(Johannes 16:5-11)“En nou gaan Ek na Hom wat My gestuur het; en niemand van julle vra My: waar gaan U heen nie? Maar omdat Ek dit vir julle gesê het, het droefheid julle hart vervul. Maar EK se julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur; en as Hy kom, sal Jy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel: van sonde, omdat hulle in My nie glo nie; en van geregtigheid, omdat Ek na my Vader gaan en julle My nie meer sal sien nie; en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wêreld geoordeel is.”
Wat is die werk van die Heilige Gees?
Hy oortuig die wêreld van sonde, en van geregtigheid, en van oordeel.
In Génesis 1:2 is dit geskrywe, “En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.” Ons kan duidelik sien in hierdie vers dat die Heilige Gees woon nie in harte wat vol van verwarring en sonde is nie, maar lewe alleenlik in die harte van diegene wie in die lieflike evangelie glo. Maar tragies is daar baie mense wie in hulle verwarde en leeg soort lewe leef wat onder die invloed van fanatiese gelowe val, en probeer om die vervulling van die Heilige Gees te ontvang ondanks die feit dat daar nog sonde in hul harte is.
Die gees wat in ’n fanatiese ekstase gevulde situasie ontvang word, is verseker nie die lieflike Gees nie. Die werke van Satan rus op die wet lose gelowiges van fanatisme, en fanatiese mense word maklik gekul onder die invloed van die Bose skelmstreke en kragte. Maar die Heilige Gees; Die Persoon God is intelligent, is emosioneel en het ’n wil van Sy eie. Hy het saam met God die Vader en Sy Seun Jesus Christus gewerk in die skepping van die wêreld. Ons sal nou leer omtrent watter soort werk die Heilige Gees in die wêreld doen.
Die Heilige Gees oortuig die wêreld van sonde
Wat is die heel eerste ding wat die Heilige Gees in die wêreld doen? Hy oortuig die wêreld van sonde. Die mense wie deur Hom oortuig word, is hulle wie in die lieflike evangelie van Jesus se doop deur Johannes en Sy bloed aan die Kruis glo. Hy oortuig ook sondaars van sonde asook diegene wie nie in die lieflike evangelie van die water en die Gees glo nie.
Hy oortuig die wêreld van God se geregtigheid
Wat is die tweede ding wat die Heilige Gees in die wêreld doen? Hy dra getuienis na God se geregtigheid asook Jesus se dade om sondaars van hulle sondes te red. Johannes 16:10 sê, “En van geregtigheid, omdat Ek na my Vader gaan en julle My nie meer sal sien nie.” Ons moet weet wat die geregtigheid van God in the Bybel beteken. Dit beteken die waarheid dat Jesus die wêreld se sondes met Sy doop deur Johannes weggeneem en dat wie ook al in Hom in hierdie manier sal glo kan die regverdigheid deur God se genade word. Jesus was deur Johannes die Doper gedoop en daardeur die wêreld se sondes op Homself geneem, Sy bloed aan die Kruis gestort, was opgewek en die Saligmaker vir alle sondaars geword. Hierdie is die lieflike evangelie wat God ons gegee het. Jesus het die wêreld se sondes deur die water en die bloed volgens God se wil weggeneem, en die Meester van ons lewens geword.
Die Heilige Gees help mense om die evangelie van Jesus se doop deur Johannes en Sy bloed aan die Kruis te verstaan en in te glo, en hulle hulp om vergifnis van sonde te ontvang. U behoort te weet dat die werke van God in die Heilige Drie-Eenheid komplimenteer mekaar. Die Heilige Gees werk vir die lieflike evangelie, en mense maak om in die liefde van God te glo. Hy verseker ons ook dat die lieflike evangelie van die water en die Gees heeltemal waar is.
