(Romeine 8:28-30)“En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is. Want dié wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van Sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders; en dié wat Hy vantevore verordineer het, die het Hy ook geroep; en dié wat Hy geroep het, die het Hy ook geregverdig; en dié het Hy ook verheerlik.”
Het God slegs sommige van ons uitverkies?
Nee. Hy het ons almal uitverkies in Jesus Christus.
Die teologiese teorie van predestineer en goddelike uitverkiesing is een van die basiese teologies wat die Christen dogma opmaak. Hierdie valse teorie het baie mislei wie tans in Jesus glo omdat dít het die woord van God verkeerd laat verstaan. Hierdie misgeleide teorie het baie verwarring veroorsaak. Wat die valse teologie sê omtrent predestineer is dat God net sekere mense lief en het hulle vir Homself uitverkies, terwyl Hy diegene wie Hy nie van hou nie verdoem. Hierdie valse begrip beteken sommige was uitverkies om wedergebore te word deur die water en die Gees en in die koninkryk aanvaar geword het, terwyl die ander wie nie uitverkies was nie, en voorbestem is vir die hel? Die feit is, sou God net sommige van ons uitverkies het sou ons altyd oor hierdie vraag worstel, “Was ek uitverkies vir die verlossing of nie?” Sou ek per toeval in hierdie groep val sou dit nutteloos wees om voort te gaan met my geloof in Jesus. Gevolglik het hierdie valse teorie baie mense laat kwel oor die feit of hulle werklik uitverkies was deur God of nie. Almal wie in hierdie teorie glo sal nie vry van onsekerheid wees nie? Hoe kan daar versekerdheid verkry word waar God ons werklik uitverkies het of nie? As dit die geval was sou Hy die God wees vir net sekere uitverkorenes, maar Hy het iets heeltemal anders gesê, “Of behoort God net aan die Jode, en nie ook aan die heidene nie? Ja, ook aan die heidene” (Romeine 3:29). Omdat baie mense ’n misverstand van die werklike betekenis van predestineer en goddelike uitverkiesing het; word hulle oorval met vrees omdat hulle oortuig is dat hulle verwerp sal word selfs glo hulle in Jesus. Efesiërs 1:3-5 sê, “Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus, soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees, deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan re neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil.” Ons behoort hierdie konsep van teologiese predestineer en goddelike uitverkiesing opnuut in oënskou te neem, en verstaan wat die Bybel oor predestineer en goddelike uitverkiesing werklik oor dit sê, en daarna ons geloof in die verlossing deur die water en die Gees versterk. Wat vertel Romeine vir ons? Teoloë het die grondlose teorie van “onvoorwaardelike uitverkiesing” in Christendom gevestig. Is teologie God dan? Selfs voor die grondlegging van die wêreld het God mensdom in Jesus Christus uitverkies en besluit om ons te red en regverdig te maak. Jesus het ons onvoorwaardelik lief. Moet nie Hom ’n diskriminerende God maak nie. Ongelowiges sit geloof in hul eie oortuigings, maar die ware gelowiges sit die basis van hulle geloof in die suiwer woord van God.
GODDELIKE UITVERKIESING IN DIE OU TESTAMENT
Is die teorie van onvoorwaardelike uitverkiesing waar?
Nee. Onse Heer is nie ’n verkrampte God nie. God het alle sondaars in Jesus uitverkies en nie ’n paar uitverkorenes nie.
In Genesis 25:21-26 lees ons oor twee seuns van Isak, naamlik Esau en Jakob. God het vir Jakob uitverkies terwyl die tweeling seuns van Isak nog in die skoot van Rebekka was. Diegene wie die woord van God misverstaan neem hierdie gebeurtenis as die basis van die teorie van onvoorwaardelike uitverkiesing. Dit is gelyk aan ’n ‘god van lot’ wat saam met Christendom gemeng word. Sou ons glo God het ons op die basis van “onvoorwaardelike uitverkiesing” uitverkies en nie in Jesus Christus nie, sal dit dieselfde wees as om ’n god van lot en afgode aanbid. God is nie ’n god van lot nie. Sou ons werklik in ’n god van lot glo, sal ons verseker God se plan vir ons ontken, en binne-in Satan se strik betrap word. Sou mensdom nie God se wil gehoorsaam nie is hulle soos beesagtige mense wat omkom. Siende dat ons gelowiges nie beesagtige mense is nie, behoort ons ‘die ware gelowiges’ die waarheid in die woord lees presies soos dit in die Bybel geskrewe is. Om ware geloof te besit, moet ons eers oor die waarhede in die Bybel goed oordink en die geloof van hulle wie voorheen in Christus wedergebore geword het te volg. Calvinisme dring aan op ’n beperkte verlossing. Hierdie stelling impliseer die liefde van God en die verlossing van die Here word net aan sekere uitverkorenes toegepas. Kan dit waar wees? Die Bybel sê, “God ons Verlosser wil hê dat alle mense gered moet word” (1 Timotheüs 2:4). Sou die seëning van die verlossing net aan sekere mense toegepas word sou baie gelowiges hul geloof in Jesus onmiddellik opgee. Wie op aarde wil in ’n verkrampte God glo? Ons behoort selfvertroue te hê dat ons God nie ’n verkrampte God is nie. Hy is die God van Waarheid, Liefde en Regverdigheid. Ons moet weer in Jesus en die evangelie van die wedergeboorte, van die water en die Gees glo en dus gered word van al ons sondes. Jesus is die Saligmaker aan almal wie wedergebore geword het deur die water en die Gees. Volgens Calvinisme sou daar Bv. tien mense wees, sommige van hulle sal deur God gered word terwyl die oorblywende oorgelaat word om in die hel vure te brand. Hierdie stelling is onjuis. Dit maak nie sin om te sê, God het sommige mense lief terwyl Hy ander verwerp. Verbeel jou dat God hier ter tafel met ons vandag sit. Sou Hy besluit om slegs diegene wie op Sy regterhand sit te verkies en besluit om al dié wie op Sy linkerhand sit om in die hel vure te gooi, as dit die geval was sou ons Hom nie as God behandel nie? Almal wie sonder enige rede in die hel verwerp word, sal hulle nie uitroep en beswaar maak nie? Alle skepsels sal uitroep, “Hoe kan God so onbillik wees?” Onvoorwaardelike uitverkiesing is onjuis en vals omdat God ‘die mensdom’ in Christus Jesus vir Homself uitverkies het. Daarvoor enige iemand wie deur God geroep word in die Naam van Christus is uitverkies. Dan, wie roep God na Hom toe? Hy roep sondaars en nie die regverdiges nie. God roep nie hulle wie hul self beskou as die regverdiges nie. Die verlossing en seëninge is uitsluitlik vir sondaars en wié na die hel verdoemd is. Die ware betekenis van Uitverkiesing is; God roep uit na sondaars om hulle Sy regverdige seuns en dogters te maak.
GOD IS REGVERDIG
Het God net sekere mense lief?
Nee, die Here is nie so verkramp nie. God is Regverdig.
God is Regverdig. Hy is nie die God wie slegs die onvoorwaardelike uitverkorenes lief het nie. Hy het sondaars geroep, in die Naam van Christus. Hoe sou ons van God se liefde en verlossing ken sonder verlossing deur die redding van Jesus Christus en Sy vergifnis van sondes nie? Moet nooit Hom ’n onregverdige God maak nie. Probeer om uitgevind watter woorde vermis is in Efesiërs 1:3-5. “Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus, soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees, deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan re neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil.” Weet u wat vermis is? Die vermiste woorde is; “in Jesus Christus.” Onvoorwaardelike uitverkieste in Calvinisme stem nie saam met die woorde van die Bybel nie. Die Bybel sê duidelik, “soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld.” God het die mensdom in Christus verkies om wedergebore te word deur die water en die Gees. Almal wie hul selfde nie kan keer maar as sondaars gebore te word, kan van hulle sonde verlos word en Sy kinders’ word. Hy het die hele mensdom ingesluit in die Lys van mense wat gered moet word, en hulle uitverkies in Jesus Christus. Omdat baie teoloë op onvoorwaardelike uitverkiesing aandring, sê hulle deur hierdie valse stelling dat net sekere mense uitverkies is gevolglik is daar baie mense in die chaos van irrasionale dogmas betrap. Hierdie valse teoloë sê, God verkies sommige en verwerp die oorblywende deur onvoorwaardelike uitverkiesing, terwyl die waarheid in die woord duidelik sê, ‘God het sondaars uitverkies in Jesus’. Baie mense word betrap in onjuiste dogmas vanweë hulle ywerige bygelowige neiging. Maar as ons werklik tot die bewuswording kom waar God besluit het om mensdom te red in Jesus en dat die verlossing van sonde aan almal wie in Jesus glo bymekaar pas, sal ons van ons sondes gered word en die kinders van God word, asook regverdige mense gemaak word en die ewige lewe ontvang, en die versekering besit dat God Regverdig is.
GODELLIKE UITVERKIESING IN DIE STORIE VAN JAKOB EN ESAU
Van wie het God verkies? Slegs die uitverkore?
Nee. God het die mensdom uitverkies in Christus. Wie ook al in Christus glo en sondeloos is deur die doop van Jesus is uitverkies.
