• All e-books and audiobooks on The New Life Mission website are free
  • Explore multilingual sermons in global languages
  • Two new revised editions in English have been released
  • Check out our website translated into 27 languages
Search

Sermons

Onderwerp 3. Evangelie van die water en die Gees

[3-5] Die Betekenis van die Wedergeboorte in die oorspronklike Evangelie (Johannes 3:1-6)

2021.03.27 376
Die Betekenis van die Wedergeboorte in die oorspronklike Evangelie(Johannes 3:1-6)
“En daar was ʼn man uit die Fariseërs met die naam van Nikodemus, ʼn owerste van die Jode. Hy het in die nag na Jesus gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U ʼn leraar is wat van God gekom het, want niemand kan hierdie tekens doen wat U doen as God nie met Hom is nie. Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. Nicodemus sê vir Hom: Hoe kan ʼn mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ʼn tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie’” 
 


WAT IS DIE BETEKENIS VAN DIE WEDERGEBOORTE OOREENSTEMMING MET DIE BYBEL?

 
In hierdie wêreld is daar baie mense wie graag wedergebore wil word deur om in Jesus te glo. Maar ek wil u eerstens in kennis stel, wedergeboorte het niks met ons te doen nie, in ander woorde dit kan nie deur ons eie krag of dade ontvang word nie. 
 
Is wedergeboorte verwant aan fisieke emosie en verandering?
Nee. Wedergeboorte is verwant aan  geestelike verandering. Dit is vir ʼn sondaar om wedergebore te word en ’n sondelose persoon te word.
 
Meeste Christene het hierdie wanbegrip. Hulle glo en het ‘ʼn soort van versekerdheid’ dat hulle wel wedergebore is omdat hulle betrokke was (of nog is), met die bou van spoggerige kerke, toegewy aan die preek van Christus as sendelinge tussen die onbereikte mense in vêr verlate en soms gevaarlike lande, en sommige weier om te trou en spandeer al hulle kragte met godsdienstelike werke wat hulle dink is die werke van God. En dit is nie al nie. Daar is ook mense wie Groot klomp geld na die kerk skenk, of miskien vee en stofsuig hulle elke dag die kerk se vloere. Alles in aanmerking, wy hulle tyd en hul eiendomme vir die kerk. Hulle glo al hierdie pogings sal veroorsaak dat hulle bekroon sal word met die ewige lewe. Hulle hoop God sal al hulle pogings herken, en dus aan hulle die wedergeboorte as ’n gawe skenk. Die punt is, daar is baie toegewyde mense wie graag wedergebore wil word. Hulle word orals gevind. Hulle werk hard met die hoop dat God hulle sal een of ander tyd seën, en dus toelaat dat hulle wedergebore sal word. Hulle word in gebede instellings, kweekskole en geneesing rigtings, ens. gevind. Dit is ongelukkig dat hulle nie die waarheid weet omtrent die wedergeboorte nie. Almal van hulle is oortuig en glo in terme van hul dade, “As ek dit perfek doen sal ek wedergebore word.” Daarvoor sit hulle al hul pogings in hierdie werk met die wete en geloof dat hulle die fondasies bou van nodig is om wedergebore te word met hierdie gedagte; “Ek sal ook eendag wedergebore word soos die bekende Eerv. Wesley!” Nadat hulle Johannes 3:8 lees vertaal hulle hierdie vers met die bedoeling waar; ‘niemand is in staat om te sê waar heen die seëning van die wedergeboorte kom of waarheen dit gaan nie’. Daarvoor kan hulle slegs aanhou hard werk met die hoop, ‘Jesus sal eendag aan my die wedergeboorte skenk’. Daar is ook baie wie oortuig is waar, “As ek net aanhou probeer sal Jesus die wedergeboorte aan my gee. Ek sal wedergebore word sonder dat ek eers bewus van dit weet nie. Een oggend sal ek wakker wedergebore word met die wete dat ek aanvaarbaar vir die hemele sal wees.” O, hoe vrugteloos is hulle hoop en gelowe nie! Ons kan nooit in hierdie manier wedergebore word nie! Ons kan nooit wedergebore word as ons Bv. ons rug draai op drank en sigarette nie, of getrouelik kerkdiens bywoon nie. Jesus het duidelik gesê ons moet “gebore word deur die water en die Gees” om binne die koninkryk van God integaan. En die water en die Gees is God se enigste voorwaarde om wedergebore te word. Tensy iemand waarlik wedergebore word deur die water en die Gees, sal al hulle pogings om regverdig voor Jesus te word heeltemal nutteloos wees. U kan nooit wedergebore word met offerande, donasies of toewyding nie. U mag uself oortuig oor die feit waar God weet wie die ware wedergeborenes is maar u is nie verseker of u werklik wedergebore is of nie. Dit mag ʼn troos vir u wees om so te dink maar die wedergeboorte kan nie onder die tafel weggesteek word nie. God sal verseker dit weet, asook almal wie in Hom in die waarheid staan. Ons sal waarskynlik nie dit fisies voel nie, maar sal verseker dit geestelik ondervind. Die ware wedergeborenes is gelowiges wie gebore is deur die woord van God, die woorde van die water, bloed en die Gees. Maar diegene wie nog nie wedergebore is nie, sal dit nie verstaan nie; net soos Nicodemus wie nie die wedergeboorte kon verstaan nie. Daarvoor moet ons na die woorde van waarheid sorgvuldig luister, naamlik die verlossing deur die doop en bloed van Jesus. Soos daar geluister word en die woord van God glo, sal ons die waarheid daarin bevind. Daarvoor is dit baie belangrik om onbevooroordeeld te wees en stiptelik te luister na al God se woorde. “Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So elkeen wat uit die Gees gebore is” (Johannes 3:8). Wanneer ʼn persoon wie nog nie wedergebore is nie hierdie vers lees, sal hy dink, “Ja tog! Sien Jesus sê hier ons sal nie weet of ons werklik wedergebore is nie! Niemand dra hierdie kennis nie!” En hierdie gedagte gee hom groot troos. Maar dit is nie waar nie. Ons mag weet vanwaar die wind kom en waarheen dit gaan, maar God weet alles. Selfs tussen die wedergebore is daar sommige wie dit nie eerstens besef nie. Dit is verstaanbaar. Maar binne sulke persone se Harte is die ware evangelie, naamlik die woorde van verlossing deur die doop en bloed van Jesus. Hierdie is die getuienis van hoe om wedergebore te word. Diegene wie die evangelie hoor en daarna besef, “O, dan is ek sondeloos. Ek is nou gered en waarlik wedergebore.” Wanneer hy die evangelie van die water en die Gees in sy hart behou sal hy regverdig word, asook ʼn kind van God word. Iemand mag aan ’n persoon vra “Is u wedergebore?” en hy antwoord, “Nog nie.” “Dus, is u dan gered?” “Ja, Ek glo ek is gered.” Maar hy maak ʼn teenstrydige verklaring, klink dit nie bekend nie? Hy sê dit omdat hy oortuig is wanneer ʼn persoon wedergebore word, moet sy vlees ook verander word? Sulke persone beskou die wedergeboorte as iets soos ʼn radikale verandering van leefstyl. Maar die waarheid is, hulle verstaan nie die evangelie van die wedergeboorte van die water en die Gees nie. Daar is ongelukkig baie wie nie die bedoeling verstaan van die wedergeboorte nie. Dit is ʼn groot jammerte. Dit is nie alleen lekepredikers nie, maar ook meeste van die kerk leiers wie ook onder hierdie illusie hul godsdienstige werk doen. Ons wie waarlik wedergebore is treur oor hierdie geestelike blinde mense. As ons so hartseer voel oor hierdie stand van sake, hoe meer pyn veroorsaak dit nie vir Jesus ons God in die hemele nie? Laat ons almal dus nou wedergebore word deur om in die evangelie van die wedergeboorte van die doop van Jesus en Sy bloed aan die Kruis te glo. Om wedergebore te word en gered te word beteken dieselfde ding. Maar daar is baie wie nie hierdie waarheid weet nie. Om wedergebore te word beteken die sonde in u hart is weg gewas deur geloof in die evangelie van die water en die Gees. Dit beteken om regverdig te word deur geloof in die doop van Jesus en Sy offer aan die Kruis. Voordat u wedergebore geword het is u ʼn sondaar, maar nadat u waarlik wedergebore geword het, is u vry bespreek van sonde dus is u sondeloos en ʼn nuwe persoon in Christus. U het dus ʼn kind van God geword deur geloof in die evangelie van verlossing. Om wedergebore te word beteken, om gekleed van die doop van Jesus te dra, en saam met Jesus aan die Kruis te sterwe en saam met Hom van die dood op te staan. Dit beteken u het regverdig deur die woorde van die doop en die Kruis van Jesus geword. Wanneer iemand van sy moeders se skoot gebore is; is hy ʼn sondaar. En wanneer hy die ware evangelie van die wedergeboorte van die water en die Gees hoor en glo, is hy dan eers wedergebore en word regverdig. Van buiteaf lyk hy dieselfde, maar innerlik in sy gees waarlik wedergebore en hernu. Dit is wat die wedergeboorte beteken. Maar daar is weinig wie hierdie kennis dra; nie eers een uit tien duisend nie. Kan u met my saamstem dat daar weinig mense is wie die ware betekenis besit van hoe om waarlik wedergebore te word? Diegene wie in die evangelie van die water en die Gees glo en is dus wedergebore is in staat om die ware wedergebore van die gewone / nominale Christene te onderskei, naamlik om bokke en skape te onderskei.
 

