(Titus 3:1-8) “Herringer hulle daaraan om onderdanig te wees aan owerhede en magte, om gehoorsaam te wees, bereid tot elke goeie werk; om niemand te belaster nie, nie strydlustig te wees nie, vriendelik te wees en aan alle mense alle sagmoedigheid te bewys. Want ons was ook vroeër onverstandig, ongehoorsaam, op ’n dwaalweg, verslaaf aan allerhande begeerlikhede en singenot; ons het in boosheid en afguns gelewe; ons was haatlik en het mekaar gehaat. Maar toe die goedertierenheid van God, ons Verlosser, en sy liefde tot die mens verskyn het—nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees wat Hy ryklik uitgestort het op ons deur Jesus Christus, ons Verlosser; sodat ons, geregverdig deur sy genade, erfgename kan word ooreenkomstig die hoop van die ewige lewe. Dit is ’n betroubare woord, en ek wil hê dat jy hierdie dinge beslis bevestig, sodat die wat in God glo, sorg kan dra om goeie werke voor te staan; dít is wat goed en nuttig is vir die mense.”
Hoe kan ons ’n lewe vervul met die Heilige Gees lewe?
Ons behoort die wil van God te verstaan en die evangelie volgens dit preek.
Diegene wie in Jesus glo en die vervulling van die Heilige Gees ontvang het, moet ’n lewe vervul met die Heilige Gees lewe. Vir Christene, ’n lewe vervul met die Heilige Gees is wat God vereis. Ons moet Sy opdragte nakom. As ons nie dit doen nie hoe kan ons ’n lewe vervul met die Heilige Gees lewe? Ons behoort aandag te gee na wat die apostel Paulus oor dit te sê.
Wat nodig is om ’n lewe vervul met die Heilige Gees te leef?
In Titus 3:1 sê Paulus, “Herringer hulle daaraan om onderdanig te wees aan owerhede en magte, om gehoorsaam te wees, bereid tot elke goeie werk.” Eerstens het hy ons vertel om onderdanig te wees aan owerhede en magte, om gehoorsaam te wees, bereid tot elke goeie werk. Wat hy bedoel was dat ons nie in staat sal wees om ’n lewe vervul met die Heilige Gees te leef nie as ons owerhede en magte van hierdie wêreld ongehoorsaam. Natuurlik, as die owerhede en magte van die wêreld teen die waarheid staan, behoort ons nie hulle gehoorsaam nie. Maar as hulle nie ons geloof skend nie, moet ons hulle gehoorsaam en die evangelie in vrede dien.
Ons is die geseënde wie die vervulling van die Heilige Gees ontvang het. Hoe sal ons in staat wees om ’n lewe wat vervul is met die Heilige Gees te lewe as ons wêreldlike wette geskend het? Daarvoor, in orde om ’n lewe vervul met die Heilige Gees te lewe, moet ons nie die wette van die wêreld skend nie. Diegene wie die vervulling van die Heilige Gees ontvang het moet sosiale norme gehoorsaam. Ons kan slegs met God wandel as ons die wêreld se wette gehoorsaam.
Veronderstel een van ons op pad kerk toe het ’n misdaad gepleeg. Sou hy in staat wees om die Here met vreugde te dien? Hoe op aarde sou hy in staat wees om volgens die Here se woorde te lewe sou hy buite die wet leef? Ons moet nie sosiale norme skend terwyl ons in die Gees wandel nie. Niks goeds kom uit van om wette te skend nie. Ons moet die vrede behou deur die wet te gehoorsaam. Ons moet strewe om opreg lewe te leef terwyl ons die evangelie preek. Om met die volheid van die Heilige Gees te lewe, is dit wys vir die heiliges om die wette van die samelewing te gehoorsaam.
Ons behoort nederigheid binne ons harte behou
Paulus sê, “Om niemand te belaster nie, nie strydlustig te wees nie, vriendelik te wees en aan alle mense alle sagmoedigheid te bewys.” Om ’n lewe vervul met die Heilige Gees te leef moet ons niemand belaster nie, vriendelik wees en aan alle mense alle sagmoedig bewys.
In die harte van die wedergeborenes is daar nederigheid, selfbeheersing en sagmoedigheid. Dit is slegs moontlik omdat die Heilige Gees in ons woon. Paulus het ons vertel, nie die evangelie te ondermyn nie deur om met mekaar te baklei nie. Natuurlik moet ons baklei wanneer die sosiale wette teen die evangelie gaan. Maar wanneer dit nie dit doen nie, moet ons in vrede bly. Ons moet veroorsaak dat anders’ oor ons dink en sê, “Ofskoon hy blyk soos ’n leeu op tye te wees, is hy werklik rustig soos ’n duif. Sy geloof in Christendom maak hom hoflik en ’n mens van verstanding.”
