(Galásiërs 5:16-26, 6:6-18) “Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit begeerlikheid van die vlees volbring nie; want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie. Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie. En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid; afgodery, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap; afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie. Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Teen sulke dinge is die wet nie. Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig. As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel. Laat ons nie word soekers van ydele eer wat mekaar uittart en mekaar beny nie. Maar laat hom wat in die Woord onderwys ontvang, meedeel van alle goeie dinge aan hom wat onderwys gee. Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai. Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai. En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie. Laat ons dan, terwyl ons geleentheid het, aan almal goed doen, maar die meeste aan die huisgenote van die geloof. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe. Almal wat ’n mooi vertoning in die vlees wil maak, dié dwing julle om julle te laat besny net om nie ter wille van die kruis van Christus vervolg te word nie. Want ook hulle wat besny word, hou self nie die wet nie; maar hulle wil hê dat julle besny moet word, sodat hulle en julle vlees kan roem. Maar wat my betref, mag ek nooit roem nie, behalwe in die kruis van onse Here Jesus Christus, deur wie die wêreld vir my gekruisig is en ek vir die wêreld. Want in Christus Jesus het nóg die besnydenis nóg die onbesnedenheid enige krag, maar ’n nuwe skepsel. En mag daar vrede en barmhartigheid wees oor almal wat sal wandel volgens hierdie reël, en oor die Israel van God! Verder moet niemand my moeite aandoen nie, want ek dra die litekens van die Here Jesus Christus in my liggaam. Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle gees, broeders! Amen.”
Wat behoort ons te doen om in die Gees te wandel?
Ons behoort die evangelie te Verkondig en dít te volg.
Die apostel Paulus het oor die Heilige Gees in sy Sendbrief na die Galasiërs geskryf. In Galásiërs 5:13-14 sê hy, “Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as ’n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde. Want die hele wet word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’”
Kortom, die boodskap is dat sedert ons gered was en vrygespreek van die sonde deur om in die lieflike evangelie te glo, moet ons nie hierdie vryheid as ’n geleentheid gebruik om ons selfde aan die begeerte van die vlees oortegee nie, maar deur liefde behoort ons, ons naaste liefhê en die lieflike evangelie volg. Soos God ons van ons sondes gered het, is dit paslik vir ons om die evangelie te preek. Paulus het ook gesê “Maar as julle mekaar byt en opeet, pas op dat julle nie die een deur die ander verteer word nie” (Galásiërs 5:15).
Wandel in die Gees om met die Heilige Gees gevul te wees
Paulus vertel ons in Galásiërs 5:16, “Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit begeerlikheid van die vlees volbring nie.” En in verse 22-26 sê hy, “Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Teen sulke dinge is die wet nie. Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig. As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel. Laat ons nie word soekers van ydele eer wat mekaar uittart en mekaar beny nie.” Paulus vertel ons hier dat as ons in die Gees wandel sal ons vrugte van die Gees dra. Die Heilige Gees getuig dat ons in die Gees wandel. Maar ons leef tans in die vlees.
Ons as vleeslike mens is gebore ‘vleeslik’ en nie in staat om die vrug van die Gees te dra nie. Self probeer ons om in die Gees te wandel, staan ons natuur teen ons en kan nie verander word nie. Dit is hoekom slegs diegene wie die vervulling van die Heilige Gees ontvang het deur om in die lieflike evangelie te glo, in staat is om in die Gees te wandel en die vrug van die Gees te dra.
Wanneer die Bybel ons vertel om in die Gees te wandel, beteken dit dat ons behoort die lieflike evangelie te verkondig sodat ander mense ook van hulle sondes vergewe kan word. As ons vir hierdie evangelie lewe sal ons die vrug van die Gees dra. Met ander woorde, dit is nie ’n saak om die mens se natuur te verander nie. Wanneer ons saam met hierdie lieflike evangelie wandel sal ons die vrug van die Gees dra naamlik liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing. Die vrug van die Gees help ons om ander mense van hulle sondes te red sodat hulle die ewige lewe ook kan beërwe.
