• All e-books and audiobooks on The New Life Mission website are free
  • Explore multilingual sermons in global languages
  • Two new revised editions in English have been released
  • Check out our website translated into 27 languages
Search

Sermons

Onderwerp 8. Die Heilige Gees

[8-19] Die lieflike evangelie wat die voorhangsel van die Tempel in twee geskeur (Matthew 27:45-54)

2021.04.03 310
Die lieflike evangelie wat die voorhangsel van die Tempel in twee geskeur(Matthew 27:45-54)
“En van die sesde uur af het daar duisternis gekom oor die hele aarde tot die negende uur toe; en omtrent die negende uur het Jesus met ’n groot stem geroep en gesê: Eli, Eli, lama sabagtáni? Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat? En sommige van die wat daar staan, hoor dit en sê: Hy roep Elía. Toe hardloop daar dadelik een hulle en neem ’n spons en maak dit vol asyn, en sit dit op ’n riet en laat Hom drink. Maar die ander sê: Wag, laat ons sien of Elía kom om Hom te verlos. Daarop het Jesus weer met ’n groot stem geroep en die gees gegee. En kyk, die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder, en die aarde het gebewe en die rotse het geskeur; en die grafte het oopgegaan en baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan. En na sy opstanding het hulle uit die grafte uitgegaan en in die heilige stad ingekom en aan baie verskyn. En toe die hoofman oor honderd en wat saam met hom Jesus bewaak het, die aardbeweging sien en die dinge wat daar gebeur, het hulle baie bevrees geword en gesê: Waarlik, Hy was die Seun van God!’”
 
Hoekom was die voorhangsel van die Tempel van God in twee geskeur wanneer Jesus Sy gees aan die Kruis gegee het?
Die Koninkryk van God het oop gegaan vir hulle wie in Sy doop en kruisiging sal glo.

In orde om die waarheid van hierdie lieflike evangelie te verstaan, moet ons eers kennis van die offer sisteem in die Ou Testament dra en goed verstaan wat daar eintlik gebeur, waar die sonde van die mense vergifnis voor God ontvang was. Dus, moet kennis dra en in die volgende waarhede glo. 
Volgens die offer van versoening, soos dit in Levítikus hoofstuk 16 in die Ou Testament opgeskrywe is, het die hoëpriester sy hande op die kop van ’n lewende bok gelê en in hierdie manier het hy al die sonde wat deur die kinders van Israel vir die jaar opgehoop het op die bok se kop verplaas. Hy het dan op die Israeliete se ontwil, die sondofferand geslag en die hoëpriester het van sy bloed in ’n bak geneem en dit op die versoendeksel gesprinkel. Dus, deur hierdie daad was die sondes van die Israeliete versoen. In dieselfde manier, slegs hulle wie in die handeoplegging, die bloed en die woorde van God glo kan binne die Heiligdom invaar. 
Die priesters’ het altyd binne die eerste deel van die tabernakel ingegaan, en daar het hulle hul dienste verrig. Maar die tweede deel, naamlik Die Allerhoogste, kon die hoëpriester slegs een maal in ’n jaar, en nie sonder bloed ingaan, wat hy vir homself en vir die sondes van die volk uit onwetendheid begaan het (Hebreërs 9:6-7). Net so, kon die hoëpriester nie Die Allerhoogste ingaan sonder die bloed van die sondofferand wat voorberei was deur die oplegging van hande deur geloof nie. 
 
 

