• All e-books and audiobooks on The New Life Mission website are free
  • Explore multilingual sermons in global languages
  • Two new revised editions in English have been released
  • Check out our website translated into 27 languages
Search

Sermons

Onderwerp 8. Die Heilige Gees

[8-3] Het u die Heilige Gees ontvang wanneer u gelowig geword het? (Handelinge 19:1-3)

2021.03.29 370
Het u die Heilige Gees ontvang wanneer u gelowig geword het?(Handelinge 19:1-3)
“En terwyl Apollos in Korinthe was, het Paulus die boonste landstreke deurgereis en in Éfese gekom; en daar het hy sommige dissipels gevind en hulle gevra: Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het? En hulle antwoord hom: Ons het nie eens gehoor dat daar ’n Heilige Gees is nie. En hy vra hulle: Met watter doop is julle gedoop? En hulle antwoord: Met die doop van Johannes.’”
 
Hoekom sê die Bybel, “Maar van Die dae van Johannes die Doper af tot nou toe word die koninkryk van die hemele bestorm, en bestormers gryp dit met geweld?”
Omdat mense die Koninkryk van die Hemele kan neem deur geloof in die lieflike evangelie wat sê, dat Jesus het al die wêreld se sondes met Sy doop deur Johannes en Sy bloed aan die Kruis uitgewis.

Watter soort evangelie het Paulus gepreek? Hy het die evangelie van Jesus se doop en Sy bloed verkondig. Handelinge 19:1 sê, “En terwyl Apollos in Korinthe was, het Paulus die boonste landstreke deurgereis en in Éfese gekom; en daar het hy sommige dissipels gevind en hulle gevra: Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het?’” 
Hierdie mense het in Jesus geglo terwyl hulle die werklike betekenis van Jesus se doop uitgelaat. Hulle het glad nie geweet van die lieflike evangelie wat lei na die vervulling van die Heilige Gees nie. Dit is hoekom Paulus die vraag aan hulle gestel het, “Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het?” dit was ’n baie onvertroude vraag aan sommige dissipels in Éfese. Ander mense sou hulle gevra: “Het jy in Jesus geglo?” Maar Paulus het die vraag in hierdie buitengewone manier gevra, sodat hulle die Heilige Gees kon ontvang deur om hul geloof in die lieflike evangelie te hernu. Ons moet hier dit duidelik stel, Paulus se bediening was om hierdie einste lieflike evangelie van Jesus se doop en Sy bloed te verkondig. Paulus, Petrus en Johannes het ook getuig oor Jesus se doop deur Johannes die Doper. 
Laat ons na die getuienis van die apostels kyk, waar hulle oor die evangelie van die doop gepraat het. Eerstens, het Paulus getuienis gelewer, “Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe? Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is?” (Romeine 6:2-3) en “want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee” (Galasiërs 3:27).
Die apostel Petrus het ook in 1 Petrus 3:21-22 duidelik oor die evangelie van Jesus se doop getuig en gesê, “Waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as ’n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as ’n bede tot God om ’n goeie gewet—deur die opstanding van Jesus Christus wat heengegaan het na die hemel en aan die regterhand van God is, terwyl engele en magte en kragte aan Hom onderwerp is.”
Johannes die Apostel het ook in 1 Johannes 5:5-8 oor hierdie lieflike evangelie getuig. “Wie ander is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is? Dit is Hy wat deur water en bloed gekom het, Jesus die Christus; nie deur die water alleen nie, maar deur die water en die bloed; en dit is die Gees wat getuig, want die Gees is die waarheid. Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een; en daar is drie wat getuig op die aarde: die Gees en die water en die bloed, en die drie is eenstemming.”
Johannes die Doper het ’n kritieke rol in die volbringing in die lieflike evangelie gespeel. Die Bybel het duidelik oor Johannes die Doper in Maleági 3:1-3, en in Matthéüs 11:10-11 getuig. Johannes die Doper was die verteenwoordiger van die mensdom en die geprofeteerde Elía wat sou kom, soos dit in die Ou Testament geskrywe is. In die Ou Testament was ’n sondofferbok geslag om sy bloed te vergiet nadat die bok al die sondes van die mens op homself geneem het, deur die oplegging van hande. In die Nuwe Testament, was Jesus die sondoffer Lam wie die wêreld se sondes weggeneem deur Sy doop en het aan die Kruis gesterwe om die loon van ons sondes te betaal. Jesus het die mensdom gered omdat Johannes die Doper die wêreld se sondes op Hom verplaas met Sy doop in die Jordaan Rivier.
