie? Hoe kan ʼn Christen rook?”
Dit is dieselfde as om Sy Naam ydellik te gebruik, is dit nie? Ek het toe weer ernstig gebid: “Here, ek het U Naam ydellik gebruik. Vergewe my, ek sal my rook opgee.” Dus het ek probeer om rook optegee, maar af en toe weer die sigaretjie aangesteek, dit het so aangegaan vir ʼn jaar. Dit was baie moeilik, byna onmoontlik om rook op te gee. Maar ten einde het ek die rook heeltemal laat vaar. Dit het gevoel of ek nog ‘n sonde oorwin het.
Die volgende gebod was, “Gedenk die sabbatdag.” Dit beteken dat ek niks moet verrig op die sabbatdag nie; werk of geld verdien nie.... Dus het ek ook hierdie gebod gehoorsaam..
Die volgende gebod, “Eer jou vader en jou moeder.” Ek kon dit slegs regkry as hulle nie naby my was nie, hulle het my ʼn kopseer gegee as hulle by my was. “O verdriet, ek het gesondig voor God. Vergewe my God asseblief.” Toe het ek weer berouvol gebid.
Maar ek kon nie eer aan my ouers bring nie, omdat hulle alreeds oorlede was. Wat moes ek nou doen? “Here, vergewe hierdie armsalige sondaar asseblief. U het vir my aan die Kruis gesterwe.” Hoe dankbaar is ek nie!
Dus deur hierdie weg te volg het ek gedink dat al my sondes uiteindelik weggeneem is, een vir een. Daar was ander gebooie soos; om nie dood te slaan nie, nie egbreuk te pleeg nie, nie jou naaste se huis te begeer nie - Ek het later besef, dat ek nie eers een gebod kon onderhou nie, dus het ek nagte deur gebid. Maar weet jy, om hierdie gebede van berou te bid was nie lekker nie. Laat ons dit nou bespreek oor hoe ek hierdie ellendige gebede ervaar het.
Daar was ʼn tyd toe ek slegs aan Jesus se kruisiging en sterwe gedink het en geglo het, ek kon simpatiseer oor hoe aaklig en pynlik dit moes gewees het. Hy het vir ons gesterwe en ek was nie instaat om by Sy woord te staan of daarvolgens te lewe nie. Met hierdie gedagtes wat deur my gees getrek het, het ek nagte om trane gestort, en dat Hy ons so lief gehad het, het Hom bedank vir die werklike vreugde wat ek ondervind het.
My eerste jaar van kerkbywoning was maklik, maar die daarop volgende jare het dit al hoe moeiliker geraak, om ‘ware’ trane te stort as ek dieselfde gebede van berou gebid het.
Toe die trane finaal opdroog het ek besluit om in die berge te gaan bid, en het vir drie dae lank in ʼn grot gevas. Uiteindelik het die trane weer teruggekeer. Ek was deurweek van my trane. Nadat ek teruggekeer het in die samelewing, het ek baie trane in die kerk gestort.
Mense in die kerk het opgemerk: “Broeder, jy het soveel heiliger geword na jou gebede in die berge.” Maar die trane het weer opgedroog. Die derde jaar was vir my baie moeilik. Ek het aan al die dinge gedink wat ek verkeerd aan my vriende en Christen broeders en susters gedoen het, en ek het weer trane van berou gestort. Na vier jaar van hierdie emosionele berou situasie, het die trane weer opgedroog. Daar was traankliere in my oë, maar hulle het nie meer gewerk nie.
Na vyf jaar kon ek nie meer huil nie, hoe hard ek ook al probeer het. My neus het begin te loop. Na ʼn paar jaar van hierdie situasie, het ek myself begin walg. Ek was in ʼn doodloopstraat, God het my weer in die Bybel laat kyk.
 
 

Die Wet Is vir die Kennis van Sonde

 
Wat moet ons besef omtrent die Wet?
Ons kan nie by die Wet hou nie.
 
