(Exodus 12:43-49)“Vêrder het die Here aan Moses en Aaron gesê: Dit is die insetting van die Pasga: Géén uitlander mag daarvan eet nie. Maar elke slaaf wat ’n man met geld gekoop het, dié moet hy besny; dan kan hy daarvan eet. Geen vreemde inwoner of huurling mag daarvan eet nie. In een huis moet dit geëet word; jy mag niks van die vlees uit die huis buitentoe bring nie; en julle mag geen been daarvan breek nie. Die hele vergadering van Israel moet dit hou. En as ’n vreemdeling by jou vertoef en tot eer van die Here die Pasga wil vier, moet by hom almal wat manlik is, besny word; en dan mag hy nader kom om dit te vier, en hy sal soos ’n kind van die land wees. Maar géén onbesnedene mag daarvan eet nie. Een wet moet geld vir die kind van die land en vir die vreemdeling wat onder julle vertoef”
Wat was die onmisbare omstandighede vir die Israelite in die Ou Testament om kinders van God te word?
Hulle was verplig om besny te word.
Die woorde van God in beide die Ou en die Nuwe Testament is belangrik en kosbaar vir dié van ons wie in God glo. Ons mag nie agterlosig raak oor enige sinsdele nie omdat die woorde van God die woorde van die lewe is. Vandag se Bybel se vers vertel ons as enige persoon die Pasga fees wou bywoon was hy verplig om besny te word. Ons moet oor hierdie dinge dink en die rede uitvind hoekom God ons oor hierdie belangrike dinge in detail vertel het. Tensy ’n persoon nie besny was nie, kon hy nie die Pasga vier nie. As ons graag in Jesus wil glo behoort ons Godse doel verstaan hoekom Hy vir ons hierdie edik gegee het. Besnydenis is die afsny van ’n man se voorhuid. Hoekom het God vir Abraham en sy afstammeling vertel om besny te word? Die rede was vir hulle duidelik; Hy het hulle belowe waar slegs diegene wie hul sonde “afgesny” het sou Sy volk word. Dit is die hoof rede hoekom God in die Ou Testament vir die volk van Israel gemaan om besny te word. Om die volk van God te word was die volk verplig om besny te word. Dit was Sy gebod; die basis van heiligheid, en Hy het dus God aan diegene geword wie hulle sonde met geloof afgesny het deur die besnydenis. Net so in die Nuwe Testament, word Hy die God aan diegene wie hul sonde afgesny het met geloof.
DIE PASGA
Wat is die Pasga?
Dit is ’n gedenkensdag vir die Israelite waar hulle herinner word en God bedank vir die Exodus uit Egipte.
Die mees belangrike vakansie vir die volk van Israel was die Pasga. Dit was ’n gedenkensdag om hulle te herinner oor die Exodus uittog uit Egipte, en vir God te bedank. Die Israeliete het as slawe vir omtrent 400 jaar daar gebly. God het 10 Groot plae op Egipte gebring weens Pharo se onwrikbare harde hart. Dus het Hy die volk van Israel uit Egipte gelei na die land van Kanaän. Die volk van Israel was ook van die laaste plaag gered, naamlik die dood van die eerste gebore kind van elke familie deur die bloed van die offerlam, en hulle ook was besny. Met dié het God hulle gemaan om die Pasga te hou as ’n ewige insetting en as ’n herinnering van Sy Groot genade.
WAT WAS DIE ISRAELITE VERPLIG OM TE DOEN VOORDAT DIE PASGA GEHOU KON WORD?
Wat was die Israelite verplig om te doen voordat die Pasga gehou kon word?
Hulle was verplig om besny te word.
Ons behoort nou goed te verstaan, om die geestelike Pasga te vier word ons verplig voor God om van die hart besny te word naamlik die sonde. Selfs die volk van Israel was verplig om besny te word wanneer hulle die Pasga gevier het. Dit is in Exodus 12:43-49 geskrywe. “Vêrder het die Here aan Moses en Aaron gesê: Dit is die insetting van die Pasga: Géén uitlander mag daarvan eet nie. Maar elke slaaf wat ’n man met geld gekoop het, dié moet hy besny; dan kan hy daarvan eet. Geen vreemde inwoner of huurling mag daarvan eet nie. In een huis moet dit geëet word; jy mag niks van die vlees uit die huis buitentoe bring nie; en julle mag geen been daarvan breek nie. Die hele vergadering van Israel moet dit hou. En as ’n vreemdeling by jou vertoef en tot eer van die Here die Pasga wil vier, moet by hom almal wat manlik is, besny word; en dan mag hy nader kom om dit te vier, en hy sal soos ’n kind van die land wees. Maar géén onbesnedene mag daarvan eet nie. Een wet moet geld vir die kind van die land en vir die vreemdeling wat onder julle vertoef” Dus sien ons hier waar God vir die Israeliete vertel om die Pasga te hou eers nadat hulle besny was. Wie van die volk was toegelaat om die Pasga Lam te eet en ook die Pasga te vier? Alleenlik diegene wie besny was. Die Pasga Lam soos ons behoort nou te weet, is Jesus Christus wie die wêreldse sondes weggeneem het. Dan, wat is die ‘besnydenis’ in die Ou Testament en in die Nuwe Testament? Besnyding beteken die afsny van ’n mans se voorhuid. Jesus Christus was ook op die egste dag nadat Hy gebore was besny. God het gelas; almal wie in die ritueel van die Pasga deelneem moes besny word, en dit baie duidelik gestel dat enige iemand wie nie besny was nie, kon nie in die Pasga fees deelneem nie. Daarvoor was almal verplig om besny te word net soos God gelas het. As u in Jesus graag wil glo, is dit belangrik om die ‘besnyding’ in die Nuwe Testament behoorlik te verstaan.
WAT WAS DIE RITUEEL VAN DIE BESNYDING WAT GOD AAN ABRAHAM BEVEL HET OM TE DOEN?
Hoe kon Abraham en sy afstammeling kinders van God word?
Om besny te word
In Genesis het die woord van die Here tot Abraham gekom in ’n gesig en het Hy ’n verbond met hom en sy nageslag gemaak. In hoofstuk 15 het God ’n belofte aan Abraham en sy nageslag gemaak waar Hy sy nageslag sal vermeerder soos die sterre in die hemel, asook die land van Kanaän aan hom en sy nageslag gee as hulle erfenis. En in hoofstuk 17 het God vir Abraham vertel; sou hy en sy nageslag besny word, sou Hy hul God en Sy volk word. Dit was Godse verbond met Abraham en sy nageslag. God het aan hulle belowe; wanneer hulle in Sy verbond geglo het en dus besny word, sou dit beteken dat hulle werklik Sy volk geword het, naamlik Hy sou hulle God geword het. Genesis 17:7-8 sê, “En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as ’n ewige verbond, om vir jou ’n God te wees en vir jou nageslag ná jou. En Ek sal aan jou en jou nageslag na jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as ’n ewige besitting; en Ek sal vir hulle ’n God wees.” Die besnydenis was ’n kenmerk van Godse verbond met Abraham en sy nageslag.
WAT IS DIE GEESTELIKE BESNYDENIS?
Wat is die geestelike besnydenis?
Om die sonde in ons Harte te besny by om in die doop van Jesus te glo.
Weens Abraham se onwrikbare geloof in die woord van God, het God hom regverdig en Sy kind gemaak. Die besnyding was die kenmerk van die verbond tussen God en Abraham. “Dit is my verbond wat julle moet hou tussen My en julle en jou nageslag ná jou: Al wat manlik onder julle is, moet besny word” (Genesis 17:10). Besnyding beteken die afsny van die voorhuid. Dit beteken ook; die verplasing van al ons sondes op Jesus deur geloof in Sy doop. Ons is geestelik besny wanneer ons; ons sondes met geloof afsny en in die verlossing van Jesus se doop te glo. Besnyding in die Nuwe Testament beteken; om al ons sondes afgesny deur die doop van Jesus. Daarvoor besnydenis in die Ou Testament is gelyke aan die doop van Jesus in die Nuwe Testament, en al twee is verbonde van God wat ons Sy mense maak. Daarvoor besnydenis in die Ou Testament en die doop van Jesus in die Nuwe Testament is dieselfde. Net soos die afstammeling van Abraham Godse volk geword het wanneer hulle hul voorhuid besny het, word ons die kinders van God wanneer ons , ons sondes van ons harte besny. Ons doen dit deur om te glo dat die mensdom se sondes was uitgewis wanneer Jesus deur Johannes die Doper Hom in die Jordaan gedoop het. Die doop van Jesus maak alle sondaars regverdig deur die besnyding van hulle sondes. Net soos ’n stukkie vel wat verwyder word in die besnyding proses, net so was mensdom se sonde van hul Harte afgesny wanneer Jesus deur Johannes die Doper Hom in die Jordaan rivier gedoop het. Diegene wie hartlik in dit glo sal in staat wees om geestelik besny te word en die mense van God word – die regverdiges.
DIE VALSE GELOWE WAT DIE MENSDOM SE BESNYDENIS VAN GOD VEROORSAAK
Wat was die veroorsaak vir die Israelites se afskei van God af?
