• All e-books and audiobooks on The New Life Mission website are free
  • Explore multilingual sermons in global languages
  • Two new revised editions in English have been released
  • Check out our website translated into 27 languages
Search

Sermons

Onderwerp 8. Die Heilige Gees

[8-6] Glo sodat die Heilige Gees  in u kan kom woon (Matthéüs 25:1-12)

2021.04.01 364
Glo sodat die Heilige Gees  in u kan kom woon(Matthéüs 25:1-12)
“Dan sal die koninkryk van die hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet. En vyf van hulle was verstandig en vyf dwaas. En toe die wat dwaas was, hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle saamgeneem nie. Maar die verstandiges het olie in hulle kanne saam met hul lampe geneem. En terwyl die bruidegom talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak. En middernag was daar ’n geroep: Daar kom die bruidegom; gaan uit hom tegemoet! Toe staan al daardie maagde op en maak hulle lampe gereed. En die wat dwaas was, sê aan die verstandiges: Gee vir ons van julle olie, want ons lampe gaan uit. Maar die verstandiges antwoord en sê: Miskien sal daar nie genoeg wees vir ons en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself. En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom. En die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit. Later kom toe die ander maagde ook en sê: Meneer, meneer, maak vir ons oop! Maar hy antwoord en se: Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie.’”
 
 

Wie verteenwoordig die maagde wiedie vervulling Heilige Gees ontvang het?

 
Aan wie kom die Heilige Gees?
Hy kom na hulle wie van al hulle sondes vergewe is deur om in Jesus se doop en Sy bloed te glo.
 
