• All e-books and audiobooks on The New Life Mission website are free
  • Explore multilingual sermons in global languages
  • Two new revised editions in English have been released
  • Check out our website translated into 27 languages
Search

Sermons

Onderwerp 8. Die Heilige Gees

[8-2] Kan iemand werklik die  Heilige Gees deur  eie pogings koop? (Handelinge 8:14-24)

2021.03.29 365
Kan iemand werklik die  Heilige Gees deur  eie pogings koop?(Handelinge 8:14-24)
“En toe die apostels in Jerusalem hoor dat Samaría die woord van God aangeneem het, het hulle Petrus en Johannes na hulle gestuur. Hulle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees mag ontvang, want Hy het toe nog op niemand van hulle geval nie, maar hulle was net gedoop in die Naam van die Here Jesus. Húlle het hul toe die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees ontvang. En toe Simon sien dat deur die handeoplegging van die apostels die Heilige Gees gegee word, het hy hulle geld aangebied en gesê: Gee aan my ook hierdie mag, sodat elkeen wat ek die hande oplê, die Heilige Gees kan ontvang. Maar Petrus sê vir hom: Mag jou geld saam met jou vergaan, omdat jy gedink het om die gawe van God deur geld te verkry. Jy het geen deel of lot in hierdie saak nie, want jou hart is nie reg voor God nie. Bekeer jou dan van hierdie boosheid van jou, en bid God of die gedagte van jou hart jou miskien vergewe mag word. Want ek sien dat jy in ’n gal van bitterheid en bande van ongeregtigheid is. Maar Simon het geantwoord en gesê: Bid julle tot die Here vir my, sodat niks van wat julle gesê het, oor my mag kom nie.’”
 
Kan ’n persoon die Heilige Gees ontvang deur die handeoplegging?
Nee. Hy moet in die evangelie van die water en die Gees glo.
 
Gebaseer op die hoof vers wil ek ’n boodskap lewer of “iemand die vervulling van die Heilige Gees deur eie pogings kan ontvang” of nie. Gedurende die vroeë kerk se tydperk het die Apostels krag van God ontvang en was deur Hom na verskillende plekke gestuur. Daar is verskeie bonatuurlike gebeurtenisse in Handelinge, een van hulle was waar die Heilige Gees op gelowiges geval wanneer die Apostels hulle hande op hulle gelê het. Die Bybel sê, “Hulle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees mag ontvang, want Hy het toe nog op niemand van hulle geval nie, maar hulle was net gedoop in die Naam van die Here Jesus. Húlle het hul toe die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees ontvang.”
Hoe het hulle deur die handeoplegging die Heilige Gees ontvang? Gedurende daardie vroeë tydstip was die woorde van God nog aan die skrywe en die werk was nog nie voltooi nie, dus het God spesiale kragte aan die Apostels gegee om Sy sending te doen. Hy was saam in Gees met die Apostels en het baie wonders en wonderwerke deur hulle gedoen. Dit was ’n spesiale tyd waar God wonders en wonderwerke gedoen wat fisies met die oog gesien kon word om mense te oorreed dat Jesus Christus eintlik die Seun van God en Heiland Verlosser is. Daar was ’n nood vir God, tesame met die Apostels om die Heilige Gees se werk kragtig te vertoon om te bewys dat Jesus Christus God is en dat Hy ook die Seun van God en die Saligmaker is. Sou die Heilige Gees nie deur wonders en wonderwerke gewerk gedurende die vroeë kerk se tydperk, sou niemand geglo het dat Jesus werklik die Saligmaker was nie.
Ons moet dus weet dat dit ‘nie nodig is’ vir ons om die Heilige Gees deur sigbare wonders en wonderwerke vandag te ontvang nie omdat die Bybel alreeds volbring was. Instede, rus die vervulling van die Heilige Gees nou slegs in geloof. Met ander woorde, om in die evangelie van waarheid te glo. God gee die vervulling van die Heilige Gees aan gelowiges wie geloof in die evangelie van waarheid voor God besit. Die vervulling van die Heilige Gees gebeur slegs aan hulle wie in al God se woorde glo, soos dit deur Jesus vervul was met Sy koms na hierdie wêreld en deur Sy doop en bloed.
Deesdae is daar baie pastore wat hulle volgelinge onderrig gee dat die sigbare phenomena van wonderwerke tekens of bewysde is van die vervulling van die Heilige Gees. Dus lei hulle hul volgelinge op om die Heilige Gees in dieselfde manier te ontvang. Hulle bedrieg mense deur om hulle vals te leer, soos bv. die praat in tale ’n teken of bewysde is dat iemand in die Heilige Gees gedoop was. Hierdie pastore beskou hul selfde as apostels wie groot wonders en wonderwerke doen, en gevolglik trek hulle die aandag van al die godsdienstige dwepers wie graag met God ’n ervaring wil hê deur eie emosies. 
Hierdie dwepery het na Christene dwarsdeur die wêreld versprei, en baie van hulle volg hierdie valse gelowe en ontvang bose geeste deur bonatuurlike wyse. Selfs nou is mense wie beïnvloed is deur godsdienstelike fanatisme, en dink dat hulle deur die handeoplegging ander mense die Heilige Gees kan veroorsaak.
Maar, soos Simon verlei was is hulle net soos hierdie towernaar wie in die hoof vers vertoon. Hulle is besope met self-bevrediging en liggaamlike begeertes, maar al hulle dade veroorsaak verwarring tussen die mense. Hierdie soort van valse onderrig wyk af van die ware manier hoe om die vervulling van die Heilige Gees voor God te ontvang.
Selfs vandag is daar baie valse profete wie Satan se werk doen deur hul verkeerdelike godsdienstelike praktisyne, en gee voor dat hulle die werk van die Heilige Gees doen. Die ware Christene moet dus die woord en kennis van God vashou, wat die enigste manier is om die vervulling van die Heilige Gees te ontvang. Die so-genaamd Pentekostalistiese en soortgelyks wie groot klem op fisiese ondervindings van die Heilige Gees lê behoort nou hulle absurde gelowe opgee, en terug na God se woorde toekeer en in die waarheid glo, wat sal verseker dat dit hulle na die vervulling van die Heilige Gees lei.
Simon, gedurende daardie tyd was ’n bekende towernaar in Samaría. Nadat hy Jesus se dissipels gesien het waar hulle hande op die gelowiges gelê en hulle het as gevolg die Heilige Gees ontvang, het ’n begeerte in sy hart opgespring om die Heilige Gees met geld te koop. Mense met hierdie soort van geloof sal uiteindelik Satan se slawe word, en hulle sal sy werk vir hom doen. Simon wou graag die Heilige Gees ontvang maar sy begeerte was blote hebsug. Ons kan nou sien dat hierdie soort van geloof nie die ware Gees-ontvangende geloof is nie. 
Simon met sy selfsugtige begeertes het probeer om die Heilige Gees met geld te koop en hierdie krag vir homself te hou. Hy was dus hard bestraf deur God se dienaar. Selfs is daar in algemeen ’n gedagte dat Simon in Jesus geglo het, maar hy was nie ’n man wie die belangrikheid gesien omtrent die vervulling van die Heilige Gees deur die perfekte vergifnis van sonde nie. In ander woorde, hy was oortuig dat hy die vervulling van die Heilige Gees kon ontvang deur om wêreldlike dinge aan God te gee. 
Alhoewel sy uiterlike beeld suggereer het dat hy ’n gelowige in Jesus was, maar sy ware innerlike gedagtes was nieverwant na Jesus se ware woorde nie. Instede was hy met hebsug vervul. Petrus het Simon se gedagtes gewaar, en het hom bestraf omdat hy probeer het om die Heilige Gees met geld te koop, wat ’n vye gawe van God is. Hy het vir Simon vertel dat hy saam met sy geld sal vergaan.
Vandag se valse profete wie met bose geeste besete is bedrieg mense om vir hulle te laat dink dat alle wonders en wonderwerke is werke van die Heilige Gees. Ons sien dit dikwels waar hierdie mense hierdie soort van krag admireer en hard bid om die Heilige Gees te ontvang. Maar ons behoort in gedagte te hou, niemand kan die vervulling van die Heilige Gees ontvang deur gebede geoffer uit wêreldlike begeertes nie.
Is daar per toeval hierdie soort van charismatiese mense om jou? U behoort uiters waagsaam vir hierdie mense te wees. Hulle nader mense met ’n fanatiese geloof. Hulle sê dat hulle duiwels kan uitdrywe en kan veroorsaak dat mense die Heilige Gees deur die handeoplegging ontvang. Maar u moet weet hulle besit nié die krag van die Heilige Gees nie, maar is besete met bose geeste. Diegene wie beweer dat hulle die Heilige Gees ontvang het deur die handeoplegging lei beide hul selfde asook vir ander om bose geeste te ontvang.
Die ware vervulling van die Heilige Gees sal slegs op húlle wie in die woorde van die water en die Gees glo (1 Johannes 5:3-7) uitgestort word. Alhoewel die evangelie van die water en die Gees duidelik in die Bybel geskrywe is, en omdat baie mense met sonde in hul harte sit, probeer hulle om God te bereik deur bonatuurlike kragte en ondervindinge soos geesvervoering, die praat in tale, heldersiende en die uitdrywe van duiwels. Dit is hoekom valse profete baie mense verlei en bedrieg om in ’n bygelowige Christenheid te glo wat sy ontstaan het van die duiwel.
Peter het Simon hard bestraf en vir hom gesê; “Mag jou geld saam met jou vergaan, omdat jy gedink het om die gawe van God deur geld te verkry. Jy het geen deel of lot in hierdie saak nie, want jou hart is nie reg voor God nie. Bekeer jou dan van hierdie boosheid van jou, en bid God of die gedagte van jou hart jou miskien vergewe mag word. Want ek sien dat jy in ’n gal van bitterheid en bande van ongeregtigheid is.” Ons behoort met verdriet te sug oor die feit dat daar baie soortgelyke predikers/predikante in kerke vandag is. Die meerderheid van hulle is charismatiese mense. Hulle eis gereeld groot klomp geld van hulle volgelinge. Ons behoort weg te bly van mense wie hierdie soort van geloof het, en die vervulling van die Heilige Gees ontvang deur om in die ware evangelie van die water en die Gees glo (Matthéüs 3:15, 1 Petrus 3:21, Johannes 1:29, Johannes 19:21-23).
 