God het twee soort Groot dade beplan om die mensdom van hulle sondes te red, en Hy het dit heeltemal volbring. Die eerste was om Jesus na die wêreld deur die liggaam van maagd Maria te stuur, en om Hom gedoop laat word en gekruisig om die wêreld se sondes wegteneem. Die tweede was om Johannes die Doper deur Elisabet gebore laat word. God het hierdie twee gebeurtenisse veroorsaak om die mensdom van hulle sondes te red. Hierdie was die werk wat deur God in die Drie-Eenheid beplan het. God het Johannes die Doper ses maande voor Jesus in die wêreld gestuur, daarna het Hy Jesus Christus die Verlosser van die mensdom in hierdie wêreld gestuur, om die mensdom te bevry van die veroordeling van die sonde. 
Jesus het getuienis aan Johannes die Doper in Matthéüs 11:9 gelewer. “Maar wat het julle uitgegaan om te sien? ’n Profeet? Ja, Ek sê vir julle, ook baie meer as ’n profeet!” Verder, wie het Johannes die Doper wie die wêreld se sondes op Jesus verplaas het die volgende dag gesien, en getuienis oor Hom gelewer om te sê, “Dáár! Is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!” (Johannes 1:29).
Die Bybel het baie getuienisse van Johannes wie Jesus gedoop het, en ons behoort te strewe om ’n beter kennis van hom te kry. Johannes die Doper het in die wêreld voor Jesus gekom. Sy rol was om die lieflike evangelie te vervul, wat God se plan was. Die Bybel sê dat Jesus het die wêreld se sondes aanvaar deur Johannes and dat Johannes die sondes op Hom verplaas het om God se wil te vervul. 
Ons noem hom ‘Johannes die Doper’ omdat hy Jesus gedoop het. Watter bedoeling het die doop van Jesus wat deur Johannes verrig was? Die woord “doop” beteken “om skoontewas.” Sedert al die sondes van die wêreld op Jesus deur Sy doop verplaas was is hulle werklik weggewas, heeltemal weg! Jesus se doop het dieselfde bedoeling as, “die handeoplegging” wat die sondofferand in die Ou Testament ontvang het. Die geestelike bedoeling van die ‘doop’ is om “iets te verplaas,” “om skoontewas” of “begrawe te word.” Jesus se doop deur Johannes was ’n daad van verlossing om al die mense in die wêreld se sondes wegteneem.
Jesus se doop het dieselfde betekenis as ‘die oplegging van hande,’ wat die metode was om sondes op die sondofferand te verplaas in die Ou Testament. In ander woorde, op die Groot Versoeningsdag het die volk van Israel hulle jaarlikse sonde op die sondebok verplaas deur die oplegging van hande wat deur die hoëpriester bedien was. Hierdie offer in die Ou Testament het dieselfde funksie as Jesus se doop en Sy dood aan die Kruis. 
God het die Groot Versoeningsdag aangestel as die tyd om die sondes van die Israelite wegteneem. Op die tiende dag van die sewende maand het die hoëpriester al die jaarlikse sondes van die volk op die kop van die sondebok deur om sy hande op die bok te lê, om vir die volk se sondes te versoen. Hierdie was die offer sisteem wat God gestig het. Dit was die enigste manier om die sondes op die sondebok se kop te verplaas, en daardeur was die sonde deur die oplegging van hande die ewige wet wat God verewig gestig het. 
“En Aäron moet sy twee hande op die kop van die lewende bok lê en oor hom belydenis doen van al die ongeregtighede van die kinders van Israel en al hulle oortredinge, wat hulle sondes ook al mag wees: en hy moet dié op die kop van die bok lê en hom deur ’n man wat gereed staan, na die woestyn toe stuur. So moet die bok dan op hom al hulle ongeregtighede na ’n woeste land wegdra; en hy moet die bok in die woestyn los” (Levítikus 16:21-22).
