• All e-books and audiobooks on The New Life Mission website are free
  • Explore multilingual sermons in global languages
  • Two new revised editions in English have been released
  • Check out our website translated into 27 languages
Search

Sermons

Onderwerp 3. Evangelie van die water en die Gees

[3-1] Die Ewige Verlossing (Johannes 8:1-12)

2021.03.22 261
Die Ewige Verlossing(Johannes 8:1-12)
“Maar Jesus het na die Olyfberg gegaan. En vroeg in die môre het Hy weer in die tempel gegaan, en al die mense het na Hom gekom, en Hy het gaan sit en hulle geleer. En die skrifgeleerdes en die Fariseërs het ń vrou wat in egbreuk betrap was, na Hom gebring. En toe hulle haar tussen hulle in laat staan het, sê hulle vir Hom: Meester, hierdie vrou is op ń daad van egbreuk betrap; en Moses het ons in die wet bevel gegee om sulke vroue te stenig; maar U, wat sê U? En dit het hulle gesê om hom te versoek, sodat hulle iets kon hê om Hom te beskuldig; maar Jesus het neergebuk en met die vinger op die grond geskrywe. Maar toe hulle aanhou om Hom te vra, het hy Hom opgerig en vir hulle gesê: Laat dié een van julle wat sonder sonde is, die eerste ń klip op haar gooi. En weer het Hy neergebuk en op die grond geskrywe. En toe hulle dit hoor, het hulle, deur hul gewete bestraf, een vir een weggegaan, van die oudste af tot die laaste toe; en Jesus het alleen agtergebly, en die vrou wat daar tussen hulle gestaan het. En toe Jesus Hom oprig en niemand sien behalwe die vrou nie sê Hy vir haar: Vrou, waar is daardie beskuldigers van jou? Het niemand jou veroordeel nie? En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie.’”
 
 
Hoeveel sonde het Jesus uitgewis?
 Al die sonde van die wêreld
 
Jesus het die ewigdurende verlossing vir ons gegee. Daar is niemand in hierdie wêreld wat nie gered of verlos kan word as hulle in Jesus sou glo as hul verlosser nie. Jesus het ons almal verlos van sonde. Die rede waarom ʼn sondaar oor sy sonde sou worstel en aanhoudend gebede van belydenis bid, is omdat sulke persone ʼn wanbegrip het hoe Jesus hom/haar verlos het met beide Sy doop en kruisiging.
Ons moet almal die geheim van Sy verlossing verstaan en dit glo. Jesus het al ons sonde op Hom geneem met Sy doop, deur aan die kruis te sterwe het Hy die oordeel en volle prys betaal vir ons sonde.
Glo nou in die water en die Gees en verkry die ewige verlossing en vergifnis van alle sonde. Glo ook in Sy groot liefde wat u alreeds regverdig gemaak het. Glo in wat Hy alreeds vir u in die Jordaan rivier en aan die Kruis volbring het. Jesus dra ook kennis van al ons sonde wat ons geheim hou, daar is geen een wat weggesteek kan word nie. Sommige mense het ʼn wanbegrip van sonde, hulle het die idee dat daar sekere sonde is wat nie verlos kan word nie. Luister vriende, Jesus het al ons sonde weggeneem, elk en iedereen van hulle.
Daar is nie een enkele sonde in hierdie wêreld wat Hy uitgelaat nie. Die waarheid in ooreenstemming met die Bybel is dat Hy al die sonde van die wêreld uitgewis het deur Sy regverdige dade, en dat daar nou geen sondaar meer is nie. Dra u kennis van Sy evangelie wat Hy vir ons gegee het, wat al u sonde volkome uitgewis het, selfs u toekomstige sonde? Liewe vriende glo in hierdie evangelie en wees opreg gered, en gee alle eer aan God.
 
 
Die Vrou wat op die daad van Egbreuk betrap is.
 
Hoeveel mense pleeg egbreuk in die wêreld?
Almal van hulle
 
In Johannes hoofstuk 8 is daar ʼn verhaal van ʼn vrou wat egbreuk gepleeg het en op heterdaad betrap is en ons duidelik sien hoe Jesus haar gered het. Ek wil graag met julle deel hoe hierdie vrou genade ontvang het. Dit is, as ek mag sê, nie ʼn leun dat alle mense die een of ander tyd in hul leeftyd owerspel sal pleeg nie. Elkeen op aarde pleeg een of ander tyd owerspel. As u sou dink dat u nog nooit hierdie sonde gepleeg het nie is dit maar net omdat u dit soveel keer gepleeg het dat dit vir u blyk asof u dit nog nooit gepleeg het nie. Waarom is dit so? Ons lewens is besoedel met owerspel.
As ons hierdie vrou se verhaal in Johannes 8 lees, dan sou ek sê dat daar nie ʼn enkele persoon wat hier sit (of hierdie boek lees) wat nie owerspel gepleeg het nie (in gedagtes of fisies). Daar is geeneen wat nie egbreuk gepleeg het nie, soos hierdie vrou wat op heterdaad betrap is nie. Almal van ons het hierdie sonde gepleeg, maar u maak asof u dit nooit gepleeg het nie.
Dink julle ek is verkeerd? Nee ek is nie. Kyk sorgvuldig binne u hart. Almal op hierdie aarde het dit gepleeg. Hulle pleeg owerspel selfs as daar net gekyk word na mooi vrouens of mans wat in die straat loop, in die gedagtes, in dade, enige tyd waar ook àl. Hulle besef nie eens dat hulle dit wel gepleeg het nie. Daar is ook baie mense wat dit nie besef nie tot en met hul dood dat hulle wel owerspel dwarsdeur hul lewens gepleeg het nie. Nie net mense wat op heterdaad betrap was nie, maar almal van ons wat nog nie betrap is nie. Alle mense pleeg owerspel in hul gedagtes of in dade. Is dit nie maar deel van ons lewens nie?
Is u nou omgekrap wat ek hier verklaar het? Maar dit is die waarheid. Ons is maar versigtig om daaroor te praat omdat dit ons ongemaklik laat voel. Die waarheid is mense pleeg deesdae deurgaans owerspel, en besef nie eens dat hulle dit pleeg nie.
Mense pleeg owerspel in hul siele ook. Ons wat na God se beeld geskape is leef op die aarde sonder om ooit te besef dat ons geestelike owerspel pleeg. Om afgode te dien is dieselfde as om geestelike owerspel te pleeg, omdat die Here die enigste eggenoot van die mens is.
Die vrou wat op heterdaad betrap was met egbreuk, was tog ʼn vleeslike mens, net soos almal van ons. Sy het soos ons, genade van die Here ontvang, asook verlossing. Maar dié skynheilige Fariseërs het haar laat opstaan in hul midde en haar veroordeel asof hulle regters was en wou haar met klippe doodgooi. Hulle was gereed om haar te straf en te veroordeel, asof hulle onskuldig was en nooit owerspel gepleeg het nie.
Liewe Christen, iemand wat homself sien as ʼn massa van sonde, sal niemand voor God veroordeel nie, met die wete dat hulle self ook skuldig is aan owerspel wat hul deurentyd pleeg. Selfs hulle ontvang ook die genade van God wat ons almal red en verlos. Slegs diegene wat openhartig en eerlik is, en besef hulle is sondaars wat self skuldig is aan hierdie sonde, is uitverkies deur God om verlossing te ontvang.
 
 

Wie Ontvang God se Genade?