 

Charismatiese mense werk deur die handeoplegging metode!

 
Ons behoort weg te bly van hierdie soort geloof. Daar is nog baie mense vandag met hierdie onsinnige geloof en glo dat hulle die Heilige Gees kan ontvang sou hulle die handeoplegging van húlle wie die sogenaamde krag het ontvang. Hulle word verkeerdelik deur die Skrif geleer waar baie gelowiges in die vroeë kerk die Heilige Gees ontvang het wanneer die Apostels hande op hulle gelê het, en glo dat hulle dit ook kan doen. Sommige van hierdie voor gewers het ook hierdie onsinnige geloof en is oortuig dat hulle die mense die vervulling van die Heilige Gees kan veroorsaak deur die handeoplegging metode. Ons behoort bewus van die bestaan van hierdie soort onsinnige mense te wees. 
Ons moet ook in gedagte hou dat hulle geloof verskil grootliks van dié van die Apostels in die vroeë kerk se tyd. Die mees ernstige uitdaging teen die geloof van baie Christene vandag is dat hulle nie geloof in die ware evangelie van die water en die Gees het nie. Hulle sê dat hulle in God glo, maar hulle eer Hom nie, en in plaas van, bedrieg hulle hul selfde en vir anders. U moet dus weet ’n sondaar kan ewemin nie die vervulling van die Heilige Gees ontvang nie nóg veroorsaak dat hy vir anders ook dít laat ontvang nie. Sou iemand aan u sê dat die Gees was op ’n ‘sondaar uitgestort’, moet u weet hierdie gees was nie die ware Heilige Gees nie, instede was dit die gees van Satan wie voorgegee het dat hy die ware Gees was. 
Gedurende die vroeë kerk se tydperk was die Apostels mense wie geweet het en geglo dat Jesus Christus die Verlosser was, en wie die wêreld se sondes weggeneem met Sy doop deur Johannes en Sy dood aan die Kruis. Hulle was in staat om die vervulling van die Heilige Gees te ontvang omdat hulle in die waarheid van Jesus se doop en Sy bloed aan die Kruis geglo het. Hulle het ook die evangelie van die water en die Gees vir ander mense verkondig, en daardeur hulle gehelp om die vervulling van die Heilige Gees te ontvang. 
Maar tragies vandag het baie Christene misgeleide en fanatiese gelowe. Is dit werklik moontlik vir ’n sondaar deesdae om die Heilige Gees deur die handeoplegging van ’n ander sondige pastoor/prediker te ontvang? Dit is absoluut onsin. Daar is mense wie met oortuiging sê dat selfs het hulle nog sonde in hul harte, het hulle tog die vervulling van die Heilige Gees ontvang? U behoort te weet selfs sou iemand ’n goeie herder in die oë van sy volgelinge verskyn, sal hy nie in staat wees om die vervulling van die Heilige Gees aan sy aanhangers veroorsaak nie as daar nog sonde in sy hart is. 
Nieteenstaande is daar baie mense met hierdie verkeerde geloof. Hierdie is die rede dat daar so baie valse profete in staat is om mense na die hel toe lei. U moet dus weet hulle wie hierdie soort geloof het en hierdie onderrig gee is werklik valse profete. Hierdie is mense wie alreeds gevange is deur die duiwel.
Is dit moontlik vir die Heilige Gees in ’n persoon wie nog sonde in sy hart het kom woon? Die antwoord is, Nee! Dan is dit moontlik vir ’n persoon wie sonde in sy hart het mense veroorsaak dat hulle die vervulling van die Heilige Gees ontvang? Weer is die antwoord nee. Dan, wat veroorsaak wonders en wonderwerke deur hierdie charismatiese mense in Christendom terwyl hulle nog sonde in hulle harte het? Bose geeste doen dit deur hulle. Ons moet onthou, die Heilige Gees kan nooit in ’n sondaar kom woon nie. Hy woon slegs in gelowiges wie geloof in die evangelie van die water en die Gees het. Is u 100% seker voor God die gees wat op u gekom het eintlik die Heilige Gees is?
In Johannes 3:5 het Jesus duidelik gesê, “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.” 
Net so, die vervulling van die Heilige Gees kan slegs ontvang word met geloof in die ware evangelie van die water en die Gees. Die fout wat baie Christene vandag begaan is om te glo, dat enige iemand die vervulling van die Heilige Gees kan ontvang deur die handeoplegging van sondige pastore. Hierdie is ’n kritieke fout. Vandag het baie Christene en ministers valse geloof en oortuig is dat hulle die Heilige Gees kan ontvang deur die oplegging van hande.
 