Daar is geen sagmoedigheid of nederigheid in die begeertes van die vlees nie. Maar deur die vervulling van die Heilige Gees en deur die Here wie ons van ons sondes gered het, kan ons nou sagmoedig met anders wees. Om iemand te vergewe wie ’n vreeslik onreg aan my gedoen het is werklik “vergifnis” en hom te behandel met nederigheid van diep binne in my hart is werklik “nederigheid.” Dit is nie nederigheid om voortegee om vriendelik aan iemand te wees wanneer ek hom werklik haat. Om ’n hart vervul met nederigheid en vergifnis is die inwaartse moraliteit van ’n wedergeboorte Christen.
Ons moet ook sagmoedigheid vertoon wanneer mense ons onreg doen. Solank as hulle nie poog om die evangelie te verhinder nie moet ons met almal sagmoedig wees. Maar as hulle dit doen, moet ons die lig van sagmoedigheid met die lig van die waarheid verruil. Sagmoedigheid is slegs in die waarheid van God gevind, so diegene wie teenstaan, tussenbeide kom of die woord van God laster, verdien nie met sagmoedigheid behandel te word nie.
God vergewe nie hulle wie Hom teenstaan nie maar Hy laat hulle die prys betaal vir hulle aksies. God het vir Abraham gesê, “En Ek sal seen diegene wat jou seen, en hom vervloek wat jou vervloek” (Génesis 12:3). Mense wie teen die evangelie van die waarheid staan het geen manier om gered te word nie. Hulle sal nie in staat wees om die vernietiging wat hulle lewens te verhoed nie maar ook op die derde geslag van hulle afstammelinge.
Hoekom moet ons verdraagsaam en nederig wees? Soos dit in Titus 3:3 geskrywe is, “Want ons was ook vroeër onverstandig, ongehoorsaam, op ’n dwaalweg, verslaaf aan allerhande begeerlikhede en singenot; ons het in boosheid en afguns gelewe; ons was haatlik en het mekaar gehaat.” Ons was net soos hierdie mense voordat ons wedergebore geword het. Dus, moet ons verdraagsaam wees en hulle vergewe omdat ons eenkeer soos hulle was.
In Titus 3:4-8 lees ons, “Maar toe die goedertierenheid van God, ons Verlosser, en sy liefde tot die mens verskyn het—nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees wat Hy ryklik uitgestort het op ons deur Jesus Christus, ons Verlosser; sodat ons, geregverdig deur sy genade, erfgename kan word ooreenkomstig die hoop van die ewige lewe. Dit is ’n betroubare woord, en ek wil hê dat jy hierdie dinge beslis bevestig, sodat die wat in God glo, sorg kan dra om goeie werke voor te staan; dít is wat goed en nuttig is vir die mense.”
Volgens die Bybel het God ons nie van ons sondes gered omdat dit net goeie werke was nie. Hy het aan ons die seëninge van die wedergeboorte gegee omdat Hy ons lief gehad en jammer gekry. In ander’ woorde, Jesus Christus het in die wêreld gekom, was gedoop, het aan die Kruis gesterwe en was van die dode opgewek, en deur dit het Hy al ons sondes weggewas. Jesus was opgewek van die dode en sit nou aan die regterhand van God. Deur om van die dood optestaan, het Hy al die onvolmaakte dinge in die wêreld perfek gemaak.
God seën ons met die Heilige Gees deur Jesus Christus, ons Saligmaker. Jesus Christus was deur Johannes gedoop om die wêreld se sondes wegteneem en het aan die Kruis gesterwe sodat al ons sondes vergewe kon word. Ons was dus gered en geheilig gemaak.
Die Bybel sê ook, “sodat ons, geregverdig deur sy genade, erfgename kan word ooreenkomstig die hoop van die ewige lewe.” Dit beteken dat ons as die erfgename van God, die mense is wie al Sy rykdom en glorie sal beërwe. Om hierdie soort geseënde lewe te lei, moet ons ’n lewe vervul met die Heilige Gees leef. Dus moet u in die evangelie van die water en die Gees glo, en van al jou sondes vergewe word en die evangelie versprei.