Die begeerte van die vlees t. die begeerte van die Gees
Paulus sê, “Want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie” (Galásiërs 5:17). Ons wie verlos was besit dieselfde begeertes van die vlees en die Gees tesame, hierdie twee elemente staan altyd teen oormekaar. Die resultaat is geeneen van hulle is in staat om ons harte volledig te vul.
Die Gees lei ons met diep begeerte om die lieflike evangelie te preek en die Here te dien. Dit maak ons ywerig om in geestelike werke betrokke te raak. Dit help ons ook om mense van hulle sonde te red deur die verkondiging van die lieflike evangelie van God.
Maar op die keersy, ons begeertes omroer die begeertes van die vlees sodat ons nie in staat om in die Gees te wandel nie. Dit is die ewige worsteling tussen die Gees en die begeerte van die vlees. Wanneer ’n persoon verteer is met die begeerte van die vlees, eindig hy op om voorsiening vir sy vlees te maak. Die vlees stel sy begeertes teen die Gees. Hulle staan teen oormekaar sodat ons nie kan doen wat ons wil nie.
Dan, wat moet ons in betrokke raak om in die Gees te wandel? En watter soort dinge is innemend vir God? God het duidelik gesê dat om die evangelie te verkondig en die lieflike evangelie agtervolg, is om in die Gees te wandel. Hy gee die krag aan diegene wie die vervulling van die Heilige Gees ontvang om in die Gees te wandel, sodat hulle ’n geestelike lewe kan lei. Die gebod wat God aan ons gegee het om die vrug van die Gees te dra deur om in die Gees te wandel, was ’n vermaning en ’n opdrag aan ons om mense van hulle sondes te red deur om hierdie evangelie aan hulle te verkondig. Om in die Gees te wandel beteken ’n lewe wat innemend is vir God.
Om in die Gees te wandel benodig ons eerstens die vervulling van die Heilige Gees ontvang. Ons behoort in die lieflike evangelie wat God ons gegee het glo, voordat ons die Heilige Gees ontvang. Sou ons nie in hierdie lieflike evangelie diep in ons harte glo nie, sal ons ewemin die vervulling van die Heilige Gees ontvang nóg die verlossing van sondes ontvang nie, wat beteken dat ons sal nie in staat wees nie om in die Gees te wandel nie.
Die Gees gee ons die begeerte om die lieflike evangelie te preek, en om die Here te dien asook eer aan God te bring. Dit is hart wat toegewy is aan God wat hierdie evangelie na die hele wêreld verkondig. Dit kom ook van ’n hart wat bereid is om te doen, wat ook al dit neem om die evangelie te verkondig. Diegene wie in die lieflike evangelie glo en die Heilige Gees ontvang het nadat hulle van al hulle sondes vergewe was, is in staat om in die Gees te wandel en hul selfde toe te wy aan die verkondiging van die evangelie. Hierdie is hulle geestelike erfenis van Bo.
Diegene wie die vervulling van die Heilige Gees ontvang het gehoorsaam die Heilige Gees en wandel in die Gees, alhoewel hulle nog begeertes van die vlees het, woon die Heilige Gees in hulle. Paulus het gesê, “Wandel in die Heilige Gees.” Wat hy by hierdie woorde bedoel was is dat ons behoort die lieflike evangelie van die water en die Heilige Gees wat Jesus aan ons gegee het verkondig sodat ons ander mense kan help om van hulle sondes vergifnis kan kry.
Soms terwyl ons in die Gees wandel, wandel ons volgens die vlees. Die begeerte van die vlees en die begeerte van die Gees staan teenoor een mekaar deurgaans ons lewens, maar wat ons moet weet en duidelik besef is dat diegene wie die vervulling van die Heilige Gees besit behoort ’n lewe wat in die Gees wandel te lewe. Slegs in hierdie manier sal ons in staat wees om ’n lewe gevul met die seëninge van God te leef. As diegene wie die vervulling van die Heilige Gees ontvang het weier om die vrug van die Gees te dra, sal hulle in die einde vernietig word omdat hulle die vrug van die vlees gedra het. Hulle vrug is bederfbaar en haglik. Daarin lê die rede dat ons in die Gees moet wandel.