 

Die verwantskap tussen die ware verlossing van sonde en die handeoplegging

 
“Die handeoplegging” is ’n voertuig wat gebreuk word waar iemand sy gees (of iets wat in hom is) op die objek verplaas. Laat ek ’n voorbeeld gee: As ons in ’n mikrofoon praat sal die stem deur die kabels trek tot binne die klankversterker en dan na die luidsprekers sodat almal die woorde kan hoor. Net so, in die Ou Testament wanneer ’n sondaar sy hande op die sondofferand se kop gelê het, en daardeur sy sonde op die sondofferand verplaas het, was hulle van hulle sonde vergewe. In dieselfde manier word God se krag op gelowiges verplaas wanneer Sy (sondeloos en Gees gevulde) dienaars die handeoplegging doen. In hierdie manier het die handeoplegging hierdie betekenis, om “te verplaas of oorteplaas.”
Dus, Charismatiese mense veroorsaak nie die vervulling van die Heilige Gees deur die handeoplegging nie, instede veroorsaak hulle die vervulling van bose geeste. U moet onthou, ’n persoon wat besete is met bose geeste verplaas hierdie geeste wat in hom is op ander mense deur die oplegging van hande. Wees uiters versigtig vir hierdie mense! Wanneer ’n duiwels-besete persoon sy hande op die kop van ’n ander persoon lê, verplaas hy die duiwels wat in hom is op die ander persoon, omdat Satan deur sondaars werk. Vir hierdie rede, moet almal nou in die evangelie van die water en die Gees glo sou hulle graag gevul met die Heilige Gees wil word. Satan het beheer oor hulle wie in sonde lewe, selfs sou hulle in Jesus glo, as hulle versuim om in die perfekte vergifnis van sonde te ontvang. 
As iemand die handeoplegging van ’n duiwels-besete persoon ontvang, sal hierdie duiwels ook op hom kom en hy sal ook valse wonderwerke doen. Dit is van uiters belang om kennis te dra dat bose geeste in mense kom woon deur die oplegging van hande, en dat die vervulling van die Heilige Gees is slegs moontlik deur geloof in die evangelie van die water en die Gees. 
Die handeoplegging is ’n metode wat deur God gevestig was en word gebreuk om iets op ’n ander te verplaas. Maar Satan deur sy bedrieëry het veroorsaak dat baie mense bose geeste ontvang in plaas van God se Gees deur die oplegging van hande. Vandag is daar baie mense wie poog om die krag van die Heilige Gees met geld te koop, en dít is selfs ’n groter probleem.
 
 

Die groter meerderheid Christene het die verkeerde begrip van die vervulling van die Heilige Gees. 

 
Wanneer gevra word hoe kan mense die vervulling van die Heilige Gees ontvang, sal baie mense antwoord dat dit moontlik is deur berouvolle gebede of deur vastye. Hierdie is onjuis. Kom die Heilige Gees op mense wanneer hulle spesiale gebede aan God opoffer? Nee. Die vervulling van die Heilige Gees word slegs op diegene uitgestort wie in die evangelie van die water en die Gees glo. 
Omdat God die waarheid is het Hy die wet vir die vervulling van die Heilige Gees gestig. Kan die Heilige Gees in ’n persoon wie sonde in sy hart het kom woon? Die antwoord is ’n Groot Nee. Niemand kan die Heilige Gees ontvang deur die handeoplegging nie. Selfs sou iemand opwekkings dienste bywoon en rasend aan God bid sodat hy die krag van die Heilige Gees mag ontvang, sal die Heilige Gees altyd uit sy greep bly. Sondaars kan vanselfsprekend nie die vervulling van die Heilige Gees ontvang nie. Sondaars kan die ware vervulling van die Heilige Gees as ’n gawe ontvang, maar alleenlik wanneer hulle die perfekte vergifnis van sonde ontvang deur om in die evangelie van die water en die Gees te glo. 
Mense wie geen kennis van die evangelie van die water en die Gees het nie, kan beslis nie die vervulling van die Heilige Gees ontvang nie. Vandag word hierdie lieflike evangelie van die water en die Gees deur Christelike literatuur, kerk dienste, die Internet, en selfs elektroniese boeke dwarsdeur die wêreld versprei. Daarvoor, almal wie na die ware evangelie soek sal dit vind en kan in dit glo en gevolglik die vervulling van die heilige Gees ontvang. Sou u nog nie die vervulling van die Heilige Gees ontvang nie, behoort u te besef om dit te ontvang moet u in die evangelie van die water en die Gees glo.
 

’n Treffende voorbeeld van valse geloof!
 