Daarvoor, omdat vergifnis van ons sondes ontvang was, moet ons vir die voordeel vir anders leef, die wet van die wêreld gehoorsaam en die evangelie aan hulle wie vir God soek verkondig. En ons moet mense wie aan ons onreg gedoen het vergewe en hulle behandel met vriendelikheid en nederigheid sodat hulle nie tussenbeide met die verkondiging van die lieflike evangelie kom nie. “Hierdie dinge is goed en voordelig vir die mens.” As u agter die vervulling van die Heilige Gees hunker, moet u onthou wat Paulus vir ons gesê het. Dit mag nie op die vleeslike oog af enige iets spesiaal wees nie, maar wees verseker, hulle is belangrike woorde.
Omdat ons in die wêreld lewe kan ons nie met die Heilige Gees vervul word nie as ons met anders in konflik is deur om die wêreld se opdragte en wet skend. Daarvoor moet ons die wet gehoorsaam tensy dit met die woord van God skend. Ons moet die wet van die wêreld gehoorsaam. Alhoewel ons geloof het, om die wet te gehoorsaam is die beter keuse sou ons graag ons lewe vervul met die Heilige Gees wil leef. Vir ons om goeie werke te doen, moet ons die wêreld se wet gehoorsaam en met ons bure saamdoenig wees.
Wil u graag ’n lewe vervul met die Heilige Gees leef?
Efésiërs 5:8-11 sê, “Want vroeër was julle duisternis, maar nou is julle lig in die Here—wandel soos kinders van die lig. Want die vrug van die Gees bestaan in alle goedheid en geregtigheid en waarheid. En beproef wat die Here welbehaaglik is; en hou nie gemeenskap met die onvrugbare werke van die duisternis nie, maar bestraf dit liewer.” Hierdie vers vertel ons duidelik, ons moet soos kinders van die lig wandel en die vrug van die Gees te dra.
Verder in Efésiërs 5:12-13 lees ons, “Want wat in die geheim deur hulle gedoen word, is skandelik selfs om te noem. Maar al die dinge wat deur die lig bestraf word, word openbaar; want alles wat openbaar word, is lig.” Paulus sê hier, alle dinge word openbaar want alles wat openbaar word, word deur die lig openbaar. As ’n regverdige persoon nie in staat is om regverdig te leef, sal sy siel openbaar word hetsy deur God of by homself. Wat gebeur wanneer ’n persoon met die werke van duisternis betrap word, en gevolglik word deur die lig bestraf? Nadat hy sy fout erken het, sal sy hart verlig word wanneer hy in God se teenwoordigheid kom. “Maar al die dinge wat deur die lig bestraf word, word openbaar; want alles wat openbaar word, is lig.” Dit is goed om by die lig openbaar word. Dan kan ons ons ongeregtighede erken en terugkeer God toe.
As ons werklik ’n lewe vervul met die Heilige Gees wil leef, moet ons goedheid in ons hart hê. Selfs as iemand geen sonde in sy hart het, beteken dit nie dat hy nie vriendelik moet wees nie. Ons moet met goedheid en vriendelikheid in ons harte lewe. Ons moet met wysheid preek en vir mense bid wie nie die evangelie van die water en die Gees ken nie, sodat hulle dit kan verstaan en van hulle sondes vergewe word. En ons moet nie leed aan ander mense aandoen nie. Ons moet eet, slaap en vir die evangelie leef, asook vir ander mense bedien.
Om ’n lewe vervul met die Heilige Gees te lewe, moet ons die belangrikheid van tyd dink en die lieflike evangelie bedien soos mense van wysheid. Wanneer ons die wêreld lief het, is ons onderdanig aan sy verneukery van duisternis en veroorsaak dat ons die werk van God verwaarloos. Daarvoor moet ons ons oë op die Here heg en doen presies wat Hy vir ons sê. Terwyl ons in die verlossing wat God wat Hy vir ons gegee het bedien, moet ons ook waagsaam wees. ’n Wyse man van die Gees behoort toegewy aan die verkondiging van die evangelie (wêreldwyd) wees voordat die wêreld gevul met duisternis word.
Verstaan die wil van die Here
Ons moet probeer uitvind wat God tevrede stel. Ons moet leer wat Hy van ons vereis om Sy werk deur die kerk en woorde moet doen. Ons behoort te weet wat ons moet doen om vir God tevrede te stel en Sy wil vir ons lewe te ontdek.
Mense wie van al hulle sondes vergewe is is húlle wie die werklike wedergeborenes is en húlle wie die vervulling van die Heilige Gees ontvang het. Diegene wie die Heilige Gees binne hul harte het is werklik heilige mense en kinders van God. Hulle moet ’n lewe vervul met die Heilige Gees leef. Dit is die verantwoordelikheid vir alle heiliges. Ons behoort nie ons bekwaamhede en kragte op ons selfde mors nie en aan anders onverskillig wees. Ons behoort nie die werke van God te belemmer deur om saam met die stroom van die tye gesleep te word nie.