Hy oortuig die wêreld van die oordeel
Wat is die Heilige Gees se derde taak? Hy vernietig die werke van Satan. Satan fluister deurgaans in mense se gedagtes en vir hulle sê, “Jy kan in Jesus glo maar dink net van Christendom as slegs een van baie aardse godsdienste.” Satan probeer om te verhinder dat mense in Jesus se doop en Sy bloed aan die Kruis glo sodat hulle nie in staat is om vergifnis vir hulle sondes te ontvang nie selfs glo hulle in Jesus. Omdat Satan Christendom na ’n “gewone” godsdiens verklein het, het baie mense slagoffers van Satan se leuens geword en vir hulle meedeel die rede ons in Jesus glo is om net goeie mense te wees. Maar, die werklike doel om in Jesus te glo is om wedergebore te word as regverdige mense.
U behoort nie valse geloof te besit nie. Valse geloof kan nie u heilige maak nie al probeer jy hoe hard om in Jesus te glo. Sou u valse geloof besit, sal jy nie in staat wees om Jesus duidelik te sien weens Satan se baie leuens en bedrieëry. Die Heilige Gees word die versekering van verlossing vir diegene wie gered was deurdat hulle in die lieflike evangelie van die water en die Gees geglo het. Alle geloof van hulle wie nog sonde in hulle harte het, is nutteloos.
Die Heilige Gees getuig na die waarheid van die lieflike evangelie. Jesus was gedoop om die wêreld se sondes wegteneem en Hy was gekruisig om die loon van die sonde te betaal. Die Heilige Gees getuig na die waarheid. Die Heilige Gees gee advies aan al die mense in die wêreld, om van hulle sonde vergewe te word moet hulle in die ware evangelie glo. Nietemin, ons moet in gedagte hou dat die Heilige Gees oortuig en oordeel hulle wie weier om die lieflike evangelie in hulle harte te neem.
Almal behoort hierdie geseënde geloof te besit
Wat is die geseënde geloof? Dit is geloof wat ons lei om die vervulling van die Heilige Gees te ontvang deur die vergifnis van sonde. Nietemin, deesdae sien ons nog baie Christene rondom die wêreld wie nog sonde in hulle harte het, selfs handhaaf hulle vir ’n lank tyd geloof in Jesus. Die feit is, hoe langer hulle in Jesus glo, hoe meer sondig word hulle. Die grootste probleem wat tussenbeide kom om hulle werklik van hulle sondes verlos te word is die leuen wat hulle neem as die waarheid, en dit is, om in tale te praat, visioene sien ens., wat geneem word as bewysde dat hulle die Heilige Gees ontvang het. Hulle is heeltemal onbewus van God se oordeel vir hulle sondes.
Baie mense in hierdie wêreld is nie in staat om die werk van die Heilige Gees en dié van Satan te onderskei nie. Satan se werk lei mense binne in ’n verwarringe situasie deur om hulle valse gelowe te gee, en dan lei hy hulle na hulle vernietiging toe. Dit is wat Satan probeer om te verrig deur om hulle te maak om teen God te werk sonder dat hulle eers bewus dat hulle dit doen nie. Satan veroorsaak mense om onder die invloed van bygelowige gelowe te kom en dan neem hy hulle as sy slawe. Satan inprent die begeerte in hulle om bonatuurlike wonderwerke en kragte lief te hê en agtervolg, en veroorsaak dat hulle oortuig word dat sulke ervaringe meer waardevol is dan om die vervulling van die Heilige Gees deur geloof in die lieflike evangelie te glo.
Maar, die Heilige Gees gee die gelowiges verlof om God se wêreld deur die Woord te sien. Deur die Heilige Gees word hulle bewus en glo dat God het die mens geskep, en dat God hulle lief het en dat God wil hulle red. Sy plan vir sondaars was vir Jesus Christus om hulle van hulle sondes te red deur die evangelie van die water en die Gees en hulle uitnooi om in Sy liefde deur geloof te leef.
1 Petrus 3:21 sê, “Waarvan die teëbeeld…‘die doop’… ons nou ook red.” En in 1 Petrus 1:23 lees ons, “Want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly.”