Deesdae wanneer ons die simptome van mense ondersoek wie valse geeste ontvang het kan ons duidelik werklike duiwels in hulle sien. “Heilige Gees Opwekkings dienste” is byeenkomste waar mense vergader wie desperaat is om die Heilige Gees te ontvang. In hierdie soort waansinnige dienste sien ons mense willekeurig hande klap en berouvolle gebede doen, terwyl hulle huil en vas. Die prediker lei hulle om fanatiese en rasende gebede te doen deur om hulle te vertel dat die Heilige Gees sal nie na hulle toekom nie totdat hulle dit doen. Mense begin uitroep, “Here, Here!” en begin met hulle rasende fanatiese gebede. 
Kan hierdie fanatiese dwepers die vervulling van die Heilige Gees in hierdie manier ontvang? Nee. Hier sien jy mense uitskreeu en agteroor val, die bewerasies kry terwyl hulle vreemde geluide maak. Sommige val agteroor en bewe onophoudelik, hier en daar en oral in die kerk lê die mense, en dan begin hulle uitskreeu en begin in tale te praat of te sing. Iemand gedurende die diens skreeue die hardste uit en die skare word oorweldig met emosie. Sommige van hulle begin aanvalle te kry, en bewe onophoudelik en begin in tale te praat. Mense sê, hierdie soort van phenomena is bewysde dat die Heilige Gees op hulle gekom het. Maar dink hard omtrent wat gebeur wanneer bose geeste hul werk uitvoer? Is dit die werk van die Heilige Gees? Definitief nie.
 

Satan bedrieg baie Christene
 
Deesdae lei baie Christene ’n soort van godsdienstige lewe wat Satan wil hê. Satan bedrieg mense en vertel hulle om die vervulling van die Heilige Gees te ontvang moet hulle die handeoplegging van ’n kragtige pastoor ontvang. Baie Christene is geneig om hierdie leun te glo en selfs is dit ’n formele dogma of leerstellings. Satan plant ook die idee in mense se geeste en gedagtes dat hulle sal die Heilige Gees ontvang as hulle oormatig en rasend bid. Satan is besig om mense met hierdie soort geloof te verdubbel en te meervuldige. 
Daarvoor is baie mense geestelik onkundig, en probeer nie eers om oor die evangelie van die water en die Gees te leer nie. Hulle is gelukkig om in hierdie hipnotiese situasie te bly. Ons moet worstel om die gedagtes wat Satan in ons gedagtes probeer sit, te verhoed, en deeglik kennis besit en in die evangelie van die water en die Gees glo. Die vervulling van die Heilige Gees word slegs op diegene wie in die evangelie van die water en die Gees glo. U moet dit glo, daar is geen ander manier nie.
 

Christene se wanbegrip omtrent die vervulling van die Heilige Gees
 
Eerstens is daar ’n groot misverstanding in die geloof van baie charismatiese aanhangers in Christendom. Hulle probeer om die Heilige Gees te ontvang met sonde in hul harte. Hulle glo verkeerdelik selfs ondanks die feit dat hulle nog sonde in hulle hart het, kan hulle nog steeds’ die vervulling van die Heilige Gees ontvang. Maar ’n persoon sonder geloof in die evangelie van die water en die Gees sal nie in staat wees om die volheid van die Heilige Gees te ontvang nie.
Tweedens, word dit gesê dat die mens se arrogansie versper die vervulling van die Heilige Gees. Beteken dit dan dat ’n persoon die Heilige Gees kan ontvang as hy nie homself arrogant gedra nie? Vertel my, is daar ’n persoon in hierdie wêreld wie nie in ’n mate arrogant is nie? ’n Arrogante persoon wie nie deur God vergewe kan word nie, is iemand wie sy eie vleeslike gedagtes saam met die woord van God bymekaar in meng. Daar is ongelukkig baie mense wie die vervulling van die Heilige Gees probeer ontvang deur eie metodes, en ignoreer die ware evangelie van die water en die Gees. Maar ons moet nou weet dat die vervulling van die Heilige Gees kom slegs op húlle wie in die evangelie van die water en die Gees glo.
Derdens, word dit ook gesê dat die vervulling van die Heilige Gees sal kom wanneer iemand al sy sonde voor God open hartlik bely. Dus, spoor hulle die mense aan om hulle sondes te bely wanneer hulle die Heilige Gees wil ontvang. Maar u moet onthou, die vervulling van die Heilige Gees kom nie op iemand nie wie sy sondes eenvoudig bely nie. Meeste Christene deesdae is ywerig om die vervulling van die Heilige Gees in Sy volheid te ontvang, maar hulle kan nie dit ontvang nie weens die sonde in hul harte. ’n Persoon met hierdie soort van roekelose begeerte sal net deur duiwels betrap word.
Vierdens, sê hulle dat die vervulling van die Heilige Gees kan ontvang word wanneer ons God ywerig smeek om hierdie seëning te kry. Maar dit kan nie ontvang word deur gesmeek ry nie. Hierdie is maar net misgeleide gedagtes. 
Vyfdens, hulle identifiseer die vervulling van die Heilige Gees met die besit van geestelike kragte. Die praat in tale is in algemeen verkeerdelik aanvaarding as bewysde van die vervulling van die Heilige Gees. Maar die Heilige Gees woon nie in iemand se hart net omdat hy vermoë het om in Jesus se naam duiwels uitdrywe of in vreemde tale te praat nie. Onthou, sonde behoort aan Satan. Kan iemand met sonde in sy hart werklik sê dat hy die vervulling van die Heilige Gees ontvang het net omdat hy in besit is van ’n vreemde krag/te? Weereens is dit kattekwaad wat deur bose geeste uitgespeel word.
Die evangelie van die water en die Gees wat Jesus aan ons gegee het is die enigste ware evangelie wat ons kan lei om die vervulling van die Heilige Gees te ontvang. Sou u nog dink dat u die Heilige Gees kan ontvang en die vergifnis van sonde deur ander metodes, is jy werklik mislei. Ek hoop en bid dat u uself van misgeleide geloof sal bevry, en in plaas van rein geestelike gedagtes en outentieke geloof sal besit.
Dit is nie oordrewe om te sê, dat ‘deesdae is daar baie Christene wie besete met bose geeste is.’ Baie Christene alom die wêreld kom onder bose kragte omdat hulle die vervulling van die Heilige Gees wil hê, en vergader by hierdie spesiale opwekkings dienste of deur die handeoplegging. Hulle gaan vêr en wyd en slegs na spesifieke mense soos bv. Bekende evangeliste, ouderlinge, opwekker, of pastore wie van hulle gesê word dat hulle die krag van die Heilige Gees ontvang het. Hulle gaan na hulle toe in die hoop om die Heilige Gees te ontvang deur die handeoplegging. Maar niemand kan ooit die vervulling van die Heilige Gees ontvang deur hierdie soort van geloof nie, nieteenstaande hoe hard hulle in Jesus probeer te glo. In ander woorde, daar is geeneen behalwe God wie dit veroorsaak dat iemand die vervulling van die Heilige Gees kan ontvang.
Net soos Simon, is daar baie mense vandag wie onwetend die Heilige Gees probeer koop. Hulle probeer deur wêreldlike leerstellings die Heilige Gees ontvang, en nie deur die ware evangelie nie. Die meerderheid Christene rondom die wêreld is vasbeslote in hierdie gedagtes. U moet dus weet, dat die Heilige Gees kom slegs op húlle wie die nodige kwalifikasies het om Hom te ontvang. Die enigste formule om die Heilige Gees te ontvang is geloof in die evangelie van die water en die Gees, en dit is die enigste antwoord na die waarheid (Handelinge 2:38).
Die ontvangs van die Heilige Gees deur die handeoplegging was slegs vir ’n kort tyd moontlik gedurende die vroeë kerk se tydstip. Na dit, het die Heilige Gees op hulle gekom dieselfde tyd wanneer hulle in die evangelie van die water en die Gees geglo het. Daarvoor, anders as die werk van die Heilige Gees wat gebeur deur geloof in die woord van God, alles anders’ is die werk van bose geeste. God sê dat bose geeste is dienaars van Satan, en Satan het ’n vernuftig plan uitgewerk waardeur hy mense verlei om nie die vergifnis van sondes ontvang nie, selfs sou hulle in Jesus glo. Satan vertel leuens aan mense deur om aan hulle te sê dat hy sal hulle die Heilige Gees gee as hulle in Jesus glo, en die handeoplegging metode. Satan vergroot sy grondgebied alom die wêreld deur hierdie soort van skelmstreke.
Ons gaan nou na die simptome van hulle wie besete is met bose geeste bekyk. Eerstens, wanneer ons die simptome van ’n waarsêer of ’n sjamaan ondersoek kan ons sien dat hulle bewerasies en aanvalle ondervind, selfs beswyming en bewustheid verloor. Dan gebeur iets met hulle tonge en begin hulle teen hulle wil in vreemde tale te praat. Hulle praat dus in vreemde tale. Interessant!
Beide towernaars en Christene wie besete is met bose geeste deur die handeoplegging is gesamelik eienaars van hierdie ervaringe. Wanneer ’n charismatiese evangelis sy mikrofoon uithaal en begin uitskreeu, “Met vuur, met vuur, met vuuuur!” word die gemeente baie opgewonde en verloor self-beheer. Mense wie die handeoplegging wil hê, stap gou na die voorkant van die preekstoel. U kan maar kyk hulle ervaar onbeheerbare bewerasies en aanvalle en praat in vreemde tale. Hierdie simptome is die werk van bose geeste, wie maak asof hy die werk van die Heilige Gees doen.
Besete mense soos sjamane en waarsêers en elke primitiewe godsdiens wat bose geeste op kan roep, vertoon dieselfde simptome as Christene wie as gevolg van die handeoplegging besete met bose geeste is. Maar mense misverstaan dit ondanks hierdie duidelike bewysde. Hierdie soort Christen is diep in verwarring gedompel, omdat deur die bewysde van simptome wat hulle ervaar het, heeltemal oortuig is dat hulle wel die Heilige Gees ontvang het. 
 