In die gelykenis hierbo is daar vyf verstandiges en vyf dwase maagde. Die vyf dwase het vir die vyf verstandiges gevra om hulle olie met hulle te deel. Maar die verstandiges het vir die dwase gesê, “Miskien sal daar nie genoeg wees vir ons en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself.” En onderwyl hulle gaan en koop, het die vyf verstandiges wie voldoende olie in hulle kanne gehad het, het saam met Hom ingegaan na die bruilof. Hoe kan ons, ‘ons olie’ vir die Here voorberei? Die enigste ding wat ons moet doen is om vir Hom te wag met die perfekte vergifnis van sonde in ons harte. 
Deur hierdie gelykenis sien ons twee soort gelowe tussen die mens. Een is geloof in die evangelie van die vergifnis van sonde. En hierdie geloof lei na die vervulling van die Heilige Gees. Die ander geloof is om getrou te wees na eie godsdienstelike geloof—ongeag of die Here ons van ons sondes vergewe of nie.
Hierdie lieflike evangelie bly ’n las aan hulle wie getroue is aan hulle eie geloof en kerk. Net soos die dwase maagde wie olie gaan koop wanneer die bruidegom op pad was, is hulle wie van een na ’n ander opwekkings byeenkoms gaan met die hoop om die Heilige Gees te ontvang, en gevolglik bedrieg hulle hul selfde. Sulke mense is onkundig oor die feit dat hulle behoort geloof in die lieflike evangelie in hul harte te besit voor die groot Oordeelsdag. Met groot ywerigheid om die Heilige Gees te ontvang probeer hulle om God te oorreed met hulle sogenaamd vurige begeertes. Ons gaan nou na ’n getuienis van ’n diaken bekyk wie met pogings probeer het om die Heilige Gees te ontvang. Hierdie getuienis sal behulpsaam vir u wees. 
“Ek het alles probeer in my pogings om die Heilige Gees te ontvang. Ek het gedink sou ek myself aan my eie geloof en kerk ywerig wy, sou ek die Heilige Gees ontvang en gevolglik het ek van een kerk na ’n ander kerk gegaan. Die mense by een van hierdie kerke het elektriese klavier en dromme gespeel as deel van hulle erediens. Die pastoor wie die dienste gelei het, het die mense gevra, dat almal wie graag die Heilige Gees wou ontvang moet vorentoe stap, en het een vir een sy hande op die voorkop van hierdie mense se voorkop geklap, soos hy in tale gepraat het. Hy het met die mikrofoon begin rondhardloop en uitgeroep “Ontvang die vuur, vuur, vuur!” en sy hande op die mense se koppe gelê, wat veroorsaak dat sommige van hulle aanvalle gekry en ander het flou geval. Ek het getwyfel of hierdie soort dienste werklik omtrent die vervulling van die Heilige Gees was maar ek was alreeds verslaaf aan hierdie soort van dienste. Nietemin, ek het nooit geslaag in my pogings om die vervulling van die Heilige Gees te ontvang nie.
Na daardie ervaring, het ek alleen in die berge gegaan en het probeer om deur die nag met trane te bid terwyl ek ’n denneboom omhels. Ek het ook probeer om in ’n grot te bid maar did het ook nie gewerk nie. Na dit, het ek op ’n 40 dae vas met baie alnag gebede probeer; maar dit was ook ’n mislukking omdat die vervulling van die Heilige Gees buite my bereik was. Toe op ’n dag was ek na ’n seminaar op die Heilige Gees genooi. Die seminaar was een keer ’n week gehou, en het vir sewe weke verduur, die hoor tema was op God se liefde, die Kruis, Jesus se opwekking, die handeoplegging, die vrug van die Gees en geestelike groei. Naby die einde van hierdie seminaar het die prediker sy hande op my voorhoof gelê en gebid vir die Heilige Gees, en ek het presies gedoen wat hy vir my gesê het. Ek het toe heeltemal ontspan en my palms en gesig na die hemel opgelig, en uitgeroep “la-la-la-la” oor en oor. Iewers skielik, terwyl ek so “la-la-la-la” gepraat en gehuil het, het ek vlot in ’n vreemde taal begin te praat. Baie van die mense daar het my kom gelukwens dat ek die Heilige Gees uiteindelik ontvang het. Maar nadat ek hierdie Heilige Gees ontvang het, het ek begin bang om alleen by die huis te wees. Dus het ek begin om as ’n vrywilliger vir die seminare te werk. Ek het gedink om baie van my tyd vrywillig aan die werk te gee, en gevolglik het ek rondom die land gereis om my diens aan hierdie seminare te gee. Toe ek my hande op sommige mense gelê het, het ek hulle deur geneeskrag genees, selfs alhoewel hulle kortliks in hierdie siekte teruggeval. En dan het ek begin om visioene te ervaar en gevind dat ek in staat was om te profeteer. Dit was verbasend dat al my profeteering waar geword het. Gevolglik was ek na verskillende plekke uitgenooi en behandel soos ’n beroemde persoon. Maar ondanks al hierdie verheerliking was ek nog vreesagtig. Op ’n dag het ek ’n stem gehoor, “Moenie van een na ’n ander plek gaan nie soos jy nou doen nie, maar instede gaan help jou familie om verlossing te ontvang.” Maar ek het nie die vaagste idee gehad oor ‘die verlossing’ nie. Ek het slegs kennis gehad wat ander mense my vertel het, naamlik dat sou ek nie hierdie gawe gebruik, sou Hy dit van my wegneem. Op die een hand was ek bang om my talente te gebruik, maar kon myself nie verhoed om voortegaan daarmee nie. 