 
Wie ontvang God se genade?
Die onwaardige
 
Is daar iemand wat rein lewe en nie owerspel pleeg nie, genade ontvang of sal die onwaardige een wat voor God erken dat hy ‘n blote sondaar is, genade ontvang? Liewe vriende die een wat homself nie kan help nie, die swak en hulpelose, ontvang verlossing. Die persone wat hulself goed ken ontvang Sy genade en verlossing. Diegene wat dink dat hulle geen sonde het nie, die eiegeregtiges kan nie verlos word nie. Hoe is dit moontlik om genade van God te ontvang as daar niks is om te verlos nie?
Die skrifgeleerdes en Fariseërs het hierdie vrou wat in egbreuk betrap, en soos ʼn hond voor Jesus gesleep het en haar tussen hulle laat staan het, en vir Hom gevra het: “Meester, hierdie vrou was op ‘n daad van egbreuk gevang, maar U, wat sê U?”  Hoekom het hulle besluit om Hom te toets of te beproef met hierdie armsalige vrou?
Die antwoord is omdat hulle ook skuldig was aan owerspel, maar wou haar veroordeel en stenig met Jesus se toestemming, sodat hulle terselfdertyd die blaam op Jesus kon.pak
Maar Jesus wat die gedagtes van die mens ken was ten volle bewus wat in hulle gedagtes omgaan, asook hierdie vrou se gedagtes. Daarom het Hy gesê, “Laat dié een van julle wat sonder sonde is, die eerste ʼn klip op haar gooi.” En toe hulle hierdie woorde hoor, het hulle een vir een weggeloop van die oudste tot die jongste; en Jesus het alleen saam met die vrou agtergebly.
Diegene wat weggeloop het was hierdie ‘godsdienstige eiegeregtige’ leiers. Hierdie persone was van plan om hierdie vrou te veroordeel wat op heterdaad betrap is met egbreuk, en voorgedoen asof hulle self geen sonde gehad het nie.
Jesus het Sy liefde vir die wêreld verkondig. Hy is die liefde self. Jesus het kos vir die mense gegee, die dooies opgewek, het die weduwee se dooie seun weer lewend gemaak en hom aan sy moeder teruggegee, Lazarus van Bethanie opgewek uit die dood, melaatses gesond gemaak, verskeie wonderwerke tussen die armes gedoen. Hy het die sonde van sondaars weggeneem en hulle verlossing gegee.
Jesus het ons baie lief. Hy is die Almagtig wat alles kan doen, maar die ellendige Fariseërs en skrifgeleerdes het gedink dat Hy hul vyand was. Dit is waarom hulle die vrou voor Hom gesleep het en Hom getoets het.
Hulle het vir Hom gevra, “Meester, hierdie vrou is in ń daad van egbreuk betrap; en Moses het ons in die wet ‘n bevel gegee om sulke vroue te stenig; maar U, wat sê U?” Hulle was onder die indruk dat Hy saam met hulle sou stem om haar te veroordeel. Hoekom? As ons volgens die Wet van God oordeel, sal almal wat owerspel pleeg onmiddellik gestenig moet word sonder enige uitsondering.
Almal moet dus gestenig word, en Hel toe gaan. Die woord verklaar: Die loon van sonde is die dood. Maar Jesus het nie vir hulle gesê om haar te stenig nie. In plaas daarvan het Hy gesê, “Laat dié een van julle wat sonder sonde is die eerste ʼn klip op haar gooi.”
 
Waarom het God die 613 artikels van die Wet gegee?
Om ons te laat besef dat ons sondaars is
 
Die Wet bring die toorn van God. God is heilig en Sy Wet is ook heilig. Hierdie Heilige Wet met sy 613 artikels is aan ons gegee. Die rede waarom God die 613 artikels van die Wet aan ons gegee is, is om ons te laat besef dat ons sondaars is, en dat ons onvolmaak is. Dit leer ons om te reik na God se genade om so gered te word. As ons dit nie besef nie, en alleen gedoen soos in die Wet bepaal word, sou ons verseker gestenig geword het, net soos die vrou wat in egbreuk betrap was.
Die Fariseërs en skrifgeleerdes wat die waarheid van Sy Wet nie geken nie, sou waarskynlik hierdie vrou en ons gestenig het. Maar wie sou durf om klippe na hierdie hulpelose vrou te gooi, as hulle self skuldig en vol sonde was? Selfs al het iemand haar letterlik in egbreuk betrap, sou niemand in hierdie wêreld klippe na haar kon gooi nie.
As hierdie vrou en elkeen van ons volgens die Wet geoordeel moes word, sou sy en ons verseker ʼn vreeslike straf ontvang het. Maar Jesus het ons sondaars, van sonde en van die straf en die regverdige oordeel wat vir ons bedoel was, gered. As die Wet streng toegepas moes word, wie van ons met al ons sonde sal nog kon lewe? Elkeen van ons sal verseker in die Hel beland.
Die Fariseërs en skrifgeleerdes het kennis van die Wet besit presies soos dit letterlik geskryf was. As Sy Wet korrek toegepas word, sou dit hulle veroordeel en tot die dood bring. Die feit van die saak is, die Wet van God was vir die mens gegee sodat hulle hul sonde kon besef, maar hulle het tragies onder dit gely omdat hulle ʼn verkeerde begrip van die Wet van God gehad het, asook deur dit verkeerd toe te pas  .
Hedendaagse ‘Fariseërs’ wat in ons kerke preek, net soos hierdie Fariseërs in die Bybel, dra slegs kennis van die Wet soos dit op papier geskryf is, en verstaan dit nie. Hulle moet Sy genade in diepte verstaan, Sy geregtigheid en die waarheid van God. Hulle moet eers hierdie evangelie leer en met geloof aanvaar, voordat hul waarlik gered kan word.
Die Fariseërs het Jesus aanhoudend gevra, “en Moses het ons in die Wet bevel gegee om sulke vroue te stenig; maar U, wat sê U?” Hulle het vol vertroue met klippe in die hand gestaan, gereed om haar te stenig. In hul selfversekerdheid het hulle gedink dat Jesus niks hieroor sou sê nie. Hulle het gereed gestaan en gewag vir Jesus om die aas te sluk.
Sou Jesus in ooreenstemming met die Wet haar geoordeel het, sou hulle Hom verseker gestenig het. Hulle duistere doel was om die vrou en Jesus te stenig. Indien Jesus vir hulle gesê om nie die vrou te stenig nie, sou hulle met hulle skynheilige houding onmiddellik vir Jesus gesê het dat Hy van die Wet van God ‘n bespotting maak en Hom stenig vir godslastering. Dit was ʼn subtiele duistere samesweerdery!
Maar Jesus het vooroor gebuig en met Sy vinger op die grond begin te skryf, maar hulle het aangehou met hierdie lastige vraag, “Maar U, wat sê U? Wat skrywe jy so op die grond? Beantwoord net ons vraag! Wat sê U?” Hulle het aangehou om Hom te teister, en Hom beskuldig met hierdie bose plan wat hulle wou uitvoer.
Toe het Jesus opgestaan en vir hulle gesê: Laat dié een van julle wat sonder enige sonde is die eerste klip op gooi. En weer het Hy vooroor gebuig en aangehou om op die grond skrywe. Almal wat hierdie woorde gehoor het, en wat self deur hul eie gewete aangekla is, het een vir een weggeloop, van die oudste tot die laaste een toe; en Jesus het alleen saam met die vrou agtergebly.
 