Dit IS JESUS WIE DIE WIND BEHEER
 
Wie kan weet wie gered is?
Slegs die wedergebore
 
“Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So elkeen wat uit die Gees gebore is.” Jesus het hier verwys na mense wie nog nie wedergebore is nie. Die wedergebore weet omtrent die wedergeboorte, maar Nicodemus het nie geweet nie. God weet wie die wedergebore is asook diegene wie waarlik wedergebore is weet dit ook. Maar diegene wie nog nie wedergebore is nie, weet nie hoe ʼn persoon wedergebore kan word nie, net só weet hulle nie vanwaar die wind kom of waarheen hy gaan nie. Is u in staat om dit te verstaan? Wie maak die wind waai? God doen dit. Wie het die wind geskep? God in hemele het. Wie beheer die klimaat op aarde, kanaliseer die wind en die water? En wie blaas asem van lewe in alle lewendige skepsels? In ander woorde, wie het alle lewe in hierdie wêreld geskep en het dit laat floreer? Dit was niemand anders as Jesus Christus nie. En Jesus is God. As ons nie die woord van die evangelie van die water, die bloed en die Gees ken nie, kan ons nie wedergebore word nie en sal ons glad nie in staat wees om ander mense geestelik op te lei of geestelik te leer nie. Jesus het duidelik vir ons gesê, tensy ons nie deur die water en die Gees wedergebore word nie, Kan ons nie in die koninkryk van God ingaan nie. Ons moet dus in die evangelie van die water en die Gees glo, die kragtige evangelie wat ons wedergebore maak. Die Gees kom woon in die harte van almal wie in die evangelie van die water en die Gees glo. Jesus Christus was gedoop om al mensdom se sondes wegteneem, en het Sy bloed aan die Kruis vergiet om vir hierdie sondes te betaal. Hy het die verlossing van die wedergeboorte in die Harte van die mensdom gevestig. Wanneer ons in hierdie evangelie glo, kom die Gees in die siel in. Hierdie is die verlossing van hoe om wedergebore te word. Wanneer daar geglo in die weg was van al ons sonde deur die doop van Jesus en Sy bloed, is ons waarlik wedergebore. In Genesis 1:2 is dit geskrywe, “En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.” Dit is geskrywe dat die Gees van God het op die waters gesweef. Die Gees van God het buite die aarde se oppervlakte gesweef. Hierdie woorde beteken die Gees kan nie binne sondaars kom woon nie. Die Harte van mense wie nog nie wedergebore is nie is in chaos, dit is woes en propvol met die duisternis van sonde. Daarvoor is die Gees van God nie in staat om in sulke persone te kom woon nie. God het die lig van Sy evangelie na ons gestuur om die Harte van sondaars te verlig. God het gesê, “Laat daar lig wees,” en daar was lig. Eers dan kon die Gees van God in die Harte van die mens kom woon. Daarvoor woon die Gees van God in die Harte van die wedergeboorte, dié wie in die evangelie van die water en die Gees glo. Hierdie is die bedoeling van die “wedergeboorte.” Hulle is waarlik in hul Harte wedergebore omdat hulle stiptelik na die woorde van die verlossing van die water en die Gees geluister het en in dit geglo! Hoe kan ʼn mens wedergebore word? Jesus het aan Nicodemus die Fariseër verduidelik en vir hom gesê, “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.” Nicodemus het geantwoord, “Hoe is dit moontlik om deur die water en die Gees wedergebore te word? Kan ons werklik ʼn tweede keer in die skoot van ons moeder ingaan en gebore word? Dit is duidelik dat hy Jesus se woorde letterlik geneem, en dus was hy nie in staat om te verstaan om hoe ʼn mens wedergebore kan word. Jesus het vir hom gesê, “Jy is die leraar van Israel en jy weet hierdie dinge nie? Jesus het ook gesê as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy nie in die koninkryk van God ingaan nie, of dit nie eers sien nie. Jesus het aan Nicodemus die waarheid verklaar oor hoe om waarlik wedergebore te word. Die feit van die saak is, daar is baie mense wie in Jesus glo sonder dat hulle wedergebore geword het nie. Meeste Christene soos Nicodemus is nie werklik wedergebore nie. Nicodemus was op daardie tydstip ʼn geestelike leier van Israel; en hy is eenders soos hedendaagse kerk leiers. In vandag se terme was hy vergelyk na ʼn lid van die Amerikaanse kongres of iets soortgelyk. Deur godsdienstige standaarde was hy ʼn leeraar, ʼn Rabbi van die Hebreeus, asook ʼn godsdienstige leier van die Jode. Hy was ook ʼn bekwame hooggeagte geleerde. In daardie tydstip van Israel was daar geen instellings vergelyking aan die skole en universiteite soos ons vandag het nie, en derhalwe het die mense na die tempel of sinagoges gegaan om daar onder “geleerde leermeesters” te leer en te studeer. Hulle was die leermeesters van die mense. Net soos vandag was daar ook baie valse leermeesters in daardie tyd. Hulle het die mense geleer sonder dat hulle werklik wedergebore was. Vandag is daar baie godsdienstige leiers, kerk beamptes, leermeesters, pastore / dominees, ouderlinge, diakens en sendelinge wie nog nie wedergebore is nie. Net soos Nicodemus, dra hulle geen kennis van hoe om waarlik wedergebore te word. Baie van hulle dink ook dat hulle moet ʼn tweede keer in die skoot van hul moeders ingaan en gebore word om wedergebore te word nie. Hulle dra kennis oor die nodigheid om wedergebore te word, maar weet niks omtrent dit nie. En gevolg van hulle onkunde, soos ʼn blind persoon wat aan ʼn olifant aanraak om met hulle hande dit te gewaar, word hulle instruksies en leerwyse gebaseer op hulle eie gevoelens en ondervindinge. Hulle preek oor wêreldlike waardes in die kerk, en gevolglik word daar baie getroue mense verhoed om waarlik wedergebore te word. Om wedergebore te word het niks te doen met ons goeie dade nie. Ons word wedergebore deur geloof in die woorde van die water, die bloed en die Gees wat God aan ons gegee het. Dit is Godse evangelie wat ons verander van ʼn sondaar na ʼn regverdige persoon. Jesus het hierdie woorde aan hulle gesê, “As Ek julle aardse dinge vertel en julle glo my nie, hoe sal julle hemelse dinge glo?” En inderdaad was dit so; mense het nie Hom geglo wanneer Hy hulle vertel het waar ons sondes volkome versoen was deur Sy doop. Van wat het hulle nie geglo nie? Hulle kon nie Sy doop aanvaar nie gevolglik het hulle nie geglo die verlossing was moontlik gemaak deur die doop van Jesus en Sy sterwe aan die Kruis nie. Dit is wat Hy beteken wanneer Hy vir die mense gesê het dat hulle sal Hom nie glo sou Hy vir hulle “hemelse dinge” vertel het. Om ons te reinig van alle sondes en skoon van sondes te maak, was Jesus deur Johannes die Doper gedoop, en Hy het aan die Kruis gesterwe, en was van die dode opgewek om die weg te baan vir sondaars om wedergebore te word. Daarvoor het Jesus aan Nicodemus verduidelik om die Ou Testament aantehaal. “En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is. En soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die mens verhoog word, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê”(Johannes 3:13-15). Soos wat Moses die slang in die woestyn verhoog het, selfs só moet die Seun van die mens verhoog word om toestemming te verkry vir enige iemand wie in Hom sou glo die ewige lewe kan ontvang. Wat het Jesus bedoel wanneer Hy vir hulle gesê, “En soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die mens verhoog word” Hy het na die Ou Testament verwys toe Hy hierdie vers aangehaal het om oor Sy doop en bloed te illustreer hoe Sy doop en bloed sou verlossing vir die mensdom se sonde teweeggebring het. Vir Jesus om aan die Kruis te sterwe, en verhoog te word moes Hy eerstens die sonde van die wêreld wegneem deur om deur Johannes die Doper gedoop te word. Omdat Jesus sondeloos was kon Hy nie aan die Kruis gekruisig word nie. Om gekruisig te word was dit verpligtend dat Hy deur Johannes die Doper gedoop word en dus het Hy (deur Sy doop) die mensdom se sonde op homself geneem. Slegs om die mensdom se sonde op Homself te neem en die loon vir hierdie sonde met Sy kosbare bloed te betaal, was Hy in staat om sondaars van die verskriklike veroordeling te red. Jesus het aan ons die verlossing van die wedergeboorte van die water en die Gees gegee. Daarvoor diegene wie in Jesus as hul Heiland Verlosser glo dra die klere van Sy doop, het saam met Hom aan die Kruis gesterwe en is saam met Hom wedergebore in Sy opwekking. Later het Nicodemus van al hierdie dinge tot die verstanding gekom. 
 

SOOS DIE SLANG VERHOOG WAS
 
Hoekom was Jesus gekruisig? 
Omdat Hy deur Sy doop die sonde weggeneem het.