Satan werk deur Christene soos ’n waarsêer 
 
Satan stel besete mense op om in staat om gebede van profeteering te maak. Hulle profeteer en sê; “Jy sal ’n kosbare leier word. Duisende skape sal voor jou kom wei. God sal jou in die toekoms oplei en Hy sal ’n waardevolle leier van jou maak.” Aan ander mense profeteer hulle in bedrieglike woorde soos bv. “Jy sal ’n kosbare dienaar van God word. Jy sal ook ’n baie deftige dienaar van God word,” hulle doen dit in hierdie manier om mense aantemoedig om hulle te volg en te lewe as dienaars van bose geeste deurgaans hulle lewens.
Waarsêers profeteer ook omtrent ander mense se toekoms bv. “Jy behoort versigtig van water in die toekoms te wees.” “Jy sal baie geld maak.” ’n Edelman sal van die ooste verskyn en sal jou help.” Hierdie is net ’n paar byvoorbeelde van dinge wat hulle sê. Die eerste simptoom wat van ’n besete persoon te voorskyn kom is valse profeteering.
Dan begin hulle in tale te praat en kan nie eers die onsinnige woorde wat hulle sê self verstaan nie. Hulle ondervind die bewerasies en in ’n groot mate vertoon simptome van persoonlike wanorde. Sou u ’n sjamaan of ’n waarsêer ontmoet, sal jy in staat wees om vaste stel of hulle ’n gesonde personaliteit het of nie? Hulle is dikwels onbeskof aan ouer mense en het ’n lelike persoonlikheid.
Maar mense wie die ware vervulling van die Heilige Gees ontvang, het Hom aangeneem deur om in die waarheid te glo wat verklaar; Jesus het deur Sy doop en dood aan die Kruis ons van die wêreld se sondes gereinig. Hierdie mense help ook ander’ mense om ook kennis te dra en in die evangelie van die water en die Gees te glo, en help hulle om die perfekte vergifnis van sonde te ontvang, asook die vervulling van die Heilige Gees. Hierdie ware kinders van God probeer om in ’n regverdige manier te lewe, en het ’n lieflike personaliteit en word gebruik om ander na die geseënde geloof van God te lei, en ’n lewe wat God wil hê. Nou en dan sal God hulle verwyt om hulle heilig te hou wanneer hulle gedagtes terug na die wêreld trek. 
Die regverdiges wie die perfekte vergifnis van sonde ontvang het is heeltemal verskillend van mense wie se personaliteite verwoes is deur bose geeste. Ware personaliteit word in die lewe geroep wanneer die perfekte vergifnis van sonde ontvang word en daardeur ontvang hulle die vervulling van die Heilige Gees. Boonop, is die regverdiges diep bekommerd oor ander mense wie onder ongunstige omstandighede leef, en omtrent watter woorde van God hulle werklik benodig het, en bid dat hulle verlos word, en hulle te help sonder enige vergoeding.
Op die keersy, sien ons besete mense se personaliteite heeltemal verwoes. Satan beheer hulle en buig hulle oor na sy eie wil omdat hulle oortuig is dat dinge soos die bewerasies en in tale praat gawes is van die Heilige Gees. Maar hierdie ondervindings is definitief nie die gawes van die Heilige Gees nie.
Daar is ook baie ministers/pastore wie hoogmoedige oor hul kragte soos profeteering in God se naam is; en die vermoë het om baie wonders te doen, asook in tale te praat. Maar u moet weet, as hulle nog sonde in hul harte het, is hierdie kragte beslissende bewysde na die feit dat hulle besete is. Daarvoor is hulle nie in staat om die Heilige Gees aan ander mense te veroorsaak, maar slegs hulle bose geeste oor te verplaas. Verder, omdat Satan bedrieglik is, die wonderwerke wat hulle gedoen het sal net vir ’n kort tydjie verduur.
Daar is ’n duidelike verskil tussen die werk van die Heilige Gees en dié van ’n duiwel. Dit mag blyk dat daar geen werk van die Heilige Gees i.v.m. ondervindings of merkwaardige gawes in die begin wees nie, maar soos tyd verby gaan, sal God se krag in die harte van die regverdiges onophoudelik groei, soos die opkoms van die oggend son.
 