 
“Laat dié een van julle wat sonder sonde is, die eerste klip gooi”
 
Waar word sonde opgeteken?
Op die tafel van ons Harte en in die Boek van Werke
 
Jesus het vir hulle vertel, “Laat dié een van julle wat sonder sonde is, die eerste klip gooi,” en vooroor gebuig en aangehou om op die grond te skryf. ʼn Paar van die ouer boosdoeners wie se gewete hom aangekla het van hierdie sonde het eerste begin wegloop, daarna die jongeres, en so het hulle een vir een weggeloop. Laat ons veronderstel u het daar saam met die vrou voor Jesus gestaan het, in plaas van die Fariseërs en die skrifgeleerdes. As Jesus vir ons dieselfde vraag gevra het, laat dié een van julle wat sonder sonde is die eerste ʼn klip op haar gooi, wat sou ons werklik gedoen het?
Laat ons nou die vraag vra, wat het Jesus op die grond geskrywe? God wat ons geskape het het ons sondes op twee verskillende plekke neer geskrywe.
Eerstens het Hy ons sondes op die tafel van ons harte geskryf. “Die sonde van Juda is geskrywe met ń ystergriffel, met ʼn diamant punt; dit is gegrif op die tafel van hulle hart en op die horings van julle altare.” (Jeremia 17:1).
God praat met ons deur Juda, wat ons verteenwoordiger is. Die sonde van die mens is met ʼn ystergriffel, wat ʼn diamant punt het op die tafels van ons hart diep ingegrafeer.  Dit word so op die tafels van ons harte opgeskrywe. Die antwoord op hierdie vraag: Jesus het vooroor gebuig en op die grond hierdie woorde geskryf; ‘die mens is totale sondaars.’
God weet dat ons aanhoudend sonde pleeg, en Hy graveer hierdie sonde op die tafel van ons harte met ʼn yster griffel, met ʼn diamant punt. Eerstens maak Hy aantekeninge van al ons werke, d.w.s. al die sonde wat ons gepleeg het, omdat ons kwesbaar voor die Wet staan. Soos die sonde in ons hart opgeteken word, word daar besef dat ons wel sondaars is wanneer daar na die wet gekyk word. Sedert Hy dit in ons hart en in ons gewete opgeteken het, weet ons, ons is sondaars voor God
Jesus het die tweede keer vooroor gebuig en op die grond geskrywe. Die Skrif vertel ons, ons sondes is ook in die Boek van Werke opgeteken (Openbaring 20:12). Elke sondaar se naam, asook al hul sonde, word hier opgeteken. Daar word ook op die tafels van die mens se hart opgeteken. D.w.s. die sonde word beide in die Boek van die Lewe en op die tafels van ons harte (ingegraveer) opgeteken.
Die sondes word op die tafels van elke en iedere se harte opgeteken, jonk en oud. Dit is waarom hulle geen antwoord voor Jesus gehad nie. Hulle wat probeer het om die vrou te stenig was hulpeloos voor Sy woorde.
 
Wanneer word hierdie sonde wat op twee plekke opgeteken is uitgevee?
Wanneer ons die verlossing van die water en die bloed van Jesus in ons Harte aanvaar.
 
Maar wanneer ons Sy verlossing ontvang en opreg gered word, sal al die sondes wat in die Boek van Werke heeltemal uitgevee word, en jou naam (nuwe naam) in die Boek van die Lewe geskryf word. Ons moet die skrif verstaan, alleenlik diegene wie se name in die Boek van die Lewe opgeteken word, sal in die Hemel toegelaat word. Al hulle goeie dade, die dinge wat hulle in hierdie wêreld vir die koningryk van God en Sy geregtigheid gedoen het, is ook in die Boek van die Lewe opgeteken. Slegs hulle word in die hemel toegelaat en aanvaar. Diegene wat verlos is van al hulle sondes sal in die hemel vir ewig bly.
Hou in gedagte wat die skrif verklaar; die sonde van elke persoon word in twee boeke opgeteken, sodat niemand God kan bedrieg nie. Daar is geen mens wat nie sonde of owerspel, fisies of in sy hart gepleeg het nie. Alle mense is sondaars en is onvolmaak.
Diegene wat Jesus se verlossing nog nie aanvaar nie, sal altyd oor hulle sondes kwel. Hulle sal nooit die sekerdheid ondervind nie, omdat hulle sonde in hul harte koester. Hulle is vreeslik bang vir God, asook vir ander mense. Maar die oomblik wanneer hulle die evangelie van verlossing van die water en die Gees in hulle harte aanvaar, word alle sondes wat op die tafels van hul harte en in die Boek van Werke opgeteken is, onmiddellik uitgevee. Sodoende word hulle bevry en verlos van hul sondes.
In die Hemel is daar ʼn baie belangrike boek, die Boek van die Lewe. Die name van al die gehoorsame mense wat in Sy redding en verlossing van die water en die Gees glo, is hierin opgeteken, slegs hierdie mense sal verseker in die Hemel toegelaat word. Hulle word in die Hemel toegelaat, nie omdat hulle nie in hierdie wêreld gesondig het nie, maar omdat hulle verlos is van al hulle sondes deur hul geloof in die evangelie van die water en die Gees. Dit is ‘die wet van die geloof (Romeine 3:27).
Dierbare Christen luister, die Fariseërs en die skrifgeleerdes was verseker sondaars, asook die vrou wat egbreuk gepleeg het. Hulle mag egter meer sonde gepleeg het omdat hulle hulself en ander mense om hulle bedrieg het deur voor te gee dat hulle die wet onderhou. Hierdie valse godsdienstige leiers was inderdaad diewe met ʼn formele lisensie. Hulle was diewe van siele en diewe van die lewe. Hulle het gewaag om met gesag ander te leer, maar self was hulle nog nie gered of verlos nie.
Daar is geen mens wat volgens met die Wet sonder sonde kan staan nie. Maar ʼn mens kan regverdig gemaak word, nie omdat hulle nie sonde gedoen het nie, maar wel omdat hul verlos is van alle sonde. So ʼn persoon is in die Boek van die Lewe opgeteken. Die mees belangrikste ding is, of u naam in die Boek van die Lewe opgeteken is, of nie. Omdat mense hopeloos is en aanhoudend in hul lewe sondig, moet hulle dus vir een maal verlos word, sodat hulle name in die Boek opgeteken word.
Liewe vriende om toegang in die Hemel te verkry, hang af of u Sy ware evangelie aanvaar en daarin glo of nie. Om die genade van God te ontvang, sal afhang van u aanvaarding van Jesus se volkome redding.
Wat van die vrou wat in egbreuk betrap was? Ek kan my voorstel dat sy haarself daar op die grond voor Jesus gebuig het, en haar oë toegemaak het met die wete dat sy nou gestenig gaan word. Sy was seker vreesbevange en het gehuil met die hoop dat haar lewe gespaar sou word het. Kan dit nie waar wees nie? Mense word gou vol berou as hulle die dood in die oë staar.
“O God, dit is reg dat ek nou moet gestenig word. Sal U asseblief my siel in U Hande neem, skenk my u medelye, Jesus.” Sy het Jesus gesmeek vir Sy genade en liefde. “Jesus as U my nou veroordeel sal ek veroordeel word, en as U my nou sonder enige sonde verklaar, dan sal al my sondes uitgewis word. Ek is in U hande.” Sy het al hierdie woorde en meer in haar vreeslike situasie vir Jesus gesê. Die vrou wat voor Jesus gesleep was het nie gesê, “Ek het verkeerd gedoen, vergewe my asseblief vir my sonde deur egbreuk te pleeg nie.” Maar sy het hierdie woorde gebruik, “Red my asseblief van my sonde. As U my sonde verlos, sal ek dus gered wees. As U dit nie dit doen nie, sal ek verseker Hel toe gaan. Ek benodig U liefde en versoening. Ek benodig die liefde van God, en ek het U medelye nodig.” Sy het haar oë toegemaak en erken dat sy ʼn sondaar is en skuldig was.
En toe het Jesus opgestaan en niemand gesien behalwe hierdie vrou nie, en haar gevra: “Vrou, waar is daardie aanklaers van jou? Het niemand jou veroordeel nie? En sy antwoord: Niemand nie Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie.”
Ons moet hier oplet, Jesus kon haar nie bestraf of veroordeel nie, omdat Hy alreeds haar sonde in die Jordaanrivier weggeneem het, en dat sy alreeds verlos was van al haar sonde. Nou moes Jesus, in die plek van die vrou veroordeel word vir haar sonde.
 