In Genesis 25:19-28 lees ons van Esau en Jakob wie teen mekaar gestoot het binne-in hul moeder Rebekka. God het in Genesis 25:23 gesê, “En die Here het haar geantwoord: Twee nasies is in jou skoot, en twee volke sal van mekaar gaan uit jou liggaam; en die een volk sal sterker wees as die ander volk; en die oudste sal die jongste dien.” Sondaars het hierdie woorde vertaal en verdraai tot in die teorie van teologiese predestineer en goddelike uitverkiesing, wat die gevolg gehad het waar dit Groot verwarring veroorsaak vir mense wie in Jesus glo hetsy of hulle die uitverkorenes is of nie! Wanneer hulle deur hul eie emosies besluit het dat hulle die uitverkorenes is, dink hulle dat hulle die ware Christene is en verloor belangstelling in die wedergeboorte van die water en die Gees. Die konsep van onvoorwaardelike uitverkiesing in Christendom het ’n sitasie geskep waar Christene wie in Jesus geglo het, weg van Sy verlossing gedryf en gevolglik is hulle verdoem tot die hel. Dit het ook veroorsaak waar God onbillik vertoon het. Omdat baie teoloë onjuis dogmas vir hul gemeentes opdis wat ontstaan het uit eie vleeslike oortuigings, het dit die uitwerking gehad waar baie onsekerheid oor hulle geloof ondervind en wonder of hulle werklik uitverkies is, of hulle redding gepredestineer was of nie. Van Jakob en Esau, van wie van hulle het God uitverkies? Hy het vir Jakob uitverkies in Christus Jesus. In Romeine 9:10-11 sien ons waar God Jakob uitverkies het in plaas van sy broeder ondanks die feit dat hulle deur een man verwek was, en nog nie gebore was of enige kwaad gedoen het nie. God se doel was om Jakob te verkies, ongeag van sy werke maar omdat dit Sy verkiesing was. Die Bybel vertel ons duidelik Jesus het gekom om sondaars te roep, en nie dié wie opreg lewens gelewe het nie. Mensdom as afstammeling van Adam is gebore sondaars. David het ook oor hierdie feit gepraat, waar hy in ongeregtighede gebore was en in sonde het sy moeder hom ontvang. “Kyk, in ongeregtighede is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang” (Psalms 51:7). Mensdom is gebore sondaars vanweë die sondes van sy voorouers. Dus, almal wie in hierdie wêreld gebore is, is onwetend ’n sondaar, gedra homself as ’n sondaar en dra vrugte van sonde. ’n Kind wie nog nie een enkele sonde gepleeg het nie, is alreeds ’n sondaar omdat hy van die saad van sonde gebore was. Hy het slegte gedagtes, owerspel, hebsug en moord in sy hart. Hy was gebore met sy voorouers se sonde. ’n Mens is ’n sondaar selfs voor hy gebore word. Die rede hoekom God ons swak gemaak het, is soos volg: Mensdom is God se skepping; Hy het ons vooraf beplan om ons Sy kinders te maak en ons te red van ons sondes. Dit is hoekom Hy toegelaat het vir Adam om sonde te pleeg. As gevolg van hierdie situasie het ons almal sondaars geword, maar God het Jesus na hierdie wêreld gesteur, en toegelaat dat Sy eniggebore Seun die wêreld se sondes deur Sy doop weggeneem. God se bedoeling was om die mensdom te red deur die doop van Jesus en Sy bloed aan die Kruis, asook hulle krag te gee om Sy kinders te word deur om in Jesus te glo. Hy het Adam toegelaat om sonde te pleeg, met die belofte dat Hy die wêreld se sonde sal wegneem deur Christus. Sondaars wie in valse dogmas glo sê, “Kyk na Jakob en Esau. Hy het een uitverkies en die ander broer verwerp sonder enige rede” God het ons nie onvoorwaardelike uitverkies nie, maar ons is uitverkies in Christus Jesus. Om versekerdheid te kry behoort ons net in die geskrywe woorde in die Bybel te lees. Romeine 9:10-12 sê, “En nie alleen dit nie, maar ook Rebekka was swanger uit een, naamlik Isak, ons vader. Want toe die kinders nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie – dat die voorneme van God volgens die verkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie, maar uit Hom wat roep.” God het Jakob uitverkies in Jesus. Jakob was ’n voorbeeld van sondaars wie onwaardig is van hul eie regverdigheid. Efesiërs 1:4 sê, God het ons in Hom uitverkies. Wie het God geroep? Hy het Jakob geroep omdat hy geweet het hy ’n sondaar en onregverdig voor God was alhoewel hy op God vertrou het. Hy het Jakob in die naam van Sy eie Seun Jesus geroep en hom gered met die evangelie van die water en die bloed, om sodoende hom sy kind te maak. In hierdie manier het God Jakob uitverkies en hom geseën met die verlossing. Hy het sondaars geroep om hulle regverdig te maak deur die redding in Jesus. Dit is God se plan.
DIE VALSE DOGMA VAN ONVOORWAARDELIKE UITVERKIESING
Hoekom het God Jakob lief gehad?
Omdat Jakob sy onregverdigheid erken het.
Ek het onlangs ’n boek gelees’ oor ’n storie van onvoorwaardelike uitverkiesing. Die storie gaan oor ’n jong man wie ’n droom gehad. In sy droom het ’n ou vroue vertoon en vir hom gesê om na ’n sekere plek te gaan, hy het toe na hierdie plek gegaan. Daar het hierdie vrou hom vertel dat God hom uitverkies het. Hy het toe die ou vrou gevra hoe kon God hom uitverkies, omdat hy het nie eers in God geglo nie? Sy het hom vertel dat God hom onvoorwaardelik uitverkies ondanks sy ongelowigheid? Hierdie storie is absurd en onjuis. Hoe is dit moontlik vir God om mense in die hel willekeurig te verwerp, en vir die ander verlossing te skenk? God het almal uitverkies in Jesus. Alle teologiese uitverkiesing teorieë wat Jesus uitsluit is vals. Maar tragies is daar nog baie leerstellings en dogmas wat aandring dat God slegs sommige van ons vir Homself uitverkies het. Dit is nie waar nie. God wil almal in Jesus red. Onthou alleenlik diegene wie weier om in die verlossing van die water en die Gees in Jesus te glo, sal nie gered word nie. God het mensdom deur Sy Seun Jesus gepredestineer vir verlossing, en Hy van plan om ons Sy kinders’ te maak selfs voor die grondlegging van die wêreld. Hy het vooraf beplan om ons van die sonde van die wêreld te red. Hierdie is die waarheid soos dit in die Bybel geskrywe is. Al die regverdiges wie in Christus wedergebore is, is die uitverkorenes. Maar teoloë dring aan dat God net sekere van ons uitverkies het. Hulle sê, Bv. Boeddhis monnike is mense wie God nie uitverkies nie. Maar God het ook hulle in Jesus uitverkies. Sou God net sommige mense onvoorwaardelik uitverkies sonder Jesus, sou dit nie nodig gewees het om die evangelie te verkondig nie. Sou God beplan het om net weinig onvoorwaardelik uitverkies sonder Jesus, sou sondaars nie nodig gehad het om in Jesus te glo. As dit die geval was kon Sy woorde van Liefde, Waarheid en Verlossing nie vervul geword het? En sou daar geen rede gewees het vir die dienaars van God om die evangelie in die wêreld te preek? Maak dit sin dat God alreeds onvoorwaardelik die regverdiges uitverkies het en die res van mensdom te verdoem sonder Jesus? Die rede hoekom God vir Jakob in Jesus uitverkies het, en die rede hoekom Hy vir Jakob lief gehad het en vir Esau gehaat het, is dat Hy alreeds voorheen geweet het voordat Jakob geskape was dat hy sou in Jesus geglo, en dat Esau ’n ongelowige mens uitgedraai het. Daar is baie sondaars in hierdie wêreld wie in Jesus glo. Baie van hulle is gelyke aan Esau, en die ander soos Jakob. Hoekom het God vir Jakob liefgehad? Jakob was onregverdig maar hy het sy onwaardigheid erken. Daarvoor het hy erken dat hy voor God ’n sondaar was en dus vir Sy genade gevra. Dit is hoekom God Jakob gered het. Maar Esau het op homself vertrou en het nie gehonger en gedors na die genade van God nie. Sodoende het God gesê dat Hy vir Jakob liefgehad en vir Esau het Hy gehaat. Hierdie is die woord van waarheid. God het almal van ons in Jesus gepredestineer vir verlossing. Al wat sondaars behoort te doen is om in Jesus te glo. As hulle dit doen sal God se Waarheid en Geregtigheid in hulle harte gevestig word. Ons as sondaars kan niks doen maar om te glo met ons hele hart dat Jesus ons volkome gered het. Al wat ons moet doen is om in die volkome verlossing wat deur Jesus vir ons gedoen het te glo.
DIE VALSE GELEIDELIK HEILIGMAKING TEORIE
Is dit waar dat ’n sondaar geleidelik regverdig kan word?
Nee. Dit is onmoontlik. God het een maal vir almal sondaars regverdig gemaak sonder gebrek deur die Verlossing van Sy doop en Sy sterwe aan die Kruis.