As ons alreeds geheilig geword het en die herlewing deur die liefde van God ontvang het, moet ons ’n goeie persoon word om Sy werk voor te kan sit. As ons werklik kinders van God geword het deur geloof in Hom, is dit reg vir ons om die mense van goedheid gekenmerk te wees.
Die vlees van God se kinders is nie volmaak nie, maar ondanks dit is God tevrede met dit; op voorwaarde dat ons met die wil van God gemoeid is en doen alle goeie dinge. Maar selfs diegene wie wedergebore is is geneig om onreg aan anders te doen sou hulle slegs vir hulle self leef. “Moenie dronk word van wyn nie—daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul” (Efésiërs 5:18), beteken ons moet nie dronk word met die begeertes van die vlees nie maar moet die werke van goedheid doen.
Paulus het in Efésiërs 5:19-21 gesê, “Spreek onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere; en sing en psalmsing in julle harte tot eer van die Here, terwyl julle God die Vader altyd vir alles dank in die Naam van onse Here Jesus Christus, en aan mekaar onderdanig is in die vrees van God.” As ons graag ’n lewe vervul met die Heilige Gees wil lewe, moet ons in die evangelie glo en dit verkondig en openbaar wat God vir ons gedoen het.
God seën ons wanneer ook al ons bid en al hierdie seëninge, psalms en gesange en geestelike sange vir ons voorberei, sodat ons Hom in een stem kan prys. Ons moet Hom dus loof, dank en prys. Ons kan geseënde lewens en vervul met die Heilige Gees lei wanneer ons vir mense wie nog nie waarlik wedergebore geword het nie, bid. Ons moet God vanuit diep in ons harte bedank en vir Jesus Christus wie ons gered het respekteer. Met hierdie gedagtes in ons harte moet ons in staat wees om ons ongeregtighede te erken, ons waardering uitspreek vir die reiniging van ons sondes en vir Hom gehoorsaam. Dit is wat dit beteken om ’n lewe vervul met die Heilige Gees te lewe.
Ons moet die lieflike evangelie vir die res van ons lewens bedien
Ons moet goeie werke beplan en hulle agtervolg vir die groter roem vir die lieflike evangelie. Om saamdoenig met God se kerk te wees, behoort ons saam met mekaar te bid en God vra om siele oor als te red. Daar is nog baie mense wie nog nie wedergebore is nie, omdat hulle geen idee het van die evangelie nie alhoewel hulle ywerig vir God soek. Ons moet vir hierdie mense bid en vir Hom vra “God, red hulle ook asseblief.” En ons moet nie agter selfsugtige dinge en rykdom agtervolg nie, maar ons besittings opoffer vir die bediening van die evangelie om verlore siele te red. Om vir verlore siele te lewe en vir die uitbreiding van God se Koninkryk, is om goeie werke te doen.
Om hierdie soort werk te doen beteken om ’n lewe vervul met die Heilige Gees te lewe. Ons moet weet, dat om ’n lewe wat vervul is met die Heilige Gees te lewe beteken nie om bekwaam te wees om in tale te praat en wonderwerke te doen nie, liewers, is dit hoe om God tevrede te stel. Dit beteken om in die verlossing wat God aan ons gegee het te glo, Hom te loof en prys met psalm sange. Om Hom te bedank, prys en aanbid met al ons harte en Hom bedien with met ons liggame as instrumente van regverdigheid, is die wil van God. Om Sy opdragte te agtervolg beteken ’n vervulde lewe met die Heilige Gees.
Om ’n lewe vervul met die Gees te leef moet ons mekaar gehoorsaam. Wanneer iemand ons raad gee, moet ons vir hom luister. In dieselfde manier, as ek hom raad gee moet hy ook luister selfs as hy nie met my saamstem nie. Eweneens, moet ons ’n lewe vervul met die Gees lewe deur om mekaar gehoorsaam en die werk van God saamdoen.
Om ’n lewe vervul met die Gees te lewe beteken om Jesus Christus te verheerlik
Om ’n lewe vervul met die Gees te lewe beteken om die gebooie van Jesus Christus natekom. Laat ons uitvind wat hierdie beteken deur die lees van Efésiërs 6:10-13. “Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte. Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.”