Ongebesnydenis
God het vir Abraham gelas dat as hy enige ongebesnyde man in sy volk bevind, behoort sulke persoon van sy volk afgesny te word. Dus, wat is besnyding? En wat is geestelike besnyding? As besnyding van die vlees die afsny van ’n bietjie vel vanaf die voorhuid van ’n man is, is geestelike besnyding die afsny van die sonde vanaf ons Harte, en dit op Jesus te verplaas deur Sy doop. Die doop van Jesus is die geestelike besnyding van die mensdom se voorhuid, waar die sonde van die wêreld afgesny was en dit op Jesus verplaas was. Die rede hoekom Johannes die Doper vir Jesus in die Jordaan gedoop het, was om die mensdom te red deur die geestelike besnyding waar al ons sondes afgesny was. Al die sonde van die mens was op Jesus verplaas. God wie die God van Abraham geword het, asook die God van Isak, die God van Jakob en die God van al hulle nageslagte, het ’n verbond met Abraham en sy nageslagte gemaak en hulle gelas om hulle te besny. Dus het God die Saligmaker aan diegene geword wie hul sonde afgesny het deur die geestelike besnyding. Wat is die ‘besnyding’ wat sonde afsny? Dit is die verbond tussen God en Abraham en al diegene wie waarlik wedergebore geword het deur om in die doop van Jesus en Sy doop aan die Kruis te glo as hulle verlossing. In hierdie manier het Hy aan ons die reg gegee om Sy mense te word. Dus het Hy die God vir diegene wie besny geword het. God het Abraham vertel dat. “’n Seuntjie van agt dae dan moet onder julle besny word, al wat manlik is in julle geslagte. Die wat in jou huis gebore is, en die wat van enige vreemdeling met geld gekoop is, wat nie van jou geslag is nie – die wat in jou huis gebore en wat met jou geld gekoop is, moet sekerlik besny word. So moet dan my verbond in julle wees as ’n ewige verbond. En wat manlik is en die voorhuid het, wat nie aan die vlees van sy voorhuid besny is nie – siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word: hy het my verbond verbreek.” (Genesis 17:12-14). Enige iemand wie in Jesus glo sonder geestelike besnyding sal verseker vanaf sy mense uitgeroei word. Geestelike besnyding is die doop van Jesus in die Nuwe Testament, waar die mensdom se sondes op Jesus verplaas was. Enige iemand wie in Jesus glo behoort ook in die besnyding van die Ou Testament asook die doop van Jesus in die Nuwe Testament te glo, sodat hy die Gees mag ontvang; en dus van sy sonde gered word, asook Godse kind te word. Ons wie in Jesus glo, dra kennis dat die besnyding in die Ou Testament en die doop van Jesus in die Nuwe Testament het dieselfde betekenis Sou ons versuim om die ware betekenis van die besnyding behoorlik te verstaan, of weier om in u hart die verlossing deur die geestelike besnyding te glo, wat toelaat vir die wedergeboorte, sal ons geloof nutteloos wees. Ons mag glo dat ons getrou aan God is, maar dit sal wees soos iemand wat hul huis van geloof op sand gebou het. God vertel almal wie in Hom wil glo om besny te word, en om in die verlossing deur die doop van Jesus, naamlik die geestelike besnydenis in te glo. Sonder besnyding is dit onmoontlik om kinders van God te word. Sonder besnyding sal ons uitgeroei word vanaf die geledere van Sy mense. Daarvoor het God gelas waar enige iemand, hetsy ’n slaaf wat gekoop is met geld of ’n vreemdeling moet besny word voordat hy deelgeneem het in die Pasga fees. Selfs die inboorlinge van Israel was van Sy volk uitgeroei sou hulle nie besny was nie. Die verbond van God met die volk van Israel word ook toegepas met almal wie in Jesus glo. Exodus hoofstuk 12 verwys na die volk van Israel wie besny geword het voordat hulle vleis van die Pasga saam met die bitter kruie geëet het. Die reg om die vlies van die Pasga te eet was alleenlik aan diegene gegee wie besny was. Dit is belangrik vir ons om te weet wanneer die volk van Israel die vlies van die Pasga geëet het en bloed van die lam aan die deurposte en aan die bo-drumpel van hulle huise gestryk het, was hulle alreeds besny. Deur die ordinansie van God; sou ’n persoon geweier het om besny te word, moes hy van sy mense afgesny en uitgeroei word en ook die reg verloor het om een van Godse kinders te word. Hierdie gebeurtenis beteken die sonde van ongeloof in die geestelike besnyding lei ’n mens na sy ondergang. Alleenlik diegene wie geestelik besny was deur die doop van Jesus kan gered word. “Waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red..” (1 Petrus 3:21). Glo u werklik al jou sonde was op Jesus verplaas wanneer Hy in die Jordaan gedoop was? Wanneer u hierdie regverdige dade van Jesus behoorlik verstaan en in die waarheid glo; naamlik die doop van Jesus en Sy bloed, sal u besef dat u waarlik geestelik besny was en ook ’n regverdige persoon voor God geword het. U sal ook die kennis dra omtrent die geestelike waarheid waar die bloed van Jesus aan die Kruis sou van geen nut gewees het sonder Sy doop. Sou u slegs in die Kruis van Jesus glo sonder om geestelik besny geword het deur geloof in die doop van Jesus, sal u bevind dat u afgesny is van Godse genade. Die rede van hierdie tragiese situasie sal wees dat u nog sonde in u hart het. Ons behoort hartlik te glo in die waarheid dat Godse redding het begin met die doop van Jesus Christus en was volbring met Sy bloed aan die Kruis. Om dit te doen moet ons die woorde van waarheid; die doop van Jesus en Sy bloed, in ons harte neem as ons verlossing. Met hierdie geloof kan ons van die krag van die duisternis verlos word en die kinders van die lig word. Hierdie geloof skei diegene geestelik wie waarlik wedergebore geword het vanaf die geledere van gewone en nominale gelowiges. Onse Here Jesus se wil is dat ons in Hom moet voortbestaan. Hy het alreeds die wêreld se sonde weggeneem deur Sy doop en met Sy bloed. Daarvoor om gekenmerk as Godse volk te word is dit noodsaaklik om in die doop van Jesus te glo. Sou ons versuim om dit te doen, dan sal ons verseker van Hom geskei word. Die verlossing van die redding is nie anders nie as die doop van Jesus in die Nuwe Testament en die besnyding in die Ou Testament. Verlossing word volbring alleenlik wanneer ons in bede die doop van Jesus (die geestelike besnyding) en Sy bloed aan die Kruis glo (die bloed van die Pasga Lam). Die besnyding van die vlees in die Ou Testament is bymekaar gekoppel met die doop van Jesus Christus in die Nuwe Testament. Jesaja 34:16 vertel ons, al die woorde in die Bybel het hulle maat. “Soek in die boek van die Here en lees! Nie een van hierdie wesens ontbreek nie, die een mis die ander nie; want my mond – dié het dit beveel, en sy Gees – dié het hulle bymekaargebring.” Elke woord in die Ou Testament is bymekaar gekoppel met die Nuwe Testament. Geen een woord van God mis die ander nie.
WAT GEBEUR MET DIE DWASE WIE VERKEERD IN HOM GLO?
Wie sal in die hel verwerp word tussen al die wêreldse gelowiges?
Diegene wie nie in die geestelike besnydenis glo nie
Deesdae is die meerderheid van Christen se geloof slegs in die bloed van die Pasga Lam. Hulle vra, “Wat bedoel jy, ‘besnydenis’, dit het niks met my te doen nie? Dit was slegs vir die Jode in die tydperk van die Ou Testament bedoel. Ons moet seker nie ons voorhuid afsny in die Nuwe Testament se tyd nie?” Natuurlik is dit fisies waar. Dit was nie my bedoeling dat ons moet nou fisies besny word. Apostel Paulus het die geestelike besnydenis baie duidelik en sorgvuldige uiteengesit sodat ons dit kon verstaan; net so is dit die besnydenis van die hart waarna ek verwys het. U moet sorgvuldig luister ek het nie verwys na ’n fisiese besnyding nie. Die besnyding van die vlees is van geen belang nie; om vir Jesus aangeneem as ons Saligmaker moet ons geestelik besny word deur geloof in Sy doop om gered te word van al ons sondes. As iemand waarlik wedergebore wil word, moet hy geestelik besny word. Enige iemand wie in Jesus graag wil glo is verplig om besny te word. Dit is die enigste manier om ons sondes afgesny, en die enigste manier om regverdig te word. Slegs nadat ons geestelik besny was is ons sonder enige sonde. Daarvoor is dit belangrik om die geestelike besnydenis in ons harte te aanvaar deur om in die doop van Jesus te glo. Apostel Paulus het ook in die belangrikheid van die geestelike besnydenis geglo. Hy het gesê, “Besnydenis is die van dié van die hart” (Romeine 2:29). Elke een van ons moet geestelik besny word om bevry te wees van sonde. Was u sonde werklik op Jesus verplaas nadat dit vanaf u besny was? Selfs in die Nuwe Testament, diegene wie in Jesus geglo was verplig om van die hart besny te word deur om in die doop van Jesus te glo. Apostel Paulus het hieroor in sy Briewe gepraat waar hy dit baie duidelik gemaak. God het die mensdom van die sonde van die wêreld gered en hulle Sy mense gemaak. Die volk van Israel het Godse kinders geword wanneer hulle hul voorhuid besny het, net so word ons Sy kinders wanneer ons al ons sondes op Jesus verplaas deur geloof in Sy doop. God aanvaar ons as Sy mense wanneer Hy ons geloof gewaar in die doop van Jesus en Sy bloed aan die Kruis. Hierdie geloof het die uitwerking van geestelike besnydenis en lei ons na ons verlossing.
DIE VERLOSSING VAN SONDAARS DEUR DIE DOOP VAN JESUS EN SY BLOED
Hoe was verlossing volbring?
Deur Sy doop en dood aan die Kruis
Die verlossing van Jesus Christus wat volbring was deur die water van Sy doop en Sy bloed aan die Kruis is uitsluitlik vir sondaars. Die bloed van die Lam was die veroordeling; en die doop van Jesus was die geestelike besnydenis waarby al ons sondes op Hom verplaas het. Vandag se Christen kerke moet versigtig wees om nie hierdie geestelike besnydenis in minagting te neem. Selfs sou besnydenis in die Ou Testament vandag in minagting geneem word; die doop van Jesus moet nooit ignoreer word nie. Ek het julle vertel, al julle sondes was deur die doop van Jesus weggeneem, en die doop van Jesus het julle gered van al julle sondes. Glo u dit? Sou u die doop van Jesus ignoreer sal u nooit die evangelie weet oor die wedergeboorte nie, naamlik die evangelie van volkome redding deur die doop van Jesus. Hoe kan ons die doop van Jesus ignoreer, wat die geestelike besnydenis is wat God aan ons vertel het? As ons die Bybel sorgvuldig lees, sal ons sien die besnydenis en die bloed van die Pasga lam is naby verband. Hierdie is die geheim van geestelike besnydenis, naamlik die doop van Jesus. Die evangelie wat Johannes oor gepreek het was nie anders as die evangelie van die doop van Jesus en Sy bloed aan die Kruis. Hy het in 1 Johannes 5:6 duidelik gesê, “Dit is Hy wat deur water en bloed gekom het, Jesus die Christus; nie deur die water alleen nie, maar deur die water en die bloed.” Hy het hier gesê, Jesus het deur die water, die bloed en die Gees gekom. Nie deur water alleen nie, en nie alleen deur bloed nie, maar gelyktydig deur die water, die bloed en die Gees. Hierdie drie, naamlik die doop van Jesus, die bloed van Jesus aan die Kruis en Sy opwekking van die dood is een, en die bewyse van ons verlossing.
HOEKOM PRAAT DIE BYBEL OOR DIE DOOP VAN JESUS EN SY BLOED?
Was die volk van Israel gered slegs deur die bloed van die Pasga Lam?
Nee. Hulle was alreeds besny voordat hulle die Pasga gevier het.