Satan bedrieg sondaars met die geleidelik heiligmaking teorie sodat hulle nie van hulle sondes gered kan word nie. Geleidelik heiligmaking beteken sondaars word geleidelik meer heiliger nadat hulle in Jesus begin te glo. Hierdie teorie gaan soos volg. Sondaars kan nie eenmaal regverdig word nie, maar word slegs gered van hulle oorspronklike sondes wanneer hulle in Jesus glo. Ons daaglikse sondes word deur belydenis gebede weggeneem en ’n mens word geleidelik heilig. Die kern van hierdie teorie is geleidelik heiligmaking. Dit klink wonderlik vir ’n mens om in Jesus te glo en geleidelik ’n heilige Christen word. Hierdie teorie het baie Christene oor die jare bedrieg en hulle laat veilig voel. Dit is die hoof rede hoekom daar so baie eiegeregtigheid Christene in Christendom is. Hulle dink eendag sal hulle in ’n vink verander word en nie meer sonde pleeg nie. Maar hulle leef hul lewens uit as sondaars en sal as sondaars voor God veroordeel word nadat hulle gesterwe het. Lees die ware woord in die Bybel. Romeine 8:30 sê, “En die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en dié wat Hy geregverdig het, die het Hy ook verheerlik.” En in vers 29, “Want dié wat Hy vantevore geken het, die het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van Sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders.” Op eerste oogopslag lyk dit asof daar stappe is om regverdig te word wanneer ons hierdie vers lees. Maar die Skrif vertel ons duidelik dat ons eenmaal eens en vir altyd regverdig geword het. “En die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig.” Jesus het sondaars geroep en hulle regverdig gemaak deur Sy doop in die Jordaan en Sy dood aan die Kruis. Daarvoor die één wie in die verlossing van Jesus glo word ’n verheerlikte kind van God. Dit is die Genade van God om sondaars te red en hulle te verheerlik in hierdie Naam. Dit is wat God ons vertel. Maar sommige Christene vertel ons om goed na Romeine 8:30 te kyk omrede “Daar is stappe na die heiligmaking. Beteken dit nie ons word geleidelik geheilig?” Dit is hoe hulle mense bedrieg. Hulle vertaal hierdie vers in die toekomende tyd, waar sondaars oor tyd regverdig word. Maar die Bybel vertel ons duidelik dat dit is nie in toekomende tyd nie, maar in die perfekte verlede tyd waar ons eenmaal eens en vir altyd regverdig geword het. Daar is ’n presiese en duidelike verskil tussen die toekomende tyd konsep en die van perfekte verlede tyd. Ons behoort die hele Bybel en in al sy woorde te glo. Volgens wat geskrywe is, kan ons kinders van God eenmaal vir altyd word. Hierdie in beslis heeltemal verskillend van die valse geleidelik heiligmaking teorie. Die geleidelik heiligmaking teorie sê slegs oorspronklike sonde is vergewe wanneer ons in Jesus begin glo. Hierdie stelling suggereer dat ons behoort ’n godsdienstige lewe te lewe en belydenis gebede vir ons sondes elke dag te doen, sodat wanneer ons voor God staan sal ons regverdig word? Omdat die meerderheid in hierdie valse teorie glo, is hulle nog sondaars selfs nadat hulle in Jesus begin te glo het. Dit in hoekom die geleidelik heiligmaking teorie ’n onjuiste mensgemaakte leerstelling is. Die Bybel vertel ons duidelik ons word deur geloof regverdig en kinders van God. Net soos babas in die wêreld gebore word, word kinders van God geheilig wanneer hulle besef dat hulle werklik in die verlossing van Jesus glo. Die valse geleidelik heiligmaking teorie het van leuens ontaard.
DIE VOLMAAKTE VERLOSSING VAN ALLE SONDE
Wat moet ons doen om volmaak geheilig te word?
Om in die verlossing van die water en die Gees te glo.
Romeine 8:1-2 sê, “Daar is dan geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.” Hierdie vers vertel ons dat God sondaars regverdig gemaak het en almal verlos wie na Jesus gekom het deur die wet van sonde en die dood. Die Bybel vertel ons oor die volmaakte verlossing in Hebreërs 9:12. “Ook nie met die bloed van bokke en kalwers nie, maar met sy eie bloed, een maal ingegaan in die heiligdom en ’n ewige verlossing teweeggebring.” Hierdie vers beteken ons wie in Jesus glo is volmaak verlos en in die hemele toegelaat. Ons wie gered was het die evangelie van die verlossing van die water en die Gees in Christus Jesus gehoor dit in die Bybel bevestig en dit met ons hele hart geglo, en dus is ons van al ons sondes vergewe. Maar sondaars wie glo dat hulle slegs van hulle oorspronklike sonde vergewe was is nie waarlik gered nie. Om van hul sondes gereinig te word nadat hulle in Jesus begin te glo, is hulle oortuig deur hulle valse dogmas om berouvolle belydenis gebede aan God te bid vir die vergifnis van die sonde wat hulle elke dag pleeg. Hierdie misgeleide geloof lei hulle direk na die hel toe. Hierdie verkeerde geloof veroorsaak die berouvolle belydenis gebede wat hulle elke dag bid om hul selfde te bevry van alle ongeregtighede? Hierdie is nie die ware geloof wat ons van die hel red nie. Sou hulle in Jesus geglo en eenmaal vir altyd verlos geword het, sou hulle regverdig en ’n kind van God geword het. Ware verlossing maak gelowiges eens en vir altyd regverdig en verander hulle in die kinders van God. Selfs word gelowiges verlos van die sonde van die wêreld, word hulle vlees nie verander nie tot op die dag van hulle sterfte. Maar hulle harte is deurweek met die regverdigheid van God. Ons moet nooit hierdie feit misverstaan nie. Die Bybel vertel ons dat ons word geheilig en regverdig wanneer ons in Sy evangelie met ons hele hart glo. Laat ons Hebreërs 10:9-14 bekyk om die ware evangelie te sien. “Hy het daarna gesê: Kyk, Ek kom om u wil te doen, o God. Hy neem die eerste weg om die tweede te stel. Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, net een maal. En elke priester staan wel dag vir dag om die diens waar te neem en dikwels dieselfde slagoffers te bring wat tog nooit die sondes kan wegneem nie; maat Hy het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan die regterhand van God, en wag nou vêrder totdat sy vyande gemaak is ’n voetbank van sy voete. Want deur een offer het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word.” Let op, hierdie is geskrywe in die perfekte huidige tyd en nie in die toekomstige tyd nie. Om volmaak geheilig te word behoort mense in die verlossing van die water en die Gees te glo wat Jesus aan ons gegee het.
JESUS HET DIE EWIGE REDDING EENMAAL VIR ALMAL VERGUN
Hoekom is iemand geregtig om verheug en altyddeur bly te wees? (1 Thessalonicense 5:16)
Omdat Jesus al sy sondes weggeneem het, en hy is nederig en dankbaar voor Hom vir Sy Groot Genade.
As ons in die ewige redding van Jesus glo, sal ons eens en vir altyd regverdig word. Die Bybel sê, “Wees altyddeur bly. Bid sonder ophou. Wees in alles dankbaar” (1 Tessalonisense 5:16-18). Wees altyddeur bly. Hoe is dit moontlik vir iemand om altyd bly te wees? Hy wie die ewige redding eens en vir altyd ontvang het kan altyddeur bly wees. Omdat hy bevry van sonde is; is hy veilig in die wete dat Jesus al sy sonde in die Jordaan weggeneem het. Hy het dus nederig voor Hom geword en dankbaar vir Sy Genade, en kan dus verheug en bly wees sonder ophou. “Welgeluksalig is hulle wie se ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is” (Romeine 4:7). Hierdie vers beteken nie dat ’n mens se sonde bedek is ondanks die feit dat daar nog sondes in sy hart is. Sy hart was gereinig van sonde. Jesus het al sy sondes weg gewas en hom eens en vir altyd gered. Hierdie ‘ewige redding’ word in die Nuwe Testament blootgestel wanneer Jesus gedoop was en waar Hy hierdie woorde gesê, “Laat dit nou toe, want so pas dit ons om alle geregtigheid te vervul” (Mattheüs 3:15). Net soos bokke of skape die mens se sonde weggeneem het deur die gelê op van hande in die Ou Testament, het Jesus die wêreld se sondes op Homself geneem en die mensdom gereinig in die mees billik en paslike manier. Jesus het gesê, “Want so pas dit ons om alle geregtigheid te vervul”. Jesus was gedoop in die mees paslike manier en die mensdom se sondes op Homself geneem, en in hierdie manier het Hy die mensdom gered. In Mattheüs 3:15 word geskrywe waar Jesus die wêreld se sondes weggeneem en Godse Regverdigheid was deur dit volbring. Ons behoort nie hierdie ewige redding van verlossing probeer te ontleed en te verstaan nie. Ons moet dit net neem en dit glo as die woord van verlossing. “Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe, wie se sonde bedek is.” (Psalms 32:1). Jesus het al die sonde en ongeregtighede van ons harte en die vlees weggeneem wanneer Hy deur Johannes die Doper in die Jordaan rivier gedoop was. Hy was veroordeel vir hierdie sondes wat ons in hierdie korrupte en verslegte wêreld gepleeg het. Nadat Hy al ons sondes weggeneem het, het Hy aan die Kruis gesterwe. Enige iemand wie in hierdie redding van verlossing van sonde glo kan een maal eens en vir altyd regverdig word. Omdat Jesus in ewige tyd lewe, almal wie in hierdie verlossing van Christus glo, bly regverdig. Ons kan nou met vertroue voor God staan en vir Hom sê, “Hoe gaan dit Here? Ek glo in U eniggebore Seun Jesus Christus, en ek is ook U seun. Dank U, Vader. Dank U dat U my aangeneem het as U seun. Dit is nie deur my eie werke nie, maar slegs deur my geloof in die wedergeboorte van die water en die Gees. U het my van die wêreld se sonde en onregtighede gered. Ek glo wat U gesê het, “Want so pas dit ons om alle geregtigheid te vervul” (Mattheüs 3:15). Deur die doop van Jesus en Sy Kruis het ek U seun geword. Daarvoor is ek baie dankbaar.” Het u al u sondes op Jesus verplaas? Het Hy al jou sondes weggeneem? Die Bybel vertel ons, danksy vir die doop van Jesus en Sy dood aan die Kruis, kan sondaars nou geheilig word as hulle in al Sy werke glo.
DIE VERHOUDING TUSSEN DIE DOOP VAN JESUS EN DIE VERLOSSING
Wat is die verhouding tussen die doop van Jesus en die verlossing?
Die doop van Jesus is die teëbeeld van verlossing soos dit in die Ou Testament deur die op lê van hande geprofeteer was.