Een dag het ek gehoor dat ’n sjamaan wou graag in Jesus glo, en dus het ek haar gaan besoek saam met ’n paar vriende. Ons het nie haar vooruit meegedeel dat ons haar sal kom besoek nie. Maar hierdie sjamaan was alreeds by haar hek ons verwelkom, “Ek het geweet dat julle op pad was om my te kom besoek” het sy gesê. Iewers skielik het sy begin water op ons te gooi en uitskreeu, “Daar is geen verskil tussen Ooste sjamanisme en Weste sjamanisme nie!” Sy het ons as “Jesus sjamane vergelyk,” en haar finger aan my gewys, “Hierdie persoon is vreesagtig, maar daardie een is nie.” Wat hierdie sjamaan aan my daardie dag gesê het, het soos ’n donder klap oor my kop gebars. Na hierdie onrusbarende ervaring het ek begin diep oor my geestelike lewe te dink waar alles wat ek sovêr in my geestelike lewe gedoen het, was presies dieselfde as was wat hierdie sjamaan doen. Niks wat ek sover in my godsdienstelike lewe bereik het, het die Heilige Gees nader aan my gebring omdat ek nog sonde in my hart gehad het”. Amen.
Uit hierdie getuienis leer ons om die Heilige Gees te ontvang is heeltemal buite ons vermoëns. Omdat soortgelyke gelowe is nie gebaseer op God se evangelie nie, en hulle wie hierdie soort van godsdienstige lewe leef het geen olie in hulle kanne nie.
Die lamp in die Bybel verwys na die kerk en die olie verwys na die Heilige Gees. Die Bybel dui daarop, hulle wie kerk bywoon sonder dat hulle die Heilige Gees ontvang het, hetsy dit God se kerk is of nie, die dwase is.
Die dwase is geneig om hulle godsdienstelike passies dag vir dag uitebrand. In ander woorde, die dwase brand hulle gevoelens gesamelik met hulle blinde ywerigheid vir God uit. As ons byvoorbeeld, ons emosies kon meet, sê 20cm lank en dit vat omtrent een dag om 1cm uitebrand, dan sou dit omtrent 20 dae neem om al ons emosies met hierdie ywerigheid uitebrand. Die emosies agter hulle geloof kry nuwe krag deur vroeë oggend bid ure, al-nag gebede, vastye en opwekkings dienste, en hulle emosies brand ook deurgaans hulle lewens uit. Hulle is verslaaf aan hierdie oneindige proses van die uitbrand van hulle emosies. 
Hulle emosies is in die naam van Jesus uitgebrand. Hulle is getroue kerk bywoners waar hulle hul emosies uitbrand, maar hulle harte is nog verward en is nog op soek vir iets anders. Die rede vir dit is dat hulle geloof spruit uit van liggaamlike ervarings; daarvoor het hulle ’n konstante nood om hierdie gevoelens te versterk sodat die vlam nie uitbrand nie. Maar hulle kan nie die Heilige Gees ontvang met hierdie soort van geloof nie. Om hulle emosies so uitebrand sal beslis nie hulle lei om die Heilige Gees te ontvang nie.
Almal van ons behoort in die teenwoordigheid van God die egte geloof in ons harte voorteberei om die Heilige Gees te ontvang. Eers dan sal ons waardig wees om die Heilige Gees te ontvang. Hoe kan hierdie geloof ontvang wat ons waardig maak om die Heilige Gees te ontvang? Die waarheid lê in die lieflike evangelie wat volbring was deur Jesus se doop in die Jordaan en Sy bloed vergieting aan die Kruis.
God het ons as “’Die geslag van kwaaddoeners” verwys (Jesaja 1:4). Ons moet dit erken. Die mens is met 12 soort van sondes gebore (Markus 7:21-23). Die mens kan nie homself help nie maar om sonde te pleeg vanaf geboorte totdat hy sterwe. 
In Johannes 1:6-7 is dit geskrywe, “Daar was ’n man van God gestuur, wie se naam Johannes was. Hy het tot ’n getuienis gekom om die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo.” Johannes die Doper het Jesus gedoop en daardeur was die wêreld se sondes op Hom verplaas, en het oor dit getuig, “Dáár! Is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem” (Johannes 1:29). Ons is van al ons sondes gered danksy aan Johannes wie Jesus Christus gedoop het. Sou Johannes nie vir Jesus gedoop het nie, en nie verklaar dat Hy die Lam van God was nie wie die sonde van die wêreld weggeneem het, sou ons nie geweet dat Jesus al ons sondes op Homself geneem het en vir dit aan die Kruis betaal. Nóg sou ons geen kennis gehad hoe om die Heilige Gees te ontvang nie. Maar danksy aan Johannes se getuienis, het ons na die verstanding gekom dat Jesus al ons sondes weggeneem en nou in staat is om die Heilige Gees te ontvang. 