Weet julle van die storie hoe Moses die koperslang in die woestyn gemaak en dit op ʼn paal gesit het? Die storie word in Numeri hoofstuk 21 vertel. Dit vertel hoe die siele van die Israeliete baie ontmoedig geword het nadat hulle die Exodus vanaf Egipte verlaat het, en gevolglik het hulle teen God asook Moses gespreek het. Met die gevolg van hulle ondraaglike houding, het die Here giftige slange onder die volk gestuur wat die volk gebyt het; en baie van die volk van Israel het gesterwe. Wanneer ’n groot getal van die volk gesterwe het, het Moses hul leier aan God ernstig gebid. “Here God red ons asseblief.” Daarop het die Here aan Moses gesê, maak vir jou ʼn giftige slang en sit dit op ʼn paal. Hy het vir Moses gesê, elkeen wat gebyt is en daarna kyk sal lewe. Moses het God gehoorsaam en God se woorde aan die mense verkondig. Elkeen wie in sy woorde geglo het en op na die giftige koperslang gekyk het was genees. In dieselfde manier moet ons genees’ word van die giftige slangbyte van die duiwel. Die volk van Israel het na Moses geluister en op na die giftige koperslang wat op die paal verhoog was gekyk, en dus was hulle genees van die giftige slangbyte. Die openbaring van die giftige slang op die paal was die veroordeling vir mensdom se sonde wat op Jesus Christus verplaas was deur Sy doop en Sy sterwe aan die Kruis. Hy het mensdom se sonde op homself geneem om die loon van hierdie sonde te betaal. Dus het Hy die straf vir ons sonde beëindig. Jesus Christus het in hierdie wêreld gekom om die mensdom te red, wie voorbestemd was om deur “die gif van die slang” te sterwe, naamlik die versoeking van Satan. Om die loon van hierdie sonde te betaal, was Hy verplig om gedoop te word en aan die Kruis te sterwe voordat Hy van die dode opgewek was om mense te red wie in Hom glo. Net soos die Israeliete in die Ou Testament gespaar was wanneer hulle op na die giftige koperslang wat op die paal verhoog was gekyk, net so vandag almal wie in Jesus glo met geloof waar Hy alreeds vir hulle sondes betaal het deur Sy doop en bloed kan gered en wedergebore word. Jesus het die volle prys vir die wêrelds se sonde betaal toe Hy was (1) deur Johannes die Doper in die Jordaan gedoop, (2) Sy dood aan die Kruis en (3) Sy opwekking. Nou kan almal wie in Hom glo geseën word met die verlossing deur Sy genade. “En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is” (Johannes 3:13). Vir die vergoeding vir ons sondes was Jesus in die Jordaan gedoop en Sy bloed aan die Kruis gestort, en sodoende het Hy die poort van hemele vir ons wie glo oopgemaak. Jesus het gesê “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie,” (Johannes 14:6) Jesus was gedoop en aan die Kruis gekruisig om die poort van hemele vir ons ooptemaak, en almal wie in die verlossing glo deur Hom is gered. Jesus het alreeds vir ons sondes betaal, en iedereen wie in die waarheid van die water, die bloed en die Gees glo kan binne die koninkryk van die hemel ingaan. Jesus het ons gered met die evangelie van die water en die Gees. Die wedergeboorte kom van geloof in die doop en bloed van Jesus en in die feit dat Hy God is. “En soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die mens verhoog word” (Johannes 3:14). Wat is die betekenis van hierdie vers? Hoekom was Jesus gekruisig? Het Hy soos ons sonde gepleeg? Was Hy swak en teer soos ons? Was Hy onvolmaak soos ons? Beslis Nee! Dus, hoekom was Hy verplig om aan die Kruis gekruisig te word? Dit was om ons te red en vir ons sondes te vergoed. Hy was dus gedoop en gekruisig om ons van al ons sondes te red. Hierdie is die waarheid van verlossing van hoe om deur water en die Gees wedergebore te word. Jesus het nuwe lewe aan diegene wie in Sy doop en Sy sterwe aan die Kruis geglo het, en wat vir die vergoeding vir ons sondes was.
 
 

DIE BETEKENIS VAN DIE WATER EN DIE GEES

 
Wat beteken; deur water en die Gees?
Water beteken die doop van Jesus en die Gees beteken God.
 
Die Bybel vertel ons wanneer ons in die doop van Jesus en Sy bloed aan die Kruis glo is ons wedergebore. Om die kinders van God te word en om wedergebore te word, word deur die geskrywe woorde van God volbring, naamlik die evangelie van die water, die bloed en die Gees wat vir die vergoeding vir ons sondes was. Volgens die Bybel “die water”’ beteken die doop van Jesus (1 Petrus 3:21), en “die Gees” beteken Jesus is God. En hierdie is die waarheid om hoe wedergebore te word, waar Jesus na ons toegekom het in die vlees van die mens om die volle prys te betaal vir mensdom se sonde deur Sy doop en bloed. Hy het al ons sondes deur Sy doop weggeneem en die loon vir hierdie sonde betaal en om aan die Kruis te sterwe. By om gedoop te word en Sy bloed aan die Kruis gestort, het Hy almal wie in Hom glo, volmaak gered. Ons moet besef die doop en die bloed van Jesus verteenwoordig ons verlossing wat ons van ons sonde gered het. Slegs diegene wie wedergebore is deur water en die Gees is in staat om te sien en kan dus binne die koninkryk van die hemele ingaan. Jesus het ons met die water van Sy doop, Sy bloed en die Gees gered. Glo u in al Sy woorde? Jesus is die hemelse Hoëpriester wie na hierdie wêreld neergedaal het om vir die mensdom se sonde met Sy lewe te betaal. Hy was dus in die Jordaan gedoop; het aan die Kruis gebloei en was van die dode opgewek, dus het Hy ons Saligmaker geword, en vir diegene wie in Hom glo. Jesus het in Johannes 10:7 gesê, “Ek is die deur van die skape.” Jesus staan by die deur van hemel. Wie maak die deur vir ons oop? Jesus Christus. Hy draai Sy gesig weg van diegene wie in Hom glo sonder die kennis van die ware verlossing. Hy verhoed diegene wie nie in Sy doop, bloed en die Gees glo om waarlik wedergebore te word. Hy draai Sy gesig weg van enige iemand wie nie in Sy geskrywe woord volkome glo, en wie weier om Sy heiligheid te aanvaar, asook Hom as God te herken. Enige iemand wie weier om in die geskrywe waarheid te glo waar Hy na hierdie wêreld in die vlees van die mens gekom, was in die Jordaan gedoop en aan die Kruis gesterwe om vir die wêreldse sonde te vergoed, en dat Hy aan die Kruis gesterwe het vir die veroordeling wat vir ons bedoel was te ontvang, en dat Hy van die dood op die derde dag opgewek was na die kruisiging, sal deur Hom verwerp word en sal dus vergaan. Soos dit geskrywe is, “Die loon van die sonde is die dood.” Maar diegene wie in die seëning van verlossing deur Sy doop en bloed glo, en diegene wie in hulle Harte heilig geword het, word dus toegelaat om binne die koninkryk van die hemele integaan. Hierdie is die ware evangelie van hoe om wedergebore te word; die evangelie wat na ons toegekom het met die water, bloed en die Gees. Die wedergeboorte deur die water en die Gees is die hemelse evangelie. Alleenlik diegene wie in die doop en die bloed van Jesus glo kan wedergebore word. Diegene wie in die evangelie van die water, die bloed en die Gees glo is sondeloos; hulle is mense wie waarlik wedergebore is. Maar vandag net soos Nicodemus wie nie bewus was van die waarheid nie, is gelyke aan die meerderheid mense wie in Jesus glo maar sonder kennis van die ware evangelie. Wat ʼn hooggeagte lid van die samelewing was Nicodemus nie! Maar hy het die ware evangelie van Jesus gehoor, en later wanneer Jesus gekruisig was; was hy die een wie nadergestaan het om Sy liggaam te begrawe. Nicodemus het begin in die ware evangelie te glo vanaf sy ontmoeting met Jesus. Vandag is daar baie van ons wie nie die waarheid weet omtrent die water en die Gees van Jesus nie. Merendeels is daar ook baie mense wie nie die waarheid wil aanvaar wanneer hulle ʼn kans gekry het om die ware evangelie te hoor. Dit is werklik ʼn tragiese situasie. Jesus het dit moontlik gemaak vir almal om waarlik wedergebore te word. Wat het ons wedergebore gemaak? Dit was die water, die bloed en die Gees. Jesus, deur Sy doop het al ons sondes weggeneem. Hy het aan die Kruis gesterwe en daarna was Hy van die dode opgewek. Hy gee aan almal wie in Hom glo die seëning van die wedergeboorte. Jesus is die Saligmaker wie die wedergeboorte toegelaat vir almal wie in Hom glo. Bid dat u altyd saam met Jesus sal wees, die Één wie die hemel en aarde geskape het en alle dinge tussen in. Johannes 3:16 verklaar, “Sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” Ons het die ewige lewe verdien omdat ons in Jesus geglo. Ons is wedergebore omdat ons in die water en die Gees geglo het. Die waarheid is, as ons in die evangelie van verlossing, die doop en die bloed van Jesus en waar Jesus die Saligmaker en God is glo, kan ons volkome gered word. Maar as ons nie hierdie waarheid glo nie, sal ons vir ewig in die Hel verwerp word. Dit is hoekom Jesus aan Nicodemus gesê, “As Ek julle van die aardse dinge vertel en julle glo nie, hoe sal julle glo as Ek julle van die hemelse vertel?” Wat het God vir ons gedoen? Die verlossing deur Jesus om die wedergeboorte toetelaat. Jesus het ons van die wêreld gered, asook van die duiwel en die sonde van die wêreld. Om die sondaars van die wêreld te red en van die veroordeling vir hierdie sonde, het Hy hierdie sonde weggeneem deur Sy doop en was Hy aan die Kruis gekruisig, en van die dode opgewek. Dit is ons keuse om in Sy evangelie te glo of nie. Die verlossing van die wedergeboorte kom van geloof in die verlossing deur die doop en die bloed van Jesus. Die Bybel vertel daar is twee seëninge wat God op ons bestee. Een seëning is die ‘algemene seëning’, naamlik alle natuurlik dinge, insluitend die son en die lug. Hierdie is bekend as ‘algemene seëninge’ omdat dit aan die mensdom gegee hetsy sondaars of regverdiges. Wat sou dan hierdie spesiale seëninge wees? Die spesiale seëninge is die wedergeboorte van water en die Gees, waar dít alle sondaars van die dood en hul sondes volkome red. 
 