Ons het duidelik die woorde “wandel in die Gees” gehoor, maar sommige van ons mag die gedagtes hê, “Hoe kan ek dit doen wanneer ek nie die Heilige Gees binne my kan voel nie?” Sommige van ons dink dat ons eers die vervulling van die Heilige Gees kan ontvang as God vir ons persoonlik gesig tot gesig gepraat het. Maar dit is ’n misverstanding. Die Gees gee ons die begeerte om vir hierdie lieflike evangelie van die water en die Gees te lewe.
Daar mag tye wees dat ons nie seker is of Hy in ons woon nie, en gevolglik kan nie Hom ervaar nie omdat ons wandel volgens die vlees. Sommige mag dink dat Hy in ons slaap. Hulle is diegene wie die Heilige Gees ontvang het, maar hulle wandel nog in die vlees.
Hierdie mense troos hulle eie vlees en behandel dit soos dit dikteer, maar in die einde ly hulle weens die vermeerdering vereistes van die vlees. Selfs diegene wie die vervulling van die Heilige Gees ontvang het is geneig om volgens die begeerte van hulle vlees te lewe, omdat hulle dink dit is natuurlik om so te lewe. Maar hulle wie hul selfde na die vlees onderwerp sal uiteindelik slawe word vir die vlees.
Die Here vertel ons om volgens die Gees te lewe. Dit beteken, om die lieflike evangelie voluit te dien. Dit beteken ook dat ons moet ons selfde heel en al vir die lieflike evangelie van die water en die Gees toewy. Blydskap in die evangelie en volgens dit te lewe, is te lewe volgens die Gees. Ons moet volgens dit lewe en deur dit te leer wat dit beteken om in die Gees te wandel. Wandel u in die Heilige Gees?
Kan ’n persoon wie nie die vervulling van die Heilige Gees ontvang nie, in die Gees wandel?
Hulle wie nog nie wedergebore is nie dra geen kennis wat dit beteken om in die Gees te wandel nie. Dus, baie mense probeer om die Heilige Gees te ontvang en verlang vir dit in hulle eie manier. Hulle dink die proses van die begeerte vir die Heilige Gees is dieselfde as om gevul met die Heilige Gees te wees.
Byvoorbeeld, wanneer mense bymekaar kom vir erediens, bid die minister hardop en almal begin om die naam van die Here uiteroep. Sommige van hulle begin in tale te praat asof hulle gevul is met die Heilige Gees, maar niemand, nie eers hulle kan eintlik verstaan wat hulle sê nie. Terselfdertyd val sommige van hulle op die grond en hulle liggame begin om te bewe in ekstase. Hulle is verseker besete met bose kragte maar hulle dink dat hulle die Heilige Gees ontvang het. Wanneer die mense begin uiteroep, dan begin eers die lawaai en geskreeu, “Here, Here!” Hulle roep uit na die Here, stort trane en klap hulle hande totdat hulle bloed rooi is. Hierdie fenomeen is gewoonlik genoem “om gevul met die Heilige Gees te word.”
Die pastoor praat in tale slaan sy hande op die preekstoel en die mense skreeu “Here! Here!” Hulle het hierdie soort van atmosfeer lief en sommige van hulle sê ook dat hulle ’n visioen van die boom van kennis van goed en kwaad in die tuin van Eden gesien het, asook Jesus se gesig gedurende hulle onheilige ektasie. Hulle het ’n wanbegrip van daardie dinge as metode om die Heilige Gees te ontvang, en met Hom gevul te word en met Hom te wandel. Hulle misgeleide dade spruit uit van hulle wanbegrip omtrent die woord van God en die Heilige Gees.
“Wandel in die Gees.” Dit is wat God aan hulle sê wie waarlik wedergebore is. Dit beteken om dinge te doen wat innemend vir Hom is. Paulus het die dade van die vlees na die vrug van die Heilige Gees vergelyk. Hy het gesê, “Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing” (Galásiërs 5:22-23).
Om te “wandel in die Gees” beteken om die evangelie te verkondig en om ander mense van hulle sonde te red. As ons dit doen sal ons in staat wees om die vrug van die Gees te dra. Die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid and selfbeheersing. Ons sal eers in staat wees om die vrug van die Gees te dra slegs wanneer ons volgens hierdie evangelie leef. As ons dit dien en hierdie lieflike evangelie verkondig, en ons selfde opoffer vir dit sal ons in staat wees om ’n geestelike lewe gevul met die Heilige Gees te leef.