In Romeine 3:20 lees ons, “want deur die wet is die kennis van sonde.” Toe ek hierdie vers gelees’ het, het ek gedink dat dit net ʼn persoonlike boodskap vir die Apostel Paulus was, en het probeer om net in woorde wat ek verkies het te glo. Nadat my trane finaal opgedroog het, kon ek nie met my godsdienstige lewe van geloof voortgaan nie.
Dus het ek aangehou sondig en uitgevind dat daar wel sonde in my hart was, en dat dit onmoontlik was om in die Wet te probeer lewe. Ek kon dit nie langer verdra nie, maar kon ook nie die Wet verontagsaam nie, omdat ek geglo het dat die Wet aan ons gegee is om dit te gehoorsaam. Ek her later soos ʼn wetgeleerde geword, net soos wat dit in die Bybel genoem is. Dit het baie moeilik geword om voort te gaan met ʼn lewe van geloof.
Terwyl ek die Wet gelees het, het ek gevind dat ek wel vol sonde was, ek het begin besef dat ek al tien gebooie gebreek het, elke keer as ek net een van die wette gebreek het. Sonde wat in die hart gepleeg word, word ook beskou as sonde wat gepleeg word, met dié het ek onwetend ʼn dienaar van die Wet geword.
Wanneer ek gehoorsaam was aan die Wet, was ek gelukkig. Maar sodra ek dit verontagsaam het, het ek baie ellendig, kwaad en treurig geword. Mettertyd het ek wanhopig begin voel oor my ellendige situasie. Ek het gedink hoeveel aangenamer dit sou gewees het, as ons vanaf die begin geleer het wat die ware kennis van die Wet was.
Maar inteendeel, dit was nie so nie, Nee, o nee! Daar is werklik ʼn ander betekenis van die Wet. Dit wys duidelik dat ʼn mens ʼn hoop vol sonde is, bv. Die liefde vir geld, die wellus vir die teenoorgestelde geslag en dinge begeer wat mooi is, ens. ʼn Mens het verseker dinge in hierdie wêreld wat meer waardevol as God is. ʼn Mens is geneig om dinge van die wêreld te volg. God ken ons harte, en ons kan nie vir Hom lieg nie.
Ons moet in gedagte hou die rede waarom die Wet vir ons gegee is, is nie om dit te onderhou nie, maar om ons te laat besef dat ons ware sondaars is, met ongeregtighede in ons harte. As iemand die ware kennis van die Wet gehad het, en dit vir my geleer het, sou ek nie vir tien lange jare so gely het nie. Met die gevolg, ek vir tien jaar onder die Wet gelewe voordat ek tot hierdie openbaring gekom het.
Die agtste gebod is “Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig.” Dit beteken; geen werk mag op hierdie dag verrig word nie. Dit leer ook dat daar eerder geloop moet word, in plaas van in motors te ry, met geen inagneming van hoe vêr die kerk is om dienste by te woon nie. Ek het gedink dat dit sou meer van pas gewees het as ek kerk toe sou loop aangesien ek die predikant was en preek oor die Wet. Dus het ek gevoel dat ek moet doen wat ek preek. Dit was ontsettend moeilik, so  moeilik dat ek bykans opgegee het.
Soos dit in die skrif geskyf is, “Hoe lees jy?” Ek het nie die vraag verstaan nie, met die gevolg het ek vir tien jaar gely. Die wetsgeleerde het ook hierdie woorde verkeerd begryp. Hy het gedink dat as hy die Wet gehoorsaam en sorgvuldig daarvolgens lewe, God hom sou seën.
Maar Jesus het vir hom gesê, “Hoe lees jy?” Die man het, ín oorstemming met die wet geantwoord. Hy het die man geantwoord, “Ja, jy het reg geantwoord; jy verstaan dit soos dit geskrewe is. Probeer om daarvolgens te leef. Jy sal leef as jy dit doen, maar doodgaan as jy dit nie doen nie. Want die loon van sonde is die dood. Jy sal verseker doodgaan as jy dit nie doen nie.” (Die teenoorgestelde van lewe is die dood, is dit nie?)
Maar tervergeefs, die regsgeleerde het hierdie woorde nie verstaan nie. Hierdie regsgeleerde is net soos elkeen van ons. Ek het vir tien jaar teologie bestudeer. Ek het alles Christelik probeer, alles gelees en alle dinge gedoen, bv. vas, visioene ervaar, in vreemde tale gepraat, ens....die Bybel vir tien jaar elke dag gelees en met dié het ek verwag dat ek iets tot stand sou bring. Maar geestelik was ek ʼn blinde man.
Dit is waarom liewe vriende, ʼn sondaar moet iemand ontmoet wat die ware kennis besit, wat ʼn persoon se geestelike oë kan oopmaak; en dié ‘iemand’ is ons Here Jesus. Slegs deur Hom kan ons uiteindelik tot die insig kom:“Aha! Ons kan nooit die Wet onderhou nie. Hoe hard ons ook àl probeer om dit te doen, ons sal doodgaan terwyl ons wanhopig in die poging probeer om te slaag om dit te onderhou. Maar Jesus het ons kom red met die water en die Gees! Hallelujah!” Die water en die Gees het die krag om ons terug te koop en te verlos. Dit is die genade, die gawe van God. Prys die Here.
Ek was geseënd om van ʼn hopelose geslag van wetsgehoorsame godsdiens te gradueer. Baie mense spandeer hul hele lewe lank om die teologie te bestudeer, maar tevergeefs, hulle besef nooit die waarheid nie, selfs tot en met die dag hul afsterwe. Sommige mense glo vir dekades lank, of van geslag tot geslag, maar word nooit waarlik wedergebore nie.
Ons het gegradueer vanaf ʼn sondaar wees tot ons besef dat ons nie die wet kan onderhou nie en staan dan voor Jesus en luister sorgvuldig na Sy evangelie van die water en die Gees. Wanneer ons Jesus ontmoet, gradueer ons van alle oordeel en vervloeking. Ons kan die ergste sondaars wees, maar kan regverdig word wanneer Hy ons gered het, deur die water en die bloed.
Jesus het ons vertel dat ons nooit in Sy wil kan lewe nie. Hy het dit vir die wetsgeleerde gesê, maar hy kon dit nie verstaan nie. Om hom te laat verstaan, het Jesus hom ʼn storie vertel.
 