Die doop van Jesus en Sy bloed is die poort of wat toelaat vir die wedergeboorte van die water en die Gees. Exodus hoofstuk 12 vertel die gebeurtenis waar God aan die volk gesê het; naamlik om ’n lam te neem en dit te slag en van sy bloed te neem en dit aan die twee deurposte en aan die bo-drumpel te stryk, aan die huise waarin hulle gebly het. En Hy sal in die nag deur Egipte land trek, en wanneer Hy die bloed sien sal Hy by hulle verbygaan. As ons dit weet, hoe is dit moontlik om van al ons sondes gered te word deur om slegs in die bloed van die Pasga lam te glo? Dus, hoekom word die doop van Jesus so baie oor gepraat in die Nuwe Testament? Die apostels het duidelik gesê Bv. “Begrawe is in die doop” (Kolosensse 2:12). “Want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee” (Galasiërs 3:27). “ . . . die doop ons nou ook red” (1 Petrus 3:21). Die apostels Petrus en Paulus en die ander dissipels van Jesus Christus het baie oor die doop van Jesus gepraat omdat dit belangrik was. Dit is die doop van Jesus in die Jordaan rivier waarna ons verwys het, en dit is geloof in die doop van Jesus en Sy bloed aan die Kruis wat die goddelike waarheid is om wedergebore te word, naamlik deur die water en die Gees. Om u die waarheid te sê ek in Jesus geglo, maar vir 10 jaar slegs in Sy bloed geglo en nie eers die doop van Jesus erken nie Maar weet u, hierdie kennis het nie die sonde van my hart weggeneem nie. Ek het in Jesus met my hele hart geglo, maar my hart was nog vol sonde. Na 10 jaar het ek die betekenis van die geestelike besnydenis ontdek (die doop van Jesus), en eers na dit was ek waarlik wedergebore. Eers dan het ek die waarheid herken: Besnydenis in die Ou Testament simboliseer die doop van Jesus in die Nuwe Testament. Ek glo dit nou, en glo dit nog steeds. Nadat ek wedergebore geword het, het ek oor die volgende vrae geworstel: “In die Nuwe Testament is dit die ware geloof om in beide die bloed van Jesus en Sy doop te glo? Is my geloof korrek in ooreenstemming met die Bybel?” Alhoewel ek in die boodskap van die doop van Jesus en Sy bloed geglo het, het ek nog vrae gehad Bv. “Is dit reg om die waarheid te glo waar al my sondes op Jesus verplaas was wanneer Hy gedoop was, of is dit reg om slegs in Jesus te glo wie ons deur Sy dood aan die Kruis gered het. Is dit nie genoeg om slegs in Jesus as my God en Saligmaker te glo nie?” Ek het oor hierdie vrae oordink terwyl ek Exodus hoofstuk 12 sorgvuldig gelees’ het. Baie mense lees Exodus hoofstuk 12 vandag en dink nie eers twee keer om te verklaar dat Jesus Christus het aan die Kruis gesterwe as hulle Saligmaker nie. Hulle dink dit is korrek om slegs in die bloed van Christus te glo en getuig na die waarheid van hulle eie oortuigings. Hulle mag onwrikbaar glo en sê die Here is Christus en Hy is die Seun van God, maar hulle is nog steeds’ sondaars. Hulle dink omdat as hulle slegs in Jesus Christus as die Saligmaker glo, sal hulle gered word selfs het hulle nog sonde in hul harte. Hierdie tiepe geloof is nie die ware geloof nie. Hierdie geloof is nie in staat om hulle wedergebore te maak nie. Slegs die doop van Jesus en Sy bloed maak ons regverdig. Dus, wat beteken Exodus hoofstuk 12 dan? Ek het in die Bybel gaan kyk en gedink, “Is daar ’n probleem om slegs in die bloed van Jesus te glo terwyl Sy doop heeltemal ignoreer word?” Selfs voordat ek met Exodus klaar gelees’ het, het ek die waarheid ontdek waar die verlossing nie alleenlik in die bloed van Christus was nie, maar ook in Sy doop. Die hele Bybel vanaf die begin tot die einde gee die versekerdheid van die besnydenis deur die doop van Jesus, asook Sy bloed aan die Kruis.
Hoekom is meeste Christene nog sondaars?
Omdat hulle weier om in die doop van Jesus te glo.
Ek het besef toe ek Exodus 12:47-49 gelees waar die antwoord gelê het, dit was as hier in vers 48, waar dit ’n verpligting van God was, waar geeneen toegelaat was om die Pasga vlies te eet as hy nie besny was nie, “Maar géén onbesnedene mag daarvan eet nie.” Daarvoor enige persoon wie nie besny was nie was nie toegelaat om die Pasga vlies te eet nie. Hierin het die antwoord gelê. Net so, wanneer ons Jesus as ons Saligmaker in ons harte aanvaar moet ons eers erken; al ons sondes was op Jesus verplaas deur Sy doop in die Jordaan en dan eers die feit aanvaar dat Jesus Christus het aan die Kruis gesterwe vir hierdie sonde. Wanneer ek besef dat Jesus het aan die Kruis gesterwe om vir ons sondes veroordeel te word, waar Hy dit voorheen weggeneem het deur Sy doop, het ek onmiddellik die betekenis van die geestelike besnydenis begin besef wat ons gered het van al die ongeregtighede van die wêreld. Op daardie oomblik het ek besef my sondes het heeltemal verdwyn, ek was nou eers sondeloos voor God. My hart het wit soos sneeu geword en op daardie wonderbaarlike oomblik saam met die Here het ek Sy evangelie van die water, die bloed en die Gees diep in my hart geneem. Ek het besef dat daar twee dinge is wat ons red, naamlik besnydenis en die bloed van die lam in die Ou Testament; en die verplasing van ons sondes op Hom deur die doop van Jesus en Sy bloed aan die Kruis in die Nuwe Testament. Besnydenis in die Ou Testament en die doop van Jesus in die Nuwe Testament beteken dieselfde ding. Jesus Christus was veroordeel nie omdat Hy enige sonde gepleeg nie, maar omdat Hy die wêreld se sondes weggeneem het deur Sy doop. Diegene wie glo Johannes die Doper as die verteenwoordiger van die mensdom het Jesus in die Jordaan gedoop, en waar hy die wêreld se sondes op Hom verplaas het, en glo ook in beide die doop van Jesus en Sy bloed aan die Kruis sal volkome gered word. Hoekom is daar so baie Christene deesdae wat Sy doop ontken of nie erken nie selfs word dit herhaalbaar in die Bybel beskrywe? Met hierdie doen en late is hulle nog sondaars selfs sou hulle onwrikbaar in Jesus glo. Hulle mag in Jesus glo maar is nog vanaf God geskei. Hulle is treurige sondaars wie sal hel toegaan selfs glo hulle in Jesus. Hoe is dit moontlik dat hulle nog sondaars is as hulle in Jesus glo? Hoekom leef hulle soos sondaars? Hoekom gaan hulle af na hul vernietiging toe? Dit is so treurig. Hulle sal dus sondaars bly omdat hulle versuim of weier het om in die Goddelike feit te glo waar die sonde van die wêreld op Jesus Christus verplaas was, wie die ewige verlossing aan mensdom deur Sy geestelike doop gebring het. Christene in die algemeen het die gedagte en geloof dat hulle gered is omdat hulle slegs in die bloed van Jesus glo, maar hierdie tiepe van geloof sal hulle nooit volmaak of aanvaarbaar vir God wees nie. Hoekom? Omdat hulle versuim het om hulle sondes op Jesus te verplaas! Ons kan slegs gered word om in die water (Christus se doop) en Sy bloed in die manier wat God gelas het te glo, naamlik die verlossing van geestelike besnydenis. Dan en eers dan kan ons kinders van God word. Daar is geen ander pad nie. Ons moet ons selfde hierdie vraag vra. “As ons slegs in die bloed van Jesus glo as dié geestelike besnydenis, sal dit genoeg wees om ons sondes volkome vanaf ons harte skoongewas?” Ons moet diep in ons harte en eerlik voor God wees om hierdie antwoord te kry. In die Ou Testament was die volk gered deur die besnydenis en die bloed van die Pasga lam, net so het ons, ons verlossing ontvang deur die doop van Jesus en Sy bloed aan die Kruis. In hierdie selfde manier was ons van Godse veroordeling en van hierdie sondige wêreld gered. Diegene wie glo word die kinders van God gemaak en God word hulle Vader. ’n Mens word gered en word Godse eie spesiale kinders omdat hulle in twee dinge hartlik glo: besnydenis en die bloed van die Pasga lam, naamlik die doop van Jesus en Sy bloed. Hierdie is die ware woorde van Jesus. Hierdie is die wedergeboorte van die water, die bloed en die Gees.
WAT IS HIERDIE REDDING VAN DIE WATER EN DIE GEES IN DIE BYBEL?
Kan sondaars regverdig word deur om slegs in die bloed van Jesus te glo?
Nooit!
Jesus het Sy troon in die hemel verlaat en na hierdie wêreld neergedaal. Hy was deur Johannes die Doper op die ouderdom van 30 gedoop om die wêreldse sondes weggeneem. Die bloed van Jesus aan die Kruis was Sy veroordeling vir die sonde van al die sondaars in hierdie wêreld. Jesus Christus het as die Saligmaker na die wêreld gekom, en sondaars van hulle sonde gered deur die water en die bloed. Is u alleenlik deur die bloed van Jesus wedergebore? Nee. Ons is van al ons sonde deur beide die doop van Jesus en Sy bloed gered. Ek wil graag ’n vraag aan al diegene vra wie ’n onwrikbaar geloof het in slegs die bloed van Jesus wat hulle red. “Is dit moontlik vir sondaars om regverdig te word deur om slegs in die bloed van Christus te glo, of is dit deur beide die doop van Jesus en Sy bloed aan die Kruis? Is dit deur geloof om al ons sonde op Jesus te verplaas deur Sy doop en bloed of is dit alleenlik deur Sy bloed? Ek vra u dus, watter een is die waarheid?” Om waarlik wedergebore te word moet ons in die water en die Gees glo, dit is die korrekte geloof; Jesus het na hierdie wêreld in die vlees gekom, en Hy het al die wêreldse sondes op homself geneem deur Sy doop in die Jordaan en was aan die Kruis veroordeel vir hierdie sonde. Deur om geloof in Jesus Christus as ons ware Saligmaker in hierdie manier te glo, sal ons in staat wees om werklik wedergebore word. Ek vra u weer; wat is die geloof soos wat in die Bybel bepaal word? Is dit geloof slegs in die bloed van Jesus, of is dit in beide die doop van Jesus en Sy bloed? Geloof slegs in die bloed van Jesus lei soos volg; Jesus was beoordeel en was vir die sonde van die wêreld veroordeel. Omdat Hy gebreek en gevonde was vir ons sondes, is ons gered van die verskriklike veroordeling. Maar dit is nie die volledige waarheid nie. Voordat ons hierdie dogma aanvaar, moet ons oor een punt duidelik kry. Hoekom was dit nodig vir Jesus om aan die Kruis gekruisig te word? Die Bybel verklaar duidelik, die loon van die sonde is die dood. Jesus was sondeloos en het geen sonde gepleeg nie. Hy het in die vlees van die mens na ons toegekom deur die liggaam van Maria, maar Hy het in die presiese vorm van Sy volk as die Seun van die Heilige God en die Saligmaker van sondaars gekom. Dit is hoekom Hy verplig was om deur Johannes die Doper gedoop te word voordat Hy aan die Kruis gesterwe het. Wanneer Hy gedoop was het Hy al ons sondes op Homself geneem. Dus, sonder die doop kon Hy nie veroordeel geword nie om Sy bloed aan die Kruis te stort.