As “goedheid” ’n vrug van die Gees is; dan beteken dit om goeie dade te doen. Dit beteken ook deug. Om deug vir die lieflike evangelie te handhaaf en om iets goeds vir die weldaad vir anders te doen, is dit goedheid. Die hoogste goeds in van Godse oë is om die evangelie te verkondig vir die weldaad vir anders.
En “vriendelikheid” is om medelyde vir ander mense te voel. Hy wie genadig aan ander mense is en bedien die evangelie met geduld en vriendelikheid, sal in vrede leef. Hy wie in die Gees wandel is gelukkig wanneer die werk van God tot stand gebring word, bly om sy werk te doen, het anders lief en is getrou in alle dinge. Alhoewel niemand vir hulle opdrag gegee het om dit te doen nie, hy wie die vervulling van die Heilige Gees besit is getrou in Sy werk totdat dit volbring is. Hy is sagmoedig en onderhou selfbeheersing. Hy besit die vrug van die Gees. Die persoon wie die Heilige Gees in hom het moet in die Gees wandel. Slegs as hy dit doen, sal hy in staat wees om die vrug van die Gees dra.
U kan ook die vrug van die Gees dra as u in die Gees wandel. Maar sou u nie dit doen nie, sal jy verseker met die begeertes van die vlees wandel. Die Skrif sê in Galásiërs 5:19-21, “En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid; afgodery, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap; afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf se, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie.”
Die werke van die vlees is openbaar
Die werke van die vlees is openbaar. Die eerste werke van die vlees is “owerspel,” wat beteken om betrokke te raak in ’n onvanpaslike verhouding met die teenoorgestelde geslag. Die tweede is “hoerery.” Die derde is “onreinheid.” Die vierde is “ongebondenheid,” wat beteken om wellustig te wees. Die vyfde is “afgodery,” wat beteken om afgode te dien eerder as God. Die sesde is “jaloersheid.” Die sewende is “toornigheid.” ’n Persoon sonder die Heilige Gees wandel volgens die vlees, hy vertoon haat vir anders volgens sy sondige natuur. Die agste is “naywer.” Dit beteken om rusiemakerig met ons vriende of familie te wees. Die volgende is “tweedrag, losbarsting van woede en selfsugtige ambisies.” Al hierdie is kenmerke van mense wie in die vlees wandel.
Die tiende is “partyskap.” Wanneer ’n persoon volgens die vlees wandel is dit onmoontlik vir hom om die werke van die kerk te behartig. Die elfde is “afguns.” Hy wie volgens die vlees wandel doen dit om sy eie wil te bevredig. Maar daardie soort lewe is heeltemal verskillend van die wil van God dat hy uiteindelik die lieflike evangelie verlaat. Dergelike dinge soos ‘kettery’ beteken om aftewyk van Bybelse waarheid. Niemand wie geloof in die woord van God het en in die Gees wandel sal teen die wil van God draai. “afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge” is ook werke van die vlees. Diegene wie volgens die vlees wandel beoefen sulke dinge tot die einde toe. Dit is hoekom die Here vir ons sê, “Wandel in die Gees.” Ons wie waarlik wedergebore is moet in die Gees wandel.
Hulle wie nog nie wedergebore is nie het slegs begeertes van die vlees in hulle harte. Dit is hoekom hulle betrokke raak in “owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid en afgodery”. Vals pastore wie nog nie wedergebore geword het nie, beoefen “towery” op hulle volgelinge om hulle te oortuig om baie van hulle hard gewerkte geld aan die kerk te skenk. Hulle gee belangrike verantwoordelikheid en hoë amp poste van die kerk aan hulle wie die meeste skenk. Hulle wie volgens die vlees lewe vertoon “haat” vir ander mense en rasse. Hulle verdeel kerke in baie verskillende denominasies, spog van hulle eie kerk en sensuur ander kerke as ketters. “Twissoekerig, naywerig, losbarsting van woede, selfsugtig ambisies, tweedrag, kettery en afguns” is in die harte van hulle wie nog nie waarlik wedergebore geword het nie. Dit sal dieselfde vir ons die heiliges wees as ons volgens die vlees wandel.
