(Matthéüs 7:21-23)“Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! Sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My se: Her, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het nooit julle geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!’”
MISKIEN IS EK DIE EEN. . .
Sal enige een wie sê ‘Here, Here’ in die koninkryk van die hemele ingaan?
Nee. Alleenlik dié wie die wil van God doen
Jesus Christus sê duidelik hier, “Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! Sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.” Hierdie woorde het Groot vrees in die harte van baie Christene veroorsaak wat teweeggebring het dat hulle al hoe harder gewerk het om die wil van God te doen. Meeste Christene is oortuig die enigste ding wat hulle moet doen om in die koninkryk van die hemele integaan is om slegs in Jesus te glo, maar Matthéüs 7:21 vertel ons anders; nie elkeen wie vir Hom sê, ‘Here, Here,’ sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie. Daar is baie wie hierdie vers lees en wonder of “Miskien is ek die een.” Hulle probeer om hul selfde te oortuig, “Nee wat, ek dink Jesus het na die ongelowiges en sondaars hier verwys.” Maar hierdie woorde bly in hulle gewete en val hulle lastig aan. Om ’n soort van vrede te kry hang hulle aan die laaste deel van die vers, wat sê “maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.” Hulle hang op die woorde, “die wil doen van my Vader” en is oortuig dat hulle kan dit doen en begin hul tiendes getrouelik te betaal, vroeë oggende bid ure, die preek, gooie dade, en sonde te vermy . . . hulle probeer so baie hard. Met al hierdie pogings laat dit dat ek jammer vir hulle kry. Baie mense begaan foute omdat hulle nie hierdie vers behoorlik verstaan nie. Daarvoor wil ek hierdie vers verduidelik sodat ons almal mag weet wat die wil van God is, en by dit leef.
Eerstens moet ons die wil van God ken en dit is; God het Sy Seun gestuur om die sondes van die mensdom wegteneem en dus hulle bevry van alle sonde. In Efésiërs 1:5 is hierdie woorde geskrywe, “Deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil.” In ander woorde, Sy doel is vir ons om die ware evangelie te ken waar Jesus Christus al ons sondes weggewas het, en deur dít toetelaat dat ons wedergebore kan word. Hy wil hê dat ons wedergebore word deur die water en die Gees deur ons sondes op Sy Seun, Jesus te verplaas. Hierdie is die wil van God.
NET OM UITEROEP, “HERE! HERE!”
Wat moet ons weet wanneer ons in Jesus glo?
Die wil van die Vader
“Nie elkeen wat vir My se: Here, Here! Sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is” (Matthéüs 7:21). Ons behoort die Vaders se wil in twee maniere te ken. Eerstens, behoort ons te weet dat die Vader se wil is waar ons vergifnis van ons sondes ontvang en deur die water en die Gees wedergebore geword het. En tweedens behoort ons Godse werke te doen op die basis van daardie geloof. Dit was Sy wil om die wêreld se sondes uitewis. Satan het deur sonde, die val van ons voorvader Adam teweeggebring. Maar onse Vader se wil is om die sonde van die mensdom uitewis. Ons behoort te verstaan, die Vader se wil is dat ons nie ons tiendes getrouelik moet offer nie en vroeë oggende bid ure bytewoon ens., maar ons van al ons sonde te red. Dit is Sy wil om die mensdom te red van die verdrinking in ’n see van sonde. Die Bybel sê duidelik, nie elkeen wie sê ‘Here, Here’ sal ingaan in die koninkryk van hemele nie. Hierdie woorde beteken dat ons behoort nie slegs in Jesus te glo soos wat algemeen in geglo word nie, maar weet wat ons Vader se wil vir ons is. Dit is Sy wil om ons van sonde en van die veroordeling van die hel te red, wetende dat die erfenis van Adam en Eva beteken dat ons nie kan keer om in sonde te leef nie.
DIE WIL VAN GOD
Wat is die wil van God?