Soos dit in die Nuwe Testament vermeld word, was Jesus Christus vir ons geoffer

 
In die Nuwe Testament, word ons duidelik vertel dat ons binne die Koninkryk van God kan ingaan slegs met geloof in Jesus se doop en Sy bloed aan die Kruis. Wanneer was die voorhangsel van die Tempel van God in twee van bo tot onder geskeur? Dit was wanneer Jesus gekruisig was, nadat Hy in hierdie wêreld gekom het en deur Johannes gedoop was. 
Wat was die rede vir hieroor gegee? Jesus het na die wêreld as ’n sondofferand gekom, naamlik as die Lam van God, en het die sonde van die wêreld gereinig wanneer Hy gekruisig was. Die geskeur van die voorhangsel is ’n simbool dat die sonde van die mensdom wat ons van God geskei het gereinig was deur Sy doop en bloed aan die Kruis. 
Jesus Homself het hierdie middel skeidsmuur afgebreek deur om die loon van ons sondes te betaal, wat die dood is. Jesus was gedoop en gekruisig om die sondes van die wêreld wegteneem. Hierdie was die rede dat die voorhangsel van die Tempel van God in twee geskeur was. Net soos priesters kon binne die tabernakel gaan met die geloof in die oplegging van hande, kan ons nou die Koninkryk van die Hemel ingaan danksy in ons sterk geloof in Jesus se doop en bloed. 
Wanneer Jesus gekruisig was, het Hy met ’n groot stem geroep en gesê, “Eli, Eli, lama sabagtáni? Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat?” (Matthéüs 27:46) Wanneer Hy finaal die gees gegee het, het Hy uitgeroep, “Dit is volbring!” (Johannes 19:30) Jesus was deur Sy Vader aan die Kruis vir ’n oomblik verlaat omdat Hy die sonde van die wêreld gedra het vanaf Sy doop deur Johannes in die Jordaan Rivier. 
Hy het gesterwe vir die verlossing vir die ganse mensdom. As gevolg van Jesus se doop en Sy dood aan die Kruis, almal wie in Hom glo was gered. Omdat ons gebore sondaars is en voorbestemd vir die oordeeling, was Jesus gedoop om ons sondes wegteneem. 
Die poort na die Koninkryk van die Hemel was stewig vas gesluit totdat Jesus ons van ons sondes gereinig het. Wanneer Jesus deur Johannes gedoop was en aan die Kruis gesterwe, was die voorhangsel van die Tempel van God in twee geskuur van bo tot onder, sodat enige een wie in hierdie lieflike evangelie sou glo kon binne die hemelse Tempel van God ingaan. 
Ek is dankbaar aan die Here dat ek geloof in die evangelie van die water en die Gees het. Ek kan nou binne die Koninkryk van die Hemel ingaan deur my geloof in die lieflike evangelie wat Jesus volbring het met Sy doop en bloed. Ek kon nooit die verlossing deur my eie kragte, prestasies en pogings bereik nie. 
Die seëning wat ons na die Koningryk van die Hemel lei is nie deur eenvoudige gebede, donasies en toegewydheid nie. Ons kan alleenlik van ons sondes gered word deur om in Jesus se doop en bloed aan die Kruis glo. Ons kan die Koninkryk van Hemel ingaan slegs deur geloof in hierdie lieflike evangelie. Jesus is die poort na die Hemel. Geen ander geloof is nodig aan hulle wie in Jesus glo. Die poort na die Hemel is nie vergun vir iemand se getroue kompensasie, toegewyde donasies, wêreldlike pogings of ander goeie dade nie. Die enigste warlike ding nodig vir gelowiges om binne die Koninkryk integaan is geloof in die evangelie van Jesus se doop in die Jordaan Rivier en Sy bloed aan die Kruis. 
Geloof in die water (Jesus se doop in die Jordaan Rivier) en Sy bloed (die Kruis) sal u na die Koninkryk van die Hemel lei. ’n Persoon wie nog sonde in sy hart het, alhoewel hy in Jesus glo, het nodig om in een ding te glo: die evangelie van die water en die Gees. “En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak” (Johannes 8:32). 
Ons sal nooit die presiese tyd van ons sterfte weet nie maar Jesus weet alles. Omdat Hy ons sondige natuur baie goed geken het, het Hy al ons sondes weggewas deur Sy doop en Sy bloed aan die Kruis omtrent twee duisend jaar gelede. 
 
 

Ons moet in hierdie lieflike evangelie wat die voorhangsel van die Tempel van God in twee geskeur het glo 