Besete Christene

Hoekom is dit dat baie mense besete word deur bose geeste wanneer hulle probeer om die Heilige Gees te ontvang?
Omdat hulle bose geeste deur die handeoplegging van valse profete ontvang.
 
Dit is verbasend om baie gelowiges in Jesus te sien wie se liggame en siele verwoes is, omdat hulle bose geeste ontvang het deur die handeoplegging van valse profete. Hierdie mense het niks te doen met God nie, omdat hulle geloof rus nie in die woorde van die bybel nie. Hulle is besig om hulle kragte leeg te werk onwetend dat hulle werk veroorsaak baie mense Satan se dienaars te word. Hoekom werk hulle so hard om hul kragte in Christendom uitevoer? Omdat hierdie sogenaamd kragte binnekort sal verwelk as hulle dit nie gebreuk nie. Dit is hoekom hulle altyd so besig is. 
Hulle moet onophoudelik bid en wonderwerke beoefen en tekens doen; alles in die naam van Jesus. Mense wie byvoorbeeld sê, “Ek het die gawe van ‘die preek van die evangelie’ ontvang,” en gevolglik moet hulle die evangelie onophoudelik preek, en sou hulle dit nie doen nie sal hulle sogenaamd-geluk kortliks verdwyn. As hierdie mense nie lojaal is aan die duiwel se gawes van die praat in tale, genesing, of profeteer, in ander woorde as hulle nie getrou aan die werke van Satan is nie, dan mag Satan hulle siek maak vir geen rede nie. Dit is net soos ’n waarsêer of ’n sjamaan wat ’n sukkelrige siekte ontvang wanneer hy versuim het om die rol as Satan se dienaar te wees. Dit is hoekom hulle moet die gawes wat hulle van Satan ontvang vurig gebreuk uit vrees dat hulle in ’n ellendige situasie verlaat sal word nadat hulle al hul kragte opgebreuk het. 
Ek het eenkeer iemand bekend geken wie ’n ywerige gelowige in Jesus was en dit het geblyk dat hy baie verkillende kragte van God ontvang het. Hy het mense aangemoedig om die volheid van die Heilige Gees te ontvang en het opwekkingsdienste gelei in waar hy duiwels uitgedrywe deur die oplegging van hande, hy het ook wonderwerke gedoen soos die praat in tale en geneeskrag. Hy het ’n objek van jaloersheid en respek geword deur sy bekende werke van wonders. Ter duisende gelowiges het hom blindelings gevolg. Nietemin, oor tyd het hy begin Jesus ontken en het gesê, “Jesus Christus is ’n mislukking. Hy is nie die Seun van God nie.” Hy het begin Jesus Christus te vloek en het homself as God verheerlik. Hy het uiteindelik Jesus Christus in sy gedagtes en in die harte van baie Christene doodgemaak.
Hierdie soort van mens verwerp die lieflike evangelie van die water en die Gees, omdat Satan hulle leier is. Hulle het van die begin af hierdie misgeleide geloof omdat hulle besit ’n illusie dat hulle dieselfde krag het as wat die Apostels gehad het, en gevolglik wil hulle hul talente fisies sien, en mense veroorsaak om in tale te praat en duiwels uitdrywe deur die handeoplegging. Hulle het die ferm geloof dat die vervulling van die Heilige Gees het op hulle gekom. 
Hulle leer mense omtrent die metode hoe om die Heilige Gees te ontvang, met die gedagte dat dit moontlik is om Hom te ontvang deur berouvolle gebede. Maar hierdie metode is nie gebaseer op God se woorde nie. Ten spyte van die feit dat hulle in Jesus glo en in tale praat en profeteer, glo hulle dat dit die onfeilbare bewysde is van die koms van die Heilige Gees. Omdat baie mense die vervulling van die Heilige Gees verkeerdelik verstaan, is hulle oortuig dat hulle ook die Heilige Gees kan ontvang deur te leer en om die leerstellings van valse profete stiptelik te volg. Dit is hoe Satan in staat is om Christene met bose geeste te vul en oor hulle te heers. Al hierdie metodes is strikke van Satan.
’n Groot getal mense is besete deur die leerstellings van valse profete. Gewone gelowiges lei ’n eentonige godsdienstige lewe, maar besete mense gebreuk die krag van bose geeste wat op die oog af vertoon asof hulle ywerige godsdienstelike lewens lei. Watter talente vertoon hulle? Hulle het die sogenaamd ‘gawe’ genesingskrag, in vreemde tale te praat en die ‘gawe’ om ander mense besete te maak deur die handeoplegging. Ons behoort nou te weet dat die handeoplegging ’n metode is om iets op ’n ander te verplaas, en dat die koninkryk van die duiwel het grootliks vergroot deur hierdie metode.
 

Bose geeste werk deur die mens se begeertes!
 
Satan werk in mense soos Simon in die hoof vers. Hierdie mense sê dat hulle die Heilige Gees kan ontvang deur die handeoplegging, ondanks die feit dat hulle nie geloof in die evangelie van die water en die Gees het nie. Deesdae is daar baie mense wat deur Satan verlei en bedrieg word, en probeer hulle om die Heilige Gees te ontvang deur berouvolle gebede, vastye, self-opoffer of die handeoplegging. Maar hulle is besete en lei ’n vervloekte lewe. 
Ons behoort wakker en bewus te wees van hierdie bemiddelaar genoem handeoplegging, wat baie Christene gebreuk om die Heilige Gees te ontvang, wat die verplasing van bose geeste vergemaklik. Hierdie mense wie dieselfde eienskappe as Simon vertoon het is valse profete voor God. U moet weet selfs gelowiges in Jesus, as hulle nog sonde in hul harte het, kan hulle ook besete wees. Hierdie mense is in staat om wonderwerke deur die werke van die duiwel te doen. Satan lei mense deur sy dienaars om die handeoplegging te ontvang en daardeur sy koninkryk dwarsdeur die wêreld te vergroot. Deesdae kerke soos die  2Pinkster-Charismatiese Beweging is amptelik erken as ’n formele Christen denominasies dwarsdeur die wêreld.
 