DIE SPESIALE SEËNING
 
Wat is die spesiale seëning van God?
Dat Hy ons wedergebore gemaak het deur Sy doop, kruisiging en opwekking
 
Dit is in Johannes 3:16 geskrywe, “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” Hierdie woorde beskryf die spesiale seëning van God: Jesus het na hierdie wêreld in die vlees van die mens neergedaal, en al ons sondes weg gewas deur om gedoop en gekruisig vir ons te word. Hierdie is die spesiale seëning van God, die waarheid dat ons van al ons sondes volkome gered is. Dit is ʼn Bybelse feit, Jesus het ons gered en ons van ʼn sondaar na ʼn regverdige kind van God gemaak het. U kan ook hierdie spesiale seëning van God ontvang as u in hierdie waarheid sou glo. Glo u dit? Al u geloof en pogings sal nutteloos wees as u hierdie spesiale seëning van God weier, ongeag hoe getrouelik u deur u lewe geleef het. Ek preek meeste van my tyd en het nooit vergeet om mense te herinner; waar geloof in die doop van Jesus en Sy Kruis is die enigste manier om wedergebore te word. Enige boek in die Bybel openbaar en verklaar die seëning van die wedergeboorte deur Jesus wat “die spesiale seëning van God” is, en dit is wat ons ook oor praat. Daar is geen iets wat die seëning van God beter illustreer dan die verlossing van sondaars deur die doop van Jesus en Sy kruisiging nie. Die doop van Jesus en Sy kruisiging is die spesiale seëning van God. Die valse predikers in hierdie wêreld het niks te sê oor dít nie. Hierdie valse predikers vertoon in die klere van die engele van die lig, gewapen met die morele / sedigheid van Christelikheid en die mensheid. Ja, dit is die waarheid. Die wonderwerke wat hulle deurgaans doen, naamlik die genesing van die siekes is slegs bose dinge, en absoluut niks te doen met die spesiale seëninge van God nie. Dit is hierdie spesiale seëning van God wat vir ons sondaars die evangelie van versoening gegee het. Met Sy spesiale seëning, het God die wedergeboorte aan ons toegelaat. Hy het ons vernu deur Sy doop, bloed, sterwe en Sy opwekking. Hy het ons Sy kinders’ gemaak en vry van sonde bespreek. Glo u in hierdie dinge? ―Ja.―Is u waarlik deur God geseën? ―Ja. Die doop van Jesus en Sy bloed, sterfte en opwekking is beslis die spesiale seëning wat God vir ons gegee het, wat deur die water en die Gees is. Hierdie is die evangelie van die spesiale seëning. Ons loof en Prys die Here dat Hy ons deur Sy spesiale seëning gered het. Dit is ongelukkig só dat daar baie getroue Christene vandag is wie heeltemal onbewus is van hierdie spesiale seëning van God, naamlik die evangelie van die doop en bloed van die wedergeboorte van water en die Gees. Hulle probeer blindelings om ʼn pad te vind in hul teologie en godsdienstige morele. Hoe onbekwaam kan hulle nie wees nie! Christelikheid het ʼn langpad saam met ons dusvêr geloop, en dit is ongeveer amper vyf honderd jaar gelede sedert die Reformasie, maar nog is daar hier in Korea en oor al die wêreld Christene wie onbekwaam is oor die waarheid van die wedergeboorte en die spesiale seëning van God. Ek hoop en vertrou Hy sal dit toelaat vir hulle om die waarheid te weet omdat ons alreeds in die oor is en baie naby aan die einde van hierdie wêreld is. Sondaars moet wedergebore word en die waarheid van die water en die Gees aanvaar sodat hulle regverdig kan word en binne die koninkryk van die hemele ingaan. Baie Christene probeer nog steeds’ hard om wedergebore te word. Maar as hulle so aangaan met hierdie pogings sonder kennis van die ware betekenis van die wedergeboorte, sal hulle geloof van geen nut wees nie. Hulle argumenteer en sê dat hulle wel wedergebore is en sal verseker binne die koninkryk van hemele ingaan, maar hulle het geen leidraad omtrent die waarheid van die wedergeboorte nie. Hulle aanvaar net sedert hulle getrouelik glo, en omdat hulle die vuur in hul Harte voel dat die wedergeboorte aan hulle sal gegee word. Maar om wedergeboorte te probeer met pogings gebaseer op eie voorgevoeling of hartstogtelike godsdienstelik dade kan slegs lei na die verkeerde geloof. 
 
 

DIE WOORD VAN GOD WAT ONS LEI NA DIE WARE WEDERGEBOORTE

 
Wat is die verskil tussen geloof en godsdiens?
Geloof is om te glo wat Jesus vir ons gedoen het om ons te red, terwyl godsdiens is om te vertrou op eie gedagtes en werke 

Dit word duidelik in 1 Johannes 5:4-8 geskrywe waar ons slegs wedergebore word as ons in die water, die bloed en die Gees glo. As ons graag wedergebore wil word, moet ons ingedagte hou dat ons slegs wedergebore kan word deur die geskrywe woord van God, die woord van waarheid. Ons moet dus goed weet, visioene, die praat in vreemde tale of opsienbarende ervarings sal ons nooit na die ware wedergeboorte lei nie. Jesus het in Johannes hoofstuk 3 gesê, geeneen sal toegelaat word om binne die koninkryk van hemele ingaan nie tensy hulle waarlik wedergebore geword het uit water en die Gees nie. As iemand wedergebore word moet hy in algemeen in Jesus twee keer glo. Eerstens, is daar geneig om in Jesus in ʼn godsdienstelik weg te glo, om sy sonde deur die wet van God te erken. Die eerste keer wanneer iemand in Jesus glo, is dit gewoonlik deur die wet van God met die erkenning dat hy ʼn groot sondaar voor God is. Ons moet versigtig wees om nie in Jesus te glo in ooreenstemming met een van die baie godsdienstige leerstellings van hierdie wêreld nie. Christelikheid is nie ʼn godsdiens nie. Dit is die enigste weg om deur geloof die ewige lewe te ontvang. Enige iemand wie in Jesus glo as ʼn godsdiens sal net in die einde met leë hande staan. Hy sal verlate met ʼn hart vol sonde, chaos en leegstaande wees. Is dit nie die waarheid nie? U wil tog nie soos die ketter Fariseërs in die Bybel eindig nie. Almal wil ʼn ware wedergebore Christen word. Maar wanneer iemand in Christelikheid as ʼn godsdiens glo, word hy in die einde ʼn ketter met ʼn hart vol sonde. Ons moet dus kennis dra omtrent die wedergeboorte. Enige iemand wie in Christelikheid as ʼn godsdiens glo sonder om wedergebore te word sal verseker in die einde verwarrend en met ʼn leë hart staan. As iemand in Jesus glo maar nog nie waarlik wedergebore is nie, is hulle geloof verkeerd. Daarvoor is sulke persone bedrieërs, hulle probeer hard om heilig voor almal te vertoon maar misluk met hierdie ellendige lewe. So lank as u Christelikheid as ʼn godsdiens leef en glo, sal u altyd ʼn sondaar en ʼn ketter wees, en sal die res van u lewe oor u sondes ween. As u werklik vry wil wees van u sonde, moet u in die geskrywe waarheid, naamlik die evangelie van die water, die bloed en die Gees glo.
 
 

ONDEK DIE GEHEIM VAN DIE VERLOSSING DEUR DIE DOOP VAN JESUS

 
Wat maak ons wedergebore?
Die doop van Jesus, Sy sterwe aan die Kruis, en Sy opwekking
 
Die Bybel vertel vir ons dat enige een wedergebore kan word deur die woord van God wat nooit verander nie. Laat ons nou na die woorde van die apostel Petrus kyk (1 Petrus 3:21) “waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red.” Die Bybel verklaar duidelik, en word dit daarin geskrywe waar die doop van Jesus die teëbeeld is wat ons red. Almal wie in Jesus glo moet dit weet en onthou, dit het niks te doen met ons eie water doop nie, maar slegs die doop van Jesus. Die doop van Jesus gee vir ons sondaars nuwe lewe. Glo dit en u sal waarlik wedergebore word en die seëning van die verlossing beërwe. As ons kennis dra waar ons verlossing werklik ontvang is deur geloof in die doop van Jesus, sal ons gered en regverdig word en die ewige lewe beërwe. In ander woorde, wanneer ons in die waarheid van verlossing deur die woorde van God glo, sal ons van al ons sondes gereinig verewig word. Om wedergebore te word is om twee keer gebore te word. Meeste van ons begin om in Jesus te glo as ʼn godsdiens, en dan word ons waarlik wedergebore deur geloof wanneer ons die waarheid besef. Die naam Jesus beteken “Want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos” (Matthew 1:21). Wanneer ons in Jesus glo en presies weet wat Hy vir die mensdom gedoen het, sal ons bevry van al ons sondes word en dus wedergebore as nuwe gebore mense word. Eerstens glo ons in Jesus as ʼn godsdiens, en later wanneer ons na die evangelie van die doop van Jesus en Sy bloed stiptelik geluister het en dit glo, word ons wedergebore. Wat is die waarheid wat ons wedergebore maak? Eerstens is dit die doop van Jesus, tweedens is dit die bloed wat Hy aan die Kruis gestort het, en derdens is dit Sy opwekking van die dode. Die wedergeboorte beteken om in Jesus as ons God en ons Heiland Verlosser te glo. Kom ons kyk hoe die mense van die Ou Testament wedergebore was.
 