Met hierdie geloof word ons bruide wie gereed gemaak word om Jesus die bruidegom te ontmoet. Ons is die ware maagde wie in Jesus glo, en heeltemal gereedgemaak om die Heilige Gees te ontvang. 
Glo u werklik met u hele hart in die evangelie van die water en die Gees? Glo u dat Jesus Christus al jou sondes met Sy doop deur Johannes weggeneem? Die Bybel sê, “Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God” (Romeine 10:17). Ons behoort te glo dat Jesus was deur Johannes gedoop en aan die Kruis gesterwe om die Heilige Gees te ontvang. Ons behoort te herken, om die Heilige Gees te ontvang kan eers gebeur wanneer daar geglo word dat Jesus as ’n mens na die wêreld gekom en was deur Johannes gedoop, en dat Hy aan die Kruis gesterwe en was van die dode opgewek. 
Selfs vandag is daar twee groep gelowiges, net soos die tien maagde in die gelykenis. In watter groep val u in? U behoort die Heilige Gees te ontvang deur om in die evangelie van die water en die Gees te glo. Gaan u kerk toe, maar het nog nooit die Heilige Gees ontvang nie? U behoort die ware weg te ken, om die Heilige Gees te ontvang. 
Met watter geloof kan ons die Heilige Gees ontvang? Kan ons die Heilige Gees ontvang deur astatiese entoesiasme of Sjamanisme? Kan ons die Heilige Gees ontvang wanneer ons in ’n koma is? Kan ons die Heilige Gees ontvang deur om in fanatiese godsdiens glo? Moet u aanhoudend aan God vir die vergifnis van jou sondes vra? Die Bybel sê, wanneer Jesus gedoop was en uit die water gekom het, het die Gees van God op Hom soos ’n duif neergedaal. Hy was gedoop om alle sondes te dra, en het aan ons vertel dat Hy sou vir ons sondes gekruisig word, om die loon van hierdie sondes te betaal. 
Jesus was deur Johannes gedoop om die sondes van die wêreld te dra, en was aan die Kruis gekruisig sodat ons gered kon word en die Heilige Gees ontvang. Dit is die waarheid. Jesus was deur Johannes gedoop, en was aan die Kruis vir hierdie sondes veroordeel en was opgewek van die dode. Ons moet dus in Jesus se doop deur Johannes en Sy bloed aan die Kruis glo om die perfekte vergifnis van sonde te ontvang. Ons kan nou deur Jesus se doop sien (Matthéüs 3:13-15), waar die Heilige Gees soos ’n vredevol duif op diegene kom wie van hul sondes gereinig was deur om in Sy doop te glo.
Om die Heilige Gees te ontvang is dit essensieel om in Jesus se doop deur Johannes en Sy bloed aan die Kruis te glo. Ons moet dus weet, dat die Heilige Gees op ’n persoon soos ’n vrede volle duif neerdaal wanneer hy in die perfekte vergifnis van sonde glo. Diegene wie alreeds die Heilige Gees ontvang het behoort te weet dat dit moontlik gemaak was weens die vergifnis van sonde deur geloof. Die Heilige Gees word op hulle uitgestort wie in die vergifnis van sonde met hulle hele harte glo. 
Jesus Christus het deur die brood en wyn van die ewige lewe gekom (Matthéüs 26:26-28, Johannes 6:53-56). Wanneer Jesus van die water na Sy doop uitgeklim het, het daar ’n stem uit die hemele gekom wat gesê, “Dit is my geliefde Seun in wie Ek ’n welbehae het” (Matthéüs 3:17).
Dit is maklik om in God as die Drie-Eenheid te glo. God is die Vader van Jesus en Jesus is God se Seun. Die Heilige Gees is ook God. Die Drie-Eenheid is Één God vir ons. 
Ons moet dus weet dat ons sal nooit die Heilige Gees ontvang deur om slegs in die Kruis glo of ons selfde probeer te heilige deur eie pogings nie. Ons kan alleenlik die Heilige Gees ontvang wanneer ons glo dat Johannes Jesus gedoop het en al ons sondes was op Hom verplaas, en dat Hy gekruisig was om vir ons sondes te versoen. Hoe eenvoudig en duidelike waarheid is dit nie! Dit is nie moeilik om die perfekte vergifnis van sonde en die Heilige Gees te ontvang nie. 
God het in eenvoudige terme met ons gepraat. ’n Gewone persoon se IK is omtrent 110 tot 120. Sy evangelie is vir enige gewone persoon maklik verstaanbaar. Selfs vir kinders op 4 of 5 jaar is die lieflike evangelie nie moeilike om te verstaan nie. Maar sou God ons oor die vervulling van die Heilige Gees in ’n meer intellektuele manier gepraat het, sou ons ooit Hom kon verstaan? God het ons van al ons sondes vergewe en die Heilige Gees aan ons as ’n vrye gawe vergun. 
God vertel ons duidelik dat ons sal nie die Heilige Gees ontvang deur die handeoplegging of berouvolle gebede nie. Die Heilige Gees kom nie weens ’n vastyd of toegewydenis of alleen in die berge te gaan bid nie. Watter soort van geloof het die uitwerking van die ontvangs van die Heilige Gees in ons? Dit is geloof in die feit dat Jesus na hierdie wêreld gekom en was gedoop om al ons sondes wegteneem, het aan die Kruis gesterwe en was van die dode opgewek.
 