Die Gees maak dat die wedergebore Christene vrug van die Heilige Gees dra
Diegene wie wedergebore is moet hulle lewe toewy in die verkondiging van hierdie lieflike evangelie. Omdat dit te hard is om alleen die Here te volg, behoort ons die lieflike evangelie te dien deur om ons selfde by ‘God se kerk’ te verbind. Ons moet saam bid en ons kragte toewy om iemand te wees wie volgens die lieflike evangelie van die Gees wandel. Mense wie in die Gees wandel lewe om die evangelie van die water en die Gees te verkondig. In ander woorde, om volgens die vlees te wandel beteken om ’n selfsugtige lewe te leef, terwyl om in die Gees te wandel, beteken om te werk om ander verlore siele te red. Baie wedergebore Christene lei hierdie soort lieflike lewe. Hulle leef vir die goeds vir ander.
Daar is ’n groot getal mense rondom die wêreld wie het nog nie hierdie lieflike evangelie gehoor nie. Ons het die mense van Afrika en Asië lief. Ons het almal in Europa en die Amerikas asook al die eilande lief. Ons behoort ons liefde te bewys deur om aan hulle die evangelie van die water en die Gees blootstel.
Ons moet in die Gees wandel. Daar is geen wet teen dit nie. “Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Teen sulke dinge is die wet nie” (Galásiërs 5:22-23). Is daar enige wet wat teen hierdie liefde kan wees? Nee. Dit is die wet van die Gees wat ons moet gehoorsaam. Paulus het ons vertel om in die Gees te wandel. Net soos ons Here Sy kosbare lewe vir ons sondaars gegee het, net so moet ons die evangelie vir onbekeerde mense verkondig. Om mense van hulle sonde te red is om in die Gees te wandel. Ons behoort om in die Gees te wandel.
Paulus het in Galásiërs 5:24-26 gesê, “Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig. As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel. Laat ons nie word soekers van ydele eer wat mekaar uittart en mekaar beny nie.” Om verlore siele te red is om in die Gees wil wandel. Ons behoort die werk van die Gees te doen en saam met Hom te wandel. Die Heilige Gees wat God aan ons geskenk het lei ons om met Jesus Christus in ons harte te leef. Die Heilige Gees is die Koning van liefde. God gebruik ons as voertuie vir Sy liefde.
Paulus sê, “Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig” (Galásiërs 5:24). Hy het ook gesê, diegene wie wedergebore geword het, het saam met Jesus Christus gesterwe. Diegene wie werklik wedergebore is het alreeds met Jesus gesterwe. Ons besef dit nie, maar ons het saam met Jesus Christus gesterwe wanneer Hy gekruisig was om vir ons sondes te betaal. In ander woorde, die feit dat Jesus Christus gekruisig was beteken u en ek het saam met Hom aan die Kruis gesterwe. Sy dood was ons dood en Sy opstanding simboliseer ons gewaarborgde opwekking. U en ek leef en sterwe in Jesus Christus deur ons geloof. Ons het geloof nodig. Ons geloof lei ons om in die Gees te wandel.
God het ons die krag gegee om in die Gees te wandel. Daarvoor, ons wie die perfekte vergifnis van sonde ontvang het behoort in die Gees te wandel. Diegene wie die Heilige Gees ontvang het moet dankbaar wees dat hulle sonde vergewe was en hul selfde toewy aan die preek van die evangelie vir die verlossing van die verlore. Alhoewel iemand van sy sonde vergewe en wedergebore is, sal hy verseker van die kerk geskei word en gevolglik nie in staat wees om Hom te dien nie, sou hy volgens die vlees wandel. U en ek behoort volgens die evangelie van die water en die Gees te lewe tot die Groot Dag van ons Here Jesus Christus.