 

DIE VERGOEDING VIR SONDE IN DIE OU TESTAMENT: DIE LÊ OP VAN HANDE EN DIE OFFERS VAN BLOED 

 
Wat is die evangelie van die wedergeboorte in die Ou Testament? Eerstens, laat ons Levitikus hoofstuk 1 lees en sien wat dit oor die wedergeboorte te sê. Verse 1-5 “En die Here het Moses geroep en met hom gespreek uit die tent van samekoms en gesê: Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As iemand van julle aan die Here ʼn offer wil bring, kan julle jul offer bring van vee – van beeste of van kleinvee. As sy offer ʼn brandoffer is van beeste, moet dit ʼn bul sonder gebrek wees wat hy bring. By die ingang van die tent van samekoms moet hy dit bring, sodat hy welgevalle voor die aangesig van die Here kan vind. En hy moet sy hand op die kop van die brandoffer lê, dan sal dit vir hom met welgevalle aangeneem word om versoening vir hom te doen Dan moet hy die jong bul voor die aangesig van die Here slag; en die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed bring en die bloed rondom teen die altaar uitgooi wat by die ingang van die tent van samekoms is.’” God vertel vir ons in Levitikus hoe die Israeliete saam met Hom verenig kon word deur die offer sisteem. Dit is die waarheid oor wat ons moet weet en verstaan. Daarvoor laat ons hierdie woorde nagaan. God het Moses geroep en met hom uit die tent van samekoms gespreek. Dit was oor die versoening van die Israeliete se sonde. Wanneer die volk van Israel die wet van God ongehoorsaam het, kon hulle versoening vir hulle sonde ontvang deur om gebreklose vee en kleinvee aan God te offer. Hierdie diere vir offerande kon slegs diere wees wat deur God gespesifiseer en wat gebrekloos was. En hulle was verplig om die diere te offer in oorstemming met die ritueel proses presies soos God dit uiteengesit het. Die vorm van die offerande was soos volg: As enige iemand gedurende die Ou Testament se tyd sonde gepleeg het, was die sondaar verplig om ʼn offer aan God te offer vir die verlossing van sy sondes. Eerstens, moes die offerande gebrekloos wees, en tweedens het die sondaar sy hande op die kop van die offerande gelê om sy sonde op die kop van die offerande in hierdie manier te lê. En derdens nadat dit geslag was; was sy bloed op die horings van die altaar gestryk, en die oorblywende bloed was rondom teen die altaar uitgegiet. Hierdie was die ritueel van die heilige tabernakel wat God vir Sy volk gegee het as die seëning van verlossing. Die Wet en gebooie van God bestaan uit 613 gebooie en verbooie wat voorskryf wat hulle “behoort doen,” of “nie moet doen nie.” God het die wet en Sy gebooie aan die volk van Israel gegee. Alhoewel die volk het geweet die wet en die gebooie van God reg was, was hulle nie in staat om by dit te leef nie, omdat almal van hulle was met twaalf tiepe sonde gebore wat van Adam oorgeërf was. Daarvoor het hulle die bekwaamheid om aanspraak voor God te word, verloor. Die Israeliete het dus die bekwaamheid verloor om regverdig voor God te word. Liefs, hulle kon nie hulself help maar om sonde te pleeg selfs terwyl in die probeer slag om vry van sonde te wees. Dit is die lotsbestemming van die mensdom wie as sondaars gebore was. Maar God in Sy oneindige genade het aan Sy volk die offer sisteem gegee sodat daar versoening vir hulle sondes ontvang kon word. Hy het die ritueel van die heilige tabernakel voorsien sodat die volk van Israel asook al die mense van die wêreld verlos van hulle sondes kon word. Hy het deur die offer sisteem Sy regverdige liefde vir mensdom gegee. Hy het die wêreld die weg na verlossing gewys. God het die volk die offer sisteem gegee en die huis van Levi ingeseën om die offerande te doen. Tussen die 12 stamme van Israel, alleenlik die huis van Levi was ingeseën om die geestelike offers vir die volk van Israel te doen. Moses en Aäron was gebore uit die Huis van Levi. En die Bybel registreer die gebooie en regulasies regerende die offers van die heilige tabernakel, en die evangelie van versoening deur die lê op van hande. Daarvoor, wanneer ons die offer ritueel van die Leviete werklik verstaan kan ons deur dit ook wedergebore word. Dit is hoekom ons behoort die woord van God oor die offerande van die heilige tabernakel bestudeer en verstaan. Hierdie is die mees belangrike deel van die Ou Testament. Laaste, wanneer ons uiteindelik in die Nuwe Testament arriveer; het ons die seëning van die wedergeboorte deur die water en die Gees ontvang.
 

VERSOENING VIR SONDE IN DIE OU TESTAMENT
 
Wat is God se eienskappe?
Geregtigheid en Liefde
 
God het Moses uit die Huis van Levi na die heilige tabernakel van samekoms geroep, en sy broer Aäron as die hoëpriester ingeseën. Aäron was gelas om die sonde van die volk op die sonde offerande te plaas. Dit is wat God vir Moses gesê in Levitikus 1:2. “Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As iemand van julle aan die Here ʼn offer wil bring, kan julle jul offer bring van vee – van beeste of van kleinvee.” Hier spesifiseer God die verskillende offerande wat geoffer moet word. Sou enige een van die volk versoening vir hul sonde wou gehad het, was hulle verplig om ʼn bul of ʼn skaap van sy veekraal te offer. God het ook aan hulle gesê, “As sy offer ʼn brandoffer is van beeste, moet dit ʼn bul sonder gebrek wees wat hy bring” (Levitikus 1:3). Die offer was aan God aanvaarbaar in plaas van die lewe van die sondaar wie moes gesterwe het vir sy sonde. Die Israeliete kon hul sondes oorplaas deur die lê van hul hande op die koppe van hierdie diere. Die persoon moes uit sy eie wil hierdie diere offer. Laat ons nou vêrder lees en sien wat in vers 4 geskrywe is. “En hy moet sy hand op die kop van die brandoffer lê, dan sal dit vir hom met welgevalle aangeneem word om versoening vir hom te doen.” Die offerande sou dus nou aanvaarbaar vir God wees. Wanneer ʼn sondaar sy hande op die kop van die brandoffer gelê het, het hy sy sonde in hierdie manier op die kop van die dier verplaas. Daarvoor was ʼn sondaar verplig om sy hande op die kop van die sonde offerande voor God te lê, sodat God dit kon aanvaar en sodoende versoening vir sy sonde aan hom skenk. Hy het die dier / offerande geslag en die priester het sy bloed op die altaar se horings gestryk en die oorblywende bloed was rondom teen die altaar uitgegiet. Om vir sy sonde te betaal en dus vry bespreek word van sonde, was hy verplig om ʼn offer aan God te offer in ooreenstemming met die gebooie soos deur God neergelê was. Dit word Levitikus 1:5 geskrywe, “Dan moet hy die jong bul voor die aangesig van Here slag; en die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed bring en die bloed rondom teen die altaar uitgooi wat by die ingang van die tent van samekoms is.” By die ingang van die tent van samekoms, binne in agter die ingangs poort was die brandoffer altaar, met horings op die vier hoeke. Nadat die sondaar sy hande op die kop van die brandoffer gelê het om sy sonde op die kop van die dier te plaas, het die sondaar die brandoffer geslag, die priester het sy bloed geneem en met sy vinger die bloed op die vier horings gestryk. Die horings van die altaar verwys na die veroordeling vir ons sondes. Dus, deur om die bloed op hierdie horings te stryk beteken die dier was verplig om sy bloed te stort vir die sonde in plaas van die sondaar. Wanneer God na die bloed op die horings van die altaar gekyk het, het Hy die sondes van die sondaar versoen. Hoekom was dit nodig vir die brandoffer te bloei? Die rede is “Want die loon van die sonde is die dood” (Romeine 6:23) en omdat die siel van die vlees is in die bloed. Daarvoor het dit in Hebreërs geskrywe, “en sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie” (Hebreërs 9:22). Dus, die bloedvergieting van die sonde offerande het die wet van God volbring wat verklaar; die loon van die sonde is die dood. Om billik en reg te wees, moes die bloed wat geoffer was aan die sondaar behoort het, maar die sondoffer het in sy plek sy bloed gestort vir die versoening. Die priester het van die bloed geneem en dit aan die vier horings gestryk, wat aandui dat die loon van die sonde was in hierdie manier betaal. As ons in Openbaring 20:11-15 in die Nuwe Testament lees, sal daar gesien word dat die horings beteken of aandui die Boek van Oordeeling. Daarvoor om bloed aan die horings te stryk is vergelyk aan bloed aan die Boek van Oordeeling. Dit word as ʼn getuienis gebruik dat die veroordeling vir sonde was volbring deur die lê op van hande, asook die bloed van die sonde offerande.
 

SONDE WORD IN TWEE PLEKKE OPGETEKEN
 
Alle sonde van die mens (voor God) is in twee plekke opgeteken. Een is op die tafels van hulle Harte, en in die ander plek word dit in die Boek van Oordeeling opgeteken wat altyd oop voor God is. Die word in Jeremia 17:1 geskrywe, “Die sonde van Juda is geskrywe met ʼn ystergriffel, met ʼn diamantpunt; dit is gegrif op die tafel van hulle hart en op die horings van julle altare.” Levitikus 17:11 sê, “Want die siel van die vlees is in die bloed.” Die bloed is die siel van die vlees; en gevolglik kan ons slegs ons sonde betaal met hierdie voorgeskrewe bloed. Daarvoor bloed was aan die horings van die altaar gestryk. In oorstemming met die wet was amper alle dinge met bloed gereinig, en sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie (Hebreërs 9:22). “Dan moet hy die brandoffer afslag en dit in sy stukke verdeel. En die seun van Aäron, die priester, moet vuur op die altaar neersit en hout op die vuur reglê. Ook moet die seuns van Aäron, die priesters, die stukke, die kop en die vet reglê op die hout wat op die altaarvuur is. Maar die binnegoed en die pote moet hy met water was, en die priester moet dit alles op die altaar aan die brand steek as brandoffer, ’n vuuroffer van lieflike geur aan die Here.” (Levitikus 1:6-9). Die priester het die brandoffer in stukke gesny en dit alles op die altaar aan die brand gesteek. Hierdie ritueel vertel vir ons wanneer mense voor God sonde gepleeg het moes hulle in hierdie manier sterwe asook hulle eie bloed vergiet, en dit alles in die Hel vuur verwerp word. Maar die oordeling was uitgevoer deur die sonde offerande sodat die volk versoening vir hulle sondes kon ontvang. Die offer van die brandoffers was die ritueel van die oordelings van die regverdige wet van God. God het beide Sy Wette saam met die wet van regverdigheid en die wet van liefde verenig in die ritueel van versoening vir die mensdom. Omdat God regverdig is was Hy verplig om sondaars te oordeel en die doodvonnis op hulle optelê. Maar omdat Hy sy mense baie lief gehad het, het Hy dit toegelaat dat hulle hul sonde op die sondoffer plaas. In die Nuwe Testament weerspieël hierdie selfde versoening vir sonde. God het ons so baie lief. Hy was gedoop en gekruisig om die sondoffer vir ons sondaars te word. Die doop van Jesus en Sy sterfte aan die Kruis het die sonde van die wêreld uitgewis.
 