In die Ou Testament, het ’n sondaar sy hande op die kop van ’n sondofferand gelê om sy sondes in hierdie manier daar te verplaas om vergifnis van sy sondes te ontvang. En op die Groot Versoeningsdag het Aäron die hoëpriester as die kinders van Israel se verteenwoordiger sy hande op die kop van die lewende bok gelê, om die sondes van die volk van Israel op die sondofferand se kop te verplaas. Die sondofferbok was dan geslag nadat hy al hulle sondes op homself geneem het.
Dit het dieselfde geestelike bedoelings as die doop (Baptisme wat in Grieks beteken “om skoontewas, om te begrawe, te verplaas) wat Jesus deur Johannes in die Nuwe Testament ontvang het. Net soos die hoëpriester in die Ou Testament sy hande op die kop van die sondofferbok gelê om die sondes van die kinders van Israel op die kop van die lewende bok te verplaas, in dieselfde manier was die sondes van die mensdom op Jesus met Sy doop deur Johannes die Doper verplaas. Jesus het daarna aan die Kruis gesterwe om vir ons sondes te versoen. Hierdie is die lieflike evangelie van waarheid. 
Net soos hoëpriester Aäron die sondofferand geoffer vir die versoening van sondes in plaas van die kinders van Israel, het Johannes die Doper, een van Aäron se afstammelinge hierdie taak as die verteenwoordiger van die ganse mensdom uitgevoer deur om Jesus te doop, en daardeur het hy al die sondes van die mensdom op Hom verplaas. God beskryf ’n wonderlike plan van Sy liefde in die Bybel wat in Psalms 50:4-5 geskrywe is, “Hy roep na die hemel daarbo, en na die aarde, om sy volk te oordeel: Versamel my gunsgenote vir My, hulle wat my verbond by die offer sluit!” Amen, Hallelujah.
Die geskiedenis van die Kerk vertel vir ons dat daar geen Kersfees vir die eerste twee eeue in die vroeë kerk was nie. Die vroeë kerk se Christene gesamelik met die dissipels van Jesus het slegs Januarie 6de as “die Dag van Jesus se Doop” gedenk. Hoekom het hulle Groot klem op Jesus se doop in hulle geloof gelê? Die antwoord is die sleutel na Christendom en die Apostoliese tradisie. Ek vertrou dat u nie verwar word met die gelowiges se water doop en dié van Jesus se doop nie.
Die doop van gelowiges soos dit vandag bestaan het ’n heels verskillende bedoeling as dié van Jesus se doop wat Hy deur Johannes ontvang het. Daarvoor behoort ons almal dieselfde geloof as Jesus se dissipels te besit, sou ons graag die vervulling van die Heilige Gees wil ontvang. Ons behoort almal die vervulling van die Heilige Gees ontvang deur om in Jesus Christus se doop te glo, wat Hy deur Johannes ontvang het, asook in Sy bloed aan die Kruis. 
Let wel, as die vroeë kerk ‘die doop’ as uiters belangrik beskou het weens hul kern geloof in Jesus se doop; behoort ons ook Jesus se doop deur Johannes as ’n onmisbare bestanddeel vir ons verlossing beskou. Verder moet ons, ons verkeerde oortuigings opgee en die korrekte geloof besit van die perfekte kennis wat verklaar, dat Jesus verplig was om gekruisig te word weens Sy doop deur Johannes. Ons behoort ook in gedagte te hou, die Heilige Gees begin in ons te kom woon wanneer ons werklik glo dat Jesus gedoop was, het aan die Kruis gesterwe en was van die dode opgewek om ons Saligmaker te word. Jesus se doop deur Johannes en Sy bloed aan die Kruis het ’n baie spesiale betekenis in die lieflike evangelie. 
Die foutlose manier vir ons om die Heilige Gees te ontvang is om in die lieflike evangelie van Jesus se doop en Sy bloed te glo. Jesus se doop het die mensdom van sonde eenmaal gereinig. Dit was die doop van verlossing wat ons gelei het om die Heilige Gees te ontvang. Aangesien mense in algemeen nie die krag van Jesus se doop besef nie, verstaan hulle dit as ’n eenvoudige seremonie wat geen noemenswaardige bedoelings het nie.