Om ons Sy kinders te maak en van ons sonde te bevry
Matthéüs 3:15 sê, “Want só pas dit ons om alle geregtigheid te vervul.” Want só, was dit die vervulling van God se plan waar Jesus na die wêreld gekom om ons van al ons sondes te red. Die wil van God was vervul wanneer Jesus deur Johannes die Doper gedoop was. Hy wou ons red en ons Sy kinders maak. Om dit te doen was Sy Seun verplig om al die sondes wegteneem. Dit was Sy wil om die mensdom Sy kinders maak. Dus het Hy Sy enigste Seun gestuur om die sondes van al die mense wegteneem wie in Satan se greep geval het. Dit was Sy wil om die lewe van Sy eniggebore Seun te offer vir al die mense sodat hulle Sy kinders kon word. Wanneer Jesus gedoop en aan die Kruis gesterwe het, was die wil van God vervul. Dit is ook Sy wil vir ons om te glo dat al ons sondes op Jesus verplaas wanneer Hy gedoop was en dat Hy die veroordeling in plaas van ons deur Sy dood aan die Kruis betaal het. “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het” (Johannes 3:16). God het Sy mense van sonde gered. Om dit te doen, die eerste daad wat Jesus in Sy publieke ministerie gedoen het was om deur Johannes die Doper gedoop te word. “Maar Jesus het geantwoord en vir hom gesê: Laat dit nou toe, want so pas dit ons om alle geregtigheid te vervul. Daarna het hy Hom toegelaat” (Matthéüs 3:15). Dit was die wil van God dat Jesus na die wêreld gekom het, en die wêreld se sondes weggeneem deur Sy doop, het aan die Kruis gesterwe en van die dode opgewek. Ons behoort dit duidelik te ken. Baie mense lees Matthéüs 7:21 en oortuig hul selfde dat dit Sy wil is om die Here te dien, selfs na die punt van die dood, en deur die offer van hulle wêreldlike besittings asook groot spoggerige kerke te bou. Dierbare Christene, ons wie in Jesus glo behoort eerstens die wil van God te ken en dit te doen. Dit is verkeerd dat u uself aan die kerk te wy sonder dat u Sy wil vir u lewe weet. Mense vra hul selfde wat anders is daar om te doen maar net ons geloof uiteleef binne ons ortodoks kerke. Maar ek het in die verlede Calvinisme in die Presbiteriaanse Kerk bestudeer en was godsdienstig groot gemaak onder ’n aannemende moeder wie godsdienstelik soos enige veteraan ywerige pastoor was. Ek het in hierdie so-genaamd hooggeagte ortodoks kerke teologie geleer. Die apostel Paulus het gesê dat hy kon ook spog dat hy van die stam van Benjamin en onder Gamaliël die wet geleer het, wie ’n groot hooggeagte Rabbi gedurende daardie tydstip was. Voordat Paulus wedergebore geword het, was hy op pad om die nuwe Christene wie in Jesus geglo het te arresteer. Maar hy het op Damaskus pad die ware geloof in Jesus gevind, en het regverdig geword deur die seëning van die wedergeboorte van die water en die Gees.
ONS MOET DIE WIL VAN GOD WEET VOORDAT ONS DIT KAN DOEN
Wat is benodig voordat ons in Jesus begin te glo?
Ons moet Sy wil vir ons weet.