 
Die Redder was na ’n maagd gebore om die mensdom van sy sondes te red. Dit was deur Sy doop in die Jordaan Rivier op die ouderdom van 30 jaar toe Jesus die wêreld se sondes weggeneem. Al die sondes van die mensdom as gevolg van hulle swakhede en kortkominge was vergewe danksy aan Jesus. Sy doop en bloed is die ewige sleutels vir die verlossing van die mensdom. Jesus was gedoop en het Sy bloed aan die Kruis vergiet, en nou almal wie geloof in hierdie evangelie het kan binne die Koninkryk van die Hemel ingaan. 
Die voorhangsel van die Tempel van God was in twee geskeur wanneer Jesus Sy gees aan die Kruis gegee het. Hoe kon die voorhangsel van die Tempel van God in twee geskeur word wanneer Jesus aan die Kruis gesterwe het? Die rede is dat die verlossing van die mensdom was deur Hom in die lieflike evangelie volbring. 
In die Ou Testament leer ons in detail omtrent die tabernakel en tent van samekoms. Daar lê die brandaltaar en die koperwaskom. Verby hierdie koperwaskom was die Heilige en die Allerheiligste wat geskei was met die voorhangsel waar die verbondsark geleë was, en waar God in hulle midde gewoon het. Die voorhangsel was gemaak met baie stewige en dik ingeweefde dubbeldraad weefkuns dat vier perde wat in vier teenoorgestelde rigtings trek kon nie die weefsel skeur nie. Alhoewel Koning Salomo die tabernakel met die Tempel vervang het, het die basiese vorm nie verander nie, en die skeiding voorhangsel was nog daar wat die weg na die Allerhoogste versper het. Maar, dit was in twee geskeur van bo tot onder wanneer Jesus aan die Kruis gebloei en gesterwe het. Hierdie getuig na die feit hoe lieflik en perfek die evangelie wat volbring was met Jesus se doop en Sy bloed.
God het die mensdom geseën met die vergifnis van sonde en die ewige lewe, en hulle ingesluit in die lieflike evangelie. Jesus, as die sondoffer Lam, het die loon vir die sonde betaal wanneer Hy deur Johannes gedoop was en het aan die Kruis gesterwe. Die Bybel sê, “Die loon van die sonde is die dood” (Romeine 6:23). Net soos in die Ou Testament se tyd, kon die priester slegs in die Tempel van God ingaan met die bloed van die offerand en daardeur versoening van sonde ontvang, kan ons na God met ’n offerand kom, wie Jesus is, en vergewe te word van al ons ongeregtighede. Dit is die waarheid. En die woorde, “Die loon van die sonde is die dood” wys ons hoe perfek die lieflike evangelie is.
Die weg na die Hemel is om in die lieflike evangelie te glo. Die geskeur van die voorhangsel in twee verteenwoordig die opening van die Koninkryk van God. Wanneer ons kennis dra en uiteindelik in hierdie evangelie glo, en bely, “O, Jesus het werklik al my sondes weggeneem. O, Jesus het die loon vir al my sondes aan die Kruis betaal!” sal die poort van die Hemel oop voor ons gaan. Hemel is nou oop vir almal wie die verlossing volbring deur hulle geloof in Jesus se doop en Sy bloed. Die bloed van Jesus het sondaars van die dood gered en Sy doop was ’n metode om die sondes van die mensdom wegteneem.
Die aarde het gebewe en rotse het oop gesplits wanneer die Here Sy gees aan die Kruis gegee het. En dan het Sy bloed op die aarde gedrup en het begin na die laer grond te vloei. Wanneer Jesus aan die Kruis gesterwe het, was die mensdom se sondes gereinig, en die lieflike evangelie was volbring en alle gelowiges het verkiesbaar geword om binne die Koninkryk van die Hemel integaan. Hierdie is die werklike waarheid van die wedergeboorte. 
Daar is baie geleerdes wie navorsing uitgevoer het om uitvind vir bewysde waar Jesus Christus ontken kon word as ’n ware persoon. Maar hulle kon nie voortgaan met hulle hipotese nie weens telose historiese bewysde van Sy bestaan. Tussen hulle is daar baie wie hulle soektog opgegee het en in die evangelie van Jesus se doop en bloed begin te glo. Hulle het na die besef gekom dat die bestaan van Jesus was te beduidend om Sy bestaan te ontken nie. Hulle het dus Jesus as hulle Saligmaker aangeneem wanneer hulle na die kennis gekom en het in hierdie evangelie, naamlik, Sy geboorte, doop, sterfte, opwekking, en opstyging en die Tweede Koms geglo het. 
Ons was nie getuie aan Jesus se doop nie. Ons oë het nie gewaar wat omtrent 2,000 jaar gelede plaasgevind nie. Egter, deur wat geskrywe is, kan enige een in kontak met hierdie lieflike evangelie kom. Jesus het die skeidingsmuur van sonde tussen God en die mens, deur Sy doop en bloed afgebreek, en dus het Hy die voorhangsel van die Koninkryk van God in twee geskeur van bo tot onder. 
Nou enige een wie in hierdie lieflike evangelie glo, wat volbring was deur Jesus se doop en Sy dood, die Koninkryk van die Hemel ingaan. Het u geloof van die feit dat Jesus se doop en Sy bloed, naamlik hierdie lieflike evangelie, die sleutel na die Koninkryk van die Hemel is? 
Ek was eenkeer ’n sondaar wie wel in Jesus geglo het as my Saligmaker, maar ek was nie bewus van die lieflike evangelie nie. Toe lees ek eendag in die Bybel omtrent Sy onvoorwaardelike liefde vir my. Deur dit het ek geleer dat Hy vir my gedoop was, het aan die Kruis vir my gesterwe en was opgewek vir my. Jesus het ons gered deur om gedoop in die Jordaan Rivier te word en gekruisig om die loon van die sondes te betaal weens Sy groot liefde vir ons. Ons is nou in staat om die Koninkryk van die Hemel integaan deur om in hierdie lieflike evangelie te glo. 
Hierdie is God se grootste regverdigheid vir die mensdom en die epogmakend gebeurtenis van die geskiedenis. Al Sy bediening—Sy geboorte, doop in die Jordaan Rivier, dood aan die Kruis, en opwekking—was om ons van ons sondes te red. Ons was voorbestemd vir die hel na ons sterfte, maar Jesus het ons siele van die ewige hel gespaar en aan ons die lieflike evangelie vergun as die manier om in die Koninkryk van die Hemel te gaan.
Liewe vriende, wanneer Jesus aan die Kruis gesterwe het, het ’n soldaat ’n spies geneem en in sy sy gesteek, en dadelik het daar bloed en water uitgekom. Dit is ‘soos dit is’ in die Bybel opgeskrywe. Hierdie getuig na die waarheid van die lieflike evangelie van Jesus se doop en Sy bloed.
Beskou u dat jou geloof slegs in Jesus se bloed aan die Kruis voldoende is om van al jou sondes te bevry? Is Jesus se doop minderwaardig of slegs toevallig vir jou verlossing? As dit die geval is, is u op gevaarlike grond, bekeer asseblief! Ons moet nou in die evangelie van Jesus se doop en bloed glo, en dit herken as God se waarheid. 
 