Die werk van die Heilige Gees is om die mens intelig na die waarheid van sonde, van geregtigheid, en die oordeel, en hulle maak om in hierdie waarhede te glo. Die Heilige Gees maak hulle bewus omtrent God se oordeel, en dat hulle van hulle sondes verlos kan word deur om in hierdie lieflike evangelie van Jesus se doop en Sy bloed aan die Kruis te glo. Die Heilige Gees gee hulle die kennis dat Hy binne hulle woon wanneer hulle geloof in die evangelie van die water en die Gees het.
Sover het ons slegs na die dade van die Heilige Gees gekyk. Almal in hierdie wêreld kan die vervulling van die Heilige Gees en God se liefde ontvang slegs wanneer hulle die perfekte vergifnis van sonde deur om in Jesus se lieflike evangelie van die water en die Gees ontvang het.
Die Persoonlikheid van die Heilige Gees
Die Heilige Gees is Almagtige God. Hy besit die essensiële kenmerke van persoonlikheid, naamlik intellek, emosies en ’n wil. Omdat die Heilige Gees intellek besit, soek Hy self die diep dinge van God uit (1 Korinthiërs 2:10), en die harte van die mens.
Omdat die Heilige Gees emosies besit, is Hy tevrede met hulle wie in God se woord glo, maar sug diep teen ongelowiges. Verder, die regverdiges kan God se liefde deur die Heilige Gees vir hulle voel.
Die Heilige Gees is ook die “Trooster” genoem. Dit beteken dat die Heilige Gees help die regverdiges in swaar tye, en bring die oorwinning na hulle toe, en neem die stryd op teen ons vyande. Hy besit intellek, emosies, en ’n wil net soos die mens, en Hy woon in hulle wie in die lieflike evangelie van die water en die Gees glo.
Die werk van die Heilige Gees is soos volg
Die Heilige Gees laat mense toe om die waarheid van die vergifnis van sonde te herken en woon in die harte van die gelowiges. Sy werk is om na die waarheid te getuig dat Jesus het die mensdom se sondes weggeneem deur Sy doop en sy bloed (1 Johannes 5:6-8). Hy troos en help ook Sy dienaars en heiliges in enige moeilikheid en versterk hulle in hul swakhede om weer sterk te staan. Hy tree as bemiddelaar vir hulle op wanneer hulle weet nie wat reg is om oor te bid nie (Romeine 8:26). En Hy gee rus en vreugde aan die regverdiges in God se kerk, en lei hulle na die oorvloed van Sy woorde (Psalm 23).
Die werk van die Heilige Gees verwant met die Bybel
Die Heilige Gees lei die regverdiges te herken en die waarheid in hul harte te glo, en dit aan anders te verkondig. “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid” (2 Timóteüs 3:16).
“Soek in die boek van die Here en lees! Nie een van hierdie wesens ontbreek nie, die een mis die ander nie; want my mond—dié het dit beveel, en sy Gees—dié het hulle bymekaargebring” (Jesaja 34:16).
“Terwyl julle veral dit moet weet, dat geen professie van die Skrif ’n saak van eie uitlegging is nie; want geen profesie is ooit deur wil van ’n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek” (2 Petrus 1:20-21).
Die Heilige Gees het die dienaars van God geïnspireer om God se woord te skryf, sodat ons kon dit lees en verstaan. Hy stel mense na die evangelie van die water en die Gees voor en lei hulle om dit aan die wêreld te verkondig. Daarom, alhoewel die regverdiges onder baie beproewing in hulle lewe mag lei, is hulle nogtans in staat om hulle te oorwin, danksy aan die krag van die Heilige Gees.
Die gawes en vrug van die Heilige Gees
Die gawes van die Heilige Gees beteken bekwaamhede wat Hy aan die heiliges gee sodat hulle die evangelie van God aan die wêreld kan versprei. Die heiliges wy hul selfde toe aan God se werk met die gawes wat Hy aan hulle gegee het, en die Heilige gees help hulle om die Here te verheerlik. “Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is” (1 Korinthiërs 12:7).