Verbeel jou ’n persoon wie in Jesus glo maar met nog sonde in sy hart in kerk bid, “Liewe God, vergewe my asseblief vir die sonde wat ek laaste week gepleeg het. Vergewe my vir die laaste drie dae sonde wat ek gepleeg het. O Here, vergewe my vir my daaglikse sonde. Ek glo in U Jesus.” Laat ons aanvaar hierdie persoon is van sy daaglikse sonde vergewe deur sulke gebede. Maar agterna keer hy terug na sy daaglikse se lewe en pleeg weer sonde. Sal hy al weer ’n sondaar word? Dit is onsin om so te dink. Jesus het die Lam van God geword en alle sonde en ongeregtighede van sondaars weggeneem deur Sy doop en hulle verlos deur om aan die Kruis vir hulle te sterwe. Om volmaak verlos te word, behoort sondaars in die volgende waarheid te glo: Jesus het die wêreld se sonde weggeneem wanneer Hy deur Johannes die Doper gedoop was, en deur hierdie daad was God se regverdigheid vervul. Al die wêreld se sondes was inderdaad weg gewas. Wie ook al in hierdie waarheid glo is verlos. Soos dit in Mattheüs 3:13-17 geskrywe word, “Want só” was Jesus in hierdie manier deur Johannes die Doper gedoop en dus die Saligmaker vir alle gelowiges geword. Die evangelie van waarheid vertel ons duidelik dat Jesus die wêreld se sondes eenmaal en vir altyd weggeneem. Maar die valse teologie vertel ons dat ons elke dag verlos moet word. Watter een behoort ons te glo? Is ons inderdaad eens en vir altyd verlos, of word ons elke dag verlos? Dit is duidelik dat Jesus ons eens en vir altyd gered het. Die ware geloof voor God is geloof in die verlossing van die water en die Gees. Let op, hulle wie glo ons moet elke dag van ons sondes vergewe word, sal nooit verlos word nie! Hulle behoort te weet die ware verlossing kom van geloof in Jesus waar Hy deur Sy doop en dood aan die Kruis ons eens en vir altyd ons van ons sondes verlos het. Al wat ons moet doen is om God te bedank en in hierdie ware evangelie te glo. Maar mense wie met hul misgeleide geloof dring aan dat ons slegs van ons oorspronklike sondes verlos was, en dus behoort ons elke dag van ons werklike sondes vergewe word, en “geleidelik” geheilig word. Dit is belaglik! Die doop van Jesus en Sy sterwe aan die Kruis het die vergifnis van sonde eens en vir altyd volbring. Dit is die waarheid. Ons sondes moes op Jesus verplaas word, en ook was Hy verplig om deur Johannes die Doper gedoop te word, asook om aan die Kruis te sterwe om ons in hierdie manier volkome te red. Om altyd aan God te sê “vergewe my” nadat ons gesondig het pas nie by die Regverdigheid van God nie. Die wet van God sê duidelik, die loon van die sonde is die dood. Ons behoort te weet dat God is Regverdig en Heilig. Almal wie aanhou aan God bid, “Ek is jammer, vergewe my asseblief” nadat hulle gesondig het dra geen kennis van die Regverdigheid van God nie. Hulle bid vir vergifnis, maar eintlik verseker hulle slegs hul gewetes. Ek vra u dus, is dit reg om elke dag te sondig en om jou gewete te verseker, aanhoudend belydenis gebede aan God te bid? Die enigste manier om volkome verlos van sondes te word is om in die doop van Jesus en Sy bloed aan die Kruis te glo. Ons moet dít met ons hele hart glo. Dit is die enigste manier om die veroordeling van God te verhoed. Laat ons nou meer aandag gee oor die verlossing van sonde. Hebreërs 9:22 sê, “En byna alles word met bloed gereinig volgens die wet, en sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie.” Volgens die regverdige Wet van God, behoort sondes gereinig te word met bloed, en sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie. Hierdie is die regverdige Wet van God. Sonder om die loon van die sonde te betaal, vind daar geen vergifnis plaas nie. Die wet van God is regverdig. Jesus was deur Johannes die Doper gedoop en Sy bloed aan die Kruis vergiet om ‘ons sondaars’ te verlos. Hy het al ons ongeregtighede weggeneem deur Sy doop en aan die Kruis Sy bloed gestort om die loon van hierdie sonde te betaal. Hy het inderdaad die loon vir hierdie sonde betaal.
Is verlossing eens en vir altyd gegee, of elke dag?
Eens en vir altyd. Jesus het die sonde van sondaars weggeneem deur Sy doop.
In Mattheüs 3:15 is daar ’n gebeurtenis waar Jesus in die mees paslike manier gedoop was. Hy het al ons sondes weg gewas deur Sy doop en het Hy aan die Kruis gesterwe om ons van die wêreld se sondes te red. Om vir Hom elke dag vergifnis te vra sou dieselfde wees as Hom te vra om weer na die wêreld terug te keer en weer aan die Kruis te sterwe. Ons behoort die regverdige wet van God deeglik te verstaan. Jesus het nie nodig om keer op keer op keer oor en oor ons van sondes te verlos nie. God beskou hulle wie as parmantig wie oor en oor vir vergifnis vir sy werklike sondes vra. “Hierdie parmantige dwase mense! Hulle vra vir My Seun Jesus om weer ’n keer gedoop te word en aan die Kruis te sterwe! Hulle glo in die verlossing van Jesus maar nog roep hulle hul selfde sondaars! Ek sal hulle met My regverdige Wet veroordeel en almal van hulle in die hel verwerp. Vra jy My of Ek gewillig is om My eie eniggebore Seun twee keer laat sterwe? Vra u My dat Ek My Seun weer dood te maak vir jou daaglikse sondes, dit is absurd! Ek het alreeds My eniggebore Seun dood gemaak om eens en vir altyd jou te red van die sonde van die wêreld. Dus, moet nie my toorn opwek om my oor en oor vergifnis vir jou daaglikse sondes te vra nie, glo net in die evangelie van die verlossing van die water en die Gees wat Ek vir julle gegee het.” Jesus vertel aan almal wie nog sonde in hul harte het om ’n kerk te soek waar die ware evangelie verkondig word, en hulle valse geloof opgegee en die ware verlossing te ontvang om deur die onjuis met die ware geloof te oorwin. Hierdie in die tyd om waarlik gered te word om in Sy evangelie met u hele harte te glo. Glo u?
DIE RESULTAAT VAN GELOOF WAT NIE IN DIE WAARHEID IS NIE, MAAR IN WERKE
Hoekom versuim meeste Christene om ’n volgehoue getroue lewe te leef?
Omdat hulle staat maak op eie werke.
Selfs sondaars wie in Jesus glo maar nog nie verlos is nie mag vir 3 of 5 jaar helder skyn. Hulle is entoesiasties in die begin maar hulle geloof verminder met tyd. Sou u in Jesus glo deur eie werke, sal jou entoesiasme ook binnekort verdwyn. Die blind kan nie sien nie. Om te sien vertrou hulle op hulle ander geeste vermoëns en stapel op kennis in hierdie manier. Wanneer hulle tot trane beweeg word, word dit misgis as ’n teken van verlossing. Ware verlossing is nie emosies of gevoelens nie. Die geestelike blind poog om hulle eerste liefde te herwin om nuttelose herlewing dienste bytewoon, maar al wat hulle probeer doen kan hulle nie hierdie gevoelens weer terug herwin nie. Verlossing van sonde is ook eweneens onmoontlik te bereik. Sou hulle vanaf die begin akkuraat geglo het, sou die verlossing en Sy Genade meer helder geskyn het soos die dae verby gegaan. Maar onjuiste verlossing skyn slegs in die begin en verloor sy glans soos die dae verby gaan. Die glans of entoesiasme verdwyn spoedig omdat die geestelike blind het versuim om na die ware evangelie in die begin te luister. Skynheilige skrifgeleerdes en Fariseërs dra hul swart Bybels onder hulle arms, memoriseer die Onse Vader en die Apostel se geloofsbelydenis, weet waar al die swart letters op wit papier is in die Bybel en bid al die tyd. Hulle word uitverkies en word in die kerk bevorder en is emosioneel opgesweep, maar hulle sonde hoop op, en in die einde word hulle deur God verwerp. Van buite af is hulle met skitterend wit pleister opgemaak van godsdienstige ywerige geesdrif, maar binne-in hul geeste vrot hulle van die sonde. Hierdie is die resultaat van geloof wat nie in die waarheid is nie maar in ’n godsdiens gebaseer op werke.
ONS WORD REGVERDIG DEUR GELOOF
Was verlossing van sondes in die wêreld al vervul?
Ja. Dit was vervul deur die doop van Jesus en Sy dood aan die Kruis.