 

Wil uvan al jou sondes gereinig word? 

 
Net soos ons nodig het om te betaal om uit die skuld te kom, moet ons geloof in die lieflike evangelie van Jesus se doop en bloed om van ons sondes gereinig te word. Ons behoort nie die sonde van ongeloof te pleeg nie of in twyfel trek die evangelie van Jesus se doop en bloed nie. Alhoewel ons het nie fisies ons sonde op Jesus verplaas het nie, ’n bemiddelaar genoemd Johannes die Doper het die taak vir ons verrig. 
Wanneer Jesus aan die Kruis gesterwe het, het die grafte oopgegaan en baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan en na Jerusalem gegaan, en drie dae later was Hy van die dode opgewek, en het na die Galilea gegaan. Hierdie wonderlike gebeurtenis het werklik gebeur, maar daar was ook baie wie dit nie geglo nie. 
Ons Here het die Koninkryk van die Hemel aan ons vergun, die regverdiges, wie die vergifnis van sonde ontvang het. Ons was gered en was wedergebore, nie deur ons eie fisiese krag of godsdienstige pogings nie, maar deur ons geloof in die lieflike evangelie. Hierdie evangelie is nie ’n roman of fiksie storie nie. Al die sonde van die wêreld was op Jesus verplaas wanneer Hy gedoop was. Daar was geen sonde in Hom nie, maar Hy moes aan die Kruis sterwe om vir elke sonde te versoen wat Hy met Sy doop op Homself geneem het. 
Wanneer Jesus Sy gees gegee het, het die aarde gebewe en die rotse het oop gesplits. Wanneer die hoofman oor honderd en die wat saam met hom Jesus bewaak het, die aardbewing sien en dinge wat daar gebeur, het hulle baie bevrees geword en gesê: “Waarlik, Hy was die Seun van God” (Matthéüs 27:54). 
Josef ’n ryk man van Arimathéa het die liggaam van Jesus geneem en dit met skoon linne toegedraai en dit in sy nuwe graf gelê wat hy in die rots uitgekap het. Die hoëpriesters en die Fariseërs het opdrag gegee om die graf te verseker deur dit te verseël in teenwoordigheid van ’n wag tot op die derde dag. 
Nietemin, Jesus was opgewek om nuwe lewe aan diegene wie in hierdie lieflike evangelie sal glo te gee. Hy het uitgegaan na die Galilea, waar Hy Sy dissipels belowe het om hulle te ontmoet na Sy kruisiging. Al hierdie dinge—Sy geboorte, doop, kruisiging, opwekking, opstyging en die Tweede Koms—was aan hulle geoog merk wie in die lieflike evangelie sou glo. Ek het ook ’n getuie geword wie getuig dat Jesus die Seun van die lewende God en my Verlosser is.
 