DIE OFFERAND SISTEEM IN DIE OU TESTAMENT
Wat was die onmisbare voorwaardes om offerande te offer?
① ’n Lewende dier sonder gebrek
② Die gelê op van hande
③ Its blood
Laat ons nou hierdie waarheid bekyk deur die offer sisteem van die Heilige Tabernakel. In die Ou Testament het ’n sondaar of die hoë priester hulle hande op die sondeofferlam of ’n bok se kop gelê om sy eie sonde of die sonde van die volk van Israel daarop in hierdie manier geplaas. Die offerande was dus geslag en voor die altaar gebring waar dit as ’n brandoffer opgeoffer word. Die Ou Testament was ’n skaduwee van die Nuwe Testament, en Jesus Christus was die sondeofferlam wat God belowe het om te stuur. Wanneer het almal van julle jul sondes op Jesus verplaas? Ek wil hê dat julle hard oor hierdie vraag oordink. In die Ou Testament kon die Israeliete nie die sondeoffer diere geslag voordat hulle hul hande op die kop van die dier se kop gelê het nie (die oplê van hande beteken om die sonde op die sonde offerand te verplaas). Voordat die sonde offerand voor die altaar gebring was, was dit verpligtend dat hande op die kop van die dier opgelê word sodat in hierdie manier kon die sonde oor verplaas word op die kop van die sonde offerand. “En hy moet sy hand op die kop van die brandoffer lê” (Levitikus 1:4). Dit is in Levitikus geskrewe waar daar ’n vereiste was vir hande wat op alle offerande gelê moet word. Deur om hul hande op die kop van die offerande te lê was die volk van Israel in staat om hul sonde op die dier te verplaas, en deur die opoffer van sy bloed en vleis met geloof voor God, was hulle gered van hulle sonde. Die Israeliete was ook gered deur hul geloof in Ou Testament se tydperk. Wanneer ’n brandoffer voor God opgeoffer was; was die sondaar verplig om sy hande op die kop van die sonde offerande te lê, en in hierdie manier sy sonde op die kop van die dier te verplaas. Die sonde offerande was geslag in plaas van die sondaar. Sy bloed was dus aan die vier horings van die altaar gestryk en die oorblywende bloed uitgegiet op die grond rondom teenaan die altaar. In hierdie manier was sondaars in daardie tydstip verlos. In die Nuwe Testament se tyd waarin ons nou leef kan sondaars gered word van al hulle sondes deur geloof in die water en die bloed van Jesus. 1 Johannes 5:1-10 sê duidelik ’n sondaar sal gered word wanneer hy in die doop van Jesus en die bloed van die Lam glo (die Kruis). Daarvoor kan enige sondaar verlos word mits hy in beide die doop van Jesus en Sy bloed aan die Kruis glo. Die doop van Jesus en Sy bloed saam met die Heilige Gees, is onmisbaar om gebore te word deur die water en die Gees. Dierbare Christen is dit dan moontlik om verlos te word om slegs in die bloed van Jesus Christus te glo? Diegene wie die gedagte het dat hulle wedergebore kan word deur om slegs in die bloed van die Kruis te glo het steeds nog sonde in hul harte. Maar ons kan van al ons sondes gered word sou ons in die doop van Jesus as die geestelike besnydenis van die Nuwe Testament glo, wat die hedendaagse ekwivalent is na die besnydenis wat in die Ou Testament beskryf word. Alle kerke het hulle eie leerstellings of dogmas. Ons weet almal van hulle is verdoem en sal in die hel verwerp te word, tensy hulle hul valse teologie nou weggooi. Die Presbiteriaanse Kerk sit groot klem op die dogma van predestinasie; die Metodiste Kerk sit klem op Arminianisme, naamlik humanisme; die Baptiste kerk, die doop; en die Heiligheid Kerk, heilige lewe, ens.; al hierdie kerke het vanaf die woord van waarheid van mekaar geskei. Maar wat het die woord van waarheid in die Bybel gesê oor die wedergeboorte? Die Bybel sê duidelik die waarheid word in die doop van Jesus en Sy bloed gevind. Enige iemand wie waarlik glo en die woord van God volg, en sy geloof is in die wedergeboorte van die water en die Gees sal sy redding vind.
WAT IS DIE GEHEIM VAN DIE DOOP VAN JESUS?
Wat is die geestelike besnydenis in die Nuwe Testament?
Die doop van Jesus
Die doop van Jesus was die geestelike besnydenis. In die Ou Testament het God gesê as enigeen wie nie besny was nie moet hy van Sy volk afgesny en uitgeroei word. Ons behoort deeglike kennis te dra oor hierdie besnydenis asook die besnydenis in die Nuwe Testament en tot die slot kom dat dit inderdaad die doop van Jesus beteken. Omdat Jesus deur Johannes die Doper by die begin punt van Sy geestelik publieke ministerskap gedoop was, kan ons geestelik besny word deur Sy doop. Ons behoort sorgvuldig oor die redes hoekom Jesus verplig was om deur Johannes die Doper gedoop te word oordink. “Toe het Jesus van Galilea na die Jordaan, na Johannes gekom om deur hom gedoop te word. Maar Johannes het Hom ernstig teëgegaan en gesê: Ek het nodig om deur U gedoop te word, en kom U na my toe? Maar Jesus het geantwoord en vir hom gesê: Laat dit nou toe, want so pas dit ons om alle geregtigheid te vervul. Daarna het hy Hom toegelaat” (Mattheüs 3:13-15). Jesus was deur Johannes die Doper in die Jordaan gedoop, naamlik “die rivier van die dood.” Johannes die Doper het sy twee hande op die kop van Jesus gelê en daarna was Hy binne in die water ingedompel. Hierdie is die korrekte manier om iemand te doop (Doop beteken om in water ingedompel te word). Vir Jesus om die wêreld se sondes weggeneem, moes Hy in dieselfde manier gedoop word, naamlik met die gelê op van hande soos dit in die Ou Testament gedoen was. Die doop van Jesus is die geestelike besnydenis vir almal wie in Jesus in die regte manier glo. “Laat dit nou toe, want so pas dit ons om alle geregtigheid te vervul.” (Mattheüs 3:15). Dit was paslik en billik vir Jesus om al die wêreld se sondes weggeneem en ons God en Saligmaker te word. Dus was dit paslik soos dit geskrewe is dat Hy aan die Kruis met al ons sondes op Sy kop gekruisig en daar gesterwe het. Die doop van Jesus het die krag om enige sondaar wedergebore te maak. Dit is die geheim van die water en die Gees. Die heel eerste daad wat Jesus in Sy publieke ministerskap gedoen het was om sondaars te red deur om gedoop te word deur Johannes die Doper. Doop beteken; “om gewas te word, om begrawe te word, om iets oorteplaas.” Deur om in hierdie manier gedoop te word soos deur God gelas was het Jesus die wêreld se sondes op homself geneem. “Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!” (Johannes 1:29). Die doop van Jesus beteken al die wêreld se mense wie in Hom in hierdie manier geestelik glo, is geestelik besny. Daarna het Hy na die Kruis gegaan as die Lam van God wie die wêreld se sondes weggeneem en die veroordeling in plaas van ons (sondaars) aanvaar. Dus het Hy die mensdom van hulle sondes gered. Daarvoor diegene wie in die doop van Jesus Christus, die besnydenis van die Ou Testament en Sy bloed aan die Kruis as hulle eie verlossing glo is daarby gered van al hulle sondes. Jesus Christus het alle sondaars gered met Sy doop en Sy bloed. Hierdie is die waarheid van geestelike besnydenis.
IS VERLOSSING SLEGS DEUR DIE BLOED?
NEE, DIT IS NIE
Deur wat het Jesus na die wêreld gekom?
Deur die water en bloed
1 Johannes 5:4-8 sê, “Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof. Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is? Dit is Hy wat deur water en bloed gekom het, Jesus die Christus; nie deur die water alleen nie, maar deur die water en die bloed; en dit is die Gees wat getuig, want die Gees is die waarheid. Want daar is drie wat getuig in die hemel: Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een; en daar is drie wat getuig op die aarde: die Gees en die water en die bloed, en die drie is eenstemmig.” Liewe Christene wat is julle getuienis van Hom as julle Saligmaker? Dit is niks anders nie as geloof in die Seun van God wie deur die water en bloed na ons toegekom. Wat is die oorwinning wat die wêreld oorwin? Dit is niks anders nie as die krag van die geloof in die water en die bloed. Dit was Jesus Christus wie deur die water en die bloed na ons toegekom. En dit is die gees wat getuienis daaroor dra, want die Gees is die waarheid. Daar in drie wat getuig op die aarde: die water, die bloed en die Gees, en die drie is eenstemmig. Jesus het in die vlees na hierdie wêreld gekom, Hy was gedoop en aan die Kruis gesterwe om ons van die ewige verdoeming te red. Die bewyse dat God, ons Skepper het die Saligmaker vir alle sondaars geword is in die evangelie van die water en die Gees wat ons almal red. Dit is ook ons bewyse dat Jesus, wie het na hierdie wêreld as die Gees in die vlees gekom, was in die Jordaan gedoop om die wêreld se sondes op homself te neem, en Sy bloed aan die Kruis vergiet in aanvaarding vir die veroordeling van ons sondes. Dus het Hy almal gered wie in Hom in hierdie manier glo. Hierdie is die oorspronklike evangelie van die water en die Gees.
WAT IS DIE WATER EN DIE BLOED WAT GETUINES DRA NA GOD SE VERLOSSING?
Wat is die teëbeeld van die besnydenis soos in die Ou Testament beskrywe word?