 
En Jesus sê vir haar: “Ek veroordeel jou ook nie”
 
Was sy veroordeel deur Jesus?
Nee
 
Hierdie vrou was geseën met die volkome verlossing van Jesus. Sy was verlos van al haar sondes. Die Here Jesus vertel ons dat Hy alreeds al ons sondes weggeneem en verlos het, en dat ons regverdig voor Hom verklaar word.
Hy verklaar dit duidelik so in die Bybel. Hy het aan die Kruis gesterwe om vir al ons sondes te betaal, nadat Hy dit weggeneem het met Sy doop in die Jordaan. Hy vertel ons duidelik, almal wat in Sy redding en verlossing van Sy doop en oordeel aan die Kruis glo, volkome verlos is. Almal van ons het die geskrewe Woord van Jesus nodig in ons lewe, en daaraan moet ons vashou in geloof. As ons gehoorsaam is sal ons geseën word met Sy verlossing.
Hierdie is ʼn openhartige gebed wat God aanvaar; “God ek het geen waarde voor U nie, en geen goed binne in my nie. Ek kan niks vir U wys nie, maar net my ellendige sondes. Maar ek glo dat U Jesus, my Here my volkome verlossing is. U het al my sondes in die Jordaan weggeneem en aan die Kruis daarvoor betaal. U het al my sondes met U doop en U waardevolle bloed weggeneem. Ek glo waarlik in U Here.”
Dit is hoe u waarlik wedergebore kan word. Jesus oordeel ons nie as ons nederig en opreg voor Hom kom nie. Hy het ons die reg gegee om kinders van God te word: Vir die wat gehoorsaam is, en wat glo in die verlossing van die water en die Gees. Hy het deur Sy regverdige dade al ons se sonde weggeneem, en ons regverdig gemaak. Liewe vriende! Die vrou wat egbreuk gepleeg het en betrap was, was uiteindelik gered. Die vrou het seën deur die versoening en redding van ons Here Jesus ontvang. Ons kan ook so geseën word. Elkeen van ons wat hul sondes eerlik voor God erken en sou vra vir Sy medelye, asook glo in Sy redding deur die water en die Gees, ontvang Sy seëninge van volkome versoening en redding. Diegene wat hul sondes voor God erken, sal verseker verlos word, maar diegene wat nie hul sonde erken nie, sal nooit Sy seëninge van redding ontvang nie.
Jesus het die wêreld se sondes weggeneem (Johannes 1:29). Enige sondaar in hierdie wêreld kan gered en verlos word van al hul sonde, as hulle in Jesus en in Sy evangelie glo. Jesus het vir die vrou gesê, “Ek oordeel jou ook nie” Hy het haar vertel dat Hy haar nie veroordeel nie omdat Hy alreeds haar sondes op homself geneem het deur Sy doop in die Jordaan. Hy het al ons sondes op homself geneem (die Lam van God), en vir hierdie sondes was Hy veroordeel in plaas van ons.
 
 
Ons Moet voor Jesus Gered word
 
Wat is groter, die liefde van God of die oordeel van God?
Die liefde van God
 
Die Fariseërs met die klippe in hul hande, sowel as hedendaagse valse godsdienstige leiers vertolk die Wet tot op die letter. Hulle glo omdat die Wet sê u mag nie egbreek pleeg nie, en dat as hierdie gebod verbreek word, dan moet die skuldige gestenig word. Hierdie skynheilige skepsels loer self na ʼn vrou met wellustige oë terwyl daar voorgegee word dat hulle nie hierdie gebod verbreek nie. Laat dit duidelik wees, wie ook al hierdie sonde doen sal nooit verlos of gered word nie. Jesus het die skrifgeleerdes die Fariseërs en die skynheiliges as die moraliste in hierdie wêreld gekenmerk. Maar hulle het nie Jesus se geroep gehoor nie. Sy woorde, “Ek sal julle nie veroordeel nie,” dit het hulle nie gehoor nie.
Slegs die vrou wat met egbreuk betrap was het die wonderlike en vreugdevolle woorde gehoor. As u openhartig en eerlik voor Hom staan kan u ook sulke seëninge ontvang. “God ek pleeg hierdie ellendige egbreuk en sondig aanhoudend, en is hulpeloos om dit te vermy. Die waarheid is dat ek dit pleeg sonder dat ek dit weet, omdat dit soveel keer gebeur. Hierdie sonde word menigmaal deur die dag gepleeg.”
Wanneer ons Sy Wet opreg en openhartig aanvaar en eerlik voor God staan en eerlik vir Hom sê, “Here God dit is hoe ek is. Red my asseblief,” sal God ons verseker seën met Sy versoening en verlossing.
Die liefde van Jesus en die evangelie van die water en die Gees het die veroordeling van God daardie dag oorwin; “Ek veroordeel jou ook nie.” Het Hy gesê, “Jy is gered en geheilig.” Ons Here Jesus Christus is die God van barmhartigheid. Hy het ons verlos van die sondes van die wêreld. Prys Sy Naam!
Ons God is die God van geregtigheid asook die God van Liefde. Die liefde van die water en die Gees is selfs groter as Sy oordeel.
 
 

Sy Liefde Is Groter As Sy Oordeel

 
Hoekom het Hy ons gered?
Omdat Sy liefde groter is as Sy oordeel.
 
Sou God Sy oordeel op ons afgedwing het om Sy Wet uit te voer of sou Hy almal wat skuldig gevind is met sonde onmiddellik Hel toe gestuur het? Die liefde van Jesus red ons volkome van hierdie veroordeling, dit is groter.  God het Sy eniggebore Seun gestuur. Sy naam is Jesus wat al ons sondes op Hom geneem het, en ons verdiende oordeel ontvang het. Elkeen wat nou in Jesus as hul Verlosser met ware geloof glo, sal Sy kind en die regverdige genoem word.  Sy liefde is groter as Sy veroordeling, Hy het dus almal verlos.
Ons moet God dank dat Hy ons nie oordeel slegs met Sy oordeel nie. Die Bybel vertel toe Jesus aan die skrifgeleerdes, Fariseërs en hulle volgelinge gesê, “Maar gaan leer wat dit beteken: ‘Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie; want Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering” (Matthéüs 9:13). Sommige mense mag nog ʼn koei of ʼn bok elke dag voor God offer en bid, “God sal U my vergewe vir sonde wat ek elke dag pleeg.” God wil nie hierdie offerande hê nie, maar slegs ons geloof in die verlossing van die water en die Gees. Hy begeer dat ons opreg gered en verlos moet word. Hy wil Sy liefde op ons uitstort, en ons vertroue aanvaar. Verstaan u al hierdie woorde? Jesus het Sy volmaakte redding en verlossing aan ons gegee.
Ons moet weet, Jesus haat sonde, maar het ʼn liefderyke en brandende liefde vir die mens wat Hy geskape het na Sy gelykenis. Is u bewus daarvan dat Hy dit al besluit het nog voordat die wêreld geskape is om ons Sy kinders te maak, asook om al ons sondes uit te wis met Sy doop en bloed.  God het ons geskape om ons uiteindelik te red, en met Jesus te beklee en ons Sy kinders te maak. Dit my vriende is die liefde wat Hy vir ons as Sy skepsels het. Is dit nie wonderlik nie?
As God ons alleenlik met Sy regverdige Wet geoordeel het, sou ons almal as sondaars gesterf het. Maar, Prys Sy Naam, Hy het ons bevry van alle sonde deur Sy doop en die oordeel wat Jesus aan die Kruis ontvang het in plaas van ons. Glo u dit?
Laat ons nou Sy evangelie in die Ou Testament bevestig.
 