Ons heiligmaking is die wil van God. “Want dit is die wil van God: julle heiligmaking; dat julle jul moet onthou van die hoerery” (1 Thessalonicense 4:3). Ons weet dat dit die wil van God is dat ons volmaak geheilig word deur die water en die Gees, en dat ons, ons nuwe geloof vir die res van ons lewe uitleef. Sou daar enige iemand wees wie in Jesus glo maar het nog sonde in sy hart, sal daardie persoon nie in ooreenstemming met die wil van God leef nie. Om Sy wil te volg vereis dit dat ons geheilig word deur die verlossing wat in Jesus gevind is. Om dit te weet is om die wil van God te doen. Sou ek u vra, “Het jy nog sonde in jou hart selfs glo jy in Jesus?” en sou jou antwoord Ja wees, dan is dit duidelik dat u nie die wil van God vir jou lewe weet nie. Dit is die wil van God dat ons behoort geheilig te word, en van ons sondes gered word deur geloof in die water en die Gees. Eens op ’n tyd was daar ’n man wie ongehoorsame seuns gehad. Eendag het hy die oudste geroep, wie die mees gehoorsaam was, en vir hom gesê, “Seun, gaan na die dorp daar anderkant die berge.” Voordat sy pa kon kla praat, het die seun geantwoord, “Ja, vader” en weggehol. Hy het nie gewag om uitevind wat hy moet daar vir sy vader bring. Hy het net blindelings voortgegaan. Sy vader het agter hom geroep, “Seun dit is goed en wel dat jy so gehoorsaam is maar jy moet weet wat jy moet doen wanneer jy daar kom.” Maar die seun het geantwoord, “Dit is reg vader. Ek sal u gehoorsaam. Wie van my broeders is meer gehoorsaam as ek?” Maar hy het teruggekom met leë hande. Hy het geen idee gehad wat sy vaders se wil was om te doen sonder om te weet en verstaan wat hy wou gehad het. Hy het net blindelings voortgegaan. Ons kan soos hierdie seun wees as ons nie Jesus Christus ken nie. Baie Christene wy hul selfde toe, volg teologiese dogmas, offer getrouelik die tiendes, heelnag bid en vas ens. . . . sonder om die wil van God te weet nie. Wanneer hulle tot sterwe kom met nog sonde in hul harte, word hulle weg van die poort van die hemele gedraai. Hulle is so ywerig om die wil van God te doen en het geen tyd gegee om te weet wat God van hulle wou hê.
Wat beteken dit om ongeregtigheid te werk?
Om in Jesus te glo as ’n sondaar terwyl daar onkundig te bly van die evangelie van die water en die Gees
“Nie elkeen wat vir My se: Here, Here! Sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My se: Her, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle se: Ek het nooit julle geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!’” (Matthéüs 7:22-23). Daar is dinge wat God wil hê ons moet doen en daar is geloof wat Hy van ons vereis. Hy wil hê dat ons sal glo dat Jesus al ons sondes weggeneem het. Daar is baie wie profeteer, duiwels uitdrywe, en in Sy Naam baie kragte doen sonder om die waarheid van die water en die Gees ken nie. Om kragte te doen beteken om baie spoggerige kerke te bou, al jou aardse besitting te verkoop en dit aan die kerk te gee, jou eie lewe aan die Here te offer, tussen ander dinge. Om te profeteer in Sy Naam beteken om ’n leier te wees. Sulke mense is net soos die Fariseërs wie spog dat hulle ooreenstemming met die Wet lewe terwyl hulle vyandig teen Jesus werk. Hierdie pas ook aan die sogenaamd ortodoks Christene. Om duiwels uitedrywe is om hul kragte te beoefen. Hulle is almal so entoesiasties in hulle geloof, maar die Here sal hulle in die einde vertel dat Hy hulle nooit geken nie. Hy sal hulle vra, ‘hoe is dit moontlik dat hulle Hom ken wanneer Hy hulle nooit geken nie’. Die Here sê, “En dan sal Ek aan hulle se: Ek het nooit julle geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!!’” Op daardie dag sal skare van