2Westelike Christendom het begin te verwelk in die gesig van materiale voorspoedigheid en massaverbruik in die laaste halfte van die 20ste eeu. Op dieselfde tyd, as gevolg van hierdie stand van sake, het baie Christene gesoek vir ’n manier om nader aan Jesus te kom omdat hulle onbevredig was met die droogheid van hulle vorige kerke. Anders was gepla met ’n gebrek van, of ’n stadige pas van geestelike groei, en nog anders’ was gefrustreerd met hulle onvermoë om hulle geloof in ’n personele liefde vir Jesus oorteplaas. 
Die so-genaamd Pinkster-Charismatiese Beweging het tot stand gekom onder hierdie omstandighede. Diegene wie in hierdie bewegings toegegee het soek geesdriftige ervaringe en beoefen dinge soos die praat in tale, profesie, wonderwerke doen en wonders, soos hulle die eerste Pinkster gebeurtenisse vereer en admireer. In hulle entoesiasme, is hulle gewillig om hul selfde aan die so-genaamd heerskappy van die Heilige Gees toevertrou, maar om eerlik te wees meeste van hulle onderrig praktyke is nie op die Bybel gebaseer nie. 
In die ontwikkelende lande, het hierdie beweging soos ’n Wilde vuur versprei binne die konteks van hulle behoeftes. Hulle leiers het die ontwikkelende wêreld se Christene met die rykdom en gesondheid tesame met godsdienstige entoesiasme aangelok. ’n Getal afwykings van hierdie beweging soos bv. Die Neo-Pentekostalisme is selfs gerapporteer as ’n beweging wat dieselfde leerstellings as die New Age – Beweging het. 

Hierdie wêreld is stadig besig om aan die einde te loop. Sou ons graag in hierdie laaste dae werklik wedergebore wil word, moet ons deeglike kennis dra van hoe die duiwel te werk gaan, en vasstaan teen al sy bedrieglike skemas. Ons moet ook een maal eens en vir altyd van ons sondes gered word, en die vervulling van die Heilige Gees as a gawe ontvang deur om in die evangelie van die water en die Gees te glo. Daar is geen ander weg nie maar om terugtekeer na die waarheid met die perfekte kennis hoe God se Gees op ons uitgestort word. 
Net soos God gesê, “My volk gaan te gronde weens die gebrek aan kennis” (Hoséa 4:6), deesdae is daar baie ‘soekers’ wie agter die waarheid soek, en in hulle onkundigheid word hulle deur hierdie waansinnige charismatiese mense verlei en gevolglik word hulle vernietig. Daar is ’n seg woord in die wêreld wat lui; selfs sou ’n sogenaamd Pinkster-Charismatiese kerk in die woeste woestyn gestig word, sal mense nog daar vergader. Hoekom is dit so? Charismatiese mense vergroot hulle kerke deur om verwarring te veroorsaak met hulle sogenaamd-kragte, en lei mense om besete te word deur die handeoplegging. Een van die spesiale talente is wanneer mense besete word deur die handeoplegging, word hulle entoesiasties / vurig om ’n godsdienstige lewe te lewe.
’n Ander spesiale kenmerk van charismatiese mense is die groot hoeveelheid geld wat hulle onvoorwaardelik aan hulle kerke skenk en gevolglik word hulle fanatiese gelowiges. Selfs hierdie groot getal Christene met die duiwel se krag wat so entoesiasties is oor evangelisme, gaan verseker hel toe en besef nie eers hulle eie destinasie nie. Hierdie mense, wie ywerig in bose geeste se kragte glo as die bewysde van hulle verlossing, kyk ywerig uit na die hemele sonder enige weifeling nie. Maar hulle het nog sonde in hulle harte en is verdoem om vernietig te word. 
Sou iemand aan hulle hierdie belangrike vraag vra, bv. “Het jy nog sonde in jou hart, selfs glo jy in God?” en sou hulle antwoord onder andere dat hulle nog sonde het. Hulle is oortuig dat dit onmoontlik is vir enige persoon om nie sonde in sy te hart te hê nie, en sal ook in hulle hardnekkige houding sekere Skrif verse verkeerdelik vertaal om hulle stelling te ondersteun.
Christene in algemeen het ’n neiging dat hulle verdien om in die koninkryk van die Hemele te gaan, selfs het hulle sonde in hulle harte omdat hulle hul self troos om in Jesus te glo met hierdie sogenaamde kragte as bewysde. 
Wat ’n onsinnige hoop is dit nie! Die rede vir hulle ferm geloof is dat hulle besit ’n soort van bonatuurlike talent? Hulle het die so-genaamd gawe van in tale te praat, visioene en die genesing aan die siekes, en hulle is oortuig en glo ongetwyfeld dat hierdie ervarings die werk van die Heilige Gees is. Daarom oortuig hulle hul selfde dat hulle onteenseglik die verlossing en die Heilige Gees deur hierdie ervarings ontvang het. 
Omdat hierdie mense ’n verkeerdelike verstanding van die woorde van verlossing besit, het hulle geen vertroue in hulle verlossing nie as hulle nie ’n sigbare of voelbare bewysde ervaar nie. Daarvoor probeer hierdie mense baie hard om sigbare versekering van hul verlossing te ervaar en later word hulle deur Satan gebreuk om sy werk te doen. Omdat hierdie mense probeer antwoorde van God te ontvang deur berouvolle gebede of self-opoffers, eerder as om in die evangelie van die water en die Gees te glo, sal hulle uiteindelik bose geeste in plaas van die Heilige Gees ontvang. 
Die duiwel beskuldig mense deur om in hulle ore te fluister, “Jy het gesondig, het jy nie?” en lei hulle om in self-veroordeling te val. Ek ken ’n persoon wie uiteindelik die perfekte vergifnis van sonde en die Heilige Gees ontvang. Hierdie persoon was ’n ywerige en roekelose gelowige. Hy het ook in tale gepraat en baie wonderwerke gedoen. Alhoewel hy nagte deur gehuil en sy berouvolle gebede gedoen het, en ondanks sy geloof in Jesus het die sonde in sy hart hom voortdurend gekwel. Dit het gebeur wanneer Satan in sy ore begin fluister het. “Jy het gesondig, en dit sal beter wees om te sterwe as om te leef.” Satan het hom voortdurend gepla en beskuldig en gepla en hom voortdurend herinner oor sy sonde. Satan het hom uiteindelik na self-veroordeling en self-oordeeling gelei. Nietemin, al wat hy kon doen was om die sonde in sy hart aanhoudend te bely. Hy was betrap en kon homself nie van Satan se beskuldiging bevry nie, totdat die dag wanneer hy die lieflike evangelie van die water en die Gees gehoor het.
U behoort te weet, dat hulle wie nie in die evangelie van die water en die Gees glo nie sal die duiwel se prooi word. Dink u werklik dat as iemand nie die perfekte vergifnis van sonde ontvang nie, die krag het om die duiwel te oorwin? Laat ek dit duidelik stel, almal wie nie in die ware evangelie van die water en die Gees glo nie sal deur Satan betrap en gemartel word. God se evangelie van die water en die Gees is ’n absoluut noodsaaklikheid om Satan uitedryf. Daarvoor, almal wie in Jesus glo behoort in die evangelie van die water en die Gees te glo, en ook dít aan al die mense in die wêreld verkondig. Hulle wie hierdie woorde hoor, behoort dit diep in hulle harte te neem, en die lieflike evangelie met hulle hele hart te glo.
 