Wat laat die mens val in die lewe van geloof?
Sonde
 
“En Jesus antwoord en sê: ʼn Sekere man het afgegaan van Jerusalem na Jerigo en onder rowers verval, en nadat hulle hom uitgetrek en geslaan het, gaan hulle weg en laat hom half dood lê” (Lukas 10:30).
Jesus het aan die wetsgeleerde hierdie gelykenis vertel om hom geestelik wakker te maak, en deur dit aan hom uit te wys hoe hy sy hele lewe gely het, soos hierdie man wat onder rowers verval het, en half dood geslaan was.
ʼn Man het van Jerusalem na Jérigo gegaan. Jérigo verteenwoordig die sekulêre wêreld, terwyl Jerusalem die stad van godsdiens verteenwoordig; die stad van geloof, bevolk met mense wat grootpraat en spog oor die wet. Hierdie storie vertel ons duidelik; as ons slegs in Christus op ʼn ‘godsdienstige’ manier glo sal ons verseker vernietig word.
“ʼn Sekere man het afgegaan van Jerusalem na Jérigo en onder rowers verval, en nadat hulle hom uitgetrek en geslaan het, gaan hulle weg en laat hom half dood lê.” Jerusalem was ʼn groot stad met ʼn taamlike groot bevolking. Daar was ʼn hoëpriester, en menige ander priesters, Leviete en baie ander opvallende manne van geloof. Daar was ook baie wat die Wet baie goed geken het. In Jerusalem het hulle probeer om streng volgens die Wet te lewe, maar uiteindelik het hulle opgegee en na Jérigo gegaan. Hulle kon nie anders as om voortdurend in die wêreld te verval nie, (Jérigo) en gevolglik kon hulle nie rowers vermy nie.
Die man is ook deur rowers aangeval op pad van Jerusalem na Jérigo. Die rowers het sy klere uitgetrek en hom geslaan. ‘Om van sy klere te steel’ beteken dat hy sy regverdigheid verloor het. Dit is onmoontlik om volgens die Wet of deur die Wet te lewe. Apostel Paulus skryf in Romeine 7:19-20, “Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek. Maar as ek doen wat ek nie wil nie, dan doen ek dit nie meer nie, maar sonde wat in my woon.”
Ek wens ek kon altyd goed doen en in Sy woord wandel. Maar van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord, diefstal, hebsug, boosheid, bedrog, losbandigheid, afguns, lastering, hoogmoed, en dwaasheid. Al hierdie booshede kom van binne en maak die mens onrein. (Markus 7:21-23).
Omdat hierdie ongeregtighede in ons harte is, verskyn die sonde nou en dan, want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek. Ons herhaal die bose dinge in ons harte. Al wat die duiwel hoef te doen is om vir ons net ʼn klein bietjie aanmoediging te gee, om ons te laat sondig.
 
 

Die Sonde binne die Hart van die Mens

 
Kan ons volgens die Wet lewe?
Nee!
 