mense uit na Hom toe roep, “Here, ek glo. Ek glo dat U my Heiland Verlosser is.” Hulle sal sê dat hulle Hom lief het, maar hulle het nog sonde in hul harte. Die Here benoem hulle die beoefenaars van ongeregtigheid naamlik (sondaars wie nog nie verlos is nie) en Hy sal vir hulle sê, Gaan weg van My af. Op daardie dag, almal wie voorheen gesterwe het sonder dat hulle waarlik wedergebore was nie sal uit na Jesus toe roep. “Ek het geprofeteer, kerke gebou en 50 sendelinge in U naam uitgestuur.” Maar Jesus sal vir hierdie sondaars verklaar, “Ek het julle nooit geken nie; Gaan weg van My af, julle wat die ongeregtigheid werk!” “Wat beteken U met hierdie verskriklike woorde? Weet U nie hoe ek in u Naam geprofeteer het? Ek het vir baie jare in die kerk getrouelik gewerk. . . Ek het my hele gemeente geleer om in U te glo. Hoe kan U sê dat U my nie ken nie?” Dan sal Hy vir hulle antwoord, “Ek het nooit julle geken nie. Julle wie hier staan en eis dat julle My ken, maar julle het nog sonde in jul harte, gaan weg van My af!” Dit is ongeregtigheid voor God om in Hom te glo met nog sonde in jou hart of nie ooreenstemming met Sy wet van verlossing te glo nie. Dit is ongeregtigheid om nie Sy Wil te ken nie. Dit is ongeregtigheid om Sy wil probeer te doen sonder om van dit te weet nie, of nie te weet van die seëninge van die wedergeboorte van die water en die Gees nie. Dit is ook ongeregtigheid om Hom te volg sonder om Sy wil te gehoorsaam. Ongeregtigheid is ’n Groot en ernstige sonde voor God.
DIE WIL VAN GOD IN DIE BYBEL
Wie is die kinders van God?
Die regverdiges wie geen sonde het nie.
Dit is Sy wil vir ons dat ons in die evangelie van die wedergeboorte van die water en die Gees met ons hele hart glo. Die ware evangelie koester ons wedergeboorte. Dit is ook Sy wil dat ons sal vir die evangelie voluit leef as Sy kinders. Ons behoort die wil van God te weet, maar daar is baie wie nie weet van hierdie kosbare evangelie van die wedergeboorte van die water en die Gees nie. Wanneer ek Christene vra hoekom hulle in Jesus glo, baie antwoord en sê dat hulle in Jesus glo om van hulle sondes gered te word Ek vra, “Vriend, het jy nog sonde in jou hart?” Hy antwoord, “Natuurlik ek het sonde.” “Dan, is jy gered of nie?” “Ja natuurlik is ek gered.” “Kan ’n sondaar wie nog sonde in sy hart het in die koninkryk van die hemele ingaan?” “Nee, hy kan nie.” “Dan, gaan jy na die koninkryk van die hemele of gaan jy in die hel verwerp word?” Hulle sê met oortuiging dat hulle in die koninkryk van die hemele sal ingaan, maar kan hulle werklik in hierdie toestand ingaan? Hulle sal verseker in die hel verwerp word. Sommige dink omdat hulle in Jesus glo, sal hulle in die koninkryk van die hemele ingaan selfs het hulle nog sonde in hul harte, en glo dat dit die wil van God vir hulle is om dit te doen. Maar God sal nie sondaars in die koninkryk van die hemele inlaat nie. Wat is die wil van God? Dit sê duidelik in die Bybel, die wil van God is vir ons om in Sy Seun te glo en om in die seëninge van Sy redding te ontvang deur die doop van Jesus en Sy bloed aan die Kruis. Diegene wie in die seëninge van die wedergeboorte van die water en die Gees glo, word Sy kinders. Dit is ons eer om Sy kinders te word. Sy kinders’ is die regverdiges. Wanneer God ons die regverdiges noem, sal Hy ’n sondaar-Christen as regverdig beskou? God lieg nie. Dus, voor Hom is jy sondaar of ’n regverdige persoon. Met God sal daar nooit ’n verwarring wees nie, naamlik ‘simpatieke oorweging om nie sonde te hê nie.’ Met God wit is wit en swart is swart, Hy sê dit soos dit is. Hy roep alleenlik diegene wie in die evangelie van die water en die Gees glo, om geheilig te word.