 
Aäron lê sy hande op die sondebok
 
Wie het as verteenwoordiger van Israel hul sonde, op die sondebok geplaas?
Die Hoëpriester
 
Al die sonde van die wêreld was volkome uitgewis deur geloof in die ordonnansies van die Ou Testament en die doop in die Nuwe Testament. In die Ou Testament het die Hoëpriester die volk se sonde jaarliks versoen, deur sy hande op die kop van ʼn lewende bok sonder gebrek te lê. “en Aäron moet sy twee hande op die kop van die lewende bok lê en oor hom belydenis doen van al die ongeregtighede van die kinders van Israel en al hulle oortredinge, wat hulle sondes ook al mag wees: en hy moet dié op die kop van die bok lê en hom deur ʼn
Man wat gereed staan, na die woestyn toe stuur.” (Levitikus 16:21).
Dit is hoe hulle in die dae van die Ou Testament versoening van God verkry het. Om verlos te word van hul daaglikse sondes, moes ʼn lam of bok sonder gebrek in die tabernakel op die altaar opgeoffer word. Die Priester het sy twee hande op die kop van die bok gelê, sodat die lot van die sonde op die offer kom, daarna het hy dit op die altaar as ʼn brandoffer geplaas. Dan het hulle die sondofferbok geslag wat vir die volk bedoel was, en die priester het van die bloed van die bok geneem aan die horings van die altar gestryk.
Daar was vier horings op die hoeke van die altaar. Hierdie horings simboliseer die Boek van die Werke waarna daar in Openbaring 20:12 verwys word. Die bok se oorblywende bloed was ook op die grond rondom die altaar gesprinkel. Die grond verteenwoordig die hart van die mens, omdat mens uit die stof van die aarde gemaak is. Sodoende het die volk versoening vir hulle daaglikse sondes verkry.
Maar hulle het ʼn probleem ondervind om hierdie daaglikse ‘sondoffer’ te verrig. Dus het God toegegee dat hierdie versoening elke jaar een maal uitgevoer word vir al die oortredinge en sonde van Israel. Dit was dus uitgevoer in die sewende maand, op die tiende van die maand, die Groot Versoeningsdag. Op hierdie dag het die Hoëpriester wat die verteenwoordiger van die Israelietiese volk was, twee bokke geneem en hulle voor die aangesig van die HERE gestel. Hy het sy twee hande op die kop van die lewende bok gelê en oor hom belydenis gedoen vir al die oortredinge en sondes van Israel wat hulle gepleeg het, en het hierdie sonde op die kop van bok gelê. Hy het ook deur hierdie ritueel vir hulle versoening gedoen, en op hierdie manier is hulle gereinig.
“en Aäron moet sy twee hande op die kop van die lewende bok lê en oor hom belydenis doen van al die ongeregtighede van die kinders van Israel en al hulle oortredinge, wat hulle sondes ook al mag wees: en hy moet dié op die kop van die bok lê.”
God het Aäron benoem en aangestel as die Hoëpriester van Israel om die volk van Israel te verteenwoordig. Met hierdie instelling het die Hoëpriester sy hande op die lewende bok se kop gelê, in plek van die individuele offers wat deur die mense self gemaak is. Dus het hy hulle sondes voor God so beskrywe, “O HERE God U kinders, die kinders van Israel U volk het gesondig. Ons het afgode gedien, U gebooie van U Wet verbreek, ons het U Naam ydellik gebruik, ander gesnede beelde gemaak en hulle meer liefgehad as U. Ons het nie die Sabbat gedenk nie, ons het ons vaders en moeders geen eer gegee nie, moord, owerspel gepleeg en gesteel, ens..... Ons het jaloersheid en rusie die vrye tuels gegee.”
Hy het al hulle sonde op hierdie manier versoen. “HERE God, die volk van Israel en ek is glad nie in staat om U Wet te handhaaf nie. Dus om bevry te raak van hierdie ellendige sondes lê ek my hande nou op die kop van hierdie lewende bok en laat die sonde daar.” Die Hoëpriester het sy hande op hierdie manier op die kop van die sondebok gelê en al die mense se sondes daar gelaat. Ordonnansie of hande wat op gelê word, beteken ‘om daar te laat of oorgeplaas’ (Levítikus 1:1-4, 16:20-21).
 
Hoe is versoening volbring  in die Ou Testament?
Deur hande wat op die kop van die sondebok gelê is
 
God het die instelling van die offerande aan die volk van Israel gegee sodat hulle hul oortredings en sondes op ʼn sondebok kon plaas en sodoende met God versoen. Hy het ook versoek dat die bok sonder gebrek moet wees en dit te offer in die plek van die sondaar. Op hierdie manier was versoening bewerkstellig vir elke sondaar.
Op die Groot Versoeningsdag is die sondofferbok geslag wat vir die volk bedoel was en sy bloed is binne in die Allerheiligste gebring en sewe maal op die versoening deksel gesprinkel asook voor die versoendeksel. Sodoende is die volk van Israel se oortredinge en sonde jaarliks versoen. Dit het plaasgevind op die tiende van die sewende maand.
Die Hoëpriester het alleen in die Allerheiligste ingegaan om die offerande te maak en terwyl hy besig was, het die mense buite gestaan om te luister vir die geluid van die goue klokkies wat aan die soom van sy heilige klere gehang het. Die goue klokkies het sewe maal gelui as hy die bloed op die versoendeksel gesprinkel het. Wanneer hulle dit gehoor het, het die volk gejubel en gejuig omdat al hul oortredinge en sonde vir die jaar vergewe en versoen was. Die geluid van die goue klokkies was ‘n aanduiding van die vreugdevolle evangelie. Prys die Here!
Dit is glad nie waar dat Jesus sekere mense uitsonder met Sy liefde en slegs sekeres red nie. Ons moet weet Jesus het die sonde van almal een maal weggeneem het met Sy doop (Hebreërs 7: 27). Dit was nodig om ons net een maal van ons sonde te bevry. Ons daaglikse sondes hoef nie elke dag en elke jaar versoen word nie, Hy het dít dus net een maal weggeneem.
In die Ou Testament, is versoening deur die ordonnansie en die bloed van die sondofferdier bewerkstellig. Aäron het voor die mense sy hande op die kop van die ‘n lewende bok gelê, en al hulle oortredinge en sondes vir God opgenoem. Hy het voor die volk hulle sondes op die bok se kop geplaas. Waar het al die oortredinge en ongeregtighede van die volk van Israel heengegaan, as die Hoëpriester sy hande op die kop van die lewende bok se kop gelê het. Dít was op die sondebok geplaas.
Nadat hierdie instelling voltooi is het ʼn man wat ‘gereed gestaan het’, die sondebok na die woestyn geneem en daar ingestuur. Die sondebok met al die sonde en ongeregtighede is na ʼn woesteland gelei waar geen water of grasveld was nie. Die sondebok het deur hierdie woesteland gewandel en uiteindelik gesterwe. Sodoende het die sondebok gesterwe vir al die sondes van die volk van Israel.
Hierdie is die liefde van God, die liefde van versoening. Dit is hoe hulle in daardie tyd hul jaarlikse sondes versoen het. Maar vriende, ons leef nou in die Nuwe Testament se tyd, nie waar nie?  Dit is omtrent 2000 jaar gelede dat Jesus na die wêreld gekom het. Sy doel was om Sy belofte na te kom wat Hy in die Ou Testament gemaak het en dit is volbring; om ons so van al ons oortredinge en sondes slegs een maal te versoen, en ons volkome te red.
 