Dit word in Markus 7 geskrewe, “Daar is niks wat van buite af in die mens ingaan wat hom onrein kan maak nie; maar die dinge wat van hom uitgaan, dit is die dinge wat die mens onrein maak.”
Jesus vertel, daar uit die hart van die mens, kom slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord, diewery, hebsug, boosheid, afguns, lastering, hoogmoed, en dwaasheid. Al hierdie booshede kom van binne uit en maak die mens onrein.
Ons het almal moord in ons harte. Daar is niemand wat nie moord pleeg nie. Kom ons kyk na ʼn tipiese voorbeeld. Moeders skree vir hul kinders: “Nee! Moenie dit doen nie! Ek het vir jou gesê dat jy dit nie moet doen nie, ek sal jou vermorsel! Ek het aanhoudend vir jou gesê, om dit nie te doen nie, maar jy het nie ore nie. Ek sal moord pleeg as jy dit weer doen verstaan jy!” Dit is moord. Jy kon in jou gedagtes jou kinders doodgemaak het met al jou dreigemente. Maar ons kinders is nog lewendig omrede hulle weggehol het wanneer daar so op hulle geskree word, maar as ons nie beheer oor ons gedagtes gehad het nie, sou ons hulle al doodgemaak het. Somtyds maak ons onsself bang met hierdie woorde. “O my God! waarom het ek dit gedoen?” Na die slae kyk ons na al die kneusplekke wat op ons dierbare kinders gelaat is, en dink, ons moes mal gewees het om dit te doen. Ons tree so op, want ons het moord in ons harte.
Dus, “want die goeie wat ek wil, doen ek nie” beteken; ons het slegte dinge gedoen omdat ons harte vol booshede is.  Met dié is dit maklik vir Satan om ons te verlei.
Kom ons stel ons voor, ʼn man wat nog nie gered of verlos is nie, is vir tien jaar in ‘n pondok. Hy sit met sy gesig na die muur gedraai en staar na die muur, waar hy sit en mediteer soos Sungchol, die gewese bekende Koreaanse monnik. Daar is geen probleem terwyl hy daar sit en mediteer nie, maar iemand moet vir hom tog kos en water aandra en sy uitwerpsel wegneem.
Hy moet ook kontak met iemand hê. Dit sou nie ʼn probleem vir hom gewees het as dit ʼn man was nie, maar stel voor dat hierdie persoon wat hom besoek ʼn beeldskone vrou is. As hy haar dalk sou raaksien, sou die tyd wat hy daar vertoef het, van geen nut gewees het nie. Omdat, hierdie woorde in sy gedagtes ronddwaal: “Ek mag nie owerspel pleeg nie; maar ek het dit hier in my hart, ek moet dit uitvee. Ek moet dit uitdryf. Nee! Gaan uit my gedagtes uit, gaan weg!”
Maar sy vasberadenheid word gou iets van die verlede wanneer hy haar beeldskone gesig en lyf sien. Nadat hierdie vrou die plek verlaat het, kyk hy binne sy hart. Vyf jaar van hierdie kluisenaarslewe het verkrummel, en dit was alles nutteloos.
Dit is baie maklik vir Satan om ʼn mens se regverdigheid weg te neem. Al wat Satan moet doen is om hom ʼn hupstootjie te gee. Wanneer ʼn persoon worstel met sonde, alvorens hulle nie teruggekoop en verlos is nie, sal hulle aanhoudend in hierdie sonde verval. Hierdie persoon mag getrou elke Sondag sy tiende betaal, vas vir veertig dae, offers doen van dae van honderde gebede in die vroeë oggend...maar Satan sal hom nog verlei met al die ‘valse goeie dinge’ wat in die wêreld is.
“Ek wil graag vir u ʼn baie belangrike posisie in die maatskappy offer, maar jy is ʼn christen en mag nie op sondae werk nie, maar sal jy dit asseblief oorweeg? Dit is ʼn baie goeie posisie; en ek dink jy is die regte persoon vir hierdie werk. Miskien kan jy net drie sondae werk en die laaste een kerk toe gaan. As jy dit aanvaar sal jy groot aansien hê en boonop ʼn buitengewone groot salaris ontvang. Sal jy dit aanvaar?” Met so ʼn aanbod sal daar waarskynlik honderd uit honderd mense gekoop word.
As dit nie werk nie, sal Satan ʼn ander skelmstreek uithaal om wellustige mense wat maklik verlei kan word met die teenoorgestelde geslag. Satan sit ʼn beeldskone blondekop vrou voor hom met ʼn rooi mini rok, en die gevolg is dat hy hals-oor-kop verlief raak op haar, en op daardie oomblik vergeet hy van God. Dit is hoe die geregtigheid van ʼn mens van hom ontneem word.
As ons probeer om volgens die Wet te lewe, maar al wat ons aan die einde sal oorhê is wonde van sonde, pyn en geestelike armoede en al ons geregtigheid is verlore. “ʼn Sekere man het afgegaan van Jerusalem na Jérigo en onder rowers verval, en nadat hulle hom uitgetrek en geslaan het, gaan hulle weg en laat hom half dood lê.”
Hierdie woorde beteken dat ons probeer om in Jerusalem te bly, deur na die wil van die Heilige God te lewe, maar ons sal aanhou struikel, omdat ons swak is, totdat ons uiteindelik beswyk.
Jy mag miskien aanhou met hierdie berouvolle gebede voor God. “Here, ek het gesondig. Vergewe my asseblief. Ek sal dit nooit weer doen nie. Ek belowe dat dit die laaste keer sal wees. Ek smeek U Heilige Vader vergewe my nog hierdie een keer asseblief.”
Maar dit hou nie. Mense kan nie in hierdie wêreld leef sonder om te sondig nie. Hulle mag ʼn paar keer sonde vermy, maar dit is onmoontlik wees om nooit weer te sondig nie. Dus is dit onmoontlik om nie te sondig nie. “Here vergewe my asseblief.” As hierdie berouvolle gebede so sou voortgaan sal hulle wegdryf van die kerk, asook hulle godsdienstige lewe. Hulle dryf weg van God weens hulle sonde en uiteindelik sal hulle in die Hel beland.
Om Na Jérigo te reis beteken om vêrder in die wêreld te verval; nader aan die wêreld en vêrder van Jerusalem. Gedurende die eerste paar kilometers is Jerusalem nog naby, maar as die kringloop van sonde en die berouvolle  gebede oor en oor gedoen word, bevind ons onsself in die middel van die stad Jérigo; diep in die sondige wêreld.
                                 