VERSOENING VIR EEN DAG SE SONDE IN DIE OU TESTAMENT
 
Aan wat simboliseer die gebreklose sondoffer van die Ou Testament?
Jesus Christus.
 
Laat ons nou Levitikus 4:27 saamlees. “En as iemand van die volk van die land in swakheid sondig, omdat hy enigiets doen wat die Here verbied het, en hy skuldig word; of as sy wat hy gedoen het, aan hom bekend word, dan moet hy as sy offer bring ’n bok sonder gebrek, ’n ooi, vir die sonde wat hy gedoen het, en hy moet sy hand op die kop van die sondoffer lê en die sondoffer slag op die plek van die brandoffer. Dan moet die priester van haar bloed met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar stryk; maar al die orige bloed moet hy aan die onderkant van die altaar uitgiet; en al die vet moet hy wegneem soos die vet van die dankoffer af weggeneem is, en die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as lieflike geur vir die Here. So moet die priester dan vir hom versoening doen, en dit sal hom vergewe word.” (Levitikus 4:27-31). Die afstammelinge van Adam, die volk van Israel, asook al die mense van die wêreld was met sonde in hul Harte gebore. Daarvoor is ons Harte vol sonde. Daar is alle soorte van sonde in die Hart van die mens, naamlik slegte gedagtes, owerspel, hoerery, moord, diewery, hebsug en dwaasheid ens. Wanneer ʼn sondaar versoening vir sy daaglikse sonde wou hê, was hy verplig om ʼn gebreklose dier na die heilige tabernakel te bring. Hy het sy hande op die kop van die dier gelê om sy sonde in hierdie manier op die dier se kop verplaas, die sondoffer was daarna geslag en sy bloed was aan die priester gegee om dit aan God te offer. Die priester sou dan die offering voltooi sodat die sondaar vergifnis vir sy sonde kon ontvang. Sonder die wet en gebooie van God sou mense nie geweet of hulle gesondig het of nie. Wanneer daar na ons selfde deur die wet en gebooie van God gekyk word, erken ons, ons sondes. Ons sondes word nie deur ons eie standaarde veroordeel nie, maar slegs deur die wet en gebooie van of God. Die gewone volk van Israel het gesondig, nie dat hulle wou nie maar omdat hulle met alle soorte sondes in hul Harte gebore was. Die sonde wat ʼn mens pleeg weens sy swakheid is benoem oortredinge. Sondes sluit in alle oortredinge en onregtighede van die mens. Die mensdom is onvoltooide skepsels. Die volk van Israel was ook onvoltooide skepsels, hulle was sondaars en het sonde gepleeg. Alle oortredinge en onregtighede van die mens kan soos volg gekategoriseer word. Wanneer ons slegte gedagtes ondervind, word dit sonde genoem, en wanneer ons hierdie gedagte fisies uitvoer, word dit oortredinge genoem. Die sonde van die wêreld sluit in al twee. In die Ou Testament was die sonde op die kop van die sondoffer verplaas deur die gelê op van hande. Nadat hierdie offer gedoen was, was die sondaar sondeloos en daarvoor was daar geen nood dat hy self vir sy sondes gesterwe het. Die offer sisteem is dus die skaduwee van die regverdig veroordeling en liefde van God. Omdat God ons van die aarde geskep het, was ons bloot stof in die begin. Om bloed aan die horings van die altaar te stryk en die uitgiet van die oorblywende bloed onderkant die altaar beteken die Israeliete het vir hul sonde vergoed en al hul sonde van die tafel van hulle harte sodoende uitgewis het. “En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as lieflike geur vir die Here.” Die vet in die Bybel verwys na en beteken die Heilige Gees. Daarvoor om vir ons sonde te versoen, moet ons volgens Godse bepaalde plan dit doen. Ons moet ook in ons Harte die versoening vir ons sonde in die bepaalde plan wat God uiteengesit het. God het die volk van Israel duidelik vertel dat die sonde offerande moet ʼn lam, ’n Bok of ’n kalf wees. Die sonde offerande van die Ou Testament was die uitverkieste. ʼn Kalf is ʼn skoon dier. Die rede vir hierdie verpligte en die gebruikmaking van gebreklose sondoffers was omdat hulle deur dit Jesus Christus geopenbaar het, wie deur die Heilige Gees verwek was om die sondoffer vir die mensdom te word. Die volk van die Ou Testament het al hulle sondes verplaas deur om hul hande op die kop van die gebreklose sondoffer te lê. Die priesters’ het die offering gedoen om vir die sonde te vergoed. Dit was hoe die volk van Israel versoening vir hulle sondes ontvang het.
 
 

DIE RITUEEL VAN DIE VERSOENINGSDAG

 
Hoekom het die volk van Israel nodig gehad het om offerande opteoffer op versoeningsdag?
Omdat hulle deurgaans gesondig het. Daaglikse sonde offerande kon nie hulle voor God geheilig nie.
 
 
Maar omdat hulle verplig was om offers elke keer wanneer hulle gesondig het te maak, was dit onmoontlik om voorsiening te maak vir al hierdie offerande wat nodig was om vir hierdie sondes te versoen. Met hierdie stand van sake het hulle geleidelik nalatig geword. Dit het vir hulle gevoel soos ʼn eindelose stryd om versoening vir hulle daaglikse sonde in hierdie manier te ontvang, en gevolglik het hulle begin worstel met die ideë om hierdie ritueel in sy geheel tot niet te maak. Hoe harder ons probeer kan ons nooit voldoende offerande opoffer vir ons sonde nie. Daarvoor ware vergoeding vir ons sonde is geloof in die Wet van Verlossing wat God wat vir ons voorsien het. Weens ons swakhede hoe harder ons by die wet van God probeer te lewe, word daar meer bewustheid oor hoe onvolmaak en swak ons werklik is. Daarvoor het God die volk van Israel ʼn metode gegee om versoening vir ʼn hele jaar se sonde een maal elke jaar te maak (Levitikus 16:17-22). Dit word in Levitikus geskrywe, “En dit moet vir julle ʼn ewige insetting wees: in die sewende maand, op die tiende van die maand, moet julle jul verootmoedig en geen werk doen nie – die kind van die land sowel as die vreemdeling wat onder julle vertoef. Want op hierdie dag moet hy vir julle versoening doen om julle te reinig; van al julle sondes moet julle voor die aangesig van die Here rein word. ʼn Dag van volkome rus moet dit vir julle wees, en julle moet jul verootmoedig. Dit is ʼn ewige insetting. ” (Levitikus 16:29-31). Dus, het die volk van Israel een maal elke jaar rus vir hulle siele ontvang wanneer die hoëpriester die offer van versoening gedoen het, wat op die tiende dag van die sewende maand verrig was vir die volk se sonde wat hulle gedurende die jaar gepleeg het. Op daardie versoeningsdag het hulle vrede in hulle siele ontvang. Op die tiende dag van die sewende maande was Hoëpriester Aäron as die verteenwoordiger van Israel verplig om die offer van versoening te doen. Gedurende hierdie tydstip kon die ander priesters’ nie binne die heilige tabernakel ingaan nie. Eerstens moes Aäron die offer van versoening vir homself en sy huis doen voordat hy dit vir die hele volk van Israel gedoen het, omdat hy ook tesame met sy huis sonde gepleeg het. Hy het die offer vir die volk in hierdie manier gedoen. “Dan moet Aäron die sondofferbul wat vir hom bedoel is, aanbring en vir hom en sy huis versoening doen. Hy moet ook die twee bokke neem en hulle voor die aangesig van die Here stel by die ingang van die tent van samekoms. En Aäron moet oor die twee bokke die lot werp, een lot vir die Here en een lot vir Asásel. Dan moet Aäron die bok aanbring waar die lot vir die Here op gekom het en hom as sondoffer berei; maar die bok waar die lok vir Asásel op gekom het, moet lewendig voor die aangesig van die Here gestel word, om oor hom versoening te bewerk deur hom vir Asásel in die woestyn te stuur” (Levitikus 16:7-10). Nadat hy die ritueel van versoening vir sy huis en homself bewerk het, het Aäron “oor die twee bokke die lot gewerp.” Een lot was vir die Here en die tweede lot was vir Asásel. Eerstens was een van die twee bokke vir die Here geoffer. Die hoë priester het sy hande vir die volk se ontwil op die kop van die bok gelê en in hierdie manier hulle jaarlikse sonde op die bok se kop verplaas. Die bloed van die bok was binne die Allerheiligste na die versoendeksel geneem en daar sewe maal gesprinkel. Die volk van Israel het sodoende vergifnis vir hulle jaarlikse sonde ontvang. In plaas van die volk van Israel te sterwe vir hulle sonde, het hoëpriester Aäron hulle sonde op die sondofferbok se kop verplaas wie die veroordeling vir die volk gesterwe. Hy het daarna die ander lewende bok voor God opgeoffer. Hierdie sondofferbok was vir die volk.
 