Wat beteken dit, om ’n lewe vervul met die Heilige Gees te lewe? Dit beteken om kragtig in die Here te word en geloof in Sy krag te besit. Dit beteken om in die krag van die Heilige Gees wat in ons woon te lewe en nie ons eie wil doen nie. Boonop, beteken dit ’n lewe van gebed. Om te bid kan ons ’n kragtige lewe leef en die verskillende bekwaamhede en seëninge van God ontvang. Om hierdie soort lewe te leef beteken om die volle wapenrusting van God beklee te word. Ons is so swak dat selfs wanneer ons probeer om met Hom te wandel, Hom te bedien en gehoorsaam, is ons nie in staat om ’n lewe vervul met die Heilige Gees te lewe tensy ons op al Sy woorde staan en vashou.
Geloof in God se woorde is essensieel om ons geestelike kragte te versterk. Selfs het ons geloof, moet ons nogtans die hele wapenrusting van God beklee te word deur om te sê, “Ek is seker dit sal soos dit in die woorde van God opgeskrywe is gebeur.” Dit is die geloof wat ons in staat stel om ’n lewe vervul met die Heilige Gees te lewe.
Is daar iemand wat probleme met hierdie soort Gees vervulde lewe het? As dit so is, dan onthou die woorde van die Skrif en word beklee met die hele wapenrusting van God. God het ons opdrag gegee om beklee te word met Sy hele wapenrusting. Deur om al Sy woorde diep binne ons hart te neem, sal ons begin te leer wat dit beteken om beklee te word met die hele wapenrusting van God. Ondanks ons omgewing, politiese verandering, wat ander mense het om te sê of nie te sê ens, moet ons op die suiwer woorde van God opstaan en vashou. In hierdie manier sal ons in staat wees om ’n lewe vervul met die Heilige Gees te leef.
Waar kan ons hierdie soort van geloof ontvang? Openbaring 3:22 sê, “Wie ’n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.” Ons behoort sorgvuldig te luister na wat die Gees vir die kerk sê. In ander woorde, ons sou nooit die woorde van God of ’n lewe vervul met die Heilige Gees kon lewe was dit nie vir die getroue dienaars van God nie. Deur wie spreuk die Heilige Gees? God praat na die heiliges asook aan die hele wêreld deur Sy dienaars in Sy kerk.
Dit is om te sê, ons behoort te glo dat die geestelike onderwys van God se kerk is verseker gebaseer op die woorde van God. Ons het nodig om die onderwys van Sy kerk te luister en glo met hierdie geloof in gedagte. As die Heilige Gees nie in ’n prediker woon nie, sou dit nog moontlik wees vir hom om onderwys te gee met sy eie vleeslike gedagtes. Die verskil is, ’n prediker wie die vervulling van die Heilige Gees het preek te woorde van God onder die beheer van die Heilige Gees. As hy dit nie doen nie maar preek grondlose Bybelse woorde sal die Heilige Gees hom verbied om verder te gaan omdat Hy nie in sy hart woon nie.
Die Heilige Gees is God. Die gesag van God se dienaars is uiters groot omdat God in hulle woon. In die Nuwe Testament het Jesus Christ aan Petrus gesê “En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee” (Matthéüs 16:19). Die sleutel na die Hemel is die evangelie van die water en die Gees. In ander woorde, hierdie evangelie is die sleutel om die deur van die Hemel ooptemaak en integaan, en daar is g’n ander evangelie nie. God het die gesag om die woord van God te verkondig nie alleen aan Petrus nie maar ook aan elke dienaar van God, asook aan alle heiliges gegee, solank as hulle waarlik wedergebore is, en die vervulling van die Heilige Gees ontvang het.
Om ’n lewe vervul is met die Heilige Gees te lewe moet ons die hele wapenrusting van God aansit. As ons nie geloof het nie, moet ons die onderwys en leerstellings van die kerk in ons gees en gedagtes hou deur om te glo in die gesag van die kerk en die dienaars van God. As die boodskap wat u vandag hoor of lees van geen waarde vir u wees nie omdat dit nie direk aan jou eie lewe verband hou nie, moet u nogtans sorgvuldig luister en dit in jou hart neem. Soek die woorde in die Bybel wat nodig is vir jou daaglikse lewe. Hou hulle vas. In hierdie manier, sal u ’n persoon van geloof word. Eers dan sal u in staat wees om ’n lewe vervul met die Heilige Gees te lewe, met God te wandel en oorwin die stryd teen die owerhede, magte, bose geeste in die lug en die heersers van die duisternis in die wêreld.