 

Moet ons werklik in hierdie evangelie glo?

 
Hoekom is dit nodig om die perfekte vergifnis van sonde te ontvang en dus die Heilige Gees ontvang? Om burgerskap van God se Koningryk te bekom is dit van uiters belang dat ons Sy Gees ontvang. Daarvoor, om die Heilige Gees te ontvang behoort ons in Jesus as ons Verlosser, in Sy doop en bloed te glo, en laaste moet ons van ons sondes vergewe word. 
Hoekom vergun God die Heilige Gees aan hulle wie die perfekte vergifnis van sonde ontvang het? Die rede is om ons as Sy mense te verseël. Om diegene wie in Jesus gebaseer op God se woord te verseël, gee Hy aan hulle die Heilige Gees as ’n versekering. 
Daar is baie mense wie ’n verkeerde geloof handhaaf. Dit is baie maklik om in Jesus se doop te glo en sodoende die Heilige Gees ontvang. Dit is maklik vir diegene van ons wie alreeds die Heilige Gees ontvang het, maar dit is onmoontlik vir hulle wie nog nie die vergifnis van sonde ontvang nie. Hulle dra geen kennis van die waarheid nie, en in plaas van, soek hulle ander maniere om die Heilige Gees te ontvang, soos byvoorbeeld, om in ’n godsdienstelike koma te val deur fanatiese dade. Hulle is so onkundig en gevolglik word hulle deurmekaar met die sade wat Satan gesaai, en val onder die invloed van bygelowige godsdienste.
Die Heilige Gees woon in hulle wie in Jesus se doop en Sy bloed aan die Kruis glo, en wié die perfekte vergifnis van sonde ontvang het. Slegs diegene wie in God se verlossing glo kan met vertroue getuig, “Ek het geen sonde nie.” As ’n persoon nie in die evangelie van die water en die Gees glo nie kan hulle nie getuig dat hulle nie sonde het nie. Net so, God het die Heilige Gees aan Sy kinders wie in Jesus se doop en bloed aan die Kruis glo as ’n waarborg vergun, en dus die vergifnis van sonde ontvang. 
Wie het getuig dat Jesus se doop en bloed het al ons sondes weggeneem? Jesus, Sy dissipels en die Heilige Gees het oor dit getuig. Wie het beplan om die mensdom van hulle sondes te red? Die Onse Vader het. Wie het hierdie plan uitgevoer? Jesus Christus het. Wie het finaal verseker dat hierdie plan uitgevoer was? Die Heilige Gees het. 
God wou ons Sy mense gemaak en daarvoor was Hy vasbeslote om ons van al ons sondes te red deur Jesus se doop en bloed. Daarvoor, die Heilige Drie-Eenheid verseker ons uiteindelike verlossing en goedkeur ons vergifnis van sondes. 
In Matthew 3:17 is dit geskrywe, “Dit is my geliefde Seun in wie Ek ’n welbehae het.” Diegene wie gevul is met die Heilige Gees is die ware kinders van God. “Dit is my geliefde Seun in wie Ek ’n welbehae het.” Jesus is oorspronklik God. God die Vader vertel vir ons, “Sou u graag vergifnis van al jou sondes wil ontvang, glo dat die mensdom se sondes verewig deur Jesus My eniggebore Seun weggeneem was, en ontvang die Heilige Gees en word dus My kinders.” Diegene wie in dit glo sal die vergifnis van sonde ontvang en seuns en dogters van God word. Hy gee aan hulle die vrye gawe van die Heilige Gees en verseël hulle as Sy kinders. Ons ontvang die vergifnis van sonde slegs wanneer ons beide in Jesus se doop en Sy bloed tesame glo. 
Wanneer mense nie hul harte heeltemal van sonde kan reinig nie en weier om in die vergifnis van sonde te glo, neig hulle om te glo dat slegs hul oorspronklike sondes vergewe was en moet aanhoudend berouvolle gebede doen. Sou hulle in hierdie verkeerdelike oortuigings betrap word, sal die Bybel onbegryplik en verwarring vir hulle wees. Daarvoor is dit belangrik dat hulle dieselfde geloof as dié van die dissipels besit.
Sommige sê, die Heilige Gees word op hulle uitgestort “deur gebede.” Maar hierdie stelling is nie van ’n Bybels se standpunt waar nie. Dit mag aanneemlik klink, maar die Bybel sê dat wanneer Jesus uit die water uitgeklim het nadat Hy deur Johannes gedoop was, het die Heilige Gees op Hom soos ’n duif neergedaal. Die bewysde van hierdie gebeurtenis is dat sou ons graag die Heilige Gees wil ontvang, moet ons glo dat Jesus na hierdie wêreld in die vlees gekom, was deur Johannes gedoop om die wêreld se sondes wegteneem, en was aan die Kruis vir ons sondes veroordeel en was opgewek om ons Verlosser te word. 