Laat ons Hebreërs 10:16-18 lees. “‘Want nadat Hy tevore gesê het: Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit ná dié dae, spreek die Here vêrder: Ek sal my wette gee in hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe, en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit weer meer dink nie. Waar daar nou vergifnis van hierdie dinge is, is daar geen offer meer vir die sonde nie’” Noudat ons verlos is deur die water van Jesus’ se doop en Sy bloed aan die Kruis, het ons nie meer nodig om van ons sondes te versoen nie. Dit mag vir u vreemd klink wanneer u dit vir die eerste keer hoor, maar u moet besef dit is in ooreenstemming met die Woord. Is hierdie woorde die woorde van die mens? Die Bybel is die beginpunt en die loodlyn om alles te meet. “Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit na die dae, spreek die Here vêrder: Ek sal my wette gee in hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe.” Hoe voel u nadat u verlos geword het? Noudat u hart bevry is van sonde, voel u nie verfris nie. U het dus ’n regverdig persoon geword en gekwalifiseer om in die lig te lewe. Die Here sê in Hebreërs 10:17 “en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit weer meer dink nie.” Hy vertel ons dat Hy sal nie meer die sonde en ongeregtighede van die verlostes onthou nie. Hoekom? Omdat Jesus in die mees paslike manier gedoop was, “Want só.” Nadat Hy die wêreld se sondes weggeneem het, was Jesus veroordeel in plaas van almal wie in Hom glo. Noudat Hy vir ons sondes betaal het, mag ons hulle onthou maar mag nie skuldgevoelens oor hulle te worstel nie. Ons het nie nodig om vir die loon van ons sones te sterf nie, omdat Jesus al ons sondes weg gewas en Sy bloed aan die Kruis gestort het vir ons. Hebreërs 10:18 sê, “Waar daar nou vergifnis van hierdie dinge is, is daar geen offer meer vir die sonde nie.” Hierdie vers beteken dat Hy die sonde van die wêreld uitgewis. Dit beteken ook, almal wie in Jesus wedergebore is, het nie langer nodig om enige offering vir sonde te maak nie. “O God, vergewe my asseblief. Die rede ek in Jesus glo en nog ’n ellendige lewe leef is omdat dat ek nog nie verlos is nie. Ek is ’n Christen maar my gedagtes is heeltemal vrot met sonde.” Ons het nie nodig om so te bid nie. Sondaars pleeg sonde sonder dat hulle dit eers herken nie. Hulle weet nie wat sonde is nie omdat hulle dra geen kennis van God se Wet van Waarheid nie. Hulle weet slegs dat hulle behoort nie sonde in hulle gedagtes te pleeg nie maar weet nie wat dit eintlik is om voor God sonde te pleeg. God het duidelik vir ons uitgewys dat dit ’n vreeslike sonde is om nie in Jesus te glo nie. In Johannes 16:9 bevestig Hy wat dit is om voor God te sondig. “Van sonde, omdat hulle in My nie glo nie.” Dit is ’n sonde voor God om nie in Hom te glo nie. Johannes 16:10 sê wat geregtigheid eintlik is. “En van geregtigheid, omdat Ek na My Vader gaan en julle My nie meer sal sien nie.” In ander woorde, Jesus het alreeds hierdie wêreld verlos van sonde, en dus het Hy nie nodig om ons vir die tweede keer te verlos met ’n tweede doop en ’n dood aan die Kruis nie. Hy het almal wie in die verlossing glo geroep om hulle te regverdig en heilig te maak. Verlossing in hierdie wêreld was volbring deur Sy doop en dood aan die Kruis. Geen ander verlossing is nodig om sondaars te verlos nie. “En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie” (Handelinge 4:12). Jesus het na hierdie wêreld neergedaal, was deur Johannes die Doper gedoop en aan die Kruis gesterwe om sondaars te verlos. Glo dit diep in jou hart en word gered. Jesus het u geheilig deur die water en die Gees. Jesus het al die sonde van die vlees deur die water en die Gees weggevee. Ons is gered deur geloof. Sou ons in hierdie waarheid glo, en in die evangelie van Jesus Christus glo, word ons regverdig eens en vir altyd. Die doop van Jesus en Sy dood aan die Kruis; hierdie twee is die fundamentele waarheid.
VERSE WAT SONDAARS GEBREUK AS HUL SKUILPLEK
Kan ons verseker verlos word deur belydenis gebede of is ons alreeds verlos?
God het verlossing van sonde eens en vir altyd vergun.
1 Johannes 1:9 is hierdie vers, “As ons; ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtighede te reinig.” Dit sou lekker gewees het as ons slegs ons sondes deurgaans kon bely om werklik vergifnis te ontvang. Met hierdie vleeslike idee het sommige voorstander teoloë voor die dag gekom met ’n nuwe dogma of leerstelling. Met hierdie valse dogma het hulle aangedring dat mense behoort hul daaglikse sonde deurgaans te bely om vergifnis te ontvang? Is hierdie nie gerieflik nie? Maar Jesus het nooit gesê ons sou vergewe word elke keer as ons voor Hom ons daaglikse sondes bely nie. Kan ons werklik vergewe word om hierdie eenvoudig berouvolle gebede te bid om verlos te word, of is ons alreeds volkome verlos? In watter stelling glo u in? Mense wie in hierdie valse dogma glo, verkondig ’n boodskap waar mense vergewe kan word elke keer of enige tyd wanneer hulle gesondig het, maar die feit bestaan, sonde bly agter in hulle harte omdat hulle nie die ware woorde van verlossing weet of weier om dit te aanvaar nie. Vir hierdie rede behoort ons Sy woorde van verlossing in ag te neem en dit te gebreuk om te onderskei tussen die waarheid en valsheid ondanks wat ook al ons oor die saak vertel was. Sondaars het 1 Johannes 1:9 heeltemal verkeerd verstaan. Met hierdie verkeerdelike verstanding dink hulle hierdie vers beteken ‘vergifnis van ons daaglikse sonde.’ Laat ons nou hierdie woorde sorgvuldig en stadig lees. “As ons; ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtighede te reinig.” Dink u ons was slegs van ons oorspronklike sondes verlos, en behoort ons; ons daaglikse sondes bely sodat Hy die Getroue en Regverdiger dit kan vergewe? Hierdie stelling is slegs misgeleide gedagtes wat op swak vleeslike fondasies gebou was. Hierdie valse dogma en al sy aanhangsels word duidelik blootgestel wanneer ons in die doop en bloed van Jesus begin glo. Alle ongeregtighede en sonde was ’n baie lank tyd gelede weg gewas met Sy doop en bloed aan die Kruis. Om volgens die Gees te glo en in misgeleide gedagtes te glo is twee verskillende dinge. Almal wie volgens hulle eie gedagtes hul geloof uitleef het dit nodig om hul daaglikse sondes weg te was, maar diegene wie in die verlossing van die water en die bloed glo weet hulle was eens en vir altyd verlos deur die doop en bloed van Jesus Christus. Almal wie in hierdie valse leerstelling glo waar belydenis gebede gedoen moet word vir daaglikse sondes om verlos te word, pleeg ’n verskriklike sonde voor God omdat hulle nie in die verlossing deur die doop en bloed van Jesus glo nie. Is u eens en vir altyd deur die doop en bloed van Jesus al verlos? Almal wie nog nie verlos is nie probeer om hulle verlossing te ontvang deur om hul daaglikse sondes te bely. Hierdie probleem word nie opgelos nie, weens die sondes wat hulle in die toekoms sal pleeg. Hulle mag probeer om hulle toekomstige sondes vooruit te bely. Maar om dit te doen wys hulle ’n gebrek van geloof in Jesus. Daarvoor is hierdie mense blind vir die evangelie van verlossing. Jesus het ons eens en vir altyd van sonde verlos deur Sy doop en bloed, en die veroordeling op Homself geneem. Ons word volkome verlos om eenvoudig in Hom in hierdie manier te glo. Sou u van mening wees dat u; u toekomstige sondes moet bely om gered te word, is u dieselfde soos die ongelowiges wie geen kennis dra van die wedergeboorte van die water en die Gees nie. Sondaars kan nie verlos word deur belydenis gebede nie. Daarvoor sou u eerlik voor God bely, “Ek is ’n sondaar wie nog nie van my sondes verlos is nie,” en dan u valse dogmas opgee en sorgvuldig luister na die verlossing van Sy doop en dood aan die Kruis en in dit met u hele hart glo, sal God u verlos van al u sonde en ongeregtighede. Maar sou u weier om in Sy evangelie van verlossing te glo en uself uitdagend wegsteek onder die valse belydenis gebede, sal u verseker die verskriklike Oordeeling ontvang wanneer Jesus na die wêreld terugkeer as die Regverdige Regter. Almal wie nie in die evangelie van verlossing naamlik die evangelie van die water en die Gees glo nie sal beslis veroordeel word. Sou hulle deurgaans agter hulle belydenis gebede skuil, sal hulle die verskriklike Oordeeling ontvang. Dus, vriende moet nie dwaas wees nie om vir die Laaste Oordeel Dag te wag. Glo nou in Sy geseënde evangelie van die water en die Gees.
DIE EGTE BELYDENIS EN DIE WARE GELOOF
Wat is die egte belydenis vir ’n sondaar?
Om te bely dat hy nog sonde het en sal hel toegaan tensy hy nie in die ware evangelie glo nie
God het ons eens en vir altyd verlos. Hier is ’n storie om te illustreer wat ek so vêr probeer om te sê. Laat ons verbeel ’n Noord Koreaanse spioen het na die Suide gekom. Hy sien vir die eerste keer in sy lewe hoe voorspoedig ons is, en besef dat hy al die tyd bedrieg was, en besluit om homself opgegee. Nadat hy na die naaste polisie stasie gegaan het, sou hy die volgende gesê, “Ek is ’n spioen van die Noorde,” of “Ek het na die Suide gekom om so en so te vermoor, en dit of dat met plofstof opgeblaas, en het alreeds daardie installasie vernietig, maar nou gee ek myself op. Daarvoor is ek nie meer ’n spioen nie.” Is dit ’n egte belydenis? Sou hy eg was, al wat hy moes gesê het was, “Ek is ’n spioen.” Hierdie eenvoudige verklaring impliseer alles, naamlik dat hy ’n slegte persoon is en moet veroordeel word. Met hierdie eenvoudige verklaring, ondanks die opdrag wat hy gehad het, sal hy vergewe word. Net so, sou ’n sondaar voor God bely, “Ek is ’n sondaar en nog nie verlos is nie. My bestemming is die hel en sal veroordeel te word as U my nie red nie. Red my asseblief”, en daar sonder enige valse dogmas in Jesus glo, sal Hy verlos word. Jesus was inderdaad gedoop en Sy bloed vir ons vergiet, en al wat ons moet doen is om in die verlossing deur Hom te glo om volkome gered te word. Openbaring 2:17 sê, “Ek sal hom gee ’n wit keursteen, en op dié steen ’n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang.” Die Bybel sê duidelik alleenlik diegene wie die ware evangelie in sy hart glo sal die egte naam van Jesus weet. Alleenlik diegene wie eens en vir altyd verlos is ken die geheim van hoe om regverdig voor God te word. Hy wie dit nie weet nie sal nog steeds ’n sondaar wees ondanks sy daaglikse belydenis gebede. Om te bely beteken nie om elke dag vir vergifnis te vra nie. Selfs sou iemand ’n Christen vir 10 jaar gewees het, sou hy nog steeds ’n sondaar wees ondanks die feit dat hy God se vergifnis elke dag vra. Hy sal steeds nog nie ’n kind van God wees nie. Om waarlik gered te word behoort hy te bely dat hy ’n blote sondaar is, en daarna in die verlossing van Jesus te glo. Hierdie is die ware geloof.