Die doop van Jesus
Die water verwys na die doop van Jesus Christus. In die Ou Testament beteken die doop van Jesus die besnydenis. Die teëbeeld van die besnydenis in die Ou Testament is die doop van Jesus in die Nuwe Testament. Die bewyse dat al die wêreld se sondes op Jesus verplaas was, is in die doop van Jesus. Enige iemand wie in hierdie waarheid sal glo, sal in staat wees om voor God te staan en met ’n goeie gewete vir Hom sê, “U is my Saligmaker en My Here, omdat ek in U doop en U bloed, asook U evangelie van die water en die Gees glo. Dus is ek sondeloos. Ek is ’n kind van God en U is my Saligmaker.” Ons is in staat om oor hierdie ware geloof te getuig. Die rede hoekom ons in staat is om so oortuigend te getuig is omdat ons geloof het in die doop van Jesus en Sy bloed. Wat is die woord wat die wedergeboorte toelaat? Dit is die doop van Jesus en Sy bloed aan die Kruis, die getuienis van die verlossing in ons harte. Hierdie is die evangelie van die wedergeboorte van die water en die Gees. Liewe Christen ek vra u weer, “Kan ’n sondaar gered word deur geloof alleenlik in die bloed van Christus?” Nee, dit is nie moontlik nie. Verlossing kan nie op een been staan nie naamlik geloof alleenlik in Sy dood aan die Kruis. Dit is slegs deur geloof in beide die water en die bloed, naamlik die evangelie van die water en die Gees ― wat toelaat vir sondaars om wedergebore te word. Laat ek nou terug na die Bybel verwys wat praat oor die water in ander woorde die doop van Jesus. 1 Petrus 3:21-22 sê, “Waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as ’n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as ’n bede tot God om ’n goeie gewete – deur die opstanding van Jesus Christus wat heengegaan het na die hemel en aan die regterhand van God is, terwyl engele en magte en kragte aan Hom onderwerp is.” Apostel Petrus het hier getuig dat Jesus die teëbeeld was wat ons ook nou red, en dit was ook die bewyse van die verlossing van sonde. Die doop van Jesus is die ekwivalent van besnydenis in die Ou Testament. Net soos die volk van Israel in die Ou Testament se tydperk in die woord van God geglo het, en hulle voorhuid besny om die kinders van God te word, net so die doop van Jesus red ons van ons sondes in die Nuwe Testament se tydperk. Daarvoor besnydenis in die Ou Testament en die doop van Jesus in die Nuwe Testament is een en dieselfde. Glo u almal nou dat die doop van Jesus is inderdaad dieselfde is soos besnydenis? Soos dit in 1 Petrus 3:21 geskrewe word is daar ’n teëbeeld wat ons nou ook red naamlik die doop Baptisme. Kan u daar nog sit en met die geskrewe woord van God argumenteer? Hoe is dit moontlik dat ons wie in hierdie sonde gevulde wêreld kan leef en nog sondeloos wees? Dit is slegs omdat Jesus Christus gedoop was om alle regverdigheid te vervul, dat verlossing van sonde beskikbaar vir ons is. Mattheüs 3:15 sê, “Laat dit nou toe, want so pas dit ons om alle geregtigheid te vervul.” Omdat die wêreld se sonde op Jesus verplaas was, almal wie in hierdie manier in Hom glo is nou sonder enige sonde. Ons kan almal regverdig word deur om die waarheid te aanvaar dat al ons sondes op Jesus verplaas was deur Sy doop. Jesus Christus het al ons sondes op homself geneem en aan die Kruis gesterwe sodat ons vrygespreek kon word van alle veroordeling. Liewe vriende die twee dinge wat alle sondaars volkome red van hul sonde is die water en die bloed. Deurdat Hy ons sonde op Homself geneem het en aan die Kruis gesterwe het, is dit die twee hoof dinge wat Jesus Christus vir ons gedoen het gedurende die 3 jare van Sy publieke ministerskap in hierdie wêreld. Johannes 1:29 sê, “Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!” Jesus Christus was inderdaad gedoop om die wêreld se sondes weggeneem en aan die Kruis gesterwe om die vergoeding vir ons onregtighede te betaal. Jesus is die Seun van God; en as die Skepper het Hy die verbond van besnydenis vervul van die besnydenis wat God in die Ou Testament gemaak het, deur die wegneem van die wêreld se sondes. Enige iemand wie in die evangelie van die doop van Jesus, naamlik die water en die bloed glo met sy hele hart sal wedergebore word van die water en die Gees. En die Here sal die Saligmaker word vir almal wie ook sal glo. Dank U Here, Halleluja! Jesus het ons verlossing vervul presies soos God belowe het, en Hy red ons van al die sonde van die wêreld.
NIE DIE VERWYDERING VAN DIE VUILHEID VAN
DIE VLEES NIE
Word die vlees geheilig oor tyd?
Nee. Die vlees hou aan om sonde optehoop tot die dag van ons sterwe.
1 Petrus 3:21 sê, “Waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as ’n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as ’n bede tot God om ’n goeie gewete – deur die opstanding van Jesus Christus.” Wanneer ’n persoon in Jesus Christus begin te glo as sy Saligmaker, beteken dit nie dat sy vlees sal nou ophou met sonde pleeg. Omdat ons nog vlees en bloed is mag ons nog sonde pleeg, maar deurdat ons in die doop van Jesus glo, kan ons hierdie wêreldlike sonde op Jesus elke dag verplaas, wie alreeds daarvoor betaal het met Sy bloed aan die Kruis. Deur om in hierdie twee belangrike dinge as die onmisbare elemente van ons verlossing te glo, is ons gered van ons sondes. Die wedergeboorte beteken om Jesus in ons harte te welkom as die Redder en Verlosser van die mensdom. Die vergifnis van sonde is ook in ons harte volbring. Wanneer ons in die doop van Jesus en Sy bloed aan die Kruis glo is ons harte wedergebore, maar weens die swakheid van ons vlees sal ons aanhou met sonde en ongeregtighede pleeg. Maar u moet weet, al die sonde van die vlees was alreeds vergewe. Die doop van Jesus is dié getuienis vir diegene wie alreeds volkome gered is. Ons is dus sonder enige sonde wanneer daar geglo word in die vergifnis van sonde deur Christus se doop. Ons is wedergebore wanneer ons die waarheid van verlossing deur die doop van Jesus in ons harte neem, en regverdig word deur die evangelie van die water en die Gees. Hierdie is dieselfde geloof van Abraham in die Ou Testament, dié geloof wat mense regverdig maak, en dit is dieselfde evangelie wat Paulus oor gepraat het; naamlik die ‘teëbeeld van verlossing’ wat die apostel Petrus oor getuig het. Net soos Abraham die woord van God gehoor en dit gehoorsaam en sodoende regverdig geword, net so word ons gered wanneer ons in die doop van Jesus en Sy dood aan die Kruis glo. Johannes 1:12 sê, “Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo.” Aanvaar U Jesus Christus, die Een wie ons van die wêreld se sondes gered het deur Sy doop en bloed, as jou Saligmaker? Ons behoort die verlossing wat aan ons gegee het wat deur die water en die bloed van die Seun van God gekom het, in ons harte aangeneem. Is verlossing slegs deur die bloed van Jesus Christus? Nee. Dit is deur die water en die bloed van Jesus. Die Bybel verklaar duidelik dat ons verlossing is nie deur die bloed van Jesus alleenlik nie, maar is deur die doop van Jesus en Sy bloed. Die doop van Jesus is die geestelike besnydenis van die Nuwe Testament. Hierdie is die ware verlossing wat al ons sondes vanaf ons harte afgesny het. Die feit dat Hy vir die wêreld se sondes veroordeel was beteken dat Hy vir ons sondes ook veroordeel was, naamlik u en ek. Deur om in die evangelie van die vergifnis van sondes te glo, naamlik die doop van Jesus en Sy bloed, is ons vrygespreek van die veroordeling van ons sondes. Met ons geloof, is ons gered van alle sondes wat in hierdie wêreld gepleeg word. Wanneer ons die doop van Jesus en Sy bloed in ons harte neem as ons enigste verlossing, word die sondes in ons harte heeltemal weg gewas. Glo u? Ek hoop opregtilike dat almal van julle sal in die evangelie van die water en die Gees glo. Glo en verdien die ewige lewe. Apostel Paulus het duidelik gesê, “Besnydenis is die van die hart” (Romeine 2:29). Hoe word ons in die hart besny? Ons kan geestelik besny word wanneer ons in die; koms van Christus Jesus na hierdie wêreld in die vorm van vlees, in Sy doop wat die wêreld se sondes weggeneem het, en in Sy sterwe aan die Kruis vir ons sondes, en Sy opstanding van die dood met al ons hart glo. Die apostel Paulus het gesê, besnydenis is die van die hart. Besnydenis van die hart beteken om werklik in die doop van Jesus en Sy bloed te glo. Sou u graag wil u hart van sonde besny te word; moet u binne u hart die evangelie van die doop van Jesus en Sy bloed neem. Dan, en eers dan sal jy in staat wees om ’n kind van God te word.
HET GOD JOHANNES DIE DOPER GESTUUR?
Wie was Johannes die Doper?
Hy was die verteenwoordiger van die mensdom en die laaste hoe priester ooreenstemming na die afstammeling van Aäron.
Hier wil ek ’n vraag aan u vra; wie was hierdie Johannes die Doper wie vir Jesus Christus gedoop het? Johannes die Doper was die verteenwoordiger van die mensdom. Mattheüs 11:11-14 verduidelik, “Voorwaar Ek sê vir julle, onder die wat uit vroue gebore is, het daar nie een opgestaan wat groter is as Johannes die Doper nie; maar die kleinste in die koninkryk van die hemele is groter as hy. Maar van die dae van Johannes die Doper af tot nou toe word die koninkryk van die hemele bestorm, en bestormers gryp dit met geweld. Want al die profete en die wet het tot op Johannes geprofiteer. En as julle dit wil aanneem: hy is Elia wat sou kom.” Liewe Christene, Jesus het hier duidelik vir ons gesê, onder die wat uit vroue gebore is, het daar nie een opgestaan wat groter is as Johannes die Doper nie. Met die geboorte van Johannes die Doper het die Eeu van die Eerste Verbond van God, naamlik die eeu van die Ou Testament tot op einde gekom. Dit was oor omdat Jesus Christus wie sou die verbond van God vervul het, het uiteindelik gekom. Dan, wie sou die verbond van God vervul? Beide Jesus Christus en Johannes die Doper. Johannes die Doper het die wêreld se sondes op Jesus verplaas. Wie was die laaste hoë priester van die Ou Testament? En wie was die afstammeling van Aäron? Jesus Christus het oor hierdie saak self getuig, dat hierdie persoon nie anders is as Johannes die Doper. Johannes die Doper was die verteenwoordiger van die mensdom, die grootste wat uit vroue gebore was. Laat ons nou oor die feite oordink. Moses, Abraham, Isak, en Jakob was almal uit vroue gebore. Maar tussen al die mense in beide die Ou Testament en die Nuwe Testament, wie van hulle was die grootste wat uit vroue gebore was? Niemand anders as Johannes die Doper nie! Johannes die Doper as die laaste profeet van die Ou Testament en ’n afstammeling van Aäron, het die Lam van God in die Nuwe Testament gedoop in dieselfde manier soos wat Aäron sy hande op die sondeofferbok gele het op die Groot Versoeningsdag in die Ou Testament. Hy het vir Jesus Christus gedoop en daarby al die wêreld se sondes op Jesus verplaas. Hy was inderdaad Godse dienaar. Hy het die geestelike besnydenis in die harte van die mensdom vervul deur om Jesus Christus te doop. Gesamelik met die doop van Jesus, moet ons in Sy bloed glo as getuienis na ons volkome redding. Jesus Christus het die wêreld se sondes weggeneem deur Sy doop, en vir hierdie sonde was Hy veroordeel. En die enigste ding wat ons moet nou doen is om in dit te glo. Dit is Godse Wil dat ons hartlik glo wat Jesus vir ons gedoen het. Die oomblik wanneer u die evangelie van die wedergeboorte van die water en die Gees in u hart neem, word u ’n afstammeling van Abraham en ’n kind van God. Daar is ongelukkig weinig wie in Christus is, terwyl daar baie buite is wie nog nie Hom in hierdie manier in hul harte geneem het nie. Die dag is amper oor en die nag kruip al hoe nader. Glo in die doop van Jesus, en maak u hart deur oop sodat Hy binne in kan kom. U geloof in die doop van Jesus en Sy bloed sal die seëning met die geestelike verlossing na u toe bring. Hou altyd in gedagte dat die geestelike salwing sal eers op u kom wanneer u werklik in die evangelie van verlossing, naamlik die evangelie van die dop van Jesus en Sy bloed glo. Ek wil hê u moet weet dat u in staat sal wees om die geestelike lamp (Kerk) en die olie (die Gees) voorteberei soos verstandige maagde (Mattheüs 25:4) deur om in die doop van Jesus en Sy bloed te glo. Diegene wie in Jesus werklik glo gaan kerk toe met die Gees in hul harte.