Moet nooit soekers van ydele eer word nie maar lewe volgens die volheid van die Heilige Gees
Paulus sê, “Laat ons nie word soekers van ydele eer wat mekaar uittart en mekaar beny nie.” Wat is ydele? Dit is om te wandel na die begeertes van die vlees. Daar is baie mense in hierdie wêreld wie lewe vir hulle eie ydelheid. Baie mense stapel op geld, huise, voer tye, worstel vir heerskappy, liefde, wêreldlike mooi hede en te lewe vir die hede. Daar is geen waarborg in hierdie dinge nie, en hulle sal verwelk en verdwyn soos tyd verbygaan. Dit is hoekom mense wie volgens hulle vlees lewe is genoem die ydele. Selfs as mense rykdom het, is daar werklik vrede en vreugde in hulle harte? Die vrug van die vlees sal uiteindelik verwelk. Aardse dinge is van geen waarde aan siele en is slegs vir eie gebreuk en eer. Hulle is slegs goed vir eie vleeslike selfsugtige gebreuk.
Die Bybel sê, “Daar is een wat ruim uitdeel en nog meer kry, en een wat terughou meer as wat reg is, maar tot sy gebrek” (Spreuke 11:24). Diegene wie nog nie wedergebore is nie poog altyd om geld te weerhou. Omdat wêreldlike dinge alles vir hulle is het hulle geen ruim binne in hulle om vir ander mense te sorg nie. Dit is hoekom hulle net intereseerd in en sorg vir hulle eie lewens. Maar dit sê duidelik in die Bybel, ‘daar is een wat terughou meer as wat reg is, maar tot sy gebrek’. Mense wandel volgens die begeertes van die vlees, maar die resultaat is dieselfde as om ’n inbreker onbewus vaste loop en vermoor word. Al hierdie dinge is die resultaat van ydelheid.
Diegene wie met liefde die begeertes van die Gees agtervolg
Paulus wou ’n lewe in die Gees leef. En hy het dit gedoen. Hy het ons geleer deur God se woord, hoe om dit te doen. Hy het in Galásiërs 6:6-10 gesê, “Maar laat hom wat in die Woord onderwys ontvang, meedeel van alle goeie dinge aan hom wat onderwys gee. Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai. Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai. En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie. Laat ons dan, terwyl ons geleentheid het, aan almal goed doen, maar die meeste aan die huisgenote van die geloof.”
Paulus het mense aanbeveel wie God se woord geken het om alle goeie dinge met hulle onderwysers te deel. Wat hy bedoel deur die woorde “goeie dinge”, was om die Here tevrede te stel deur om verlore siele te red deur om in die Gees te wandel, asook die verkondiging van die evangelie. Hulle wie wedergebore is behoort hul selfde met hulle wie geestelike onderwys gee en wie in die Gees wandel, dieselfde glo, liefde en dieselfde oordeeling het, te verbind.
“Meedeel van alle goeie dinge aan hom wat onderwys gee.” Goeie dinge beteken om ander mense deur die kerk te red. Paulus het ons vertel om alles met dieselfde gesindheid in dieselfde gebed en in dieselfde toewyding doen. Ons moet saam die werk van die Here doen.
Paulus sê, “Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai.” Hier, “nie bespot nie” beteken om Sy woorde “uitlag en spot.” So, “Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie” beteken, moet nie God uitlag en spot nie. Byvoorbeeld, ons moet nie God se woorde ligtelik neem nie, en dit vertaal in eie menings en gevolglik nie dit te glo nie. Paulus sê, “want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai.” Dit beteken hy wie in die vlees saai sal bedorwenheid maai, maar hy wie in die Gees saai sal die ewige lewe maai.
Ons sal die ewige lewe maai as ons by die lieflike evangelie van die water en die Gees leef? Ons sal die ewige lewe beërwe en die verlossing van ons sondes ontvang. Ons sal die vrug van die Gees maai om siele na die verlossing van hulle sondes en die ewige lewe te lei, deur die seëninge van God.
Maar wat omtrent mense wie vir hulle eie selfsugtige vlees lewe? Hulle maai bedorwenheid en daar is niks maar net die dood oor in die einde. Daar is niks oor vir hulle nadat hulle beswyk het. Die mens word in die wêreld met leë hande gebore en verlaat die wêreld met leë hande.
As hy die werk doen om ander mense van hulle sondes te red, sal hy die vrug van die Gees maai en die ewige lewe beërwe. Maar sou hy aanhou om volgens die vlees te wandel, eindig hy in die maai van bedorwenheid. Dan sal hy vloeke maai en sal hy dit aan ander mense verplaas. Daarvoor het Paulus, wie alles geweet het omtrent hoe om in die Gees te wandel, ons raad gegee om nie volgens die vlees te wandel nie.