U mag verwar geword het omdat ek vroeër vir julle vertel het dat u behoort die heersers in die wêreld gehoorsaam, maar nou vertel ek vir julle dat julle behoort teen die heersers van duisternis in die wêreld veg. In Romeinse tye, het die Romeinse Keiser homself as God opgestel, en die wet daardie tyd het vereis dat alle mense hom as ’n God aanbid. Maar die ware Christene kon dit nie doen nie omdat dit teen die woord van God was. Dus het die Christene gedurende daardie tyd swaar tye ervaar omdat hulle geen ander keuse gehad maar om teen hierdie vreeslike Romeinse Keiser te staan, wie met geweld mense gemaak om voor hom kniel en buig asof hy God was.
Om die stryd teen die duiwel te oorwin, moet ons in en op die woord van God staan en vashou en dit glo. As ons volgens God se woord lewe, sal ons Sy seëninge ontvang en die duiwel oorwin. Selfs is ons gered, sal ons die stryd teen Satan verloor tensy ons die woord van God vashou. God waarsku ons, “Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu en soek wie hy kan verslind” (1 Petrus 5:8). ’n Persoon wie nie in die woord van God glo nie kan maklik deur die duiwel verslind word.
Selfs Jesus kon nie Satan oorwin nie, was dit nie vir die woord van God was nie. “Daar is geskrywe: ‘Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan’” (Matthéüs 4:4). Hy het die duiwel weggedryf deur geloof in wat geskrywe was. En wat van ons dan? Ons het ’n gebrek aan wysheid en is onvergelyklik aan Jesus. Daarvoor, moet ons glo en al hoe meer sterke aan die woord van God vashou.
Ons behoort nie te sê, “Ek dink die woorde is reg, maar ek kan dit nie in sy volheid glo nie.” Ons moet in al Sy woorde glo en vashou en geeneen uitlaat nie. “Ek glo alles sal gebeur net soos dit geskrywe is.” Dit is die ware geloof wat dit toelaat dat ons die hele wapenrusting van God beklee kan word. Mense wie sê, “Alles sal presies totstandkoming kom net soos ons Here gesê het” sal geseënd word. As iemand op God se woord staan en op dit staatmaak, sal dinge vir hom uitwerk volgens sy geloof. Selfs sou die duiwel poog om ons te versoek, sal hy verseker weggaan as ons met duidelikheid sê “Ek glo in die woord van God. Ek glo Sy woord is die regte antwoorde.” Dit is die manier om die stryd teen die duiwel te oorwin.
Ons moet die woord van God vashou
“Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly. Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan, en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede. Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kon uitblus En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God” (Efésiërs 6:13-17).
Die sinsdeel “Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord” word die woord van God vergelyk met ’n omgord om iemand se middellyf. Dit beteken dat ons moet ons gedagtes met die woord van God omgord. Hy vertel ons om die woorde van waarheid te agtervolg sodat ons eens met die Gees kan wees. Net soos hierdie omgord stewig teen die middellyf vasgemaak word, moet ons ons harte en gedagtes stewig aan die woord van God vasmaak. Wanneer ons eens met die Gees van God is, word dit maklik om te glo en getuig, “Ek glo alles sal goeds uitwerk. Ek is seker alles sal gebeur net soos wat God gesê het.”
Verder, moet ons die borswapen van geregtigheid aansit. Ons moet die borswapen van die evangelie van die water en die Gees aansit wat verklaar, God het ons gered. Ons moet ons middellyf met die waarheid omgord, saam met die borswapen van geregtigheid. Ons moet die borswapen van kosbare juwele opsit. Ons moet hulle opsit met die geloof dat God het ons van al ons sondes vergewe. Ons moet die woord van God met al ons hart glo. Ons moet ook die evangelie van verlossing verkondig wat ons vrede vergun.
Nadat ons mat al hierdie woorde vasgebind is, moet ons skoene aan ons voete aansit vir die bereidheid vir die evangelie van vrede te verkondig naamlik om uitegaan en hierdie evangelie verkondig wat God se vrede aan alle mense bring. As ons van ons sondes gered is, sal ons ons geloof met die mond bely. En elke keer wanneer ons sonde en ongeregtighede openbaar word moet ons hulle uitvee deur om op die waarheid te mediteer dat God het alreeds al ons sondes vergewe. Hy het dit deur Jesus se doop en Sy bloed aan die Kruis volbring. Ons moet ’n lewe van roem leef deur om God te bedank. Ons moet die evangelie van die water en die Gees verkondig, wat vrede aan almal bring wie nog nie van hulle sondes vergewe is nie.
Boonop, moet ons die Bose met die skild van geloof veg. Wanneer Satan ons aanval moet ons hom wegdrywe met die skild van geloof in die een hand en die woorde van waarheid in die ander.