 
Ons Almal Terugtekoop
 
Wat beteken die naam JESUS?
Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos
 
Kom ons lees Matthéüs 1:20-21 saam. “Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ʼn engel van die Here in ʼn droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees; en sy sal ʼn seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos”.  
Ons Vader in die Hemel het maagd Maria se liggaam geleen om Sy Seun na hierdie wêreld te stuur om al die sonde van hierdie wêreld weg te neem. Hy het Sy engel na Maria gestuur om vir haar gesê: “En kyk, jy sal swanger word en ʼn Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem.” Dit beteken dat dié Seun wat sy baar sal die Redder en Verlosser wees. Jesus die Christus beteken dié Een wat Sy volk van al hulle sonde sal verlos; die Heiland Verlosser.
Nou die vraag, hoe het Jesus ons van al ons sondes gered en verlos? (Nou moet daar noukeurig na die waarheid gekyk word, dit is waar die duiwel baie mense op die verkeerde pad stuur) Die wyse waarop Jesus al die wêreld se sonde weggeneem was deur Sy doop in die Jordaanrivier. Toe Johannes die Doper Hom gedoop het, is die hele wêreld se sonde op Hom geplaas. Laat ons Matthéüs 3:13-17 saam lees:
“Toe het Jesus van Galiléa na die Jordaan, na Johannes gekom om deur hom gedoop te word. Maar Johannes het Hom ernstig teëgegaan en gesê: Ek het nodig om deur U gedoop te word, en kom U na my toe? Maar Jesus het geantwoord en vir hom gesê: Laat dit nou toe, want só pas dit ons om alle geregtighede te vervul. Daarna het hy Hom toegelaat. En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en hy sien die Gees van God sien ʼn duif neerdaal en op Hom kom. En daar kom ʼn stem uit die hemel wat sê: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ʼn welbehae het.’”
Jesus het na Johannes die Doper gegaan om ons te verlos van ons sonde. Hy het die water ingegaan en daar voor Johannes Sy kop neergebuig, en vir hom gesê: “Johannes doop my nou, want só pas dit om alle geregtigheid te vervul. Dit is nodig om die hele wêreld se sondes en alle sondaars te verlos van al hul sonde, daarom is dit noodsaaklik dat Ek hulle sondes een maal wegneem. Doop My Nou! Laat dit nou toe!”
Dus was dit nodig om alle geregtigheid te vervul. Johannes die Doper het Jesus in die Jordaanrivier gedoop en van daardie oomblik af het al die geregtigheid van God wat ons sondes versoen het, dit volbring.
Liewe vriende dit is hoe Hy ons sondes weggeneem het. Al jou sondes wat dit ook al mag wees was op Jesus geplaas. Verstaan u nou, asook al Sy regverdige dade?  Glo nou in die verlossing van Jesus se doop en die Gees en word gered.
 
Hoe word alle Geregtigheid vervul?
Deur die doop van Jesus
 
God het lankal vir Israel ʼn belofte gemaak dat Hy die sonde van die wêreld sal wegneem met die oplêgging van die hande op die offerdier. Dit  was heeltemal onmoontlik vir almal om hul hande op die kop van die bok te lê, daarom het God Aäron ingeseën as die Hoëpriester sodat hy die offerande op hierdie manier vir die volk kon bewerkstellig. Dus het hy hulle die hele jaar sondes op die kop van die sondebok geplaas. Dit was God se wysheid en krag van Verlossing. God is alwetend en verbasend.
God het Sy Seun Jesus na die wêreld gestuur. Hier sien ons hoe die soenoffer voorberei en gereed gemaak is. Maar wie sou die verteenwoordiger wees tussen God en die mens? Hierdie ‘Hoëpriester’ se taak was om sy hande op Jesus te lê sodat al die sonde van die wêreld op Hom geplaas kon word? Liewe vriende hierdie verteenwoordiger was Johannes die Doper. Dit is in die Bybel duidelik geskrywe dat God Sy verteenwoordiger Johannes die doper vir die hele mensdom vooruit gestuur het om Jesus bekend te maak.  
Dit was Johannes die Doper die laaste Ou Testamentiese Hoëpriester en verteenwoordiger van mensdom. Soos in Matthéüs 11:11 verklaar word: “Onder die wat uit vroue gebore is, het daar nie een opgestaan wat groter is as Johannes die Doper nie.” Laat ons nie twyfel aan die woorde van Jesus nie. Hy is die enigste verteenwoordiger vir die mens. Hy het Johannes gestuur as die verteenwoordiger van die mensdom, sodat hy (Johannes) Jesus kon doop en sodoende die hele wêreld se sonde op Hom kon plaas.
Sou die ses biljoen mense wat tans op hierdie aarde woon, besluit om na Jesus toe te gaan en elkeen van hulle hande op Sy kop lê, om hulle sondes daar te plaas, wat dink u sal met Sy kop gebeur? Sou dit nie ʼn bloedige en aaklige vertoning wees nie. Sommige geesdriftige mense sal so hard op Sy kop druk met die gevolg dat Sy hare sal begin uitval. Dus, het God in Sy alwysheid Johannes aangestel om ons verteenwoordiger te wees, en op hierdie wyse al die sonde van die hele wêreld een maal op Jesus te plaas.
Dit word in Matthéüs 3:13 verklaar, “Toe het Jesus van Galiléa na die Jordaan, na Johannes gekom om deur hom gedoop te word.” Dit het plaasgevind toe Jesus dertig jaar oud was. Die rede hiervoor, om ‘n wettigge Hoëpriester te wees, was dat daar volgens die Ou Testament in die boek van Deuteronómium vereis word dat ‘n Hoëpriester nie voor dertig aangestel mag word nie.  Nou sien ons duidelik dat Jesus die Hoë Priester van Hemel is. Glo u dit?
In Matthéüs 3:13-14 lees ons, “Toe het Jesus van Galiléa na die Jordaan, na Johannes gekom om deur hom gedoop te word. Maar Johannes het Hom ernstig teëgegaan en gesê: Ek het nodig om deur U gedoop te word, en kom U na my toe?” Wie was die verteenwoordiger van mensdom? Johannes die Doper. Wie is dan is die verteenwoordiger van Hemel? Jesus die Christus. Hierdie twee verteenwoordigers het mekaar by die Jordaanrivier ontmoet. Wie is dan die belangrikste? Natuurlik, die verteenwoordiger van Hemel is die belangrikste!  
 Johannes die Doper, wat so dapper was en uitgeroep het na die godsdienstige leiers van daardie dae, “Addergeslag! Bekeer julle!” het skielik nou voor Jesus onderdanig geword. “Ek het nodig om deur U gedoop te word, en kom U na my toe?”
Op hierdie oomblik het Jesus hom geantwoord en gesê, “Laat dit nou toe, want só pas dit ons om alle geregtigheid te vervul. Daarna het hy Hom toegelaat.” Jesus het na ons wêreld gekom om die geregtigheid van God te volbring, en dít is vervolmaak toe Johannes die Doper Hom gedoop het.
“Daarna het hy Hom toegelaat. En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en hy sien die Gees van God sien ʼn duif neerdaal en op Hom kom. En daar kom ʼn stem uit die hemel wat sê: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ʼn welbehae het.’”
Dit is presies wat gebeur het toe Hy gedoop is. Die Hemel het oopgegaan toe Johannes die Doper Hom gedoop het om een maal die wêreld se sonde weg te neem.
“Maar van die dae van Johannes die Doper af tot nou toe word die koningryk van die hemel bestorm, en bestormers gryp dit met geweld” (Matthéüs 11:12).
Al die Wette en Profete van God het geprofeteer oor Johannes die Doper. “Maar van die dae van Johannes die Doper af tot nou toe word die koningryk van die hemel bestorm, en bestormers gryp dit met geweld.” Elkeen wat nou in Sy doop glo kan die Koningryk van God ingaan sonder uitsondering.
 