Hoe kan ons die kinders van God word?
Om die evangelie van die water en die bloed te aanvaar
Omdat God al die sonde van die mensdom op Sy Seun verplaas het, was Sy enigste geliefde Seun verplig om vir die loon van hierdie sonde aan die Kruis met Sy lewe te betaal. God vertel nooit ’n leuen nie. Hy sê, “Die loon van die sonde is die dood” (Romeine 6:23). Wanneer Sy Seun gesterwe het, het die duisternis vir drie ure oor die hele aarde geval. “En omtrent die negende uur het Jesus met ’n groot stem geroep en gesê: Eli, Eli, lama sabagtáni? Dit is: My God, my God, waarom het U my verlaat?’” (Matthéüs 27:46). Jesus het die wêreld se sondes weggeneem deur Sy doop om die mensdom van hulle sondes te red. Hy het die mens se sondes weggeneem, wetende dat Hy gekruisig gaan word en deur God Sy Vader, verlaat gaan word. Dus het God Sy eie Seun veroordeel vir die sondes wat Hy in die Jordaan weggeneem het en Sy gesig van Sy Seun weggedraai vir drie ure. “Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo.” (Johannes 1:12). Is u waarlik ’n kind van God? Ons is die wedergeborenes omdat ons die evangelie van die wedergeboorte van die water en die Gees aangeneem het. Diegene wie wedergebore deur die water en die Gees geword het, is die regverdiges. Nou kan ons almal regverdig voor God word. “As God vír ons is, wie kan teen ons wees?” (Romeine 8:31) Wanneer ’n regverdige persoon homself regverdig voor God en mense roep, word die persoon veroordeel deur diegene wie nog die verlos is nie. Dus, sê die apostel Paulus, “Wie sal beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van God? God is dit wat regverdig maak” (Romeine 8:33). God het al ons sondes uitgewis deur Jesus en het ons die heiliges, regverdiges en Sy kinders’ geroep. Hy het aan ons die krag gegee om die skitterende kinders’ van God te word. Almal wie wedergebore deur die water en die Gees geword het is Sy kinders. Hulle leef verewig saam met Hom. Hulle is nie meer gewone skepsels in hierdie wêreld nie, maar kinders van God wie aan die hemele behoort. Noudat hulle die regverdige kinders van God is, kan niemand ’n beskuldiging teen hulle inbring nie, hulle oordeel of hulle van God skei nie. Ons moet die evangelie van die water en die Gees ken om in Jesus te glo. Ons behoort die Bybel te weet. Dit is essensieel dat ons die wil van God vir ons lewe weet om dit te doen.
DIT IS DIE WIL VAN GOD VIR SONDAARS OM WEDERGEBORE VAN DIE WATER EN DIE GEES TE WORD
Hoekom het God Sy Seun in die vorm van sondige mens gestuur?
Sodat al ons sondes op Hom kon verplaas word
Dit is die wil van God dat ons verlos en wedergebore word deur die water en die Gees. “Want dit is die wil van God: julle heiligmaking” (1 Thessalonicense 4:3). Dit was die wil van God om Sy Seun te stuur sodat al die mensdom se sonde kon op Hom verplaas word, sodat ons volmaak gered kon word. Hierdie is die wet van die Gees wat toelaat vir ons om wedergebore te word deur die water en die Gees. Dit het ons van alle sonde bevry. Ons is verlos. Kan julle almal nou die wil van God herken? Dit is Sy wil om ons almal te red. Hy wil nie hê dat ons ’n kompromis met die wêreld maak nie, maar eerder om in al Sy woorde te glo en Hom alleen aanbid. Dit is ook die wil van God vir diegene wie alreeds wedergebore geword het, om getuienis van hulle geloof te lewer en in Sy kerk te leef en hul selfde aan die werk te wy om verlore siele terug na God te bring. Ons pleeg nie sonde omdat ons wil dit doen nie, maar omdat ons swak is. Maar, Jesus het al ons sondes weggeneem. God het die wêreld se sondes op Jesus verplaas deur Johannes die Doper. Hy het Sy eie Seun gestuur vir daardie doel en was deur Johannes die Doper gedoop. Ons is volkome gered omdat ons in hierdie evangelie glo. Hierdie is die wil van God.