“En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.” Paulus was God se dienaar wie in die Gees gewandel het. Wanneer mense die Bybel lees en vir hul self sien hoe hy in die Gees gewandel het, mag hulle dink dat die Heilige Gees hom opdrag gegee om dinge soos byvoorbeeld aan hom te sê, “Paulus, gaan na die linker kant en ontmoet iemand” of “Jy behoort daardie persoon te vermy”. Maar dit is heeltemal onjuis.
Hy het in die Gees gewandel en die evangelie vir ander mense verkondig en anders gehelp om verlossing van hulle sondes te kry. Paulus het ook die Here gedien deur om met ander Christene wie ook in die Gees gewandel het, en het homself met hulle verbind. Tussen Christene is daar mense wie nie in die Gees wandel nie, maar wandel volgens die begeertes van die vlees. Hulle het nie vir Paulus verwelkom nie maar het hom teëgegaan en selfs oor hom geskinder. Paulus het gesê dat hy wou niks met hulle te doen hê nie, hulle wie gestry en geskinder teen die dissipels van Jesus Christus.
As u graag in die Gees wil wandel, moet u volgens die evangelie lewe. Die besnedene het Paulus lastig geval. In Galásiërs 5:11 lees ons, “Maar ek, broeders, as ek nog die besnydenis verkondig, waarom word ek nog vervolg? Dan is die struikelblok van die kruis vernietig!” Die besnedene was diegene wie die beoefen van besnydenis die eerste keuse gegee het, en gesê, “Selfs sou iemand deur sy geloof in Jesus gered word, moet hy besny word. As hy nie in die vlees besny word nie, is hy nie ’n kind van God nie.” Hoekom het hulle vir Paulus so lastig geval? Die rede was dat Paulus het geglo dat die verlossing en die seëning van die ewige lewe het ontstaan alleenlik deur geloof in die doop van Jesus en Sy bloed aan die Kruis. Dit is wat hy verkondig het.
Die geloof wat mense regverdig maak kom uit die leer van die waarheid en dit te verkondig. Paulus het die waarheid van die water en die Gees beskou as baie belangrik. Hy het geglo dat diegene wie die waarheid geken het in staat was om in die Gees te wandel, en dat daar geen nood was om besny te word nie. Dit is wat hy verkondig het. Maar die besnedene het geglo dat die besnydenis ’n essensiële deel van ’n persoon se verlossing was. Maar daar is geen ander evangelie anders as die één wat God ons gegee het, en daarvoor moet ons nie enige iets byvoeg of wegneem van dit nie.
Wanneer Paulus in die Gees gewandel het, was hy deur sy mede Jode lastig geval. “Almal wat ’n mooi vertoning in die vlees wil maak, die dwing julle on julle te laat besny net om nie ter wille van die kruis van Christus vervolg te word nie. Want ook hulle wat besny word, hou self nie die wet nie; maar hulle wil hê dat julle besny moet word, sodat hulle en julle vlees kan roem. Maar wat my betref, mag ek nooit roem nie, behalwe in die kruis van onse Here Jesus Christus, deur wie die wêreld vir my gekruisig is en ek vir die wêreld. Want in Christus Jesus het nog die besnydenis nog die onbesnedenheid enige krag, maar ’n nuwe skepsel” (Galásiërs 6:12-15). Paulus het vir die besnedene gesê, “Almal wat ’n mooi vertoning in die vlees wil maak, die dwing julle on julle te laat besny net om nie ter wille van die kruis van Christus vervolg te word nie.”