 
“Ek Veroordeel Jou Ook Nie”
 
Waarom was Jesus aan die Kruis veroordeel?
Sodat Hy ons sondes Kon wegneem
 
Johannes die Doper het Jesus gedoop om al sondes die van wêreld weg te neem. Later in die skrif lees ons het Jesus vir die vrou gesê wat met egbreuk betrap was: “Ek veroordeel jou ook nie.” Hy kon hierdie vrou nie veroordeel nie omdat Hy al klaar al die sondes van die wêreld by die Jordaanrivier weggeneem het en in stede van die vrou, is Hy vir haar sondes veroordeel.
Jesus het die sondes van die wêreld uitgewis. Ons kan sien hoe Hy die pyn gevrees het wat Hy aan die Kruis sou moes dra, omdat ‘die loon van sonde is die dood.’ Hy het drie maal tot God op die Olyfberg gebid om hierdie oordeel van Hom weg te neem, in so ‘n mate dat Sy siel diep bedroef was, tot die dood toe. Jesus was van vlees en bloed net soos die mens, en dit is verstaanbaar dat Hy pyn gevrees het. Daar was geen ander keuse vir Jesus nie, Hy moes Sy bloed stort om  die oordeel te volbring.
Net soos die sondoffer in die Ou Testament moes dit bloei om vir sonde te betaal, net so moes Hy aan die Kruis bloei vir ons offer. Hy het al klaar al die sondes van die wêreld weggeneem met Sy doop, en nou moet Hy Sy lewe opoffer vir ons versoening en verlossing. Hy was ten volle bewus daarvan dat Hy voor God vir die hele mensdom se sondes veroordeel moes word.
Jesus was sondeloos, maar die sondes van die wêreld was op Hom geplaas toe Hy deur Johannes gedoop is, dus moes God Sy Seun net daar veroordeel. Dus, is die oordeel van God in die eerste plek volbring en tweedens, het Hy Sy liefde op ons uitgestort tot ons ware redding. Daarom was dit nodig vir Jesus om veroordeel te word, en aan die Kruis vasgespyker te word tot die dood toe.
“Ek oordeel jou nie, ook veroordeel ek jou nie.” Al ons bewuste en onbewuste sonde, moes deur God veroordeel word.
Nogtans, het God ons nie geoordeel nie, maar in die plek hiervan het God Sy Seun veroordeel, wat al ons sondes op Homself geneem het met Sy doop. God wou nie sondaars oordeel nie omdat Hy barmhartig en liefdevol teenoor Sy skepsels is. Die doop en die bloed aan die Kruis was Sy versoenende liefdesoffer vir ons. “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê” (Johannes 3:16).
Dit is hoe ons van Sy liefde weet. Jesus het nie die vrou wat op heterdaad met egbreuk betrap was veroordeel nie. Sy het goed geweet dat sy ʼn sondaar was omdat sy op heterdaad met egbreuk betrap was. Sy het nie alleen sonde in haar hart gehad nie, maar ook in haar vlees. Daar was geen uitweg vir haar om haar sonde te weg te kom nie. Maar omdat sy geglo het dat Jesus al haar sonde weggeneem het was sy volkome verlos en gered. As ons in Jesus se verlossing en redding glo, sal ons ook volkome gered word. Glo dit vriende! Dit is die enigste weg.
 
Wie is die mees geseënd?
Diegene wat geen sonde het nie
 
Alle mense doen sonde. Alle mense pleeg owerspel. Maar alle mense word nie veroordeel vir hulle sondes nie. Ons het almal gesondig, maar diegene wat in die verlossing van Jesus Christus glo, het geen sonde in hul harte nie. Dié een wat in die redding van Jesus glo is ʼn vreugdevolle en ‘n gelukkige persoon. Die wat bevry is van al hul sonde is die mees geseënd. Hulle word nou die regverdiges in Jesus genoem.
God vertel ons van vreugde in Romeine 4:7, “Welgeluksalig is hulle wie se ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is.” Ons doen almal sonde totdat ons sterf. Ons is voor God wetteloos en onvolmaak. Daar word met sonde aangehou selfs nadat ons bewus gemaak is van Sy Wet. Ons is baie swak.
Maar God het ons verlos met beide die doop en die bloed van Sy enigste Seun, en die sekerheid aan ons gegee dat ons nie meer sondaars is nie, en dat ons voor Hom regverdig is. Hy verseker ons dat Hy ons Sy kinders gemaak het, Sy uitverkore geliefde volk.
Die evangelie van dié water en die Gees is die evangelie van die ewige verlossing. Glo u dít vriende? Vir diegene wat dit glo, noem Hy die regverdiges, die verlostes en Sy kinders. Hulle is dié gelukkigste mense in die wêreld? Die een wat glo, is al klaar versoen en verlos, omdat hy in Sy evangelie geglo het. Is u opreg verlos en gered?
Het Jesus versuim om jou sondes weg te neem? Beslis nie, Hy het al jou sonde weggeneem met Sy doop. Glo dit. Glo en wees volmaak verlos van al jou sonde. Kom ons lees saam in Johannes 1:29.
 