Die doel vir die gawes van die Heilige Gees was om die heiliges toe te rus met geloof en hulle te help om uit te strek wat voorlê in hulle dienswerk (Efésiërs 4:11-12). Die Heilige Gees gee bekwaamhede aan God se dienaars en heiliges om hulle te help in die verspreiding van die evangelie. Die kerk van God is ’n samelewing van heiliges wie deur Christus Jesus geheilig was (1 Korinthiërs 1:2).
Elke Christen wie die Heilige Gees ontvang het behoort homself te gedra volgens sy bepaalde posisie en take, omdat Jesus Christus die hoof van die kerk is. Die Heilige Gees gee geestelike perspektiewe en bekwaamhede aan die heiliges sodat hulle vir die Koninkryk van God kan werk. Hy doen alles in orde om die evangelie te openbaar en verheerlik wat God aan ons gegee het. Hy sê, “Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God” (1 Korinthiërs 10:31).
Die verskillende soort gawes van die Gees
Daar is 12 verskillende soort gawes van die Heilige Gees. Ons kan in die Bybel sien dat hierdie gawes in ’n verskeidenheid van vorme en na verskillende mense verskyn. ’n Lang lys van gawes verskyn in Romeine 12:6-8, 1 Korinthiërs 12:8-10 en Efésiërs 4:11. Die volgende nege Geestelike gawes wat in 1 Korinthiërs hoofstuk 12 is soos volg uitgelê.
1) Die woord van kennis: Dit gee ons die geestelike inspirering om die evangelie van die water en die Gees te verstaan, en gee verlof dat ons dit kan verkondig.
2) Die woord van wysheid: Dit is die bekwaamheid om baie probleme wat in die lewe van die regverdiges opkom deur die geskrewe woorde van God, te afreken.
3) Geloof: Die Heilige Gees gee sterk geloof en self vertroue aan die heiliges sodat hulle die wonderwerk doen om siele van hul sonde en van Satan te red. ’n Regverdige persoon is in staat om hulle sondes te vergewe en hulle geestelike wanorde te genees deur die krag van geloof.
4) Genesing: Die Heilige Gees gee bekwaamhede om die regverdiges te genees deur hulle geloof in God se woord.
5) Die uitwerking van wonderwerke: Hierdie is die verrassende gawe wat dit toelaat vir die heiliges om die werk van God te doen deur om in God se woord te glo. ’n Wonderwerk is iets wat deur geloof bonatuurlik gebeur; wat die grens van menslike kennis en natuurlike wet oortref.
6) Profesie: In hierdie tydstip, alleenlik diegene wie in en God se woord gehoorsaam mag profeteer volgens na wat in die woord geskrywe is. Die woorde van iemand wie ’n geloof het wat nie gebaseer op wat in the Bybel geskrywe is, kan beslis nie ware profesie wees nie. God se dienaars wie die vervulling van die Heilige Gees het, preek God se woord en daardeur bou die Gees hulle op en spoor hulle aan om Sy werk deur die kerk te doen, wat God se liggaam is. Die Heilige Gees het hierdie bekwaamhede aan God se dienaars en heiliges gegee.
7) Onderskei van geeste: Hierdie is die bekwaamheid om te bepaal of hetsy iemand van hulle sondes vergifnis ontvang het of nie. Dit is moontlik dat ons deur Satan verlei word as ons nie hierdie gawe besit nie. Omdat die wêreld onder Satan se beheer is, kan ons slegs hierdie gawe besit as ons werklik in die lieflike evangelie wat God aan ons gegee het glo, en dus in staat wees om beproewing, laste en die Bose in hierdie wêreld te oorwin. ’n Regverdige persoon ontvang hierdie gawe deur om in die ware evangelie te glo. Hy is dus bekwaam om ons te vertel of iemand sonde in sy hart het of nie.