Ons moet daarna die helm van verlossing en die swaard van die Gees neem. Ons moet al die woorde van verlossing aanvaar, en sê, “Ek was van al my sondes deur die evangelie van die water en die Gees gered. God het my in hierdie manier gered.” Ons behoort die waarheid in ons gedagtes te herken. Ons moet die woord van God, die helm van verlossing en die swaard van die Gees ons wapenrusting teen die duiwel gebreuk.
As Satan ons aanval, moet ons die swaard uitrek en hom afslaan. “God het dit gesê! En ek glo dit is so!” Satan word weggedryf deur geloof in God se woorde. As ons in die woorde van God glo and ons geestelike dubbel skerp swaard uitrek, sal Satan weghol en skreeu “Eina! Dit is seer.” Ons kan enige aanval van Satan oorwin slegs wanneer ons in die woord van God glo.
U behoort ’n soort van godsdienstelike lewe te lei en oortuigend kan bely, “My vlees is nog nie volmaak nie, maar ek is ’n kind van God wie die perfekte verlossing van sonde ontvang het. Ek lewe deur geloof, en glo en hou vas in al die woorde wat God aan my vertel het.” As ons hierdie soort van geloof het, sal ons in staat wees om vir Satan wegdrywe met die swaard van waarheid elke keer wanneer hy tussenbeide in tree en ons geestelike lewe onderbreek. Satan is stok doof as ons hom met eenvoudige aardse woorde bestraf. Daarom moet ons hom met woorde van waarheid beveg, “Dit is wat God gesê het.” Eers dan sal Satan aan die gesag van God se woord oorgee.
Sou ons graag ’n lewe vervul met die Heilige Gees wil leef, moet ons aan God bid dat die kerk en al die heiliges en die dienaars van God sal hulle selfde toewy in die verkondiging van die evangelie. Deur om ’n gebed soos byvoorbeeld te bid, “Laat ek met dapperheid die geheim van die evangelie openbaar,” sal ons ’n lewe leef gefokus op en die evangelie bedien. Dit is ’n lewe vervul met die Heilige Gees. Om ’n lewe vervul met die Heilige Gees te leef is dit essensieel vir alle heiliges. As ons ware heiliges wil wees, moet ons ’n lewe vervul met die Heilige Gees leef. Om sulke lewe te lei is essensieel vir alle heiliges, net soos die vergifnis van sonde essensieel is vir elke siel. Dit is God se orde.
Diegene wie van hulle sondes gered was maar weet nie hoe om ’n gelowige lewe te lei nie, moet geleer word dat hulle moet ’n lewe vervul met die Heilige Gees leef. Dit is wat God vereis. Heiliges moet ’n lewe vervul met die Heilige Gees leef, wat die wil van God is. ’n Lewe vervul met die Heilige Gees bevorder die heiliges om die evangelie te verkondig deur om goeie werke te doen. Hulle hunker om die evangelie te preek, aan God te bid, glo in en in al God se woorde vaskleef. Ons moet die helm van verlossing en die borswapen van regverdigheid aansit en Satan wegdrywe deur vir hom te sê, “Ek is altyddeur regverdig.”
Sedert die heiliges die vervulling van die Heilige Gees ontvang het, wandel hulle in die Gees en is in staat om die krag van die Heilige Gees te ontvang. Hulle is besig met Sy werk en die seëninge van God wat verdien is deur die gebed van geloof. En hulle behoort in die Gees te wandel totdat Satan oorwin is, en voor God staan. Die mense wie regverdig is, is hulle wie beklee is met die hele wapenrusting van God, hulle is die ware wedergebore Christene wie in staat is om ’n lewe vervul met die Heilige Gees te leef.
“Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug” (Efésiërs 6:12). Die stryd waarin die wedergeborenes betrokke is, is nie teen vlees of bloed nie. Die stryd van hulle wie die vervulling van die Heilige Gees ontvang het is teen die owerhede, teen magte en teen hulle wie die gelowige se lewens onderbreek.
Wanneer ons uitgaan en die geestelike stryd vir die Here se evangelie aanwend, moet ons die helm en wapenrusting van die Gees opsit. As ons net gewone klere in hierdie stryd aansit, sal ons verseker noodlottig beseer word. Dus is dit van uiters belang dat ons met die hele wapenrusting beklee word. Ons benodig swaarde, skilde en helms. Om hierdie stryd te oorwin moet ons perfek voorberei vir oorlog wees. Ons moet die borswapen, omgord ons middellyf en skoene op al twee voete opsit. En met die swaard in een hand en skild in die ander hand, sal ons in staat wees om ons vyande te oorwin. Dit is ’n lewe vervul met die Heilige Gees.
