Search

FREE PRINTED BOOKS,
eBOOKS AND AUDIOBOOKS

Jesus Christ and John the Baptist

Die Verhouding Tussen Die Bediening van JESUS en Die van JOHANNES DIE DOPER soos in die Vier Evangelies Verkondig
  • ISBN9788928230549
  • Pages404

Afrikaans 21

Die Verhouding Tussen Die Bediening van JESUS en Die van JOHANNES DIE DOPER soos in die Vier Evangelies Verkondig

Rev. Paul C. Jong

Inhoudsopgawe
 
Voorwoord 
1. Julle moet ingelig wees en in die Bediening van Johannes die Doper glo (Markus 1:1-2) 
2. Johannes Die Doper Was Nie ’n Mislukking Nie (Mattheus 11:1-14) 
3. Johannes die Doper het in die weg van Geregtigheid gekom Mattheus 17:1-13) 
4. Kyk na die Bediening van Johannes die Doper! (Lukas 1:17-23) 
5. Laat ons met Blydskap die eer van God geniet (Johannes 1:1-14) 
6. Dra Julle Kennis Van Die Bediening Van Die Twee Knegte van God? (Johannes 1:30-36) 
7. Hoekom Moes Jesus Die Doop Ontvang? (Johannes 3:22-36) 
8. Verkondig die Ware Evangelie en Jesus se Regverdige dade (Mattheus 3:1-17) 
9. Die Verhouding tussen die werk van Johannes die Doper en die Evangelie van die Versoening van Ons Sondes (Mattheus 21:32) 
10. Jesus Het Al Jou Sondes Uitgewis (Mattheus 3:13-17) 
11. “Kyk, Ek Stuur My Boodskapper” (Markus 1:1-5) 
12. Laat Ons in Jesus Glo Met Die Begrip Van Johannes die Doper (Lukas 1:1-17) 
 
Die Nuwe Testament begin met die Vier Evangelies d.w.s. die Evangelie van Mattheus, Markus, Lukas, en Johannes. Die Vier Evangelies behandel die besonderse en belangrike bediening van Johannes die Doper. Dit is so want sy bediening is baie belangrik. Sonder om die belangrike bediening van Johannes die Doper behoorlik te verstaan, kan ons nie die bediening van Jesus Christus waarlik ken nie.
As dit die geval is moet ons begin ernstige vrae vra, "Was die bediening van Johannes die Doper soos in die Evangelies verkondig word baie belangrik?" Om na Johannes die Doper te verwys het Jesus duidelik gesê, "En as julle dit wil aanneem, hy is Elía wat sou kom" (Mattheus 11:14). Dus, Johannes die Doper was op die aarde gebore om ? spesiale bediening voor die aangesig van God uit te voer. Jesus het ook gesê, "Maar van die dae van Johannes die Doper af tot nou toe word die koninkryk van die hemele bestorm, en bestormers gryp dit met geweld " (Mattheus 11:12). Dit is so weens Johannes die Doper se belangrike geboorte, en wanneer hy Jesus Christus gedoop het, het hy as die laaste aardse hoëpriester, al die sonde van die wêreld na Hom oorgeplaas. Dit is hoe Jesus in staat was om met eens al die mensdom se sondes te kon opneem. Om dit in hierdie wyse so te aanvaar het die Here almal wie waarlik in beide die bediening van Johannes die Doper en die van Jesus te glo om die Hemel in te gaan deur die reiniging van sondes te ontvang. Dit is die betekenis ingebore in die Skrif deel van die Evangelie van Mattheus 11:12-14.
Glo jy dat die evangelie van die water en die Gees die Waarheid is? As dit so is dan verstaan jy die bediening van Johannes die Doper en die van Jesus behoorlik. Maar baie Christene wie geen kennis dra van die bediening van Johannes die Doper, dra ook geen kennis van die water en die Gees nie, en as gevolg daarvan lei hulle hul geloof lewens uit slegs op die beheptheid van die vlees. Deur hul onkundigheid sal sulke mense nie eers probeer om die bediening van Johannes die Doper soos in die Vier Evangelies verkondig uit te vind nie. Dus, die belangrike bediening van Johannes die Doper was oor ? lank tyd deur Christene afgeskeep selfs glo hulle in Jesus. Miskien vir hierdie rede is daar baie mense wie geen belangstelling in die bediening van Johannes die Doper in hierdie laaste dae het nie. Dit is tragies hoe Christendom dit vreemd beskou wanneer sekere gelowiges oor hierdie belangrike saak ondersoek instel en oor dit praat. Dit is omdat hulle van die belangrike bediening van Johannes die Doper en die van Jesus oor ? lank tyd weggekyk het.
eBook Download
PDF EPUB

Books related to this title