VIR DIE VOLK
 
Voor die aangesig van die volk het Aäron sy twee hande op die tweede bok se kop gelê en voor God hardop bely. “Here God die kinders van Israel het moord, owerspel, diewery, hebsug, bedrog gepleeg . . . en ook na gesnede beelde neergebuig. Hulle het nie die Sabbatdag gedenk nie, hulle het ook U naam ydellik gebruik en hulle het al die gebooie en verbooie van U Wet gebreek.” Hy het nadat hy gebid het sy hande van die bok se kop weggeneem. Op daardie oomblik was die sonde van die volk vir die hele jaar op die sondebok se kop verplaas. Laat ons Levitikus 16:21 lees. “En Aäron moet sy twee hande op die kop van die lewende bok lê en oor hom belydenis doen van al die ongeregtighede van die kinders van Israel en al hulle oortredinge, wat hulle sondes ook al mag wees; en hy moet dié op die kop van die bok lê en hom deur ’n man wat gereed staan, na die woestyn toe stuur .” Die sondebok sou dus in woeste woestyn wandel en daar sterwe met al die kinders van Israel se sonde op sy kop. Die sondebok, “Asásel” in Hebreërs beteken om “uit (te) sit.” Dit beteken die sondeoffer was uit voor die Here gesit vir die kinders van Israel se behalwe. Die sonde van Israel was op die sondebok verplaas deur die gelê op van Aäron se hande. In hierdie manier was die Israeliete vergewe vir hulle sonde. Wanneer hulle hierdie versoening proses gesien waar die hoë priester sy hande op die sondebok se kop gelê en dit in die woestyn ingestuur het, het die kinders van Israel wie in die ritueel van versoening geglo het versekerdheid ontvang vir die versoening vir hulle sonde. Al die rituele van die Ou Testament was ʼn skaduwee van ‘die evangelie van die wedergeboorte’ van die Nuwe Testament. In die Ou Testament was die gelê op van hande en die bloed van offerande dié evangelie van verlossing van sonde. Dit het so gebly tot die Nuwe Testament.
 

DIE EVANGELIE VAN VERLOSSING IN DIE NUWE TESTAMENT
 
Hoe was die sonde van mensdom uitgewis in die Nuwe Testament? 
Dit is in Mattheüs 1:21-25 geskrywe, “En sy sal ’n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos. En dit het alles gebeur, sodat die woord vervul sou word wat die Here deur die profeet gespreek het: Kyk, die maagd sal swanger word en ’n seun baar, en hulle sal Hom Emmanuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons. En toe Josef uit die slaap wakker word, het hy gedoen soos die engel van die Here hom beveel het en sy vrou by hom geneem; en hy het haar nie beken totdat sy haar eersgebore Seun gebaar het nie; en hy het Hom Jesus genoem.” Ons Here Jesus het na hierdie wêreld neergedaal met die Naam Emmanuel om mensdom van hul sonde te red. Daarvoor was Hy genoemde Jesus. Jesus het gekom om die sondes van die mensdom wegteneem. Hy het in die vlees van die mens gekom om hulle Heiland Verlosser te word. Hy het ons verlossing volbring en ons verewig eens en vir altyd van sonde gered. 
 
 

DIE EVANGELIE VAN DIE WEDERGEBOORTE

 
Hoe het Jesus ons van sonde bevry? Hy het dit deur Sy doop volbring. Laat ons Mattheüs hoofstuk 3 vanaf vers 13 lees. “Toe het Jesus van Galilea na die Jordaan, na Johannes gekom om deur hom gedoop te word. Maar Johannes het Hom ernstig teëgegaan en gesê: Ek het nodig om deur U gedoop te word, en kom U na my toe? Maar Jesus het geantwoord en vir hom gesê: Laat dit nou toe, want so pas dit ons om alle geregtigheid te vervul. Daarna het hy Hom toegelaat. En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos ’n duif neerdaal op Hom kom. En daar kom ’n stem uit die hemel wat se: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ’n welbehae het.” (Mattheüs 3:13-17). Die Nuwe Testament vertel, wanneer Jesus 30 jaar oud was het Hy na Johannes die Doper by die Jordaan gegaan. Hy was deur Johannes gedoop en die mensdom se sonde weggeneem. Om dit te doen het Hy die geregtigheid van God vervul. 
 
 

HOEKOM WAS JESUS IN DIE JORDAAN GEDOOP?

 
Wat word in die evangelie openbaar?
Die geregtigheid van God

Laat ons na hierdie toneel bekyk wanneer die hemelse Hoëpriester met die laaste aardse hoëpriester van mensdom mekaar in die Jordaan ontmoet het. Hier kan ons die regverdigheid van God deur die doop wat versoening bewerk het vir die wêreld se sonde duidelik sien. Johannes die Doper wie Jesus gedoop het was die grootste onder die wat uit vroue gebore was. Jesus het oor Johannes in Mattheüs 11:11 getuig, “Onder die wat uit vroue gebore is, het daar nie een opgestaan wat groter is as Johannes die Doper nie.” Presies soos hoëpriester Aäron die volk van Israel se sonde vir die jaar uitgewis het deur om sy twee hande op die sondebok se kop gelê op die Groot Versoeningsdag, net so, in die Nuwe Testament was die sonde van die wêreld uitgewis wanneer Jesus deur Johannes die Doper gedoop was. Die evangelie van die wedergeboorte is die evangelie van volkome versoening vir ons sonde. Daarvoor is die evangelie van verlossing deur die doop van Jesus dié evangelie wat God neergelê het vir die vervulling van Sy regverdigheid wat die mensdom gered het. Jesus was in die mees billike manier gedoop om vir die wêreld se sonde te versoen. Wat beteken die woorde “alle geregtigheid te vervul”? Dit beteken God het die sonde van die wêreld weg gewas in die mees billike weg. Jesus was gedoop om die sonde van die mensdom wegteneem. Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof” (Romeine 1:17). Die geregtigheid van God was geopenbaar in Sy besluit om Sy eniggebore Seun naamlik Jesus na hierdie wêreld te stuur om die mensdom se sonde wegtewas met Sy doop deur Johannes die Doper en Sy dood aan die Kruis. Die geregtigheid van God in die Nuwe Testament was uitgedruk deur die doop van Jesus en Sy bloed. Ons het regverdig geword omdat Jesus die mensdom se sonde ongeveer twee duisend jaar gelede in die Jordaan rivier weggeneem. Wanneer ons God se verlossing in ons Harte aanvaar, word die regverdigheid van God vervul. Maar Jesus het geantwoord en vir hom gesê: Laat dit nou toe, want so pas dit ons om alle geregtigheid te vervul. Daarna het hy Hom toegelaat. En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos ’n duif neerdaal op Hom kom. En daar kom ’n stem uit die hemel wat se: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ’n welbehae het” (Mattheüs 3:15-17). Hierdie vers openbaar waar God Homself oor die feit getuig het dat die doop van Sy Seun het alle geregtigheid vir die verlossing vervul. Hy het vir ons duidelik vertel, “Hierdie Jesus wie deur Johannes die doper gedoop was is waarlik My Seun.” God het hier getuig; Sy Seun was gedoop vir die versoening vir die mensdom se sondes. Hy het dit in hierdie manier gedoen sodat die heilige werke van Sy Seun Jesus nie te vergeefs wees nie. Jesus is die Seun van God asook die Heiland Verlosser vir sondaars van die wêreld. God het gesê “Dit is my geliefde Seun in wie Ek ’n welbehae het.” Die waarheid is, Jesus het die wil van die Vader gehoorsaam en die wêreld se sonde weggeneem deur Sy doop. Die woord doop beteken; “Om skoontewas, te verplaas, om te begrawe te word.” Omdat al ons sonde op Jesus verplaas was wanneer Hy in die Jordaan gedoop was; al wat ons moet nou doen om gered te word van die sonde van die wêreld is om in hierdie evangelie te glo. Die vervulling van al die profetiese uitsprekings van verlossing in die Ou Testament was deur die doop van Jesus in die Nuwe Testament volbring. Daarvoor, die profetiese uitspreking in die Ou Testament het finaal hul verbintenis in die Nuwe Testament gevind. Net soos die volk van Israel in die Ou Testament een maal elke jaar versoening vir hulle sondes ontvang het; in die Nuwe Testament was die sonde van die wêreld op Jesus verplaas was, en wie dit nou vir ewig uitgewis het. Levitikus 16:29 is die teëbeeld van Mattheüs 3:15. Toe Jesus gedoop was het Hy al die wêreld se sondes op Homself geneem. Danksy vir Sy doop; almal wie nou in Sy ewige vergifnis van sonde glo is gered; die sonde op die tafels van hul harte was dus uitgewis. As u nie in u hart die waarheid van die doop van Jesus en Sy dood aan die Kruis herken nie, sal u nooit van u sondes reinig gemaak word al hoe godsdienstig ’n lewe probeer u uiteleef. Dit is alleenlik deur die doop van Jesus waar die woord van God vervul word, en daarin word ons sondes uitgevee. Ware verlossing word volbring deur die verlossing van al ons sondes, met ander woorde, deur die doop van Jesus. Die vraag is wat sal u omtrent dit doen? Sal u met geloof in hierdie verlossing glo en diep binne u hart in bere? Of sal u dit verwerp? Hierdie is nie die woorde van vleeslike mens nie, maar van God Homself. Jesus het aan die Kruis gesterwe omdat Hy voorheen al ons sonde deur Sy doop weggeneem. Is u dit eens dat die kruisiging van Jesus was gevolg van Sy doop? Dit word in Romeine 8:3-4 geskrywe, “Want God het – wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees – deur sy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees, sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.” Omdat die mens nie die wet en die gebooie van God kon onderhou nie weens die swakheid van sy vlees, het Jesus al sy sonde van sy vlees op Homself geneem. Hierdie is die waarheid van die doop van Jesus. Die doop van Jesus was die voorbeskikking van Sy dood aan die Kruis. Hierdie is die wysheid van die oorspronklike evangelie van God. Sou u deur onkunde slegs in die dood van Jesus aan die Kruis tot dusvêr geglo het, moet u nou omkeer en met u hart die Here se verlossing deur die doop van Jesus volkome aanneem. Slegs wanneer u dit gedoen het, sal u waarlik ʼn kind van God word. 
 