OM Ń LYS VAN U SONDE TE MAAK IS NIE WAT 1 JOHANNES 1:9 ONS VERTEL OOR BELYDENIS NIE
Behoort ons ons sondes elke dag bely, of slegs eenmaal om gered te word?
Slegs eenmaal
Kan ’n dief en ’n moordenaar sy dade bely en verlos word? Sondaars word nie vergewe net omdat hulle hul sondes bely het. Hulle kan slegs verlos word deur die geseënde evangelie van die wedergeboorte van die water en die Gees in Jesus. Sommige misgeleide Christene bid hul belydenis gebede soos volg: “Liewe God, ek het vandag woorde met iemand gewissel. Ek voel sleg omtrent dit en ook deur dit teen U gesondig. Ek het iemand bedrieg. Ek het ook iets gesteel.” Sou hy so aangegaan, sou God vir hom sê, “Wees stil, sondaar! Wat daarvan!” “Asseblief Here, luister vir my. U het vir ons gesê om ons sonde te bely. Ek smeek vir U Genade.” Hierdie tiepe van gebede is nie wat God wil hoor nie. Hy wil gebede van mense wie in die verlossing van die water en die Gees hoor, naamlik diegene wie hulle sondes erken en in die evangelie van hoe om waarlik wedergebore te word te glo. Augustine het gesê hy het sy sonde bely nadat hy aan sy moeder se borste gesuig het. Hy het gedink hierdie soort van belydenis sou hom na die koninkryk van die hemele lei. Ons kan maar net oor dit lag. Net om u sondes te bely sal nie die ding doen nie. God sê, “Wees net stil en vertel My net of u gesondig het. As u wel sonde gepleeg het, hou dan op om oor dit te praat. Jy het heeltemal verkeerd geglo tot nou toe, gaan na ’n kerk waar hulle die waarheid verkondig. Glo in die evangelie van verlossing in die regte manier en wees verlos. Sou u versuim om dit te doen, sal Ek beslis kom en u Oordeel.” Belydenis gebede vir die vergifnis van sondes en enige ander pogings om gered en verlos te word dui aan na ’n onjuiste geloof. Dit is in 1 Johannes 1:9 geskrywe, wanneer ons; ons sondes erken sal die evangelie van die water en die bloed ons verlos van alle sonde en ongeregtighede.
“GAAN WEG VAN MY”
Wat beteken dit om ongeregtigheid te werk?
Dit beteken om in Jesus te glo met nog sonde in ons hart.
Christen sondaars het misgeleide geloof en wat ‘die ongeregtigheid’ voor Jesus werk. “Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!’” (Mattheüs 7:22-23). Veronderstel iemand wie in hierdie onjuiste leerstellings glo tot sterwe kom, en daarna voor God staan en vir Hom sê, “Hoe gaan dit met U Here? U het so skitterend gelyk wanneer ek oor U gedink het op aarde, maar U lyk self meer skitterend hier in die hemel. Dank u Here. U het my gered. Ek glo dat U op my gekyk het selfs het ek sonde in my hart gehad het. Ek het hier gekom omdat U belowe het om my hemel toe te neem. Nou sal ek daar gaan waar al die lieflike blomme is. Tot siens, ek hoop om U weer te sien.” Hy begin om na die wonderlike tuin te stap, maar Jesus verhoed hom om vêrder te gaan. “Wag! Laat ons kyk of hierdie persoon nog sonde in sy hart het. Is u nog ’n sondaar?” “Ja Here, natuurlik het ek nog sonde in my hart. Maar U weet Here, ek het altyd in U geglo?” “Het jy nog sonde selfs glo jy in My?”
“Ja Here, ek het nog sonde.” “WAAAT, Jy het nog sonde! Bring die Boek van die Lewe na My toe. Bring ook die Boek van Werke ook. Kyk of sy naam daar ingeteken is. Kyk in watter boek is sy naam opgeskrywe.” Ja daar is dit, sy naam is in die Boek van Werke. “Nou sê die Here, bely al die sonde wat jy op aarde gepleeg het.” Die persoon probeer om nie dit te doen nie, maar God forseer hom om sy mond oop te maak en al sy sonde voor Hom te bely. “Ja ek erken dit nou, ek het dit en dat en gepleeg” Hy is heeltemal deurmekaar en kan nie sy mond vashou nie en borrel al sy sonde uit. “Hou op, dit is genoeg! Jy het genoeg sonde gepleeg om in die hel verwerp te word. Jy is oor gekwalifiseer! Stuur hom na daardie swawel en vurige plek toe.” Hy word nie na die lieflike tuin waar al daardie skitterende blomme is nie, maar wel na die plek wat gevul is met swawel en vuur. Hy kners op sy tande terwyl hy na die hel geneem word. “Ek het in U geglo, ek het in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen, ek het ook my huis in U naam verkoop om U te volg, het weeskinders in U Naam gehelp, het so baie in U Naam verduur, vroegoggend bid ure in U Naam verduur, die siekes behandel in U Naam ek behoort om in die hemel toegelaat te word, asseblief Here.” Hy kners sy tande tot daar nie meer tande oor is nie. Wanneer hy in die hel arriveer, sien hy al die Christene wie geweier het om te glo, asook almal wie nie geweet oor die ware betekenis van die verlossing in Jesus nie. Almal wie die evangelie van verlossing verkeerd verstaan sal deur God verwerp word.
SONDES VAN VALSE GELOWEGIS IS OPGESKRYWE IN DIE BOEK VAN WERKE
Waar word die sondes van sondaars opgeskrywe?
Dit word op die tafels van hul harte en in die Boek van Werke opgeskrywe.
Hetsy ons in Jesus glo of nie, God verwerp almal wie met sonde in hul harte gevind word. Sou Hy self ’n vlekkie wat nie eers op die oog af gesien kan word nie in iemand se hart vind, sal daardie persoon na die hel verwerp word op die Laaste Oordeel Dag. God spoor sondaars aan om te erken dat hulle nog nie van hulle sondes verlos is nie, sodat hulle die verlossing van Hom kan ontvang. Die sonde van ’n sondaar is op die tafel van sy hart opgeskrywe. Diegene wie wedergebore is van die water en die Gees mag hulle sonde onthou, maar dit is vanaf hulle harte uitgewis. Hulle is die regverdiges. Maar almal wie nog nie in hierdie manier wedergebore is nie, het steeds nog sonde in hulle harte. Daarvoor is hulle nog blote sondaars voor God. Wanneer hulle in hul skynheilige manier kniel en bid, is daar ’n skeidsmuur tussen hulle en God wat verhoed dat Hy hulle gebede hoor. Hulle bid vir dit en dat, maar hulle sonde bly net waar hulle is. Dan begin hulle hul sondes te bely, selfs ongeregtighede wat oor die tien jaar gepleeg was, 11 jaar gelede, selfs 20 jare gelede. Moet hulle werklik oor en oor in hierdie manier vir hulle sondes bely? Hoekom doen hulle dit? Hulle wil graag dit nie doen nie, maar wanneer hulle begin bid, onthou hulle dat hulle skuldig voor God is. Dus voel hulle die nood om vir hulle sondes te versoen voordat hulle ernstig begin te bid. God het hulle sonde met ’n diamantpunt op die tafels van hulle harte opgeteken sodat dit nooit uitgevee kan word nie. Gevolglik voel hulle die nood om vir hulle sondes te bely elke keer wanneer hulle voor God kom. Dus, almal wie in ’n halwe evangelie van Jesus glo moet maar ’n ellendige lewe uitleef as sondaars en in die einde in die hel beland. In Jeremia 17:1 word hierdie woorde geskrywe, “Die sonde van Juda is geskrywe met ’n ystergriffel, met ’n diamantpunt; dit is gegrif op die tafel van hulle hart en op die horings van julle altare.” Juda is die naam van die koninklike stam van die volk van Israel. Die Bybel gebreuk Juda om die mensdom te verteenwoordig dus, Juda beteken alle mense in die wêreld. Die sonde van Juda is met ’n ystergriffel, met ’n diamantpunt wat deur staal soos botter kan sny. ’n Diamant is die sterkste materiaal in die wêreld. Met ’n ystergriffel, en met ’n diamantpunt word gebreuk om die sonde opgeskrywe. Wanneer die sonde deur God ingegrif is kan dit nie uitgevee word nie. Dit sal nie uitgevee word nie mits daar in die waarheid van die water en die Gees geglo word nie. Dit is van geen waarde nie om van u gedagtes verlos te word, om in Christelike dogmas te glo, om teologie te memoriseer, en uself aan die kerk te wy, as sonde nog in u hart is. Omdat sonde nooit uitgevee kan word nie sonder die doop van Jesus, onthou sondaars altyd hul sonde en sê, “Here, ek is ’n sondaar” elke keer wanneer hulle bid. Hulle het nog sonde in hulle harte hoe ook al probeer hulle om met God vriendskap te kweek, neem verantwoordelikheid in die kerk, leer teologie en dogmas. Dus, gaan hulle in die berge in, probeer ter vergeefs om in tale te praat, soek visioene van brandende vlamme maar dit is alles nutteloos. As sondes oorbly in die hart sal daar nooit vrede wees nie. Ons sonde soos in Jeremia 17:1 geskrywe is, is gegrif op die horings van ons altare. In hemel is die Boek van die Lewe asook die Boek van Werke. Die sondes van sondaars is in die Boek van Werke opgeskrywe, en dus kan mense nie van hulle oortredinge ontsnap nie. God skryf hulle sondes in die Boek van Werke asook op die tafels van ons gewete en stel hulle bloot deur Sy Wet. Ons behoort hierdie sondes heeltemal uitvee deur om in die doop van Jesus en die bloed wat Hy vir ons vergiet het te glo, en dus gered word. Eers dan sal ons gereed wees vir die ewige lewe, en ons (nuwe) name sal in die Boek van die Lewe opgeteken word.