Jesus se doop vorm deel van die lieflike evangelie wat vir ons vertel hoe Hy die wêreld se sondes weggeneem het, en die veroordeling vir dit ontvang deur om Sy bloed aan die Kruis te vergiet. Enige iemand wie in die woorde van hierdie lieflike evangelie glo word ’n lidmaat van ‘die kerk’ wat in besit is van die Here, en geniet die seëninge van die Heilige Gees. Die Heilige Gees is ’n gawe van God aan diegene wie die perfekte vergifnis van sondes ontvang het.
Met Sy doop het Jesus “die Lam van God geword wat die sonde van die wêreld wegneem” (Johannes 1:29). In Johannes 1:6-7 lees ons, “Daar was ’n man van God gestuur, wie se naam Johannes was. Hy het tot ’n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo.” Om werklik in Jesus as ons Verlosser te glo wie al ons sondes weggeneem het, moet ons Johannes se bediening en getuienis soos dit in die Bybel geskrywe is goed verstaan. Eers dan sal ons in staat wees om in Jesus Christus as ons Verlosser te glo. Om die Heilige Gees te ontvang behoort ons standvastige geloof in sy getuienis besit. Daarvoor, om die lieflike evangelie van waarheid te volbring, moet ons in Jesus se doop deur Johannes en in Sy bloed aan die Kruis glo.
In Matthéüs 11:12 is hierdie vers geskrywe, “Maar van die dae van Johannes die Doper af tot nou toe word die koninkryk van die hemele bestorm, en bestormers gryp dit met geweld.” Hierdie vers is alom herken as een of die mees moeilike verse in die Bybel. Maar ons moet aan die sinsnede “van die dae van Johannes die Doper” aandag gee. Dit verwys verseker dat die bediening van Johannes was direk met Jesus se bediening gekoppel vir ons verlossing. 
Jesus wil graag hê dat ons die Koninkryk binne invaar met dapper geloof, as dapper soos gewelddadige mense. Ons sondig elke dag, ons is teer maar Hy laat dit toe dat ons Sy Koninkryk ingaan deur dapper geloof, ondanks ons ongeregtighede. Dus, hierdie moeilike vers beteken dat mense in die koninkryk van die hemel kan ingaan deur geloof in die lieflike evangelie wat sê; Jesus het die wêreld se sondes uitgewis met Sy doop deur Johannes en Sy bloed aan die Kruis. In ander woorde, die betekenis is dat Hemel kan gegryp word deur dapper geloof in hierdie lieflike evangelie van Jesus se doop en bloed. Daar is geen ander manier om in die koninkryk van die hemel integaan nie, maar deur hierdie lieflike evangelie. 
Jesus se doop het al ons sondes weggeneem, en ons geloof in dit, en dit verseker dat ons die vervulling van die Heilige Gees sal ontvang. Ons moet dus hierdie evangelie aan ons bure, familie, vriende en almal in hierdie wêreld verkondig. Ons moet geloof in die lieflike evangelie besit wat sê; die sonde van die wêreld was op Jesus deur Sy doop verplaas. Deur ons geloof sal ons die vreugde van verlossing en die vervulling van die Heilige Gees ontvang. 
Jesus se doop het al ons sondes weggeneem, en Sy bloed was die veroordeling vir ons sondes. Ons moet hierdie lieflike evangelie aan ongelowiges sorgvuldig verduidelik. Eers nadat ons dit gedoen het, sal hulle in die evangelie glo en die Heilige Gees ontvang. Ek wil hê dat u in dit met u hele hart glo. Slegs geloof in Jesus se doop deur Johannes en Sy bloed aan die Kruis kan die mensdom die perfekte vergifnis van al sy sondes, en die vervulling van die Heilige Gees laat ontvang.
Almal kan ’n kind van die Here word waar die Heilige Gees woon, en een van ons broeders en sisters word deur om in die lieflike evangelie van die water en die Gees te glo. U behoort dieselfde geloof as wat Paulus gehad het, naamlik geloof in die water en die Gees. Ek dank die Here dat Hy ons hierdie lieflike evangelie gegee het, en ons prys Hom vir dit. Amen.