8) Die praat in tale: Die Bybel vertel ons duidelik omtrent die praat in tale: “Maar in die gemeente wil ek liewer vyf woorde met my verstand spreek om ook ander te onderrig, as tienduisend woorde in ’n taal” (1 Korinthiërs 14:19). ’n Heilige behoort te weet dat dit meer belangrik is om God se woord van waarheid te verstaan as om in tale te praat waar hy homself nie eers kan verstaan nie. Hy behoort daarvoor wegtebly van om in tale te praat.
9) Die interpretering van tale: Hierdie gawe was oorspronklik aan die dissipels in die vroeër kerk se tydperk gegee om hulle te help om die evangelie te verkondig. Deesdae versprei die Heilige Gees die evangelie deur die bediening van vertalings en die interpretering van boodskappe in baie van die wêreld se tale. Daar is daarvoor geen meer nood vir ’n interpreteerder nie, omdat wanneer ’n persoon die evangelie verkondig kan hy dit nou in alle tale doen. Maar, wanneer ons teen moeilike tale teëkom, sal God altyd interpreteerders vir ons verskaf om Sy werk te doen. God sal nie in wanorde of in willekeurige ekstase situasies werk nie. Die Heilige Gees werk in die lieflike evangelie en lei ook die heiliges om die evangelie in verskeie tale te vertaal.
Wat is die vrug van die Heilige Gees?
Aangaande die vrug van die Heilige Gees, vertel die Bybel ons, “Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Teen sulke dinge is die wet nie” (Galásiërs 5:22-23).
1) Liefde: Ware liefde is vir die regverdiges om alle sondaars van hulle sondes te red deur om die lieflike evangelie van die water en die Gees te verkondig. Omdat regverdige mense die lieflike evangelie besit wat die ware liefde van Jesus is, preek hulle die evangelie van ware liefde en besit ware liefde vir ander siele.
2) Blydskap: Hierdie is die onbeskryflike heerlike geluk wat diep binne in ons harte uitstroom wat gebeur wanneer ons waarlik wedergebore word. Die regverdige persoon wie van al sy sonde vergewe is het hierdie blydskap in sy hart (Filippense 4:4). Omdat daar blydskap in die harte van die regverdiges is, het hulle die bekwaamheid om hulle blydskap met anders te deel.
3) Vrede: Hierdie is die hart van troos wat aan ’n regverdige persoon gegee word wie die perfekte vergifnis van sonde ontvang het deur om geloof in die evangelie van die water en die Gees te besit. Die Heilige Gees veroorsaak die regverdiges om die lieflike evangelie van vrede te verkondig. Mense wie hierdie lieflike evangelie van vrede gehoor en geglo is in staat om anders te lei om die sonde van die wêreld te oorwin, en ’n kragtige gewaarwording van geloof en vertroue in die gawe van verlossing te besit. Die regverdige mense wat vrede tussen God en die mensdom bring is genoemd, die seuns van of God (Matthéüs 5:9), en lei ander mense om die vergifnis van sonde te ontvang (Spreuke 12:20). Die Heilige Gees veroorsaak die regverdiges om ’n regverdige lewe te lei en vir ander te seën met vrede deur die verspreiding van die lieflike evangelie.
4) Lankmoedigheid: Die vrug van lankmoedigheid is in die harte van die regverdiges, dié wie van hulle sondes verlos is deurdat hulle in die ware evangelie glo. Ons kan hierdie vrug besit deur om ’n lang-voortdurende gewaarwording van gemeenskap met die Heilige Gees koester. Daar is ’n hart van lankmoedigheid en verdraagsaam in die regverdige.
5) Vriendelikheid: God het Sy genade op ons gehad wanneer ons vol met die sonde was en het ons van alle sonde verlos deur Jesus se doop en Sy bloed aan die Kruis. Ons kan liefde en genade aan anders betoon omdat Jesus genade op ons gehad het en al ons sondes uitgewis, en omdat ons in Hom glo en Sy genade ontvang. Die regverdiges het harte vol van vriendelikheid en die vrug van die lieflike evangelie.
6) Goedheid: Goedheid hier beteken “deug.” Regverdige mense het diep in hul harte goedheid en geloof in die Here.