Ons moet die lieflike evangelie behou
Paulus het ons vertel, “Bewaar jou goeie pand deur die Heilige Gees wat in ons woon” (2 Timótheüs 1:14). Wat is ’n goeie pand? Dit is die evangelie van die water en die Gees wat ons van ons sondes gered het. In Titus 3:5 sê, “maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees.” Onse Here het al die sondes wat ons in hierdie wêreld gepleeg het weggeneem en aan die Kruis gesterwe en was van die dode opgewek. Ons moet hierdie lieflike evangelie behou. Ons moet die helm van verlossing en die borswapen van regverdigheid opsit en ons middellyf omgord met die waarheid. Ons moet in die evangelie van die water en die Gees met ons hele harte glo.
Nadat ons in hierdie manier bewapen is moet ons die stryd teen Satan veg en oorwin. Alleenlik dan sal ons in staat wees om oorwinning te behaal en dit met anders deel. Ons gaan baie geestelike gevegte teen Satan veg en baie trofeë van hom wegneem totdat die dag ons in die Here se Koninkryk ingaan, wat ons erfenis is. Hoe meer gevegte ons teen ons opponent oorwin, die makliker die volgende geveg sal wees. Ons moet almal bid dat Sy Koninkryk voorspoedig sal wees en dat dit sal floreer. Ons sal dan die vervulde lewe met die Heilige Gees beërwe.
Ons moet nie tevrede wees om slegs vergewe van ons sondes te wees nie, maar om te leef met ’n lewe gevul met die Heilige Gees. Vir die evangelie en ons goeie werke moet in die woord van God glo. Ons moet deur die Heilige Gees gelei word om God se woord te behou en werklik in dit te glo, sodat ons nie die stryd teen Satan verloor nie.
Verstaan u wat ek tot dusvêr met u gedeel het? Alleenlik dan sal ons in staat wees om lewens te lei vol van die Heilige Gees. Ek hoop dat u in die evangelie van die water en die Gees sal glo en op dit staatmaak en die woord van God agtervolg. Laat ons almal die werk doen om verlore siele vanaf Satan te red. Ons kan lewens vol met die Heilige Gees lei totdat die Here terugkeer. Om die volheid van die Heilige Gees te ontvang is die tweede gebod wat God aan ons gegee het. Dank Hom. Ons kan die vervulling van die Heilige Gees ontvang weens die vergifnis van die sonde in ons harte. En as dit nie vir die vervulling van die Heilige Gees was nie kon ek nie voortgaan met Sy werk nie. Ek dank God dat Hy ons toelaat om ’n lewe vervul met die Heilige Gees te kan leef.
Glo u werklik dat u die vervulling van die Heilige Gees kan ontvang? Diegene van ons wie die perfekte vergifnis van sonde ontvang het, het ter selfde tyd die vervulling van die Heilige Gees ontvang. Maar hulle wie nog nie hulle sondes uitgewis het nie, het nie die vervulling van die Heilige Gees nie. Hulle wie geen kennis het of weier om in die lieflike evangelie van die water en die Gees te glo, het nie die vervulling van die Heilige Gees nie. Alle mense in die wêreld sal in die Hel verwerp word as hulle nie die vervulling van die Heilige Gees ontvange het nie.
Omdat ons geen sonde in ons harte het, het ons die vervulling van die Heilige Gees ontvang. En omdat die Heilige Gees in ons harte woon, kan ons ’n lewe vervul met die Heilige Gees leef. Ons wie die vervulling van die Heilige Gees ontvang het, moet die begeerte van die Gees gehoorsaam, om altyddeur vervul met die Heilige Gees te wees.
Hoe meer ons die begeerte van die Gees gehoorsaam hoe meer sterker word ons geloof soos ’n krygsman met sy hele wapenrusting. Maar as ons versuim om die Gees te gehoorsaam sal dit dieselfde wees vir ons asof ons, ons wapenrusting afgehaal het.
Laat ons dus groei deur die woorde van die Heilige Gees en ’n persoon van geloof word. Wanneer ons die woorde van die Heilige Gees hoor, ontwikkel ons geloof omdat God sê, “Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God” (Romeine 10:17). Daarvoor selfs as Satan ons aanval, word ons beskerm deur ons geloof in hierdie woorde. Satan kan nie hulle wie bewapen is met die skild van geloof deur om in die evangelie van die water en die Gees glo, aanval of oorheers nie. Gelowige mense het die krag om Satan se aanvalle met hulle geloof aftewend.
Laat ons met geloof ’n lewe vervul met die Heilige Gees leef. ’n Lewe vervul met die Heilige Gees impliseer ’n lewe wat die evangelie van die water en die Gees getrouelik oor die wêreld verkondig.