VIR WIE WAS JESUS GEDOOP?
Vir watter doel was Jesus gedoop?
Om die sonde van die mensdom wegtewas
“Ek het nodig om deur U gedoop te word, en kom U na my toe? Maar Jesus het geantwoord en vir hom gesê: Laat dit nou toe, want so pas dit ons om alle geregtigheid te vervul. Daarna het hy Hom toegelaat” (Mattheüs 3:14-15). Jesus was gedoop om die wêreld se sondes weggeneem. Jesus Christus is die Seun van God en ons Saligmaker. Hy is die Skepper wie ons geskape het. Jesus Christus het deur die Wil van God die Vader na ons toegekom om ons Sy mense te maak. Aan wie het al die profete oor gepraat het in die Ou Testament? Hulle het oor Jesus Christus gepraat. Al die profete van die Ou Testament het gepraat oor die koms van Jesus’ na hierdie wêreld om ons sondes weggeneem, en vir ewig van sonde bevry te wees. Jesus het na hierdie wêreld neergedaal soos wat oor geprofiteer was in die Ou Testament, en het al die wêreld se sondes weggeneem vanaf Adam en Eva tot die laaste mens op hierdie aarde. Nou vriend neem Sy verlossing in u hart in deur die doop van Jesus en Sy bloed. Is u nog onseker of hierdie evangelie die waarheid is of nie? Het u nog steeds’ sonde in u hart? “Laat dit nou toe, want so pas dit ons om alle geregtigheid te vervul.” Jesus was deur Johannes die Doper gedoop om alle regverdigheid te vervul. Die woord “doop” self beteken “om skoon te was.” Jesus was deur Johannes die Doper gedoop in ’n manier wat gelyk is aan hande wat opgelê was soos in die Ou Testament verduidelik. Nadat Hy al ons sondes op Homself geneem het, het Hy Homself in die Jordaan rivier ingedompel. Hierdie rivier beteken die ‘dood’ en die ‘veroordeling’ vir sondaars. Christus se water doop simboliseer Sy dood aan die Kruis. En Sy opkoms uit die water staan vir Sy opwekking. Jesus was op die derde dag opgewek van die dood nadat Hy aan die Kruis gesterwe het. Jesus is onse God en Saligmaker. Die feit dat Jesus na hierdie wêreld gekom het en was in water gedoop, het aan die Kruis gesterwe deur om Sy bloed daarop te stort, was van die dood op die derde dag opgewek, en sit nou aan die regterhand van God is duidelike bewyse dat Hy die ganse mensdom gered van die dood. Glo u dit? Die doop van Jesus is die geestelike besnydenis van die Nuwe Testament. “Besnydenis is die van die hart.” Besnydenis van die hart is volbring wanneer ons in die doop van Jesus glo; die waarheid van die verplasing van al ons sonde op Jesus. Besnydenis van die hart is die erkenning van die doop van Jesus deur die verplasing van al ons sondes op Jesus. Het u al u hart laat besny? Sou u in hierdie besnydenis van die hart glo, sal u sondes in ’n oomblik weggeneem word. Vir hierdie doel het Jesus alle geregtigheid vervul en die verlossing vir sondaars verseker. Liewe Christen aanvaar hierdie bewyse van verlossing in u hart en Gees. Hierdie is die waarheid. Wanneer u hierdie verlossing van Jesus in u hart aanvaar, sal u bevry word van al u sondes. “Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo” (Johannes1:12). Kan u nou sien hoekom Jesus verplig was om na hierdie wêreld gekom om gedoop te word? Glo u dit nou? Jesus was gedoop om die sonde van die wêreld wegteneem. Dit was die doop van besnydenis. Die doop van Jesus gee vir ons die geestelike besnydenis. Dit is hoekom die apostel Paulus vir ons vertel om van die hart besny te word. Dit is baie duidelik dat Jesus ons gered het deur Sy doop en bloed en het geen ander keuse maar om dit te aanvaar en met ons hele hart dit te glo. Ons behoort “Ja en Amen” na die woord of God in ons harte te sê. Is dit nie die waarheid nie? Glo u in Sy wonderbaarlike verlossing?
AANVAAR U HIERDIE WAARHEID IN U HART?
Wat moet ons doen voordat ons Jesus aanbid?
Ons moet die waarheid van die water en die bloed in ons harte aanvaar.
Jesus het amper 2000 jaar gelede na hierdie wêreld gekom. In hierdie dag en eeu van Godse genade, moet ons die waarheid van die water en die bloed van Jesus aanvaar en glo Daar is geen ander weg oop vir ons nie. “Besnydenis is die van die hart.” Ons het geen ander keuse nie maar om besny te word van die hart deur geloof, om Sy kind te word. Ons kan net gered word deur geloof. In die Ou Testament was die Israeliete gered deur die besnydenis en die Pasga bloed van aan die bo-drumpel en aan die twee deurposte van die huise waarin hulle gebly het te stryk. Diegene wie in die doop van Jesus en Sy bloed glo as hulle verlossing is glad nie vreesbevange vir die veroordeling van God nie, omdat dit oor hulle sal trek. Maar die veroordeling van God sal op almal wie nie hierdie waarheid in hulle harte geneem het nie met geloof, swaar op hulle val. Daar is baie wie tevergeefs in Jesus glo en gevolglik is hulle nog slawe aan sonde. Hoe het hulle in hierdie tragiese situasie beland het? Hoekom lei hulle nog in sonde? Dit is alleenlik omdat hulle onkundig is of weet glad nie van die waarheid oor die doop van Jesus en Sy bloed nie. Hulle glo slegs in die bloed van Jesus, en dit weglaat of Sy doop verbygekyk het. Is verlossing verkrygbaar deur ’n eenvoudige geloof in die bloed van Jesus alleen? Vertel die Bybel werklik dat dit so is? Wat sê die Ou en die Nuwe Testament omtrent dit? Ooreenstemming met die Bybel is dit nie alleenlik die bloed van die Lam van God nie, maar ook die doop van Jesus wat verlossing volbring het (1 Johannes 5:3-6). Glo u werklik slegs in die bloed van Jesus? Diegene wie hierdie onwrikbare valse oortuigings besit het nog sonde in hul harte. Hulle moet nou hul onjuiste geloof opgee en terugkeer na die ware evangelie toe. Ongelowiges moet dus erken dat hulle op ’n dwaalspoor mislei was, om nie die kennis geleer het nie waar Jesus die wêreld se sondes weggeneem het wanneer Hy in die Jordaan gedoop was. Hulle moet erken dat hulle verkeerd was en die doop van Jesus verontagsaam het. Hulle moet dit in hulle harte aanvaar dat Jesus het inderdaad die wêreld se sondes deur Sy doop weggeneem het. Verlossing is beskikbaar alleenlik wanneer daar in beide die doop van Jesus en Sy Kruis geglo word. In ander woorde, slegs deur geloof in die evangelie van die water en die Gees sal ons in staat bring om die ewige lewe te verdien. Liewe Christen het u tot nou toe geleef en staat gemaak het in u geloof slegs in die bloed van Jesus? As dit so is dan is daar verseker sonde in u hart, reg of nie? As u sou sonde pleeg kan u verseker wees u het nog sonde in u hart. Sou u dink dat u bevry is van sonde wanneer u probeer om na die wet van God te lewe, maar dit is alleenlik ’n gevoel wat uit u emosies kom. Hierdie skuldigbevindings is nie in ooreenstemming met die woord van God nie.
DIT IS NOG NIE TE LAAT NIE
Hoe maak die waarheid ons vry?
Vanaf die wet van sonde en die dood
Dit is nog nie te laat nie. Moet nie langer sloer nie, glo nou in die doop van Jesus en Sy bloed, en u sal die besnydenis van die hart ontvang en bevry word van al die wêreld se sondes. Om bevry van sonde te word, beteken dat u volkome gered geword het deur geloof in die evangelie van die doop van Jesus en Sy bloed. Is u willig om in die doop van Jesus en Sy bloed vir die verlossing van u sondes te glo? Wanneer u besluit om werklik te glo, sal u leer wat die ware verlossing is. U sal vir die eerste keer vrede in u gees ontvang. Dan, en eers dan sal u regverdig word. Nie deur werke nie, maar deur geloof in die woord van God. Sou daar nog steeds iemand wees wie nog slegs in die bloed van Jesus vir sy verlossing staatmaak, sal ek u aanspoor om in beide die doop van Jesus en Sy bloed te glo, en u pseudo geloof opgegee. Liewe Christene die volmaakte verlossing vir die mensdom se sonde was vervul deur die evangelie van die doop van Jesus en Sy bloed. Die Gees van God. God het na hierdie wêreld in die vlees van die mens gekom. God het deur Sy profete gesê dat ons moet Sy naam Jesus noem, want dit is Hy wie Sy mense van hul sonde sal kom red. God het gesê, “Kyk, die maagd sal swanger word en ’n seun baar, en hulle sal Hom Emmanuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons” (Mattheüs 1:23). God het na hierdie wêreld gekom om sondaars te red. Hy was gedoop om die wêreld se sondes weggeneem, en sodoende alle sondaars gered. Hierdie is die waarheid van die verlossing van die water en die bloed. Ek is hier om dit vir u te vertel. Is u gered slegs deur die bloed van Jesus? Nee. Ons is gered deur die doop van Jesus en Sy bloed aan die Kruis. Daar is ongelukkig baie valse profete en ketters vandag wie weier om die doop van Jesus te aanvaar of dit te glo. Jesus het duidelik gesê, “En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak” (Johannes 8:32). Ons moet die waarheid ken. Ons moet weet hoekom Jesus oor Sy doop gepraat het, en hoekom ons moet in dit glo. Ons moet ook weet hoekom God die volk van Israel gelas het in die Ou Testament om besny te word, en hoekom Hy oor die bloed van die Pasga lam gepraat het. Sou ons slegs deel van die hele storie ontvang, sal ons nie in staat wees om die waarheid te erken nie. Jesus het gesê, “Voorwaar, voorwaar Ek se vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie” (Johannes3:5).