 
Dit Was Asof Dít Met ʼn Besem Weggevee Was
 
Hoeveel sonde het Jesus weggeneem?
Al die sonde van die wêreld
 
“Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toekom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!’” (John 1:29)
“Dáár is! ‘Die Lam van God’ wat die sonde van die wêreld wegneem!”
Johannes die Doper het die hele wêreldse sonde op Jesus geplaas. Die volgende dag het hy getuig dat Jesus die Lam van God is, wat die wêreld se sonde weggeneem het. Hy het die sonde van die wêreld op Sy skouers gedra.
Die wonderlike woorde, al die sonde van die wêreld verwys na al die sondes wat mense in hierdie wêreld gedoen het, vanaf die skepping tot die einde. Om en by 2000 jaar gelede het Jesus al die sonde van die wêreld weggeneem en ons so verlos en gered. As die kosbare Lam van God het Hy al die sondes weggeneem en was veroordeel inplaas van ons.
Enige sonde, wat dit ook al mag wees, wat ons as mens gedoen het of nog sal doen in die toekoms, is op hierdie wyse op Jesus geplaas. Hy het die Lam van God geword wat al ons sondes weggeneem het. Prys Sy wonderlike Naam!
Jesus het na ons wêreld gekom as ʼn nederig man, en as dié Een wat al die sondaars van hierdie wêreld volmaak verlos en gered het. Vriende laat ons met mekaar eerlik wees, ons doen aanhoudend sonde omdat ons swak, goddeloos en onkundig is, nie waar nie? Die rede vir hierdie ellendige situasie is omdat ons laf en onvolmaak is, die sonde word gepleeg omdat ons afstammelinge van Adam is en sy sonde oorgeërf het.  Al hierdie sonde het opgehoop vanaf die skepping tot aan die einde van hierdie wêreld, en is op die hoof van Jesus geplaas, met Sy doop in die Jordaanrivier. Hy het dít tot ‘n einde gebring toe hy net een maal Sy liggaam aan die Kruis geoffer het. Hy is begrawe, maar God het Hom op die derde dag uit die dood opgewek.
 Maar nou is Hy die Verlosser van alle sondaars, dié Oorwinnaar en die Regter, waar Hy nou aan die regterhand van God sit. Hy het nie nodig om ons oor en oor te verlos nie, dit is ‘een maal’ gedoen! (Hebreërs 7: 27; 9: 24:28) Al wat ons moet nou doen is in Hom te glo om die ewigelewe te bekom. Ewige lewe wag op diegene wat glo, en die veroordeling wag op diegene wat nie in Sy evangelie glo nie. Daar is geen ander keuse nie.
Jesus het almal volmaak bevry en verlos van sondes. Julle moet nou die gelukkigste mense op aarde wees. Julle sal verseker in die toekoms sonde doen weens julle swakhede, maar onthou Hy het hierdie sondes ook weggeneem.
Is daar nou enige sonde oor in u hart? Nee. Het Jesus dít weggeneem? Ja! Hy het.
Alle mense is dieselfde. Niemand is meer heilige as sy buurman nie. Besef u daar is baie mense wat skynheilig en eiegeregtig voor mense is, hulle glo dat hulle nie sondaars is nie maar is inderdaad ellendige sondaars, en is nog nie gered nie. Hierdie wêreld is dié kweekhuis van sonde.
Wanneer vrouens van hul huise na hul werk of winkels gaan, sit hulle rooi lipstiffie op hulle lippe, troetel die gesigte, hare word gekam en gekrul, moderne klere en skoene word gekoop en aangetrek.... Mans gaan ook haarkapper toe om hul hare modieus te laat sny, versorg hulself, koop ook moderne klere en skoene. Sou ons hulle van buite af bekyk, lyk hulle soos prinse en prinsesse, maar die waarheid is dat hulle heeltemal vuil aan die binnekant is.
Maak geld mens gelukkig? Maak gesondheid mens gelukkig? Beslis nie. Slegs die ewige verlossing en vergifnis van sondes, dít maak mense gelukkig en vreugdevol. Hoe gelukkig mense ook al van buite af mag lyk, die waarheid is dat hulle ongelukkig is, omdat hulle sonde in hulle hart het. Sulke mense lewe in vrees vir dié oordeel.
Mense wat waarlik gered is, is dapper soos leeus, selfs as hulle in flenter klere gekleed is. Daar is geen sonde in hulle harte nie. “Dank U Here, U het ʼn ellendige sondaar soos myself gered. U het al my sondes uitgewis. Ek besef dat ek onwaardig is om U liefde te ontvang, maar ek prys U dat U my gered het. Ek is verewig verlos van al my sondes. Alle Lof aan God!”
ʼn Persoon wat bevry en waarlik gered is, is werlik ʼn gelukkige persoon, en ʼn persoon wat met Sy genade van Verlossing geseën is, is ook ʼn gelukkige mens.
Omdat Jesus, ‘Die Lam van God’ wat die sonde van die wêreld weggeneem het’ is ons dus bevry van alle sondes. Hy het verlossing aan die Kruis vir ons bewerstellig. Al ons sonde, insluitend joune en myne is ingesluit in ‘die sonde van die wêreld,’ en daarom is ons almal waaragtig gered.
 
 

Deur God se Wil


 Is daar sonde in ons Harte wanneer ons in Jesus Christus is?
Nee, daar is geen sonde nie
 
Liewe vriende die vrou wat met egbreuk betrap was het in Jesus se woorde geglo, en was waarlik gered. Haar verhaal is in die Bybel opgeteken, omdat sy geseënd was met Sy ewige Verlossing. Maar die ellendige skynheilige skrifgeleerdes en Fariseërs het van Jesus af weggevlug.
As u in Jesus glo, wag hemel vir u maar as u Jesus ontken, sal u verseker Hel toegaan. As u in al Sy regverdige dade glo, is dit soos die hemel, maar as u nie in al Sy werke glo nie, is dit soos die Hel. Verlossing word nie bepaal deur enige poging van enige persoon nie, maar slegs deur die verlossing van Jesus.
Lees saam met my in Hebreërs Hoofstuk 10 vanaf vers 1 -10. “Want die wet, wat ń skaduwee het van die toekomstige weldade, nie die beeld self van die dinge nie, kan nooit deur dieselfde offers wat jaar na jaar gedurig gebring word, die wat toetree, tot volmaaktheid lei nie. Anders sou hulle opgehou het om geoffer te word, omdat die wat die diens verrig, nadat hulle een maal gereinig is, geen bewussyn meer van sondes sou gehad het nie. Maar in die ‘offers’ is daar jaar na jaar ń herinnering aan die sondes; want die bloed van stiere en bokke kan onmoontlik die sondes wegneem. Daarom sê Hy, as Hy in die wêreld inkom: Slagoffer en spysoffer wou u nie hê nie, maar U het vir My ń liggaam berei. Brandoffers en sondoffers het U nie behaag nie. Toe het Ek gesê: Kyk, Ek kom- in die boekrol is dit van My geskrywe – om u wil te doen, o God. Nadat Hy hierbo gespreek het: Slagoffers en spysoffer en brandoffers en sondoffers wou U nie hê en het U nie behaag nie – wat volgens die wet geoffer word –
het Hy daarna gesê: Kyk, Ek kom Om u wil Te doen, o God. Hy neem die eerste weg on die tweede te stel. Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, net een maal.”
“By God se wil” Jesus het Sy lewe geoffer om ons sonde ‘een maal’ weg te neem, en was ‘een maal’ veroordeel en daarna uit die dood opgewek
Daarom is ons heilig gemaak. ‘Ons is geheilig’ (Hebreërs 10:10) Dit is geskryf in die huidige tyd. Dit beteken dat ons verlossing heeltemal volbring is, en dat ons nie daaroor melding hoef te maak nie. U is geheilig.
“En elke priester staan wel dag vir dag om die diens waar te neem en dikwels dieselfde slagoffers te bring wat tog nooit die sondes kan wegneem nie;
maar Hy het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan die regterhand van God en wag nou vêrder totdat sy vyande gemaak is ʼn voetbank van sy voete. Want deur een offer het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word.” (Hebreërs 10: 11-14).
U is ewig geheilig. As u môre sou sonde doen, sal u weer ʼn sondaar word? Het Jesus nie hierdie sonde ook weggeneem nie? Natuurlik het Hy. Hy het ook jou toekomstige sondes weggeneem.
“En ook die Heilige Gees gee aan ons getuienis; want nadat Hy tevore gesê het: Dit is die verbond wat Ek met julle sal sluit ná dié dae, spreek die Here ‘vêrder’: Ek sal my wette gee in hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe, en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit meer dink nie.
Waar daar nou vergifnis van hierdie dinge is is daar geen offer meer vir die sonde nie.” (Hebreërs 10:15-18).
Die uitdrukking ‘Waar daar nou vergifnis van hierdie dinge is,’ beteken dat Hy al die sonde van die wêreld uitgewis het. Jesus is ons Verlosser, my verlosser en jou verlosser. Geloof in Jesus het Hy ons gered. Dit is die verlossing in Jesus, en die grootste genadegeskenk wat ons van God ontvang het. U en ek wat verlos is van al ons sonde, is die mees geseëndes van almal!