DIE OORSPRONKLIKE EVANGELIE
 
Wat is die oorspronklike evangelie? 
Die evangelie van die water en die Gees
 
Die oorspronklike evangelie is; die evangelie van versoening van sonde. Hierdie is die evangelie van die doop van Jesus, Sy dood en opwekking wat God aan ons geopenbaar het. Jesus Christus het een maal ons sondes weggeneem deur om in die Jordaan rivier gedoop te word en deur dit verlossing aan almal wie in hierdie waarheid sal glo. Weens ons geloof, was ons toekomstige sonde in hierdie manier ook weggeneem. Van nou af, iedereen wie in die doop van Jesus en Sy bloed aan die Kruis glo is verewig van die sonde van die wêreld vergewe. Glo u dit? Sou u antwoorde “Ja ek glo” wees, dan sal u regverdig word. Laat ons nou ʼn opsomming doen wat na die doop van Jesus gebeur het. Dit word in Johannes 1:29 geskrywe “Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!” Johannes die Doper het hier oor Jesus getuig waar Hy (Jesus) die Lam van God is wie al die wêreld se sondes weggeneem het. Wanneer Jesus in die Jordaan gedoop was; was al die wêreld se sondes op Jesus verplaas. En omdat hy Johannes die Doper self Jesus gedoop het, kon hy só getuig, “Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!” Jesus was gedoop en deur dít die wêreld se sondes weggeneem, en hierdie is die evangelie van die wedergeboorte. 
 
                                                           023d3b13-2228-4508-8854-a1d66bb2d633
 
“Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!” (Johannes 1:29). Jesus het die wêreld se sonde weggeneem deur Sy doop. Die sonde wat u vanaf u geboorte tot u tiende verjaarsdag gepleeg het is in die sonde van die wêreld ingesluit. Glo u dat daardie sonde op Jesus verplaas was? ―Ja.― Wat van die oortredinge vanaf die jare 11 tot 20 wat u gepleeg het? Glo u hierdie sonde was ook op Jesus verplaas? ―Ja.― Sal die sonde wat u in die toekoms pleeg tussen die sonde van die wêreld wees? ―Ja, hulle is ook ingesluit. ― Was hulle nie almal op Jesus verplaas? ―Ja, hulle was. ― Glo u al u sonde was op Jesus verplaas? ―Ja.― Glo u die sonde van die wêreld was op Jesus verplaas deur Sy doop? ―Ja, beslis. ― Wil u graag van die sonde van die wêreld gered word? As u antwoord Ja is, glo dan in die evangelie van Jesus en Sy bloed aan die Kruis. Wanneer u waarlik in dit glo sal u gered word. Glo u dit? Hierdie is die ware verlossing van die wedergeboorte. Die doop van Jesus en Sy bloed is die oorspronklike evangelie van die wedergeboorte. Dit is die seëning van God vir die wêreld se sondaars. Om te glo in die verlossing van die wedergeboorte deur die doop van Jesus en Sy bloed aan die Kruis, en optekyk na Sy Groot liefde, is om ware geloof te besit en waarlik wedergebore te word. Die merk van die wedergeboorte is die water en die bloed van Jesus. U moet dus alleenlik in die woorde van waarheid wat in die Bybel geskrywe is glo. 
 
 
GODSDIENS EN GELOOF
 
Watter getuienis het die wedergeboorte in hul harte?
Dat Jesus al hul sonde uitgewis het deur Sy doop en bloed
 
Godsdiens is nie slegs in Jesus te glo ooreenstemming met eie denkvermoëns nie, en die suiwer woord van God te verwerp. Maar verlossing van sonde is geskei van eie denkvermoëns. Geloof is om in al die woorde van die Ou en die Nuwe Testament te glo en eie denkvermoëns te ontken. Dit is om dit presies so te aanvaar soos dit in die Bybel geskrywe is, en u verlossing deur die water en die bloed te glo en aanvaar, naamlik die doop van Jesus en Sy dood aan die Kruis. U kan alleenlik gered word om die wysheid van die oorspronklike evangelie in u hart aanteneem met geloof. U moet onthou, sonder die doop van Jesus is daar geen verplasing van sonde nie; en sonder die vergieting van bloed is daar geen verlossing van sonde nie. Al ons sonde was op Jesus verplaas voordat Hy aan die Kruis gekruisig was en daar het Hy Sy kosbare bloed vir ons vergiet. Wanneer ons in die doop van Jesus en Sy bloed aan die Kruis van die wedergeboorte deur hierdie evangelie glo, sal ons bevry bespreek word van die sonde van die wêreld. Ware geloof is te glo dat Jesus Christus ons volkome van sonde gereinig het wanneer Hy gedoop was; dit is te glo dat Hy die veroordeling vir ons sonde aan die Kruis in ons plek geneem het. Ons moet nou in die regverdige verlossing van God glo. God het die mens so lief gehad dat Hy ons volkome gered het deur die doop van Jesus en Sy bloed aan die Kruis. Wanneer ons in hierdie evangelie glo is ons van ons sonde volkome gered, vry bespreek van die veroordeling en regverdig voor God gemaak. “Here, Ek glo. Ek is onwaardig van U verlossing maar ek glo in die evangelie van die doop van Jesus, Sy gekruisiging en opwekking.” Ons moet dus die Here bedank vir die seëning van die evangelie van die wedergeboorte. Ware geloof is om in die oorspronklike evangelie van die wedergeboorte glo. Die waarheid van die wedergeboorte is; “Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God” (Romeine 10:17). “En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak” (Johannes 8:32). Ons moet die waarheid presies weet en in die water, die bloed en die Gees glo wat getuienis na dit toedra (1 Johannes 5:5-8). “En die waarheid sal julle vrymaak.” Hierdie is Jesus se woorde omtrent die water en die bloed. Is u vrygemaak? Is u die godsdienstiges of die getroue gelowiges? Jesus wil alleenlik diegene wie geloof in Sy evangelie van die wedergeboorte van water en die Gees hê. As u in die evangelie van die wedergeboorte van Jesus en Sy bloed glo, het u geen sonde in u hart nie. Maar as u in Jesus as ʼn eenvoudige godsdiens glo is u nog ingedompel in sondes omdat u nie die volmaakte geloof wat in die verlossing van Jesus besit nie. Godsdienstelike mense probeer om verlossing van hul sonde te ontvang elke keer wanneer hulle belydenis gebede doen. Dus, kan hulle nooit volkome van hulle sondes gered word nie. Selfs sou hulle deurgaans hulle lewens berouvolle belydenis gebede doen, sou dit nooit die volkome verlossing van sonde wat deur die doop van Jesus en Sy dood aan die Kruis volbring word nie. Laat ons nou gered word om in die evangelie van Jesus te glo wat al die sondes van die wêreld weg gewas het, selfs toekomstige sondes. Ek maan julle om elke dag berouvolle belydenis gebede (vir sonde) te doen sal julle nooit die evangelie van die wedergeboorte vervang nie. Christene alom die wêreld moet nou in die verlossing van sonde deur die evangelie van die wedergeboorte glo. Ons sal nooit van ons berouvolle belydenis gebede tot inkeer kom nie. Valse belydenis gebede kan nie ons na God lei nie, maar vertroos net die siel. Valse berouvolle belydenis gebede is ʼn eensydige belydenis gebed wat nie in staat is om die wil van God in ag te neem nie. Hierdie tiepe gebede is nie wat God van ons verwag nie. Wat is ware berouvolle belydenisse? Dit is om terug te keer na God toe. Om terug te keer na die woord van die verlossing van Jesus, en in dit te glo presies soos dit geskrywe is. Die evangelie wat ons red is die evangelie van die doop van Jesus, Sy kruisiging en Sy opwekking. Wanneer ons volkome in hierdie evangelie glo is ons gered en die ewige lewe beërwe. Hierdie is die wysheid van die evangelie van die wedergeboorte; dit is om in die doop van Jesus en Sy bloed en die evangelie van die koninkryk van God te glo, wat toelaat vir ons om waarlik wedergebore te word. Wanneer Jesus ons in die Bybel vertel om gebore te word van water en die Gees, was Sy bedoelings duidelik; om wedergebore word en om te glo in Sy doop en bloed aan die Kruis. Eers dan sal saam met Hom in die koninkryk van God verleen word. Ons moet in al Sy woorde glo. Die twee dinge wat getuienis lewer na die verlossing van ons sonde is; die doop van Jesus en Sy bloed aan die Kruis, hierdie is die woorde wat die wedergeboorte toelaat. Begryp u al Sy woorde van verlossing en glo u in die evangelie van die wedergeboorte, asook die verlossing van sonde? Geloof in die doop van Jesus en Sy bloed aan die Kruis red ons van die sonde van die wêreld. Ons kan slegs wedergebore word met hierdie geloof. Sedert die Bybel vir ons duidelik vertel het waar Jesus die wêreld se sondes weg gewas het, hoekom glo u dit nie en word dus waarlik wedergebore? Diegene wie in hierdie twee dinge glo wat getuienis lewer na ons wedergeboorte, naamlik die doop van Jesus en Sy kruisiging is die ware wedergebore kinders van God. En hy wie in die Seun van God glo het hierdie getuienis in homself (1 Johannes 5:3-10). Wanneer u in Jesus glo is dit heel verkeerd om die evangelie van die water, die bloed en die Gees weglaat. Net soos leërowerste Naäman wie homself in die Jordaan sewe maal ingedompel het om van sy melaatsheid genees te word (2 Konings hoofstuk 5), moet ons dus in Jesus glo wie al ons sondes een maal in die Jordaan weg gewas het en as gevolg het ons die ewige lewe beërwe. Omdat Jesus ons lief het kan ons van die sonde van die wêreld volkome gered word en die ewige lewe beërwe, om in die evangelie van die verlossing van sonde te glo. Laat ons almal nou in die evangelie van die wedergeboorte glo om Godse verlossing te ontvang.