DIT IS DIE WIL VAN GOD VIR ONS OM IN JESUS TE GLO, AAN WIE HY GESTUUR IS
Hoekom het Jesus in die vorm van sondige mens gekom?
Om die mensdom se sondes wegteneem
Die Bybel sê, om die wil van God te doen is om in Hom te glo wie Hy gestuur het. “Toe vra hulle Hom: wat moet ons doen om die werke van God te volbring? Jesus antwoord en sê vir hulle: Die is die werk van God, dat julle in Hom glo wat Hy gestuur het. En hulle sê vir Hom: Watter teken doen U dan, sodat ons kan sien en U glo” Wat werk U? Ons vaders het die manna in die woestyn geëet, soos geskrywe is: Hy het brood uit die hemel aan hulle gegee om te eet’” (Johannes 6:28-31). Die mense het aan Jesus gesê dat God het aan Moses ’n teken gegee wanneer hy op pad was na Kanaän, naamlik die brood uit die hemele wat aan die Israelite gegee was om te eet, en gevolglik het hulle in God geglo (Johannes 6:32-39). Mense het vir Jesus gevra, “Watter teken doen U dan, sodat ons kan sien en U glo?” Jesus het hulle geantwoord dat hulle behoort in Hom te glo om die werke van God te doen. Sou ons die werke van God wil doen; moet ons in al die werke van Jesus Christus glo. Dit is die wil van God dat ons nie alleenlik in dit glo en die evangelie te verkondig nie maar om in dit te leef. God het ons ’n bevel gegee, “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen” (Matthéüs 28:19-20). Jesus vertel ons duidelik om in die naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees nuwe gerede volgelinge te doop. Alles wat Hy vir Sy Vader en die Gees gedoen het is ingesluit in Sy doop. Wanneer ons dit verstaan kan ons in God glo, en alles wat Jesus in die wêreld gedoen het duidelik sien en hoe die Gees na dit getuig. Jesus was deur God gestuur om te getuig oor die evangelie van die water en die Gees. Daarvoor wanneer ons slegs in die woord van God en Sy dienaar glo, sal ons gered word.
OM DIE WERKE VAN GOD TE DOEN
Wat is die doel vir ons bestaan?
Om die wil van God te doen deur om die evangelie oor die wêreld te verkondig
Sou ons die werke van God wil doen, is ons verplig voor God om in die evangelie van die doop van Jesus en Sy dood aan die Kruis te glo. Dit is die werke van God om in Hom te glo vir wie God gestuur het. Om in Jesus waarlik te glo, behoort ons eerstens te verstaan en glo dat Hy ons volkome gered het deur die water en die bloed. Die wil van God is in ons volbring wanneer ons in Jesus in hierdie manier glo, en Sy evangelie verkondig. In hierdie manier doen ons die werk van God. Hy het ons duidelik vertel waar slegs diegene wie in die seëninge van die wedergeboorte van die water en die Gees glo sal toegelaat word om in die koninkryk van die hemele ingaan. Laat ons almal nou ons plek neem in die koninkryk van die hemele deur om die werklike wil van God te herken, en wetende met geloof dat al ons sondes alreeds op Jesus verplaas was deur Sy doop, en te leef vir die vermeerdering van Sy koninkryk en die verkondiging van Sy evangelie tot die dag van ons sterfte. Mede Christene hou in gedagte, slegs diegene wie waarlik in die evangelie van die water and en die Gees glo is die mense wie die werke van God doen. Dit is die werk van God om in Hom te glo wie God gestuur het. Om Sy wil te doen is om te glo, al ons sondes was op Hom verplaas, dié wie God gestuur het en dat Jesus Christus die Heiland Verlosser is. Die werk om die mensdom van sonde te verlos was volbring wanneer Jesus in die Jordaan gedoop was and en aan die Kruis te sterwe. Die tweede deel van die werk van God is in Hom te glo die Één wie God gestuur het, en in die Heiland Verlosser te glo wie die wêreld se sondes weggeneem het, en die evangelie oor die hele wêreld te verkondig. Ons die wedergeborenes behoort nou in dit te leef en hierdie evangelie oor die hele wêreld met Sy krag verkondig.