Paul het húlle wie volgens die begeertes van die vlees gewandel het, verwyt. Hulle het volgens die vlees en dade gewandel, en daar is baie soortgelyke mense vandag. Maar Paulus het sy verwantskap met hulle beëindig. Hy het gesê, “Maar wat my betref, mag ek nooit roem nie, behalwe in die kruis van onse Here Jesus Christus.” Jesus Christus was deur Johannes gedoop om die wêreld se sondes wegteneem, en het aan die Kruis gesterwe om vir Paulus en vir almal wie hoor, en vir almal wie Die Here God roep. Paul sê, “Maar wat my betref, mag ek nooit roem nie, behalwe in die kruis van onse Here Jesus Christus, deur wie die wêreld vir my gekruisig is en ek vir die wêreld. Want in Christus Jesus het nog die besnydenis nog die onbesnedenheid enige krag, maar ’n nuwe skepsel.” Paulus, wie gesterwe vir die wêreldlike dinge het deur Jesus Christus weer geleef.
Ons is werklik dood in Christus Jesus. Maar daar is soms tye wanneer ons die waarheid vergeet. Ons moet dit glo. As ons nie geloof in hierdie waarheid het nie, sal ons gebonde word deur die begeertes van die vlees asook ons families, en dit sal verhoed dat ons met die Here wandel. Ons vlees is baie swak dat selfs ons families nie in staat is om ons te help om Hom te volg nie. Hy kan ons alleenlik help. Maar nou is ons vir die wêreld gekruisig. Hoe is dit moontlik vir ’n dooie man om vir aardse mense in aardse sake te help? Mense wie dood in hierdie wêreld is, is glad nie in staat om wêreld se dinge te begeer of besit nie.
Jesus was van die dode opgewek. Sy opwekking het ons verlof gegee om wedergebore na ’n nuwe geestelike lewe te word. Hier het ons nuwe werk, nuwe families’ en nuwe hoop. Ons is die wedergebore mense. Ons, as die soldate van die hemel het die verantwoordelikheid om die woord van God te verkondig. Paulus het bely dat hy ’n mens geword het deur om anders te help om verlossing te ontvang, nie deur fisiese metode nie maar met die gebreuk van geestelike metodes. Hy het getuig dat hy alreeds vir die wêreld dood was, en wedergebore deur Jesus Christus was. Laat ons strewe om dieselfde soort van mense te wees wie dit waag om dieselfde belydenis van geloof te besit.
Paulus het in Galásiërs 6:17-18 gesê, “Verder moet niemand my moeite aandoen nie, want ek dra die litekens van die Here Jesus Christus in my liggaam. Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle gees, broeders. Amen.” Paulus het die litekens van die Here Jesus in sy liggaam gedra. Om in die Gees te kan wandel het hy nie vir sy gesondheid gesorg nie. Hy kon nie langer skryf nie omdat sy oë al hoe meer swak geword het. Dus, het ’n getal Pauliniese Sendbriewe deur medewerkers soos bv. Tertius hom gehelp met die skrywe terwyl hy God se woorde gepraat het. Alhoewel hy fisies swak was, was hy gelukkig om net in die Gees te wandel, en gesê, “Daarom gee ons nie moed op nie, maar al vergaan ons uiterlike mens ook, nogtans word die innerlike mens dag ná dag vernuwe” (2 Korinthiërs 4:16).
Paulus het aanbeveel dat ons ’n soort van mens moet wees’ om in die Gees te wandel. Hy sê ook, “Om in die Gees te wandel beteken om vir die evangelie te leef.” U en ek moet derhalwe weet wat dit behels om in die Gees te wandel. Ons moet nie na objekte van ydelheid nastrewe nie maar instede dien en vir die evangelie leef. Laat ons nou deur geloof in die Gees wandel tot die einde toe.
Noudat ons werklik in die evangelie van die water en die Gees glo is die Heilige Gees in ons harte. God sal met blydskap ons gebede antwoord as ons volgens die evangelie bid. Om die vrug van die Gees te dra beteken om in die Gees te wandel en siele van hulle sondes te verlos. U kan beslis die vrug van die Gees dra, naamlik liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing, wanneer jy in die Gees wandel en vir die evangelie lewe. Om die evangelie van die water die Gees te verkondig, moet ons mense lei, verdraagsaam wees, vriendelikheid beoefen en goed vir die verlore doen.
Die vrug van die Gees word vir diegene verwerklik wie ’n verlore siel red deur om goed te doen deur om die evangelie te verkondig wat veroorsaak dat hulle die vervulling van die Heilige Gees ontvang. Dit is wat dit verwerklik om die vrug van die Gees te dra en om in die Gees te wandel.