 
Die geheim van wetteloosheid is alreeds in die wêreld te werke!
 
Die hele wêreld is oordek met die bedrywighede van bose geeste. As ons die evangelie wil preek wat mense lei om die Heilige Gees te ontvang, moet ons eers seker maak dat ons die diep misverstanding omtrent die vervulling van die Heilige Gees heeltemal afbreek met woorde van die waarheid. 
Eerstens, moet ons dit duidelik stel dat dit ’n leuen is om die Heilige Gees te ontvang deur die handeoplegging metode. Ons behoort ook duidelik getuig dat ervarings soos “die praat in vreemde tale en/of nadat daar hande opgelê word, die gevoel van warm kole wat deur die liggaam trek wanneer daar berouvolle gebede gebid word en oor of na ’n vastyd, en die hoor van boodskappe direk van Jesus is alles die werke van die duiwel. Dit is slegs deur geloof in die evangelie van die water en die Gees wat mense in staat stel om die devil se kattekwaad te verslaan. Slegs deur geloof in die evangelie van die water en die Gees kan ons van die wêreld se sondes verlos word. Ons moet deur die evangelie van die water en die Gees die duiwel verslaan, wie “die vader van leuens is.” Satan het alle mense dwarsdeur die wêreld in self-veroordeling betrap, en derhalwe behoort ons hierdie mense terug draai na die waarheid, en ons moet dit gebreuk om hulle daardeur duidelik te wys dat hulle misgeleide ervarings en emosies, alles die werk van Satan was. 
Deesdae, mense soortgelyk as die Samaritaan Simon wie probeer het om die Heilige Gees met geld te koop, is tans besig met die ministerskap in kerke. Hulle is die blinde leiers wie die blinde lei. Hulle is glad nie in staat om vir mense die perfekte verlossing te wys nie, omdat hulle geen kennis van die lieflike evangelie van die water en die Gees besit nie, en het nog sonde in hul harte. Sodoende veroorsaak hulle vir Satan om in hulle volgelinge se harte te kom woon, deur om alnag bid sessies te doen, die roep vir berouvolle gebede en die gebreuk van die handeoplegging metode. U moet weet hierdie mense is werklik met die duiwel besete, en sou ons graag hulle terug na God se perfekte woord toebring, moet ons eers die werk van Satan verslaan deur om die perfekte kennis van die evangelie van die water en die Gees aan hulle te verkondig. As mense onkundig is omtrent Satan se strategie, sal hulle geen ander keuse hê om maar in hulpeloosheid gedompel word. 
Soos ek aan u vertel het om wonderwerke te doen, die praat in tale en profeteering nadat die handeoplegging ontvang was, is alles die werke van die duiwel. In ander woorde, die sogenaamd krag van charismatiese mense is deur die werke van die duiwel gemanifesteer. Ons behoort hulle duidelik te leer. “As daar nog sonde in jou hart is dan werk die duiwel deur jou. Sou u dink dat die Heilige Gees in u woon, alhoewel daar nog sonde is in jou hart is, dan is jy verseker bedrieg.” 
Die geloof van die Apostels en die mense wie die handeoplegging ontvang het in Handelinge 8 is in dieselfde kategorie geplaas, omdat beide van hulle het deeglike kennis van Jesus Christus se evangelie van die water en die Gees gedra. Maar die Apostel se geloof was heeltemal verskillend van die meerderheid Christene vandag, wie verkeerdelik glo dat die eenvoudige handeoplegging sal veroorsaak dat hulle die Heilige Gees ontvang. 
Kan ’n persoon die Heilige Gees ontvang deur die handeoplegging, deur ’n persoon wie nog nie die perfekte vergifnis van sonde ontvang het nie? Beslis Nie. Die Bybel sê duidelik dat die Gees van God het op die waters gesweef (Génesis 1:2). Hierdie woorde beteken, om die perfekte vergifnis van sonde en die Heilige Gees te ontvang, moet hy sorgvuldig hoor en in die evangelie van die water en die Gees glo. God stuur die Heilige Gees as ’n gawe na alle wedergebore Christene wie in die evangelie van die water en die Gees glo. 
Ons behoort in gedagte te hou dat dit sou teen die lieflike evangelie van die water en die Gees werk, wat God bedoel om ons van ons sondes te red, as ons mense leer dat die handeoplegging metode is ’n metode om die Heilige Gees te ontvang. Om te dink dat ’n persoon kan iemand die Heilige Gees veroorsaak is om God uitedaag, en mense met hierdie soort geloof val maklik in Satan se strikke. Dit behoort nooit te gebeur nie. 
Al ons sondes was vergewe wanneer ons in die evangelie van die water en die Gees geglo het, en die Heilige Gees is getuienis na dit. Iemand wie in die evangelie van die water en die Gees werklik glo, het geen sonde in sy hart nie. Hierdie is nie omdat hy nie gesondig het nie, maar instede glo hy in die krag van die evangelie van die water en die Gees. Die evangelie van die water en die Gees getuig dat hy geen sonde in sy hart het nie, en die Heilige Gees getuig oor dit ook. Niemand kan Jesus as sy Saligmaker roep nie, as hy nie die Gees van God in hom het nie.
Besete mense dra geen kennis van die evangelie van die water en die Gees nie, en maak nooit dit ’n onderwerp van bespreking nie. Hulle is heeltemal onkundig van die evangelie van die water en die Gees, en boonop is hulle nie in staat om die waarheid uitemaak nie. Hulle sê dat die Heilige Gees kom alleenlik wanneer hulle die handeoplegging ontvang het. Maar u moet weet, die Heilige Gees sal nooit deur die handeoplegging kom nie. U behoort nou te besef dat die werke van bose geeste veroorsaak groot invloed oor mense en in kerke dwarsdeur die wêreld met sy valse leerstellings. Vir hierdie rede is dit imperatief dat u die ware vervulling van die Heilige gees ontvang deur om in die evangelie van die water en die Gees te glo.