Waar heen gaan hulle wie slegs in Jesus glo en wie nie die wil van God ken nie?
Hulle gaan hel toe.
“Nie elkeen wat vir My se: Here, Here! Sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My se: Her, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle se: Ek het nooit julle geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!” (Matthéüs 7:22-23). Hierdie woorde van Jesus vertel ons duidelik wie die werklike sondaars voor God is en wie die beoefenaars van ongeregtigheid is. Daar is tussen hulle baie wie nog nie waarlik wedergebore geword het nie, en wie aan die Here sê ‘Here, Here.’ Hulle smart in pyn omdat hulle nog sonde in hul harte het. En dus roep hulle uit aan God, ‘Here, Here,’ Steen en been kla hulle. Hulle glo hul gewete sal skoongemaak word as hulle in hierdie manier uitroep en bid, maar dit is onmoontlik omdat die sonde Bly in hulle harte. Hulle bid alleen in die berge, roep uit in sielsangs asof God vêr was. Wanneer ons nie die volmaakte geloof besit nie, sal daar altyd ’n geneiging wees om meer ‘Here, Here’ uiteroep. In sommige kerke waar die gemeente nie waarlik wedergebore is nie, bid hulle met groot entoesiasme en maak so ’n groot lawaai dat die preekstoel breek. Maar ons kan duidelik in die Bybel sien, nie elkeen wie ‘Here, Here,’ uitroep sal in die koninkryk van die hemele ingaan nie. Maar slegs diegene wie in die evangelie van die water en die Gees glo besit die ware geloof, en wie gelei is om die werk van God te doen. Die Bybel vertel ons, dit is ongeregtigheid om Sy Naam uiteroep met nog sonde in jou hart. Het jy ooit in jou lewe, bid ure in die berge bygewoon? Sommige ouerige vroue diakens huil en huil en Sy naam uitroep dat jy begin jammer vir hulle te voel, dit is omdat hulle nog nooit Jesus in die waarheid ontmoet nie, nóg die Gees in hulle harte aangeneem nie, of nóg wedergebore geword deur die water en die Gees nie. Hulle roep met sielsangs Sy naam uit omdat hulle vrees dat hulle in die hel verwerp sal word. Veronderstel iemand wie sy hele lewe aan die kerk as ’n sendeling of ’n pastoor gewy het en wie in die einde deur die Here verwerp word. Om deur ouers of ’n huweliksmaat verwerp te word sal genoeg wees om iemand se hart te breek, maar om deur God verwerp te word, die Koning van konings, die Regter van ons siele, waar sal ons heen gaan? Ek hoop ernstig dat dit nie met julle gebeur nie. Luister asseblief, gee op jou hardnekkigheid en glo in die evangelie van die water en die Gees. Dit is die wil van God vir ons om wedergebore te word en binne die evangelie van die water en die Gees ons lewe met geloof uiteleef. Ons die ware Christene is verplig voor God om in die evangelie van die water en die Gees te glo, en daaglikse krag van die waarheid in die Bybel te trek. Eers dan sal ons van die verskriklike veroordeling van God gered word.