IS JOU NAAM IN DIE BOEK VAN DIE LEWE?
Wie se name is in die Boek van die lewe opgeskryf?
Die name van almal wie geen sonde in hulle hart het nie.
Dit is belangrik dat jou naam in die Boek van die Lewe opgeskrywe word. Sou jou naam nie daarin gelys word nie, wat so die punt wees om voortegaan om in Jesus te glo? Om waarlik verlos te word, moet u in die wedergeboorte glo van die water en die Gees. Jesus het na hierdie wêreld neergedaal, was gedoop wanner Hy 30 jaar oud was om die wêreld se sondes wegtewas, Hy het daarna aan die Kruis gesterwe om ons te verlos. Soos dit in Mattheüs 3:15 geskrywe is, was Jesus “Want só” gedoop en aan die Kruis gekruisig. Ons moet in hierdie waarhede glo sodat ons name opgeteken kan word in die Boek van die Lewe. Daar is geen ander weg nie! Wanneer mense tot sterwe kom, staan hulle voor God, God sê, “Kyk of hierdie man se naam in die Boek van die Lewe opgeteken is.” “Dit is hier, Here.” “Ja kind, jy het gelei en baie trane op aarde vir My gestort, nou sal ek dit maak sodat jy nooit weer dit hoef meer te doen nie.” God skenk hom ’n kroon van regverdigheid as ’n beloning. “Dank U, Here. Ek is vir altyd dankbaar.” “Engele, sit ’n kroon op hierdie man.” “Here, dit is meer as genoeg dat U my gered het. Hierdie kroon sal net te veel vir my wees. Dank U. Ek is so baie dankbaar dat U my gered het. Ek is meer as bevredig net om in U teenwoordigheid te wees.” “Engele kniel neer en neem hierdie 10,000de seun van Myne op jou rug.” Die engele antwoord, “Ja, Meneer.” “Klim asseblief op my rug.” “Dit is so gemaklik. Doen ek dit reg? Laat ons gaan.” Die engel neem sorgvuldige stappe. “Wil u graag vir ’n stap gaan?” “Liewe land! dit is skitterend hier. Hoe groot is hierdie plek?” “Ek het oor biljoene jare oor die plek probeer gaan, maar nog nie die einde gevind nie.” “Is dit waar? Word ek te swaar vir jou. U kan my maar neer sit en rus.” “Ons krag loop nooit hier uit nie, sê die engel.” “Dankie maar ek wil op die grond van die koninkryk van hemel staan. Nou vertel my asseblief, waar is al die regverdiges wie voorheen voor my gearriveer het?” “Hulle is daar.” “Laat ons oor na hulle gaan.” Halleluja! Hulle omhels en glimlag vir mekaar en lewe vir ewig saam. Nou veronderstel ’n persoon wie in Jesus glo maar is nog ’n sondaar tot sterwe kom en voor God staan. Hy getuig ook dat hy in Jesus glo maar erken dat hy ’n sondaar is. God sê, “Kyk of hierdie persoon se naam in die Boek van die Lewe opgeteken is.” “Dit is nie in die Boek, Here.” “Dan, kyk in die Boek van Werke.” “Sy naam en sy sonde is hier opgeteken.” “Dan, stuur hierdie persoon na die plek waar hy nooit weer oor die koste van brandstof hoef te kla nie, en laat hy daar verewig bly.” “O, Here dit is so onbillik” Hy sê dit is onbillik. Hoekom behoort hy na die hel gestuur te word selfs het hy in Jesus so geesdriftig gedien het? Die rede is dat hy deur Satan bedrieg was en slegs in ’n halwe waarheid van die evangelie geglo het. Sou ons die ware betekenis van die verlossing van Jesus verkeerd verstaan, sal ons ook in die hel beland. Hierdie man het in Jesus geglo, maar hy was deur Satan bedrieg en gevolglik het hy gedink dat hy ’n sondaar was. Sou hy die ware evangelie gehoor het, sou hy besef dat sy geloof verkeerd was. Maar hy het versuim om te glo omdat sy selfingenome gehegtheid aan sy eie misgeleide geloof het hom in die hel gelei. Sou u graag na die koninkryk van die hemele wil gaan, moet u in die wedergeboorte van die water en die Gees glo. Soos dit in Mattheüs 3:15 geskrywe is, “Want só” het Jesus die wêreld se sondes weggeneem. U moet dus in die verlossing van die water en die bloed glo.
Wie se name is opgeteken in die Boek van Werke?
Die name van diegene wie nog sonde in hul harte het is hierin opgeteken.
Sou u besluit om in enige godsdienstelike ding te glo, soos ’n gooie-geaardheid persoon wie nooit iemand se versoek geweier nie, sal u miskien in die hel beland. Daar is baie sulke gooie-geaardheid mense in die hel, maar daar is ook sulke gooie-geaardheid in die hemel ook, hulle is die ware vegters wie geveg het in wat hulle geglo het. Diegene wie in hemel is het geweet dat hulle sondaars was wie voorbestemd was vir die hel, en wie met dankbaarheid aanvaar en geglo dat hulle sondes weg gewas was deur die doop en bloed van Jesus. Dit word gesê dat daar is hope van ore en monde in die hemel. Omdat baie mense in die verlossing van Jesus slegs met hulle monde en ore glo, dus verwerp God die res van hulle liggame in die swawel en vuur van die hel in. Veronderstel iemand wie in Jesus glo voor God staan met nog sonde in sy hart en vir Hom sê, “Here, baie mense het my regverdig genoem omdat ek in Jesus geglo, selfs het ek sonde in my hart. Ek het geglo dat U op my sou gekyk het as sondeloos. Dit is wat ek geleer en ook geglo het. Ek het godsdienstelike leerstellings geglo soos baie mense dit ook geglo het. Dit was die mees algemene geloof waar ek vandaan gekom het.” Die Here antwoord. “Ek sal nie almal wie herken dat hulle sonde in hul harte het, vergewe. Ek het al jou sondes weg gewas met die seëning van die wedergeboorte van die water en die Gees. Maar jy het geweier om in dit te glo. Engele! Gooi hierdie astrante man binne-in die vuur van die hel.” Enige iemand wie in Jesus glo maar is oortuig dat hy nog sonde in hul hart het, sal verseker in die hel verwerp word. Luister na die ware evangelie van verlossing en word verlos van al jou sondes. Anders sal jy verseker in die hel vure brand. Om te sê dat u sondeloos is wanneer daar nog sonde in u hart is; is om God te bedrieg. Ons kan nou duidelik sien watter groot verskil daar is tussen sondaars en die regverdiges in die einde. U sal besef hoekom ek u smeek om verlos in hierdie manier te word. Daar is geen ander weg nie. Wanneer u op die dwarspad tussen die hemel en die hel staan sal u die verskil duidelik sien van diegene wie in die volkome verlossing (die doop van Jesus en Sy dood aan die Kruis) glo en diegene wie nie in dit glo nie. U sal dus die groot verskil sien. Sommige sal binne-in die koninkryk van hemele ingaan maar ander na die hel gaan. Glo u in Jesus, maar bly u nog ’n sondaar? Dan behoort u te besef dat u moet wedergebore word deur die water en die Gees. God stuur almal na die hel wie nog sonde in hul harte het. Alleenlik diegene wie in die volmaakte vergifnis van sonde glo sal toegelaat word om in die koninkryk van die hemele integaan. Doen dit nou! As u sloer, mag dit te laat word. Wees vooruit gereed. Voordat u in die hel beland, glo in die redding van die water en die Gees en word voor God regverdig. Alle Eer aan die Here Jesus! Ons dank Hom vir Sy genade dat Hy ons sondaars regverdig gemaak het. Halleluja!
JESUS: DIE ADVOKAAT VIR DIE REGVERDIGES
Kan ons sondes uitgewis word deur belydenis gebede?
Nee, dit is hoogs onmoontlik. Dit is een van Satan se planne om ons te bedrieg.