OM IN CHRISTUS GEDOOP TE WORD
Hoe kan ons met die dood van Christus verenig word?
Om al ons sondes op Jesus te verplaas deur Sy doop
Die Bybel getuig oor die geheim van die verlossing. Is dit slegs die bloed van Jesus? Beslis Nee. Dit is deur Sy bloed en Sy doop gesamelik. Die apostel Paulus het baie oor hierdie verlossing in Romeine hoofstuk 6 gepraat asook in sy ander Briewe. Laat ons Romeine 6:3-8 lees. “Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ’n nuwe lewe kan wandel. Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding; aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie. Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde. As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe.” Laat ons na vers 5 bekyk. Dit lees, “Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding.” Sy dood was ons dood, omdat ons sonde was op Hom verplaas net voordat Hy gedoop was. Sodoende is die doop van Jesus gekoppel met Sy dood aan die Kruis met ons. Ons geloof in die doop van Jesus en Sy bloed laat dit toe om met Hom verenig te word. “Die loon van die sonde is die dood” (Romeine 6:23). Daarvoor die dood van Jesus aan die Kruis was ook ons dood. Hy was gedoop om al ons sondes op Homself te neem. Om in hierdie waarheid te glo is om met Jesus Christus verenig te word, onse Saligmaker.
ONS BEHOORT NIE IN JESUS TE GLO IN Ń GEWONE GODSDIENSTELIKE MANIER NIE
Wat bedoel “Hy is getrou en regverdig?”
Dit beteken Jesus het een maal vir altyd ons sonde weg gewas en enige iemand wie in hierdie waarheid glo sal gered word
Baie mense glo in Jesus in ’n gewone Godsdienstelike manier, hulle is getrou aan hulle kerke en huil verskriklik met hul berouvolle gebede. Elke dag bely hulle hul sondes en vra vir vergifnis. Hulle bid, “Jesus ek weet en glo dat U aan die Kruis vir my gesterwe. Ja Here, ek glo.” Dit is duidelik dat hulle hierdie vers heeltemal verkeerd verstaan het. “As ons; ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle onregtighede te reinig” (1 Johannes 1:9). Hulle maak aanspraak gebaseer op hierdie vers dat hulle behoort vergewe te word van hulle daaglikse sonde deur die belydenis van sonde. Maar die sondes waarna verwys word in hierdie bovermelde vers beteken nie ons alledaagse oppervlakke ongeregtighede nie. Wat hierdie vers eintlik beteken is; ons is van ons sondes een maal vir altyd vergewe wanneer ons erken en bely dat ons nog nie gered is nie. “Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God” (Romeine 10:17). “En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak” (Johannes 8:32). Liewe Christene die waarheid is helder. Sou u nog steeds’ glo dat Jesus aan die Kruis gesterwe het sonder dat Hy die sonde weggeneem het deur Sy doop in die Jordaan nie, is u geloof tot dus vêr nutteloos. As enige Christen van sy sonde wil gered word, moet hy glo al sy sonde was op Jesus verplaas een maal vir altyd deur Sy doop in die Jordaan, en dat Hy vir ons sondes die veroordeling Homself in plaas van ons geneem saam het Hom aan die Kruis. In ander woorde, ons behoort in beide die doop van Jesus en Sy bloed glo. “Want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie” (Handelinge 4:12). Jesus Christus het al ons sondes met Sy doop weggeneem en het ons Saligmaker geword. Jesus het deur die water en die bloed gekom om ons van die ewige verdoeming te red. “Want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding” (Romeine 10:10). Is u ’n sondaar of ’n regverdige persoon? Galasiërs 3:27 se, “Want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.” Hierdie vers vertel ons duidelik oor die waarheid dat Jesus was inderdaad gekruisig nadat Hy al die wêreld se sondes deur Sy doop weggeneem het. Hy was op die derde dag van die dode opgewek en sit nou aan die regterhand van God. Hy het die Here van Verlossing vir al diegene wie in hom in hierdie manier geword. Sou Jesus versuim het om gedoop te word, en sou Hy nie Sy bloed aan die Kruis vir ons vergiet het, sou Hy nie ons Saligmaker geword het nie. Ons kan alleenlik gered word wanneer ons in die evangelie van die water en die Gees geglo.
SELFS DIE SEUN VAN MOSES
Hoekom wou God Moses dood maak op sy tog na Egipte toe?
Omdat hy nie sy seuns besny nie.
Dierbare geliefdes u luister na die geheim oor die redding van al u sondes deur die water en die bloed van Jesus. Dit is werklik ’n wonderbaarlike seëning om na hierdie woorde van God te luister. Is dit slegs die bloed van Jesus Christus? Gedurende die tydperk van die Ou Testament het mense ’n afstammeling van Abraham geword deur beide fisiese besnydenis en die bloed van die Pasga Lam op die Groot Versoeningsdag. Net so kan ons nou die kinders’ van God word deur om in beide die doop van Jesus en Sy bloed te glo. God het duidelik hierdie gebeurtenis as bewyse deur Moses aan ons geopenbaar in die Ou Testament. Om die mense van Israel te red het God met Moses gepraat en vir hom gelas om Sy volk uit van Egipte te bring. Met hierdie instruksies het Moses met toestemming van sy skoonpa Jetro die land van Mediaan verlaat en na Egipte met sy vou en seun gegaan. Wanneer hy en sy familie op hulle reis donkies gereis het, en op pad in herberg het die Here hom teëgekom en wou hom doodmaak. Maar sy verstandige vrou Sippóra het die rede geweet. Toe neem sy ’n skerp klip en sny die voorhuid van haar seun af en gooi dit voor Moses se voete en vir hom gesê: “Waarlik, jy is vir my ’n bloedbruidegom! (Exodus 4: 24-25). Hierdie was Godse manier om vir die mensdom te sê dat Hy sou enigeen, selfs die seun van Moses doodmaak as hulle nie besny was nie. Vir die volk van Israel was besnydenis ’n aanduiding na God se verbond met hulle. Hulle het geweet dat God sou enigeen van Sy volk, selfs die seun van hulle leier doodmaak, sou hy versuim om besny te word. Daarvoor om te verhoed dat sy seun van hulle afgesny te word het God Moses in hierdie manier gewaarsku. Die Bybel verduidelik die rede hoekom Sippóra die voorhuid van haar seun afgesny het en dit voor Moses se voete gegooi en vir hom gesê, “Bloedbruidegom! – met die oog op die besnydenis; was om met God se vereiste saamgestem (Exodus 4:26). Enige iemand wie nie besny was tussen die Israeliete moes vanaf sy mense uitgeroei word. Alleenlik diegene wie besny was, was toegelaat op die Groot Versoeningsdag om die Pasga lam te eet en saam met hulle in die fees te vier as die volk van God. Die apostel Paulus was ’n Hebreër. Hy was besny na 8 dae van sy geboorte, het onder die Groot Rabbi Gamaliël geleer, en het deeglike Bybelse kennis gehad hoekom Jesus Christus in die Jordaan gedoop was en hoekom Hy gekruisig was. Sodoende het die apostel Paulus oor die doop van Jesus in al sy Briewe geskryf. Die apostel Paulus het ook baie oor die bloed van Jesus gepraat as die volbringing van ons verlossing. Die bloed was slegs die finale deel van Sy redding terwyl die ware geestelike besnydenis die doop van Jesus was. Dit is van geen nut om druk te lê op slegs die bloed van Jesus sonder Sy doop nie. Die apostel Paulus het dikwels oor die Kruis van Jesus gepraat. Hoekom? Omdat dit die finale bewys was van ons verlossing. Sou Jesus al die wêreld se sondes op Homself geneem maar versuim het om Sy bloed aan die Kruis te stort om die veroordeling vir ons te ontvang, sou ons redding onvolmaak gewees het. Dit is die hoof rede hoekom apostel Paulus dikwels oor die Kruis gepraat. Die Kruis is die finale stap in ons verlossing. Sou die waarheid van verlossing sonder verwringing na hierdie generasie aangegee was, sou daar baie meer sondelose mense gewees het. Maar ongelukkig het die waarheid oor tyd verlore geraak en dus is daar meer mense wie slegs kennis dra oor die Kruis sonder om die ware betekenis van Sy doop te besef. Omdat hulle geloof in ’n leë dop van die evangelie is, sal hulle sondaars bly hetsy hoeveel jare hulle intens in Jesus geglo het. Hulle sal nog sondaars wees na 10 jaar, selfs na 50 jaar van godsdienstige lewe.
MY GETUIENIS
Beskou God sondaars regverdig?
Nee. Hy is regverdig. Die regverdiges is diegene wie sondeloos is, omdat hulle hul sondes op Jesus verplaas deur Sy doop.