Wat vertel God vir ons wanneer ons in hierdie waarheid glo en gevolglik die Heilige Gees ontvang? Hy sê, “Jy is nou my seun. Hierdie is my geliefde seun, in wie Ek ’n welbehae het.” God sal dieselfde ding aan hulle in die toekoms gesê wie ook in Jesus glo en van hulle sondes gereinig word. Hierdie waarheid is God se belofte om ons Sy kinders te maak.
Maar ondanks hierdie waarheid dink mense dat daar ’n ‘ander manier is’ om die Heilige Gees te ontvang. Dink u werklik dat die Heilige Gees op u sal kom deur jou gebede, roepings en aardse pogings? God se werke is toegewy slegs deur Sy wil en Hy gee die Heilige Gees slegs aan hulle wie die perfekte vergifnis van sonde ontvang het. Hy sê aan hulle, “Ek het My Seun laat doop sodat Hy al jou sondes weg kon neem, en het Hom laat gekruisig, sodat Hy vir hulle veroordeel kon word. Ek het My Seun as jou Verlosser aangestel. As jy die vergifnis van sonde wat My Seun volbring het glo, sal Ek die Heilige Gees aan u stuur.”
Onse Vader doen net soos Hy wil. Selfs sou iemand op sy knee heelnag vir Hom uitroep tot sy longe begin te verswak, sal God nie aan hom die Heilige Gees stuur nie. Hy sal hom net bestraf en vir hom sê “Jy het nog nie die ware kennis aangeneem nie, maar is hardnekkig en kleef nog steeds’ aan misgeleide geloof. Die Heilige Gees sal van u weerhou word solank as jy die ware evangelie teenstaan.”
In hierdie wêreld, die beslissing van die mens mag verander afhangende van die omstandighede, maar God se wet wat gestig was vir die vergifnis van sondes en die vergunning van die Heilige Gees sal altyd onveranderlik staan. Sou u onder die betowering van misgeleide geloof betrap word, sal dit moeilik wees om die regte pad weer te vind. Die Bybel sê dat Jesus ’n steen van aanstoot en ’n rots van struikeling—aan dié wat hulle daarteen stamp (1 Petrus 2:7). 
Mense wie in Jesus glo en weet nie hoekom Hy gedoop was nie, glo slegs in ’n halwe evangelie van verlossing en sal verseker in die Hel verwerp word. Daarvoor, wanneer hulle eerste in Jesus geglo het, behoort hulle kennis te dra van Jesus se doop en Sy bloed wat die evangelie van vergifnis van sonde behels. En sou u die perfekte vergifnis van sonde ontvang dan sal jy ook die Heilige Gees ontvang.
Laat ons oor Jesus se lewe op aarde oordink. Jesus het ’n mens geword en met Sy doop die wêreld se sondes weggeneem. Hy het ook aan die Kruis gesterwe waar Hy vir ons sondes veroordeel was om ons van die swawel en vuur van die Hel te red. Almal wie in Hom in hierdie manier glo ontvang die Heilige Gees as ’n gawe. 
Daarvoor, moet almal hierdie ware pad volg om die Heilige Gees te ontvang. Wat nodig is, is volgens die woorde van waarheid saam te dink. Wanneer ons dit doen sal Jesus ons omhels en seën. Diegene wie hulle harte leegmaak het en in al Sy woorde glo sal in staat wees om in die waarheid te lewe deur om die vergifnis van sonde te ontvang, en sal deur die Heilige Gees gelei word. Boonop sal hulle anders langs die ware pad ook kan lei met die leiding van die Heilige Gees. 
Glo in die redding wat deur Jesus se doop en Sy bloed volbring was. Eers dan kan ons met geloof Hom volg en die seëning van die vergifnis van sonde ontvang, en die ewige lewe en die vervulling van die Heilige Gees beërwe. Jesus is die Here van vergifnis wie die wêreld se sondes weggeneem het deur Sy doop en sterfte aan die Kruis. Jesus het ons van alle sondes gereinig en die Heilige Gees aan hulle wie in die evangelie van waarheid glo vergun. U kan ook die Heilige Gees ontvang deur om hierdie waarheid te glo.