Laat ons 1 Johannes 2:1-2 lees. “My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het ’n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige. En Hy is ’n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s’n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.” Sien u dit nou? Is daar nog iemand wie in Jesus glo maar het nog sonde in sy hart? Sou u nog sonde in u hart het maar vertel God dat u geen sonde het nie, dan bedrieg jy God. Bedrieg u uself ook? Maar as u Jesus werklik verstaan en glo wat Hy vir u gedoen het om al jou sondes in die Jordaan weg te was, sal u van u sondes versoen word. U kan dan vir die Here sê, “Here, ek was waarlik in Jesus wedergebore met die water en die Gees. Ek is sondeloos. Ek kan hier voor U staan sonder enige skaamte.” Die Here sal antwoord. “Ja, jy is reg. Soos Abraham in My geglo het en homself as regverdig beskou het, is jy ook regverdig omdat ek al jou sondes alreeds weg gewas het.” Maar oorweeg ’n persoon wie nog sonde in sy hart het, selfs glo hy in Jesus. Hy sê, “Omdat ek in Jesus glo, sal ek hemel toegaan selfs is daar ’n klein bietjie sonde in my hart.” Hierdie persoon wil so graag in die hemel ingelaat word dat hy met al sy vermoei weerstand probeer doen terwyl hy voor die regterstoel van Christus staan, maar hy sal in die einde in die hel beland. Hoekom? Hy het geweier om te hoor of was onkundig oor die geseënde evangelie van die wedergeboorte van die water en die Gees. Almal behoort te bely dat hulle blote sondaars is terwyl hulle nog op aarde is. “Ek is ’n sondaar. Ek sal verseker hel toegaan. Red my asseblief.” ’n Sondaar word nie gered deur belydenis gebede nie. Liewers, behoort hy te erken dat hy ’n sondaar is en die verlossing van die water en die Gees aanneem om gered te word. Hy kan alleenlik regverdig word deur die redding van die water en die Gees. Dit is ’n valse evangelie om aantedring dat slegs ons oorspronklike sondes is vergewe, terwyl belydenis gebede gemaak moet word vir ons daaglikse sondes om verlossing te ontvang. Hierdie leerstelling lei ons direk in die hel in. Daar is baie gelowiges wat hul selfde verdoem na die hel deur om hierdie valse evangelie te glo, en hierdie neiging word al hoe meer heersend vandag. Sal u weet of u in ’n valse evangelie gevange is? Kan u nog ’n skuldenaar wees selfs nadat al u skuld afbetaal is? U moet hard oor hierdie belangrike dinge dink. Sou u uself nog ’n sondaar beskou terwyl u in Jesus glo, kan dit geneem word dat u in Hom in die korrekte manier glo? Is u werklik ’n gelowige of ’n sondaar, of is ’n gelowige en ’n regverdige persoon tesame? U kan self kies. U kan hetsy, glo dat al jou sondes vergewe was, of u kan glo dat u behoort elke dag belydenis gebede te doen vir jou ongeregtighede. Jou keuse sal bepaal hetsy jy hemel toegaan of na die hel. U moet notisie neem wat die evangelis vir u vertel oor die ware evangelie. Diegene wie in die valse evangelie glo bid nog vir die vergifnis van sonde op elke vroeë oggend biduur, elke Woensdag erediens, elke Vrydae al-nag bid program in ’n poging om hulle sondes wegtewas. “Here, ek het gesondig. Ek het hierdie week gesondig,” bid hulle. Hulle onthou sonde wat hulle jare gelede gepleeg het en bid vir vergifnis. Hierdie soort van geloof bespot die geseënde evangelie van die wedergeboorte van die water en die Gees. Ons sondes moet deur bloed betaal word. Hebreërs 9:22 sê, “Sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie.” Sou u nog aandring dat u nog sonde het, dan vra u vir Hom om weer Sy bloed vir u te vergiet? Almal wie nie in die volmaakte redding glo nie, verdraai die verlossing van Jesus tot in ’n leun. Die feit van die saak is deur hierdie valse leerstelling dring hulle aan dat Jesus het ons nie eens en vir altyd gered nie, en dat Hy ’n leuenaar is. Om verlos te word in Jesus, moet ons in die waarheid glo, naamlik die verlossing van die water en die Gees. Is dit moontlik om van u sondes vergewe te word deur honderde, duisende, miljoene gebede? Die ware evangelie het ons eenmaal eens en vir altyd gered. Word regverdig en word in die koninkryk van die hemel toegelaat, en lewe ’n regverdige lewe. ♪Ek lewe ’n nuwe lewe in Jesus. Die verlede is verby en ek het ’n nuwe skepsel geword. Die vermorste verlede het weggegaan. O, Jesus is nou my ware lewe. Ek leef ’n nuwe lewe in Jesus.♪ U leef ’n nuwe lewe in Jesus. Ondanks die feit dat u nie ’n beeldskoon skepsel is nie, hetsy u swart of wit of te kort is, of ’n boepmaag het. Maar diegene wie geseënd is met die evangelie van die wedergeboorte van die water en die Gees leef ’n gelukkige lewe. Dit maak geen saak of u neus te lank of nie die regte vorm is nie, of u op die kort kant is? Omdat u nie perfek is nie; is ons volmaak gered omdat ons in die wedergebore deur die water en die Gees in Jesus glo. Maar diegene wie ’n houding van eiewaan het sal in die hel beland. Dank U, Here. Ek bedank die Here altyd, omdat ons in die wedergeboorte van die water en die Gees glo, sal ons verseker in die hemel verwelkom word.
DIE ONWAARHEID LEI ONS NA DIE HEL
Wie sal die kroon van regverdigheid in die einde ontvang?
Hy wie die onwaarheid oorwin
Die onwaarheid vertel ons om elke dag belydenis gebede te bid om vergewe te word, maar die evangelie van die wedergeboorte van die water en die Gees vertel ons duidelik dat ons alreeds volmaak vergewe is, en al wat ons moet doen is om in dit te glo. Watter een van hierdie stellings is die werklike waarheid? Moet ons elke dag belydenis gebede doen? Of is dit reg dat Jesus ons volmaak gered het wanneer Hy in die mees paslike manier gedoop was om al ons sondes weggeneem het? Die werklike waarheid is; Jesus het ons sondes een maal eens en vir altyd weggeneem in die mees paslike manier om ons volmaakte verlossing te volbring. Ons moet in die geestelike stryd die onwaarheid oorwin met die werklike waarheid. Baie mense volg blindelings agter die onwaarheid. “En skryf aan die engel van die gemeente in Pérgamus: Dít sê Hy wat die skerp tweesnydende swaard het: Ek ken jou werke en die plek waar jy woon, waar die troon van die Satan is. En jy hou vas aan my Naam en het die geloof in My nie verloën nie, selfs in die dae waarin Ántipas my getroue getuie was, wat gedood is by julle waar die Satan woon” (Openbaring 2:12-13). “Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna, en Ek sal hom gee ’n wit keursteen, en op dié steen ’n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat die ontvang.” (Openbaring 2:17). Waar baie bose geeste woon is waar die onwaarheid staan en maak asof dat dít die waarheid is; hierdie plek is ook waar Satan sy verskyning maak as die Engel van die Lig. God weier om iemand te help wie die ware evangelie gehoor het, ken alles oor die ware evangelie van die water en die Gees maar weier om dit te aanvaar of in dít te glo. Sulke persone sal verseker in die hel verwerp word. Almal moet vir homself besluit of hulle in die ware verlossing van Jesus gaan glo of nie. Niemand gaan voor u kniel en smeek en soebat om in Sy evangelie te glo sodat u volmaak gered kan word nie. Sou u graag van al u sondes gered wil word behoort u in die verlossing wat slegs beskikbaar is deur die water en die Gees te glo. Sou u dankbaar voel vir Sy liefde en Sy genade dat Hy u alreeds gered het deur Sy verlossing; glo dit met u hele hart. Sou u ’n sondaar wees en voorbestemd is vir die hel, en om dit te vermy behoort u in die evangelie van die water en die Gees te glo, naamlik die doop van Jesus en Sy dood aan die Kruis. U sal dan regverdig gemaak word. As u oortuig is dat u ’n sondaar is, dan behoort u verlos te word deur om in die verlossing in Jesus te glo. Slegs sondaars is verlos van al hulle sondes deur om in die evangelie van die wedergeboorte van die water en die Gees te glo. Jesus is die Saligmaker vir sondaars en die Vertrooster vir die verontruster. Hy is die Skepper. Hy is die Meester van Liefde. Dit is noodsaaklik vir almal om in Sy evangelie van die wedergeboorte van die water en die Gees te glo. Glo dit. U kan verseker wees dat Jesus sal u persoonlike Saligmaker, Vriend, die goeie Herder en God vir u word. Sondaars behoort in hierdie korrekte manier in Jesus glo. Om die verskriklike hel vure te verhoed, behoort u in dít te glo. Onthou God smeek ons nie om in Sy evangelie van verlossing te glo nie. Wil u graag in die hemele ingaan? Glo dan in die evangelie van die wedergeboorte van die water en die Gees. Jesus sê, “Ek is die weg, die waarheid en die Lewe. Glo in My.” Vertel u vir u vriende dat u graag in die hel verwerp wil word? Dis heel eenvoudig weier om in Sy evangelie te glo. Hy sê duidelik in Sy woord dat Hy alreeds ’n plek vir u in hel voorberei het. God smeek niemand nie. ’n Groothandelaar verwelkom mense willekeurig om sy ware te verkoop, maar God skenk die koninkryk van die hemel alleenlik aan die verlostes as ’n vrye gawe. God is Regverdig. Baie mense sê die einde van die wêreld is naby. Ja, dit is reg ek dink ook so. En dit is die onverstandiges wie weier om in die ware evangelie van die wedergeboorte van die water en die Gees te glo. Glo in die verlossing van die geseënde evangelie van die wedergeboorte van die water en die Gees. Laat ons almal saam na die koninkryk van die hemel ingaan. Wil u nie graag saam met my na die woonplek van Jesus gaan nie?
Is u ’n sondaar of ’n regverdige man?
’n Regverdige man wie geen sonde in sy hart het nie
Laat ons Romeine 8:1-2 lees. “Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.” Jesus het al ons sondes weggeneem deur Sy doop en Sy dood aan die Kruis. Hy het alle sondaars gered wie veroordeel moes word vir hulle ongeregtighede. God se verlossing behels twee dinge. Een is die Wet en die tweede is Sy Liefde. Die Wet leer vir ons dat ons blote sondaars is. Ooreenstemming met die Wet is die loon van die sonde die dood. Dus, kan ons nie deur die Wet gered word nie. Dit leer ons net oor ons sondige natuur en bestemming. Dit openbaar die feit dat ons werklike sondaars is. Om vir die loon van hierdie sondes te betaal, het Jesus na hierdie wêreld neergedaal, en die sondes van die wêreld weggeneem, en met Sy kosbare lewe daarvoor betaal het om ons van die verskriklike veroordeling te red. Dit is die liefde van God wat ons van ons sondes volmaak gered het. Ons moet seëvier oor die onwaarhede. God skenk die seëning van die wedergeboorte van water en die Gees aan diegene wie oor die onwaarheid seëvier. Ons is volmaak gered wanneer ons in Jesus glo. Wanneer ons in al Sy woorde te glo, sal ons regverdigheid bereik en die waarheid duidelik verstaan. Glo met u hele hart in die waarheid van die wedergeboorte van die water en die Gees, en u sal gered word.