Ek het begin om in Jesus te glo wanneer ek 20 jaar oud was. Voor daardie tyd het ek geen ideë gehad hoeveel sonde ek in my lewe gepleeg het, omdat ek nie die wet van God geweet nie. Ek het in my eie manier my lewe uitgeleef sonder die wete van ’n God tot op daardie tydstip. Nadat ek Jesus aangeneem het as my Saligmaker het baie ernstig siek geword. Ek was so siek dat ek gedink het ek sou van hierdie siekte beswyk. Met hierdie ellendige situasie het ek besluit ek behoort ten minstens van al my sondes gered word, voordat ek doodgaan. Omdat ek gehoor het hoe Jesus vir sondaars soos ek gesterwe het, het ek besluit om in Hom te glo. In die begin was ek vol vreugde en dankbaarheid. Maar hierdie gevoelens het met tyd verdwyn. Na ’n paar jaar kon ek nie myself keer maar om sonde elke dag te pleeg. Ek het weer ’n sondaar oor en oor geword. Na 10 jaar was ek nog steeds ’n sondaar, eintlik ’n slegte sondaar as tevore. Ek het in Jesus vir 10 jaar geglo, en die feit dat ek ’n sondaar was het nooit verander. Ek was dus beide ’n gelowige en ’n sondaar geword. Selfs het ek hierdie engelse lied met ’n gebroke hart gesing, “♪Weeping will not save me! Tho’ my face were bathed in tears, that could not allay my fears, could not wash die sin of years! Weeping will not save me!♪” Ek het gehuil elke keer wanneer ek sonde gepleeg. “Liewe God, vergewe my vir hierdie sonde asseblief! Vergewe my hierdie eenkeer en ek sal nooit weer dit pleeg nie.” Nadat ek sonde gepleeg het ek vir drie dae gebid. Ek het myself in ’n kamer toegesluit, en daar vir drie dae gevas en hard gebid. Omdat my gewete my grootliks gepla, het ek uit na God geroep vir Sy vergifnis. Op die derde dag sou ek beter gevoel, en het gedink dat ek nou weer aanvaarbaar in Sy teenwoordigheid sal wees. “Nogmaals het ek my sondes weg gewas. Halleluja!” Ek het die kamer verlaat en daarna my lewe vir ’n kort tyd met toewyding geleef. Maar na ’n kort tyd het ek al weer sonde gepleeg en my wanhoop het al hoe groter geword. Ek het hierdie ellendige proses oor en oor gedoen. Dit het baie goed gevoel om in Jesus in die begin te glo, maar hoe langer die tyd aangegaan het, hoe hoër het my sondes opgehoop soos stof in ’n leë kamer. Na 10 jaar het ek ’n slegter sondaar geword as die wat in ek in die begin was. Ek het geworstel met vrae, “Hoekom het ek so vroeg in my lewe in Jesus geglo? Dit sou baie maklike gewees het om in Jesus te glo sou ek gewag het tot ek 80 jaar oud was, en net voordat ek gesterwe het. Dan so my gewete my nie so grootliks pla nie en ook nie elke dag berouvolle gebede te bid nie.” Ek het gedink dat ek behoort ooreenstemming met Godse Wil te leef, maar dit was onmoontlik. Dit het vir my gevoel dat ek mal gaan! Ek het toe besluit om vir God te soek. Ek het baie tyd met teologie bestee en ook dit geleer maar na ’n paar jaar het my hart al hoe onvrugbaar geword. Voordat ek begin boeke op Godsdienstelike teorieë gelees’ het, het ek aan mense gesê dat ek wou ’n lewe soos Sint Damien leef en nooit op ’n warm gemaklike bed slaap nie. Ek het ’n gelofte gemaak dat ek nooit myself weer die vrye loop gee nie, maar myself wei aan die behoeftiges. Soos ek oor hierdie Sint se lewe gelees’ het, het ek ’n gelofte gemaak om net soos hom probeer te lewe. Ek het dus besluit om ’n selfverloënend lewe vir myself te maak. Ek het op kaal hard sement vloere gekniel en vir ure gebid. Dus het ek gevoel my gebede was nou meer betekenisvol, en ek het beter oor myself gevoel. Maar na 10 jaar van hierdie ellendige lewe kon ek dit nie meer verdra nie. Dus het ek al weer aan God gebid. “Liewe God in die hemel red my asseblief. Ek glo in U met my hele hart. Ek weet dat ek sal nooit my toewyding aan U opgee nie, selfs sit iemand ’n skerp mes op my keel. Maar selfs glo ek in U met my hele hart, hoekom voel ek altyd so leeg soos ’n dop? Hoekom is ek so frustrerend? Hoekom is ek ’n meer slegte sondaar as tevore? Ek het nooit oor sonde geworstel voordat ek begin in U te glo. Ek het begin in U te glo en nou wonder ek hoekom ek meer slegte geword nadat ek my geloof in U gesit het vir hierdie 10 jaar. Wat is met my verkeerd?” Dit het begin aan my duidelik geraak wat die rede was. Ek het tot nou toe in God geglo sonder dat ek van my sonde volkome gered was. Ek het tot nou ook nie die waarheid geweet nie, en dit was genoeg om my gek te maak. Hoe kon vir ander mense vertel oor die redding van God se genade met sonde in my hart? Hoe kon ander mense na Jesus toebring sodat hulle in Hom kon glo? Ek het oor en oor aan God gebid. “Liewe God ek sal binnekort van teologiese kweekskool gegradueer en sal ingeseën word as ’n predikant. Maars as ek ’n predikant word met sonde in my hart, hoe sal ek in staat wees om vir sondaars oor U redding te vertel? Ek is ’n sondaar, en wanneer ek die Briewe van die apostel Paulus lees, is dit klaarblyklik as iemand nie die Gees van Christus het nie, is hy nie ’n kind van God nie. Maar al hoe ywerig ek die Skrif deursoek het, is die Gees nie in my nie. Ek het gevoel dat dit daar in die begin was maar het verdwyn. Wat het gebeur? Here, vertel my asseblief.” Die rede vir hierdie ellendige situasie was dat ek myself bedrieg het in my oortuigings dat ek verlos was deur my eenvoudige geloof in Jesus. Ek het oor dit vir ’n lang tyd geworstel. God het belowe dat Hy Homself aan diegene sal openbaar vir hulle wat Hom ywerig soek. En dit het met my gebeur waar ek God ontmoet het met hierdie waarheid. Ek was nog ’n sondaar na 10 jaar nadat ek begin om in Jesus te glo, maar wanneer ek die geheim ontdek het oor die doop van Jesus en Sy bloed, en wanneer ek die betekenis van die besnydenis in die Ou Testament en die geestelike besnydenis in die Nuwe Testament ontdek het, en wanneer ek hierdie waarhede besef en dus my geloof in die geheim van die verlossing deur die doop van Christus geplaas het al my lyding verdwyn. My siel het wit soos sneeu geword. Dit sal dieselfde vir u wees. Sou u in die evangelie van die doop van Jesus en Sy bloed met al u hart sal glo, sal u verseker voor God sondeloos word. Wanneer u hierdie waarheid in u hart neem en ook dit aan ander mense verkondig, sal hulle ook waarlik gered en kinders van God gemaak word met jubelende blydskap waar hulle “Halleluja!” sal uitroep. Ek wil graag al die broeders en sisters’ gelukwens wie waarlik gered geword het. Ek prys Jesus dat Hy ons gered het van al ons sondes. Halleluja! Ons is werklik van al ons sondes gered. Hierdie Groot seëning is van so ’n aard dat ons nie in staat is om ons blydskap in eenvoudige woorde te verduidelik nie. Laat ons hierdie bekende engelse lied saam sing. “♪His name has become a secret, for we have not yet proclaimed die secrets to every creature. He was thrown out like die stones die builders rejected, but His name became most precious jewels in my heart♪”
DIE DOOP VAN JESUS EN SY BLOED IS MEER AS GENOEG OM ALLE SONDAARS VAN HULLE SONDE TE RED
Wat verwyder alle sonde van ons hart?
Die doop van Jesus
Jesus Christus het al die wêreld se sondes weg gewas deur Sy doop en bloed. Hy het ons geestelik besny en ons Sy mense gemaak. Hy is die God van die wedergeboorte. Daar sal altyd veroordeling vir die sonde wees. Maar Jesus was gedoop en was aan die kruis veroordeel om ons te red. Met Sy bloed het Hy alle sondaars van sonde gered en was van die dode op die derde dag opgewek. Dit was inderdaad Vader God wie Jesus van die dood opgewek het. Die Lewe van Jesus is ons lewe en dit is die merk van ons bestaan as die kinders van God. Sy doop het al ons sondes weggeneem en die kosbare bloed van Jesus aan die Kruis is onomstootlike bewys dat Hy ons veroordeling op Homself geneem het in plaas van ons. Liewe vriende het u hierdie bewyse van die doop van Jesus en Sy bloed in u hart? Ek vra u weer. Ons verlossing kom dit slegs deur die bloed van Jesus? Nee. Dit kom deur die doop van Jesus en Sy bloed tesame.
WIE IS Ń KETTER?
Wie is ’n ketter?
Die een wie selfveroordeeld staan en wie versuim om in die doop van Jesus te glo
Liewe vriende is u nog steeds sondaars ondanks die feit dat u geloof in Jesus elke dag van u lewe erken? As u ’n sondaar is selfs glo u in Jesus, dan is u verseker ’n ketter. Ketters glo nie in God se waarheid nie. Titus 3:10 praat duidelik oor ketters, “Aan ’n man wat partyskap verwek, moet jy jou onttrek na die eerste en tweede vermaning, wetende dat so iemand op ’n verkeerde pad is en sonde doen en selfveroordeeld staan.” ’n Selfveroordeelde persoon bid so, “Liewe God! Ek is ’n sondaar. Ek glo in U, maar ek is nog ’n sondaar. Ek gee nie om wat enige persoon aan my sê nie, Ek is ’n sondaar en weet dat dit die waarheid is.” God antwoord sulke opstandige en hardnekkige mense, “Is julle nog sondaars en nog nie My kinders’ nie? Dan is julle almal ketters en julle sal almal verseker in die hel vuur verwerp word”. Sou u in Jesus sonder dat u in die evangelie van die doop van Jesus in u hart glo, en sou u selfveroordeeld staan en God vertel dat daar nog sonde in u gees is, dan is u ’n ketter voor God.
WIE IS DIE WARE GELOWIGES?
Wat is die getuie van God omtrent die verlossing?
Die water, die bloed en die Gees
Al diegene wie in die evangelie van die doop van Jesus en Sy bloed glo, en al diegene wie God se kinders gemaak was, en al diegene wie se sondes weggeneem was, is die regverdiges. Hoe is dit moontlik om nog ’n sondaar te wees terwyl u in Jesus glo? ’n Sondaar kan nie in die koninkryk van God ingaan nie. Diegene wie regverdig geword het deur om in Jesus in hierdie manier te glo het die getuienis van God in hulle harte. Hierdie getuienis is die doop van Jesus en Sy bloed. Hierdie werk van verlossing is wat Jesus Christus in hierdie wêreld verrig het. Daarvoor enige persoon wie weier om in die evangelie van die doop deur wat Jesus gebruik het om ons sondes weggeneem sal vanaf God afgesny en uitgeroei word. Liewe broeders en sisters van dieselfde geloof, aanvaar u in julle harte die feit dat die evangelie van verlossing van sondaars is nie slegs van die bloed van Jesus alleen nie, maar ook van die water, naamlik die doop van Jesus? Wie ook al in die regverdige werke wat Jesus in hierdie wêreld verrig het glo, en wie ook al die water, die bloed en die Gees aanvaar sal van alle sonde gered word. Hierdie is die waarheid asook die wysheid van die evangelie van die water, die bloed en die Gees. Jesus het ons volkome van sonde deur Sy doop gered sodat die mensdom gered kon word deur Hom. Nou, sou u waarlik in Jesus glo, is daar geen manier om ’n sondaar te wees nie. Jesus het ons van die dode opgewek. Hy het alle siele gered wat vêr weggedryf het vanaf God weens die duiwel se bedrieglikheid. Jesus wil graag al die verlore siele vind. God werk deur Jesus met die evangelie van die water, die bloed en die Gees. Hy het ons geroep en ons kan nou verlos en gered word deur Hom. Glo u nou? Ek vertel u verseker dat die verlossing is nie slegs deur die bloed nie, maar deur beide die doop van Jesus en Sy bloed aan die Kruis. Diegene wie sê dat hulle gered was slegs deur die bloed, moet nou erken dat hulle nog sonde in hulle harte het. Ons was ook oortuig dat dit genoeg was om slegs in die bloed van Jesus te glo vir ons verlossing. Ons het ook so voorheen gedink, maar nou behoort ons te erken dat dit nie genoeg was nie. Ons moet gered en wedergebore word deur om in Jesus Christus wie deur die water, bloed en die Gees gekom. Enige sondaar kan wedergebore word deur geloof in die doop van Jesus en Sy bloed (1 Johannes 5:5-10). Laat ons God prys. Halleluja!