 
Deur wié word die ware evangelie verkondig? 
 
Die gelowiges in Jesus se doop en bloed dra getuienis na die lieflike evangelie van die waarheid. Die lieflike evangelie is deur die getuienisse van hierdie mense wie van al hulle sonde gered is versprei. Wanneer ’n persoon bevry is van sy sondes deur om in hierdie evangelie te glo, begin die Gees van God oor hom te heers, en verander hom ondanks sy eie wil. Die siel roemryke woord van God verander ’n regverdige persoon aaneen en gee aan hom al hoe sterker geloof. Verder, begin hy van sy diepste die Here te loof. Die woord van God bly in hom, en as gevolg ervaar hy dag vir dag die krag wat hom in die innerlike mens versterk. Om hom verander te sien sal mense oor hom getuig, “Hy is werklik ’n verloste mens. Hy het werklik ’n opreg Christen en ’n kind van God geword.”
Selfs die duiwel aanvaar en word onderdanig na die lieflike evangelie. “Ek is beledig!” sê hy. “Maar, dit is dat daar werklik geen sonde in die wêreld is meer nie. Niemand het sonde in sy hart nie.” Daarvoor werk die duiwel in die gedagtes van die mense, en bemoei hy met hulle geestelike lewens. Die duiwel se werk is om te verhoed dat hulle die geestelike seëninge van die evangelie ontvang. 
Satan het die stryd met Jesus heeltemal verloor. Satan het sukses behaal in die kruisiging van Jesus deur om mense se gedagtes te beheer. Maar, Jesus het alreeds die sonde van die wêreld weggeneem wanneer Hy gedoop was, en wanneer Hy aan die Kruis gesterwe het om die loon van die sonde te betaal. Vir hierdie rede het Hy alle gelowiges geheel en al met die evangelie gered. 
Die duiwel was nie in staat om God se planne te versper om die mensdom van hulle sondes te red nie. Jesus het die loon van die mensdom se sondes betaal deur Sy doop en bloed om hierdie lieflike evangelie te volbring. Nou is daar geen sonde in die wêreld nie. Jesus het al die sonde weggeneem met Sy doop en ’n einde gebring aan sonde deur Sy dood aan die Kruis, deur om te sê, “Dit is volbring!” (Johannes 19:30) Satan se krag om diegene wie geloof in die lieflike evangelie te beskuldig, was van hom ontneem. Jesus het die duiwel deur Sy geboorte, doop, kruisiging en opwekking heeltemal oorwin.
Het julle nog sonde in julle harte? Nee. Christene kan met vertroue op die basis van hul geloof in die lieflike evangelie van waarheid sê, “Ek het geen sonde in my hart”. Die persoon wie in die lieflike evangelie van Jesus se doop en bloed glo het nie een enkele sonde in sy hart nie.
Nou is die lieflike evangelie in ons harte ingegraveer. Ons staan nou vry van enige skuldgevoelens in die teenwoordigheid van God. Glo almal van julle in die waarheid dat Jesus het al julle sondes met Sy doop in die Jordaan Rivier weggeneem? As dit so is, sal jou dankbaarheid aan God en blydskap volgemaak word. Deur om werklik geloof in die lieflike evangelie te besit, is ons heilig gemaak en bevry van alle sondes in hierdie wêreld. Ons dank God.
“Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde, in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes” (Kolossense 1:13-14). Hallelujah, prys die Here.
Jesus het die poort van verlossing oopgemaak deur die lieflike evangelie. U moet ook die versperring in jou hart eens en vir altyd afbreek met die krag van die lieflike evangelie; net soos die voorhangsel van die Tempel in twee geskeur was. Die lieflike evangelie was vir u en ek gemaak. Ons kan binne die Koninkryk van die Hemel intree deur om in hierdie evangelie te glo, en dit is die uiterste waarheid wat ons toelaat om die vervulling van die Heilige Gees te ontvang.