Wie kan gered word?
Diegene wat opgee om hul eie regverdigheid te bewerkstellig
 
Wie het die man op pad Jérigo toe ontmoet? Hy het rowers ontmoet. Diegene wat volgens die Wet lewe, leef ‘n soortgelyke lewe soos ʼn verlate hond. Hulle drink slaap en urineer op enige plek. Hierdie verlate hond word wakker en herhaal wat hy die vorige dag gedoen het. ʼn Verlate hond sal sy eie uitwerpsel eet.
Dit is waarom die Bybel sulke persone honde noem. Hulle weet dat hulle nie moet drink nie, maar doen dit nogtans. Hulle offer berouvolle gebede en die volgende oggend herhaal hulle die hele proses weer oor.
Dit is soos die man wat rowers ontmoet het op pad Jérigo toe. Hy was gewond en half dood agtergelaat. Dit beteken dat daar sonde in sy hart was. Dit is hoe die mens werklik is. Mense glo in Jesus terwyl hulle probeer om volgens die Wet, in Jerusalem te lewe, die godsdienstige gemeenskap, maar word agtergelaat met net sonde in hulle harte. Al wat hulle kan wys van hulle godsdienstige lewe is die wonde van sonde. Diegene met sonde in hul harte, word uiteindelik in die Hel gewerp. Hulle besef dit, maar weet nie wat om daaraan dit te doen nie. Was ons nie al in ʼn soortgelyke godsdienstige stad nie? Ja ons was verseker daar.
Die wetsgeleerde wat die Wet van God verkeerd verstaan het, sal sy hele lewe struikel, en aan die einde in die Hel beland. Hy is nie alleen nie; want hy is net soos ons.
Net Jesus kan ons red. Daar is baie ‘intelligente’ mense om ons in die samelewing wat voortdurend grootpraat oor wat hulle weet en geleer het. Hulle gee voor dat hulle volgens die Wet van God lewe, maar is nie eerlik met hulself nie. Hulle kan nie eers ʼn graaf ʼn graaf noem nie, en buig agter oor om aanhoudend op die roskamming van hul uiterlike voorkoms gelowig te lyk. Tussen hulle is sondaars op pad Jérigo toe; diegene wat deur rowers’ aangeval is, wat geslaan en daar gelos is, is halfdood. Ons moet weet hoe swak ons voor God is.  Ons moet dus voor Hom eerlik erken: “Here, ek sal Hel toe gaan as U my nie nou red nie. Red my asseblief. Ek sal enige plek gaan waar U my heen stuur, al sou dit hael of storm, as ek net die ware evangelie kan hoor. As U my alleen laat, sal ek Hel toe gaan. Ek smeek U om my te red.”
Diegene wat besef dat hulle wel op pad Hel toe is, en opgegee het om te probeer om hulle eie regverdigheid te bewerk, wat slegs op die Here vertrou, is diegene wat gered sal word. Ons kan nooit gered word deur ons eie pogings nie.
Ons moet verstaan dat ons soos die man is wat deur rowers aangeval is.