7) Getrouheid: Getrouheid beteken ’n hart vervul met geloof in God. Die getrouheid in ’n heilige ontstaan omdat hulle lojaal aan Jesus is.
8) Sagmoedigheid: Dit beteken om ’n bekwaamheid te besit om anders te verstaan en om hulle met warmte en met liefhebbend in ons harte hou. Die regverdiges het harte om hulle vyande lief te hê en te bid vir hulle verlossing.
9): Selfbeheersing: Selfbeheersing is die bekwaamheid om uself te kontroleer, om ’n losbandige lewe te vermy en instede ’n lewe van selfbeheersing en matigheid te leef.
Om vervul met die Heilige Gees te wees
Wat is die resultaat om met die Heilige Gees vervul te wees? Om hierdie seëning te ontvang laat dit toe vir heiliges om as Jesus Christus se dissipels te lewe, en om hul selfde met die kerk van God te verbind. Die Heilige Gees verleen die regverdiges as instrumente van regverdigheid te word en om hul selfde toe te wy in die vervulling van Christ se wil. Die wil van die regverdiges is gekontroleer deur die Here se wil, en hulle met bereidwillige harte wy al hulle besittings en talente aan Hom toe. Die Heilige Gees veroorsaak die regverdiges om lewens toegewy in die oorwinning van die wêreld se sondes te lei, met ’n gewaarwording van oorwinning, blydskap en vertroue, en nie geestelike armoede, nederlaag of frustrasie nie (Romeine hoofstuk 7).
“Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde” (Handelinge 1:8). Die volheid van die Heilige Gees lei die regverdiges om die evangelie te preek.
Die Here het ’n kragtige gewaarwording van geloof na diegene in wie die Heilige Gees woon gegee. En God het die aan hulle die reg gegee wie vergifnis van hul sonde ontvang het deur hulle geloof in die lieflike evangelie van Jesus, om Sy kinders te word (Johannes 1:12). Die regverdige mense wie kinders van God deur geloof geword het, kan die lieflike evangelie in hierdie wêreld preek.
Regverdige mense het die bekwaamheid om vir Satan deur die evangelie van die vergifnis van sonde te oorwin. Hulle het ook die krag om geestelike siekte te genees (Markus 16:18), om op Satan se krag te vertrap (Lukas 10:19), en binne die Koningryk van die Hemel integaan (Openbaring 22:14). Regverdige mense lewe met dieselfde gesag as konings deur om in God se woorde van belofte te glo (2 Korinthiërs 6:17-18).
Die Heilige Gees veroorsaak regverdige mense om alle wêreldlike begeertes te verwerp. Hy lei hulle ook om die ware evangelie te preek (Galásiërs 5:6).
Die Heilige Gees veroorsaak die regverdiges om te lees en om in die lieflike evangelie te glo en onderrig aan anders te gee (1 Timótheüs 4:13).
Die Heilige Gees vergader die regverdiges elke dag by God se kerk (Hebreërs 10:25).
Die Heilige Gees veroorsaak die regverdiges om hulle sondes te bely (1 Johannes 1:9) om hulle harte deur die lig van die waarheid te openbaar (Efésiërs 5:13).
Die Heilige Gees lei die regverdiges na die regte pad in hulle lewens (Psalm 23).
Die Heilige Gees vertel die regverdiges om nie Sy gawes uiteblus nie (1 Thessalonicense 5:19).
Die Heilige Gees doen groot werke deur die wonderlike evangelie (Markus 16:17-18).
Die Heilige Gees lei die regverdiges om te lewe as die Here se dissipels deur om hulle met God se kerk te verbind. Hy lei die regverdiges om geestelike lewens te lei en die verkondiging van die lieflike evangelie, en om vervul te wees met die Heilige Gees. Dit is die werk van die Heilige Gees deur die wonderlike evangelie (1 Petrus 2:9).
Hy werk tans in die harte van die heiliges op hierdie oomblik. Hallelujah!